> Ek onthou maar lekker toe ek op die stoep van my malmesbury
> woonstel gesit het en dink aan die vorige dae toe dinge mooi
> ordentelik. Die gewese Piet Peterse, my ou maat en ek het lekker
> saam brandewyn gedrink en gepraat van die klein voeltjies
> (vinke) wat ons mielies so opgevreet het. Ons het saam daardie
> bliksems weg gemoer met die haelgeweer die een dag, toe was die
> boy langsaan gewees op die trekker. Hoe het daardie swartetjie
> geskrik. Man die bleddie bantu het sy broek gekak - rerig, en
> toe by ons kom vra as hy OMO kan leen. Natuurlik het ons him
> weggehol, want die swartes mag nie binne ons woonstel kom nie.
>
> Piet Pieterse is ongellukig oorlede daar in sy karavaan vermoor.
> Dis vir my 'n lelikke dag toe ek dit uitgevind het. Swerwes kos
> was vir my die beste van sy programme gewees. Die bokkoms by
> Saldanha, vars uit die water getrek, gesout in in die son gelos
> was maar heerlik. Ek kry my knip mes en trek daardie tou vel van
> hom af en dan die souterigge binnekant in my mond ingesit.
> Heerlik mese, heerlik.
>
> Ek mis daardie gebeurtenisse vreeslik baie, maar hierdie kerstyd
> gaat ek weer soentoe vir 'n kort rukkie. Sien julle. Oor 'n paar
> maande sal ek maar terug wees. Ek sal my laptop saam vat en by
> my vriend se huis aan die net koppel, so ek nog met julle mense
> kan geselkap hou. Lekker vakansie julle. Moenie te veel van
> daardie doppies drink nie.
>
Aan almal van julle met wie ek die afgelope jaar van tyt tot tyd in gesprek
en / of argument was, geseënde kersfees en 'n voorspoedige nuwe jaar vir jou
en jou geliefdes. Ek en my gesin gaan vir so paar weke bietjie uispan aan
die Natal se Suidkus, en hoop om weer vanaf 9 Januarie 2006 saam met julle
oor alles en nog wat verder te gesels.
Op pad terug luister ek na RSG, en daar is 'n interessante bespreking oor
die weer. Ek kon nie hoor wat die adres van die webblad is van die fotograaf
nie, maar iemand kon my help. http://www.icon.co.za/~dvanzyl/FramesetWeather.html
--
Groetnis
Annette
"Dit was 'n ligte 'mistykie'." So skryf Die Burger 'oppienet'. Dit was die
woorde van die sakemagnaat en uitvoerende voorsitter van die internasionale
Richemont-groep, mnr. Johann Rupert, oor 'n Britse tydskrif se houding oor
Afrikaans. Die Britse leefstyltydskrif Wallpaper het Afrikaans in 'n
artikel as "een van die lelikste tale ter wêreld" afgemaak.
Rupert het gesê dit is 'n beginselsaak. Richemont het reeds sy miljoene
rande se peperduur advertensies uit die tydskrif se Kersuitgawe onttrek.
Dié groep sluit onder meer in handelsmerke soos Cartier, Van Cleef & Arpels,
Piaget en Dunhill. Richemont bestee jaarliks etlike miljoene Britse pond
aan advertensies in Britse tydskrifte.
"Ek vermoed die mense het nie mooi besef watter handelsmerke almal binne die
Richemont-groep val nie. Ons het ook nog geen verskoning van die tydskrif
ontvang nie en het daarom besluit om ons advertensies te onttrek," het
Rupert gesê.
Volgens hom sal die groep dieselfde optree as 'n ander kultuur- of taalgroep
waarby Richemont belang het, aangeval word. Verskeie Afrikaanse taal- en
kultuurorganisasies, akademici en skrywers het Rupert se optrede en besluit
ondersteun.
Die skrywer George Weideman het gesê hy is baie opgewonde oor Rupert se
besluit en optrede. Prof. Hennie van Coller, hoof van die departement
Afrikaans, Nederlands, Frans en Duits aan die Universiteit van die Vrystaat
(UV) en voorsitter van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns, het gesê
Wallpaper se bestuur is "oerdom". Prof. Van Coller het onlangs in Auckland
'n byeenkoms van Die Afrikaanse Klub van NS toegespreek.
Rupert het vroeër aan 'n ander koerant, Rapport, gesê: "Die tydskrif het my
moedertaal verneder en ek het nou genoeg daarvan gehad dat my kultuur
voortdurend gekleineer word. Dit is nie grappenderwys gedoen nie. Ek gaan
nie net stilsit en toekyk hoe my taal en kultuur deur die modder gesleep
word nie. Wat hulle oor Afrikaans te sê gehad het, is die grootste klomp
twak wat ek in 'n lang tyd gesien het en ek het besluit dit verg optrede."
Hy het bygevoeg dat Richemont 'n internasionale maatskappy is wat die
diversiteit van taal, kultuur en godsdiens hoog aanslaan. Hy gaan nie dat
die maatskappy se produkte geadverteer word in 'n tydskrif wat nie dieselfde
waardes deel nie.
Die tydskrif het dusver nie op koerantnavrae gereageer nie. Een koerant
berig dat hulle verneem het dat daar aanvanklik geskarrel is om Rupert te
probeer oorreed om van sy plan af te sien.
Soos Maria haar Seun vertroetel het
druk ek my kindjie aan my bors.
O Inkosi Jesu, o Inkosi Jesu.
Ek voel sy lewe en sy krag
en sy asemhaling stil en sag,
O Inkosi Jesu, o inkosi Jesu.
Ek hoor my mense sing hul lied,
O inkosi Jesu, o Inkosi Jesu.
Die ruising van die vaal ou gras
wieg Hom sag in lieflike drome,
O inkosi Jesu, o inkosi Jesu.
Die kafferboom hef sy arms omhoog,
vol van lof vir U alleen,
O inkosi Jesu, o inkosi Jesu.
O gee ons krag, o gee ons hoop,
maar boweal U liefde,
O inkosi Jesu, o inkosi Jesu.