'n Seuntjie vra aan sy pa: "Pa, wat is politiek?"
Die pa krap sy kop en dink 'n rukkie. "Sien, eintlik is dit heel eenvoudig,"
s
"Ek bring die geld huis toe, dus verteenwoordig ek KAPITALISME."
"Jou ma beheer die geld, dus is sy die REGERING."
"Oupa hou 'n ogie dat alles in die gesin glad loop, dus is hy die OWERHEID."
"Die buurvrou is die WERKERSKLAS."
"Ons het almal maar net een doel in die lewe, naamlik jou welsyn. Dit maak
van jou die VOLK."
"Jou kleiner boetie in sy doeke is die TOEKOMS."
Die seuntjie sê dis goed so, hy sal daaroor gaan dink.
Daardie nag word hy wakker van sy boetjie wat huil met 'n vuil doek. Omdat
hy nie weet wat om te doen nie, staan hy op en stap na sy ma-hulle se
slaapkamer. Net sy ma is daar, en sy slaap so vas hy kan haar nie wakker kry
nie.
Hy stap aan na die pretkamer toe, waar hy deur die venster sien dat sy pa
by die tannie langsaan met vreemde dinge besig is. Hy merk ook op dat sy
oupa skelm oor die muur loer. Almal is so druk besig en vasgevang in die
situasie dat nie een van hulle hom opmerk nie. Die seuntjie besluit dus om
maar te gaan slaap, daar is niks wat hy aan die saak kan doen nie.
Die volgende oggend vra sy pa of hy politiek nou verstaan, en dit in sy eie
woorde kan uitlê.
"Ja," sê die seuntjie. "KAPITALISME bevark die BUURMANSKLAS terwyl die
OWERHEID net kyk en die REGERING slaap. Die VOLK word heeltemal geïgnoreer
en die TOEKOMS bring net k@k.
Pieter Jordaan
Roof was waarskynlik die rede vir die moord op mnr. Karel Höll (73) deur
twee gewapende mans terwyl hy gister op sy plaas Kaalfontein naby Orange
Farm, suid van Johannesburg, gewerk het.
Höll is vermoedelik deur die diefwering van die drankwinkel op sy plaas
geskiet.
'n Vriend van Höll, mnr. Hannes de Bruyn, het gister omstreeks 13:00 onraad
vermoed toe hy verdagte rylopers by Höll se winkel opgemerk het. "Ek het
teruggery om te kyk wat aangaan en toe hardloop hulle weg. Ek het besluit om
te gaan kyk of alles reg is by Karel toe een van die werkers aan my sê dat
hy in die winkel geskiet is," het De Bruyn gesê.
Nadat De Bruyn en die werker die winkeldeur oopgedwing het, het hulle Höll
op die winkelvloer aangetref.
"My vrou het aan sy pols gevoel, maar hy was reeds dood ."
Höll se vrou, mev. Elsie Höll (66), was van die bank af op pad terug na die
plaas tydens die voorval.
"My (Toyota) Conquest se wiel het gebars en ons kon nie die wiel van die kar
af kry nie. Dit was terwyl ek daar langs die pad gestaan het dat 'n vriendin
my bel en aan my sê dat hulle Karel doodgeskiet het," het sy gesê.
Volgens mev. Höll het rowers haar man in Julie ook aangeval en "vir dood
gelos".
Sy het gesê hulle boer al 36 jaar op Kaalfontein, maar dat misdaad in die
laaste tyd toegeneem het.
Volgens mev. Höll was die polisie vinnig op die toneel. Sy dink boere sal in
die toekoms hul "honde moet oplei" om misdadigers in toom te hou, omdat die
polisie nie altyd daar kan uitkom nie.
Supt. Maria Mazibuko, polisiewoordvoerder, het gesê dit lyk asof niks
gesteel is nie.
Hoe is bepaal dat die mense in die massagraf wat in Namibië gevind is, wel
die is van Swapo-vegters?
Kan daar, na al die jare in die grond, nog klere wees waaraan mense uitgeken
kon word?
--
Groetnis
Annette
Hi almal, ek verhuis een van die dae en sal nie internet beskikbaar hê
vir 'n tydjie nie. Ek gaan dit mis om op die NG te kuier.
Suidwester - wens ek kon sê jy moet kom groet in Keimoes.
Anette - lekker kuier op die net.
Gloudina - hou op moeilikheid soek!
> The violence has escalated from an outburst of anger in suburban Paris
> housing projects into a countrywide show of disdain for French
> authority from youths and minorities, most French-born children of Arab
> and black Africans angered by years of unequal opportunities.
Die ou Boesmanvrou is
laat sak en haar asem
het nog die rooi sand
stoffie laat roer onder
die witstamboom Druk
hulle haar kop vas met
'n ronde klip Maar 'n ou
uitstoot-bobbejaanmannetjie
rol die klip weg en voer
die ou vrou ryp rooi soet
rosyntjiebessies
drie dae later loop sy met
die ou-een rond en vertel
omstandig van die lewe in
die holkrans waar die water
koel soos tsamma
op jou lip kom lê