Aan almal van julle met wie ek die afgelope jaar van tyt tot tyd in gesprek
en / of argument was, geseënde kersfees en 'n voorspoedige nuwe jaar vir jou
en jou geliefdes. Ek en my gesin gaan vir so paar weke bietjie uispan aan
die Natal se Suidkus, en hoop om weer vanaf 9 Januarie 2006 saam met julle
oor alles en nog wat verder te gesels.
Op pad terug luister ek na RSG, en daar is 'n interessante bespreking oor
die weer. Ek kon nie hoor wat die adres van die webblad is van die fotograaf
nie, maar iemand kon my help. http://www.icon.co.za/~dvanzyl/FramesetWeather.html
--
Groetnis
Annette
"Dit was 'n ligte 'mistykie'." So skryf Die Burger 'oppienet'. Dit was die
woorde van die sakemagnaat en uitvoerende voorsitter van die internasionale
Richemont-groep, mnr. Johann Rupert, oor 'n Britse tydskrif se houding oor
Afrikaans. Die Britse leefstyltydskrif Wallpaper het Afrikaans in 'n
artikel as "een van die lelikste tale ter wêreld" afgemaak.
Rupert het gesê dit is 'n beginselsaak. Richemont het reeds sy miljoene
rande se peperduur advertensies uit die tydskrif se Kersuitgawe onttrek.
Dié groep sluit onder meer in handelsmerke soos Cartier, Van Cleef & Arpels,
Piaget en Dunhill. Richemont bestee jaarliks etlike miljoene Britse pond
aan advertensies in Britse tydskrifte.
"Ek vermoed die mense het nie mooi besef watter handelsmerke almal binne die
Richemont-groep val nie. Ons het ook nog geen verskoning van die tydskrif
ontvang nie en het daarom besluit om ons advertensies te onttrek," het
Rupert gesê.
Volgens hom sal die groep dieselfde optree as 'n ander kultuur- of taalgroep
waarby Richemont belang het, aangeval word. Verskeie Afrikaanse taal- en
kultuurorganisasies, akademici en skrywers het Rupert se optrede en besluit
ondersteun.
Die skrywer George Weideman het gesê hy is baie opgewonde oor Rupert se
besluit en optrede. Prof. Hennie van Coller, hoof van die departement
Afrikaans, Nederlands, Frans en Duits aan die Universiteit van die Vrystaat
(UV) en voorsitter van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns, het gesê
Wallpaper se bestuur is "oerdom". Prof. Van Coller het onlangs in Auckland
'n byeenkoms van Die Afrikaanse Klub van NS toegespreek.
Rupert het vroeër aan 'n ander koerant, Rapport, gesê: "Die tydskrif het my
moedertaal verneder en ek het nou genoeg daarvan gehad dat my kultuur
voortdurend gekleineer word. Dit is nie grappenderwys gedoen nie. Ek gaan
nie net stilsit en toekyk hoe my taal en kultuur deur die modder gesleep
word nie. Wat hulle oor Afrikaans te sê gehad het, is die grootste klomp
twak wat ek in 'n lang tyd gesien het en ek het besluit dit verg optrede."
Hy het bygevoeg dat Richemont 'n internasionale maatskappy is wat die
diversiteit van taal, kultuur en godsdiens hoog aanslaan. Hy gaan nie dat
die maatskappy se produkte geadverteer word in 'n tydskrif wat nie dieselfde
waardes deel nie.
Die tydskrif het dusver nie op koerantnavrae gereageer nie. Een koerant
berig dat hulle verneem het dat daar aanvanklik geskarrel is om Rupert te
probeer oorreed om van sy plan af te sien.
Soos Maria haar Seun vertroetel het
druk ek my kindjie aan my bors.
O Inkosi Jesu, o Inkosi Jesu.
Ek voel sy lewe en sy krag
en sy asemhaling stil en sag,
O Inkosi Jesu, o inkosi Jesu.
Ek hoor my mense sing hul lied,
O inkosi Jesu, o Inkosi Jesu.
Die ruising van die vaal ou gras
wieg Hom sag in lieflike drome,
O inkosi Jesu, o inkosi Jesu.
Die kafferboom hef sy arms omhoog,
vol van lof vir U alleen,
O inkosi Jesu, o inkosi Jesu.
O gee ons krag, o gee ons hoop,
maar boweal U liefde,
O inkosi Jesu, o inkosi Jesu.
Daar het 'n nuwe faktor na vore gekom wat die hele brandstof-storie
deurmekaarkrap. Dis die feit dat SA en Namibië in die nuwe jaar
oorgeskakel moet wees na ongelode petrol en sulfaatvrye diesel. Dit
beteken die ou voorraad moet uitverkoop raak en dan hervul word met die nuwe
goete en dan is daarby ook nog die storie van die verlaagde prys. Om die
spul georganiseerd te kry, sal kophou kos. Hier by ons aan die Nam-kus
word gepraat van 'n moontlike tekort aan ongelood en diesel vir die volgende
week, maar dit behoort nie 'n tekort wees as die mense nou net nie stres en
almal hulle karre se tenks gaan volmaak nie....selfs al het hulle nie
brandstof nodig nie.