Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Eish regtig moelik om te verstaan

Di., 29 November 2005 09:02

Ek sien Geraldine Frazier Molle-Kettie gaan nou so ver as Indie kyk om
gespesialiseerde mense te kry om poste te vul hier in SA, poste soos IT,
Finansieele, kommunikasie en instandhoudings dienste ens. Toe stel die
Vryheidsfront 'n lys van honderde CV's op om te wys hier is horde geskoolde
mense wat die werke kan maklik kan doen (jy kon jou CV op hul website in
stuur), maar tog steur Molle-Kettie haar niks daar aan nie en sy beur voort
met haar ek-kyk-nie-verder-as-my-gat houding nie. Die Adjunk-President het
nou die CV lys na die ontwikkelingsbank gestuur so hopelik kom daar iets
goed uit!

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Vandag ( Dinsdag) sal ons hoor

Di., 29 November 2005 04:41

of JZ aangekla gaan word van verkragting.
Eintlik is hy 'n man met 'n plan - nie een van sy 3 vroue sou vermoed dat hy
egbreuk pleeg nie.
--
Groetnis
Annette

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Loodvrye brandstof

Di., 29 November 2005 04:39

Blykbaar gaan daan van 1.1.2006 geen meer brandstog met lood in verkoop word
nie.
Volgens die koerant en die radio moet die mense met motors wat van die
swaarder brandstof gebruik maak, slegs 'n klein verstelling van die tyd laat
doen, of 'n klein dingetjie laat aanbring in die enjin.

Nou wil ek by die slim mense weet wat presies verander moet word, en hoekom,
as dit sulke klein en relatiewe goedkoop verstellings verg, motoriste dit
nie jare gelede laat doen het nie, om sodoende goedkoper brandstof te
gebruik?

--
Groetnis
Annette

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Toe Wen Karin!

Ma., 28 November 2005 15:25

Ja, en ek is baie bly sy het - eerste keer dat die beste sanger die
kompetisie wen. Heinz en Anke het maar bra gemiddeld geklink teenoor Karin
en Gift gisteraand.
--
Groetnis
Annette

"Deneneneile" skryf in boodskap news:dmecsj$i35$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>

TV, flieks & vermaak | 4 kommentare

Nujoma-paniek

Ma., 28 November 2005 14:37

Die massagrafte-storie het gemaak dat die pers die storie opgetel het. Aan
die een kant is daar die wat sensasie soek deur dit 'massamoorde' te etiket,
maar aan die anderkant is daar die wat die storie werklik onthou, of bronne
het wat die regte storie ken. In kort is dit mos maar dat die SA weermag
onttrek het uit SWA en dat die Swapo-manskappe in Angola moes bly om so die
konflik tot op 'n end te kry. Toe het Swapo besluit om 'n groot aanval te
loods. Dat hulle hulself misreken het en by die 500 man verloor het in die
konflik, is geskiedenis. Die ongeïdentifiseerde soldate se lyke is
plek-plek waar hulle geval het, in massagrafte begrawe voordat die lyke 'n
gesondheidsprobleem kan veroorsaak. Die plekke is egter gemerk in
samewerking met Untag sodat later, as die tyd reg is, die grafte opgegrawe
kan word en die mense deur die nuwe regering met die regte eerbetoon
herbegrawe kan word.
Wat Swapo natuurlik heel gerieflik vergeet het en dis nou net hier waar
die bom toe bars. Dis redelik algemeen bekend dat die opdrag vir die
'verraad'-inval direk van Sam Nujoma gekom het, maar nou kom die tweede
verleentheid: Hoekom het hy en sy regering in 15 jaar nooit die tyd gevind
om hierdie soldate op te grawe en te herbegrawe nie?
Die naweek het oom Sam weer 'n vergadering gehou voor 'n klomp
skoolkinders en met 'n swaaiende voorvinger [a la PW!!] vir die wêreld
vertel dat die joernaliste wat hierdie 'leuens' oor hom skryf, kinders is
van apartheid en Koevoet is. Die een joernalis, Hannes Smith, was juis
pro-Swapo gewees in daardie jare! Selfs ou Maggie Thatcher word deur
hom beskuldig dat sy skuld het aan die aanval teen die Swapo
terroriste.....dit ten spyte van die feit dat dit juis deur die bemiddeling
van haar was wat gekeer het dat die SA weermag nie in vol sterkte terugkeer
na die land en Swapo des merdes bliksem nie. Sam het haar in 1990 bedank
vir haar rol!
Al wat mens kan aflei is dat dinge bietjie nou raak vir hom en nou doen
hy presies die verkeerde ding.

Koeitjies & kalfies | 7 kommentare

Is daar enige waarheid in die beweringe teen Zuma (Verkragting)?

Ma., 28 November 2005 09:34

Enige persoon wat die moed het om kommentaar hierop te lewer...laat
hoor van jou asseblief.

Koeitjies & kalfies | 18 kommentare

vraag

So., 27 November 2005 10:18

Wat het van naartjiebunker geword?

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Sneeu

So., 27 November 2005 06:49

Die afgelope twee weke was daar twee keer berig dat daar op snikhete dae in
Kaapstad, sneeu was.
Miskien moet daardie sneeumasjine ingespan word om die bokke te laat oefen
vir moontlike omstandighede vir die volgende wêreldbeker.
Kan iemand vir my probeer verduidelik hoekom hulle so laat gisteraand begin
speel het?
--
Groetnis
Annette

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

My Sarie Marais

So., 27 November 2005 06:36

Gekry op 'n ander kol:
Die wat belangstel in foto's van die huidige graf en die troufoto, laat my
weet, en ek sal julle na die artikel lei.

1)Sarie Marais photographed in Pietermaritzburg 1857 in her wedding dress a
few days after her marriage to Louis Jacobus Nel.
The Story behind the Song
How was Sara Mare's name linked to the famous song Sarie Marais?
Jac Uys said that the American folk song Ellie Rhee was included in a book
The Cavendish Song Album. When Ella de Wet, wife of General Louis Botha's
military attachê N.J.de Wet came to the battle front to see her husband she
often played on the piano while the nearby burghers sang songs from the
album. One of the songs was Sweet Ellie Rhee:

Sweet Ellie Rhee, so dear to me
Is lost forever more
Our home was down in Tennessee
Before this cruel war
Then carry me back to Tennessee
Back where I long to be
Amid the fields of yellow corn
To my darling Ellie Rhee.

The song was soon translated into Afrikaans and Sarie Mare' (which only
recently became Marais) was substituted for Ellie Rhee. The burghers wanted
to honour their field padre Dominee Paul Nel who often told stories around
the campfires about his childhood and his beautiful mother Sarie Mare':

My Sarie Marais is so ver van mij af
Ek hoop haar weer te sien
Sy het in die wijk van Mooirivier gewoon
Nog voor die oorlog het begin
O bring my terug na die ou transvaal
Daar waar my Sarie woon
Daar onder in die mieleis by die groen doring boom
Daar woon my Sarie Marais

The song Sarie Marais has been translated into many languages including
Frech, Italian and Russian.

"Beside the green thorn tree" (by die groen doring boom)
The Natal Witness Monday March 8 1993 page 7
Investigations editor Tony Oosthuize

Nineteen years ago Pietermaritzbug man Jac Uys, member of the natal
Historical Society and the Voortrekker Monument Council, discovered the
grave of Sarie Marais, the woman of the popular Afrikaans folksong.

According to Uys Sara Mare' was born in Uitenhage, Cape Province, South
Africa on may 10, 1840 and married Louis Nel at the age of 17. She met him
in Umvoti Poort while visiting her uncle. The couple undertook a year long
trip to Uitenhage to Sara's parents before settling at Welgegund farm. She
died at the age of 37 after giving birth to her 11th child and was buried
near the old homestead.
Those who wish to visit the grave of Sarie Marais are very "welcome," says
Welgegund's owner Gert von Beneke. ( ek ken hom hy stel net belang in
polosport )
From Greytown (Natal) take the Kranskop / Stanger road for about 14km. Turn
left at district road D479 and drive 2 kilometers. Turn left at the driveway
opposite the farm of C.W.Robertson also called Welgegund.

2)SARIE MARAIS en die dossier
In 1962 skryf Tobie Brümmer 'n artikel "Was sy Sarie Marais?", in Die
Byvoegsel tot Die Burger (13 Januarie 1962). Sy navorsing het hom gelei na '
n dossier, saamgestel deur J.P. Toerien in sy soeke na die waarheid oor die
legendariese Sarie Marais. Hierdie dossier word by NALN bewaar en bevat al
die briewe en dokumente wat Brümmer gebruik het om die volgende artikel te
skryf.

Wie was Sarie Marais - die Sarie oor wie die liedjie gesing word? Net met
die wysheid van Salomo kan hierdie vraag beantwoord word, want:

'n Vrou van Durban, mev. Janie Malherbe, sê 'n mev. Ella de Wet is die
skrywer van die lied en Sarie Marais was 'n mev. Nel;

Drie susters van Bellville, mejj. Jeanette, Garty en Dana Toerien, sê daar
is by hulle geen twyfel dat hul vader die lied se woorde geskryf het nie.

In my soektog na die oplossing van dié vraag het ek 'n interessante dossier
raakgeloop. Hierdie dossier, met sy sowat 100 000 woorde, bevat ou dokumente
en waardevolle stukke wat deur die jare deur mnr. J.P. Toerien van Bergvliet
versamel is. Hy is 'n neef van die Toerien-susters.

Dit bevat o.m. die stukke van Renier, rubriekskrywer van Die Volksblad, Jan
Burger, rubriekskrywer in 'n Engelstalige koerant, en Lawrence Green, wat
kant kies vir mev. Malherbe, en drr. P.J. en G.S. Nienaber, wat in hul boeke
kant kies vir die Toeriens. Dit alles bring ons nog geen duim nader aan die
oplossing nie.

Die vraag wie die regte Sarie was, het in 1937 vir die eerste keer onder die
openbare aandag gekom toe 'n verslaggewer van Die Volksblad in Bloemfontein
by mev. Susara Margaretha Toerien opgedaag het. Ná baie mooipraat het mev.
Toerien erken dat sy die Sarie is van wie so gesing word en dat haar man,
J.P. Toerien, in die dae van die Eerste Taalbeweging beter bekend as Jepete,
die skrywer van die woorde is.

Maar mev. Toerien was baie godsdienstig en sy het die verslaggewer versoek
om nie 'n bohaai daaroor op te skop nie. Sy het hom gevra om die berig eers
aan haar voor te lê voor hy dit publiseer. Toe die verslaggewer egter later
daar opdaag, wou sy nie hê dat dit gepubliseer word nie.

Die saak is daar gelaat totdat 'n briefskrywer in Die Volksblad beweer het
dat die skrywer van die lied darem 'n papbroek was, want hy was dan "so bang
dat die kakies hom sou vang". Die waarheid is dat die liedjie oorspronklik
gesing is. "Sy was so bang dat die kakies my sou vang."(sic.)

Nietemin het dit die Toerien-dogters hewig ontstel want, het hulle gesê,
"ons vader was beslis geen papbroek nie". Maar toe die saak eindelik ná 'n
hewige briefwisseling opgelos is, het die drie susters weer net soos
voorheen geswyg en kon mnr. J.P. Toerien van Bergvliet geen verdere
inligting by sy groot dossier voeg nie.

Net so het die drie susters, Jeannette, Garty en Dana, geswyg toe ek hulle
hierdie week in hul huis in Bellville besoek het. "Ons wil geen bohaai
daaroor opskop nie," het hulle gesê, "maar daar is by ons geen twyfel nie
dat ons vader, Jepete, die lied se woorde geskryf het, of altans die
oorspronklike woorde geskryf het en dat dit deur die jare gedurig verander
is." Hul twee susters en twee broers wat ook nog lewe, bevestig dit.

Mev. Ella Unsworth, jongste dogter van Jepete wat nou in Windhoek woon, is
waarskynlik die enigste van die kinders wat met sekerheid kan sê of haar
vader die skrywer is na wie al so lank gesoek word. Kort voor haar moeder se
dood in 1939 is die kinders versoek om 'n trommel met waardevolle ou
dokumente van Jepete daarin te vernietig. Wat die rede daarvoor was, kan nie
een nou met sekerheid sê nie, maar hulle glo dat hul moeder vernederd gevoel
het omdat die liedjie Sarie Marais "deur elke Jan Rap en sy maat" op
danspartye gesing is en dat sy geen publisiteit wou hê nie.

Ella, aan wie die opdrag gegee is om die ou trommel met dokumente te
vernietig, het egter in die trommel gekyk en o.m. 'n gedig gesien wat haar
vader oor haar moeder geskryf het toe hy haar nog die hof gemaak het. Sy het
ook ander gedigte daarin gesien.

Volgens die Toerien-susters kon hierdie trommel die oorspronklike woorde van
Sarie Marais bevat het en was die een wat Ella gesien het waarskynlik die
oorspronklike kopie.

Wyle mev. Toerien was 'n nooi Maré, en dit is lankal reeds bekend dat Sarie
Marais eers Sarie Maré was. In die dik dossier is daar vier ander gediggies
wat betrekking het op lede van die skrywer Jepete se skoonfamilie, Martha
Maré, Nettie Maré, Lilly Maré en Sannie Maré.

Vir 'n man soos Jepete is dit onwaarskynlik dat hy nie ook 'n gediggie oor
sy vrou geskryf het nie. So 'n gedig kon nog nooit opgespoor word nie,
behalwe dat die Toerien-susters sê daar was een en dat Ella wel so 'n gedig
gesien het.

"Ons moeder het altyd gesê die geheim van Sarie Marais sal ná haar dood
opgelos word," het mej. Dana Toerien gesê, "maar sy het naderhand anders
besluit, want dit het haar altyd diep seergemaak om te sien hoe almal haar
lieflingsliedjie sing. Daarom was dit vir geeneen van die kinders snaaks dat
sy opdrag gegee het dat die trommel met dokumente vernietig word nie."

Die presiese geheim van die ou trommeltjie wat Sarie Maré Toerien met haar
na die graf geneem het, kon nie een van die susters my egter meedeel nie.
"Ons kan maar net vermoed dat dit die gediggie is wat sy graag vernietig wou
sien omdat sy so sterk godsdienstig was," sê hulle.

Die geskiedenis van Jepete en die goeie werk wat hy gedoen het, kan boekdele
vul, en so ook die beweringe van die vrou in Durban, mev. Janie Malherbe,
wat sê mev. Ella de Wet is die skrywer van Sarie Marais se woorde.

Tussen die dokumente wat ek opgespoor het, is daar geen bewys dat mev. De
Wet ooit gesê het sy het die woorde geskryf nie. Sy het net gehelp om dit te
publiseer.

Mev. Malherbe sê mev. De Wet, eggenote van wyle mnr. N.J. de Wet, later
hoofregter van die Unie, het op 'n dag in 1902 by genl. Botha se kommando in
die omgewing van Utrecht opgedaag. In 'n ou plaaswoning het sy die burgers
onthaal deur op 'n klavier te speel. Die liedjie wat die meeste byval gevind
het, was Ellie Rhee, wat die oorspronklike wysie van Sarie Marais is.

'n Ds. Nel, wat die kommando's as kapelaan vergesel het, het die Boere
vertel van sy moeder wat so 'n beeldskone mens is, en die burgers het die
woorde Ellie Rhee deur Sarie Marais vervang. So het Sarie Marais ontstaan,
sê mev. Malherbe, en in 1920 is dit deur 'n Kaapse drukker uitgegee, soos
saamgestel deur Ella de Wet.

En as 'n mens die woorde van die twee liedere vergelyk, dan is daar beslis '
n ooreenkoms. Ellie Rhee lui so:

Sweet Ellie Rhee so dear to me,
Is lost forever more;
Our home was down in Tennessee
Before this cruel war

KOOR:
Then carry me back to Tennessee,
Back where I long to be;
Among the fields of yellow corn;
To my darling Ellie Rhee.

Sarie Marais, soos dit in die jare twintig gesing is, het so gelui:

My Sarie Maré is so ver van my hart,
Om haar nooit weer te sien,
Sy het in die wyk van die Mooirivier gewoon,
Voordat die oorlog begin.

KOOR:
O neem my terug na die ou Transvaal,
Daar waar my Sarie woon,
Daar onder in die mielies by die groen doringboom,
Daar woon my Sarie Maré.

Van albei liedere is net die eerste versie geneem. Later is by die
Afrikaanse weergawe nog 'n versie deur mev. De Wet gevoeg.

Mev. Malherbe sê ook Jepete kan nie die skrywer van die lied wees nie, want
eers in die Tweede Vryheidsoorlog is van kakies gepraat. In die eerste
oorlog is hulle Rooibaadjies en tommies genoem. As 'n mens in aanmerking
neem hoe dikwels die woorde van die lied al verander is, kan dit moontlik
wees dat Jepete geskryf het: "Sy was so bang dat die tommies my sou vang."
Dit kan later deur kakies vervang gewees het toe die Engelse begin het om
kakieklere te dra.

Hier is egter ook 'n interessante brief met betrekking tot dié punt. Dit is
van 'n mej. E.J. Neethling van Utrecht, Natal, en is gerig aan 'n mnr.
Andries de Klerk, wat ook vroeër gehelp het met navorsing na die Sarie
Marais-raaisel. Die brief is gedateer 25 September 1945.

In die brief sê mej. Neethling dat sy die persoon is wat volgens mev.
Malherbe met mev. De Wet na die Boerekommando's gegaan het om haar man te
besoek.

Sy skryf: "Mev. De Wet was nooit in die oorlog naby Utrecht nie. Dit is nie
waar dat sy saans voor die klavier gesit het en vir die burgers liedjies
gespeel het nie. Utrecht was toe in die hande van die Engelse en elke Boer
wat sy gesig daar durf waag het, sou dadelik gevange geneem gewees het."

Mej. Neethling wys ook daarop dat die wyk Mooirivier nie in Natal was nie,
maar net die rivier met daardie naam. Daar was wel 'n wyk Mooirivier in
Transvaal.

En sover ek met behulp van die dossier kon vasstel, het mev. De Wet self
nooit beweer dat sy dié liedjie geskryf het nie. Sy het wel in die jare
twintig hand bygesit om die lied reg te stel, en dit is deur 'n Kaapstadse
drukker uitgegee.

Wie het dan gelyk, die Toeriens of mev. Malherbe?

Wat interessant is, is dat daar op die laaste oomblik voor die artikel ter
perse gegaan het, ontdek is dat mev. Malherbe se oupagrootjie waarskynlik 'n
broer van die Toeriens se oupa was. Daar is egter nog geen duidelikheid oor
hoe verlangs hulle verwant is nie, maar hulle is beslis familie.

Die Toerien-susters is, soos hul moeder en vader was, baie godsdienstig en
weier nou enige verdere kommentaar op die aangeleentheid.

"Dit maak net baie seer om te hoor hoe ons moeder se lieflingsliedjie so
misbruik word op partytjies, en elke keer is daar 'n stertjie by," sê hulle
egter.

Maar die Toerien-susters glo dat oor die geheim van Sarie Marais nooit
saamgestem sal word nie en dat die oorspronklike woorde vernietig is toe
Ella die dag volgens haar moeder se opdrag die trommel met die ou dokumente
vernietig het.

En as dit so is, dan was daardie woorde beslis nie dieselfde as wat vandag
gesing word nie. "Al wat ons weet, is dat ons moeder nooit 'n leuen sou
vertel nie, en vóór sy besluit het dat haar geheim met haar na die graf sal
gaan, het sy tog uitdruklik gesê haar Jepete het 'n lied oor haar geskryf."

Die susters glo ook dat hul moeder daarteen gekant was dat haar lied soos
Ellie Rhee op elke straathoek gesing word.

Hierdie "magtige geheim", soos dit al beskryf is, het selfs al die
verbeelding van manne soos Lawrence Green aangegryp. Uit ou koerantknipsels
het hy besluit om die standpunt van mev. Malherbe te aanvaar, min wetende
dat hy eintlik net bevestig dat Sarie Marais, soos dit vandag gesing word, '
n verdraaiing van 'n geheim is wat in 1939 met Susara Margaretha Toerien na
die graf is.

Dit is waarom ek glo dat geeneen van hierdie dik dossiere en geen
verslaggewer ooit die geheim gaan oplos nie. Ons sal eers moet besluit na
watter Sarie ons nou eintlik soek.

Eers as iemand met sekerheid kan sê of Sarie Marais al in die Eerste
Vryheidsoorlog gesing is, en of die Boere in die Tweede Vryheidsoorlog die
woorde vir die eerste keer gehoor het, kan daar weer oor die geheim gepraat
word. En eers dan sal mnr. J.P. Toerien van Bergvliet miskien sy dossier kan
aflsuit. Maar dit is 'n groot miskien...

3)SARIE MARAIS
Woorde: Waarskynlik deur (a) J.P. TOERIEN of (b) DIRK VAN ALPHEN of (c)
SUSTERS BEZUIDENHOUT (d) B.A. DE WET: Vers 3
Musiek: SEP WINNER, na "Sweet Ellie Rhee" uit Scottish Students Song Book,
1891; verwerk: DIRKIE DE VILLIERS

[1]
My Sarie Marais is so ver van my hart,
maar'k hoop om haar weer te sien.
Sy het in die wyk van die Mooirivier gewoon,
nog voor die oorlog het begin.

[KOOR]
O bring my t'rug na die ou Transvaal,
daar waar my Sarie woon,
daar onder in die mielies by die groen doringboom,
daar woon my Sarie Marais,
daar onder in die mielies by die groen doringboom,
daar woon my Sarie Marais.

[2]
Ek was so bang dat die Kakies my sou vang
en ver oor die see wegstuur;
toe vlug ek na die kant van die Upington se sand
daar onder langs die Grootrivier.

[KOOR]
O bring my t'rug na die ou Transvaal,
daar waar my Sarie woon,
daar onder in die mielies by die groen doringboom,
daar woon my Sarie Marais,
daar onder in die mielies by die groen doringboom,
daar woon my Sarie Marais.

[3]
Die Kakies is mos net soos 'n krokodillepes.
Hul sleep jou altyd water toe.
Hul gooi jou op 'n skip vir 'n lange, lange "trip",
die josie weet waarnatoe.

[KOOR]
O bring my t'rug na die ou Transvaal,
daar waar my Sarie woon,
daar onder in die mielies by die groen doringboom,
daar woon my Sarie Marais,
daar onder in die mielies by die groen doringboom,
daar woon my Sarie Marais.

[4]
Verlossing het gekom en die huis toe gaan was daar,
terug na die ou Transvaal;
my liewelingspersoon sal seker ook daar wees
om my met 'n kus te beloon.

[KOOR]
O bring my t'rug na die ou Transvaal,
daar waar my Sarie woon,
daar onder in die mielies by die groen doringboom,
daar woon my Sarie Marais,
daar onder in die mielies by die groen doringboom,
daar woon my Sarie Marais.

Musiek & liriek | 4 kommentare

Verkeer ik in dwaling of zijn het deze twee dingen die...

Vr., 25 November 2005 20:32

('the author formerly known as lauda...@yahoo.se')

...in groot mate de schadelijke ontwikkeling in onze landen bepalen?:

- de 'heerschappij van het recht' zo als de politiek-juristische compleks
zijn ver van de realiteit gevestigde wereldsbeeld noemt (en erdoor poogt ons
achter het licht te voeren), een complex die tot corruptie tussen de
ingewijde (politici/juristen) neigt en alles-beheersend en vaak vernielend
jegens de buitenstaanders (de bevolking) is;

- de sinds de tweede WO heersende volgorde tussen de naties, volgens wie VSA
aan de spits ligt ('top of the world') en probeert de ontwikkeling op
wereldschaal na eigen smaak door bekwame maatregels te manipuleren -
voorbeeld: de inval en volgende spreiding van het begrip 'politieke
correctheid'.

Als er geen politieke correctheid was zou iedereen - en zonder bang te
zijn - het helemaal natuurlijke kunnen zeggen, te weten dat de vreemdelingen
zich erop moeten concentreren hun eigen landen op te bouwen, dus in hun
eigen landen, in plaats van zich landen te zoeken die al zo zijn als ze zelf
het graag hadden (of eerder 'bijna' - de islam is er helaas nog niet de
dominerende godsdienst die ervoor nodig is zich helemaal thuis te kunnen
voelen).

Als er geen spreekwoordelijke 'juristische idiotie' was, of als de oordelen
een vorm van volkskontrolle onderworpen zouden zijn, kon het mogelijk zijn
de ergste overmaten te voorkomen.

---------------------------------------------------------

> .)

Unter blinden ist der einäugige kónig.

http://worldimprover.net/

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Bladsye (1835): [ «    247  248  249  250  251  252  253  254  255  256  257  258  259  260  261  262    »]
Tyd nou: So. Jan. 11 15:28:16 UTC 2026