By die kindergrafte uit die Konsentrasiekamp van Nylstroom
Oorwinnaars vir ons volk,
bly u vir al wat beste in ons is 'n ewig' tolk;
nooit weer sal vyandsvoet u stof so diep vertrap en smoor
dat ons u langer nie kan sien - en hoor.
Nie onse Helde, wat die magtig' leër
op glansryk' velde kon weerstaan en keer;
nie onse Seuns, wat aan die galg en teen die muur
die diepe liefde vir hul eie moes verduur;
nie onse Moeders, wat met bloeiend hart en seer,
in swart Getsemane die ware smart moes leer;
nie onse Generaals, vereer met krans en riddersnoer;
- was waardig vir ons volk die hoë stryd te voer
en te oorwin.
Nie ons, met vuile hand en hart ontrou was waardig
om die vaandel hoog te hou.
Maar u, o bleke spokies, in U kermend', klagend' wee,
staan voor ons ewiglik beskermend - uit die lang verlee.
Eugene Nielen Marais
(°Pretoria 1871 +Pelindaba 1936)
Don Quixote
Eugene Nielen Marais
(°Pretoria 1871 +Pelindaba 1936)
Na A. von Chamisso
Nog 'n avontuur
wat my roem beloof!
Sien jy al dié reuse,
klaar om weer te roof?
Toringhoog, misgeskape;
as jy vinnig kyk,
is dit of die rakkers
net soos meules lyk!
Met verlof, heer Ridder,
kyk hulle stip maar aan.
Dit is blote meules,
wat daar draaiend staan.
Sien jy, arme domkop,
gapend waar jy staan,
al die ongediertes
vas vir meules aan?
Oogverblindery
mag 'n Kneg bedrieg,
maar 'n edel Ridder
kan g'n Reus belieg.
Met verlof, heer Ridder,
glo my dit is waar,
net opregte meules
op die bultjie daar!
Beef, jy, vette lafaard?
Dit is klaar en hel,
stryd met sulke skepsels
is net kinderspel!
Een teen almal - daag ek,
vol van riddermoed!
Netnou drink die aarde
al jou ketterbloed!
Ag, my liewe Ridder,
glo my tog dié keer!
Meules is dit waarlik;
ek kan dit besweer!
"Soetste Dulcinea!
Bron van al my hoop!"
- En die brawe ridder
druk sy ros op loop;
storm af op die eerste
met die lans gemik -
en oorrompel stort hy
in die stof verstik.
Leef jy, edele Ridder?
Ek het jou gesê -
net so seker Meules
as jy nou daar lê!
Vra jy my miskien -
- soos baie mense meer -
was dit werklik reuse
soos die Baas beweer?
Of net blote Meules
glo ek met die Kneg?
Gee ek onbedenklik
onse Ridder reg?
Met die heer ooreenstem
is die kloekste kreet.
Wat van sulke dinge
kan 'n Kneg tog weet?
--
Eugene Nielen Marais
(°Pretoria 1871 +Pelindaba 1936)
Wat word van die meisie wat altyd alleen bly?
Sy wag nie meer vir die kom van die jagters nie;
sy maak nie meer die vuur van swart-doringhout nie.
Die wind waai verby haar ore;
sy hoor nie meer die danslied nie;
die stem van die storie-verteller is dood.
G'neen roep haar van ver nie
om mooi woorde te praat.
Sy hoor net die stem van die wind alleen,
en die wind treur altyd
omdat hy alleen is.
Will the real André Stander please stand up?
meisie
Voorwoord: Hier volg die geskiedenis van André Stander. As jy nog nie
die fliek gesien het nie en dit wil kyk, stel ek voor jy lees dit nie.
Die fliek is 'n biografie, so ek gee die hele plot weg.
'n Eerbare kaptein in die Johannesburg Polisiemag of een van Suid-Afrika
se mees berugte bankrowers? 'n Lojale man of 'n dislojale rebel? 'n Hero
of 'n zero? 'n Bul of 'n nul?
Ek het nog altyd van die underdog gelike en die movie celebrate 'n
tipiese underdog, fuck the system storie in Suid-Afrika in die 70's. 'n
Ou wat die verkeerde dinge vir die regte redes doen of die regte dinge
doen vir die verkeerde redes - besluit maar self. Die reviews laat die
movie klink soos 'n definitiewe DVD purchase, behalwe die verkragting
van ons aksent. Hulle het mos weer 'n Amerikaner 'n Suid-Afrikaner laat
speel. Apparently het Hollywood nog nie geleer dat ons so effe anders as
hulle klink nie. Wie kan vergeet van die verskriklike aborsie wat hulle
daarvan gemaak het in Lethal Weapon 2?
Maar toe wonder ek, wie was André Stander?
En snaaks genoeg is daar nie moerse baie info op die Web nie. Hier is
wat ons verseker weet.
Dis laat seventies, Apartheid seëvier. André Stander, seun van 'n
Afrikaanse generaal en jongste kaptein in die Johannesburg Polisiemag,
geniet die lewe van 'n middelklas getroude man. Stander is op die riot
force en skiet 'n ongewapende man dood in die Tembisa student protests.
Hy verloor sy cool en bliksem twee van sy medespan dudes toe hulle hom
vra of hulle "overtime" gaan score daarvoor. Hy besef 'n witman kan
enige iets doen op daardie oomblik en wegkom daarmee. En hy doen wat
elke ander persoon in sy posisie sou doen, misbruik sy kennis van die
inner workings van die polisie en raak 'n bankrower. Sien jy die
connection? Connect jy die dots? Maak jy uit?
So terwyl al die ander polisiemanne Just Donuts raid tydens middagetes,
raid hy banke en kry dit dan nog reg om as hoof inspekteur op sy eie
crime scene op te eindig. Terwyl hy op die all-white (amper soos die All
Blacks maar met minder balvaardigheid) Polisiemag serve en protect,
beroof hy 26 banke, soms sommer 'n paar in dieselfde uur. Hy word deur
die werkersklas gesien as die ultimate anti-hero, 'n tipe Robin Hood
figuur wat 'n pit druk vir 'n government en samelewing wat lank terug
enige vorm van humanity en menseregte vergeet het.
Ongelukkig vir ou Stander kom alles wat jy doen terug na jou toe. Want
dit is hoeka sy pel en mede-polisie kaptein, Kaptein van Deventer wat
toe sy planne in die wiele ry en hom tjoekie toe pos. Maar Stander se
storie eindig nie hier nie.
In die tronk ontmoet hy Allan Heyl (kar diefstal en bankrower, onlangs
vrygelaat) en Lee McCall (kar diefstal en bedrog). Na 'n legendary
prison break uit Zonderwater tronk in Oktober 1983, gaan hulle voort met
sy manewalesen die robberies raak al meer daring - soos byvoorbeeld om
dieselfde bank twee keer te beroof. Die media gee hulle die naam die
"Stander Gang" en hulle raak moerse popular in al die nuus regoor die
land.
'n Quote deur crime author Rob Marsh: "They were in all the newspapers.
I mean it was big news and they were doing things that, in one sense,
some of us like to think that weëd like to do - in other words, get one
over on authority."
As ring leader, floreer Stander in die beplanning van die bankrowery,
maar begin sy vrou mis en mag glad nie meer kontak met sy ou man hê nie,
wat vir hom nogals blaaint is. Fame het ongelukkig altyd een of ander
emosionele gat waarin meeste mense val. Syne was alle kontak met vriende
en familie afsny. Heavy sad.
Tussen Augustus 1983 en Januarie 1984 het die Stander Gang te kere
gegaan en amok gemaak onder al wat bank is in en om Jo'burg. Anti-heroes
vir die nasie, maar die voormalige polisiekaptein-turned-bad was 'n
moerse embarrassment vir die regering, en so het dit gekom dat hulle
heel bo aan op die Most Wanted lysie was. En toe run hulle luck uit.
Op 28 Januarie 1984 kom Patrick McCall short gedurende 'n shootout met
die polisie in Houghton, Johannesburg. Stander vlug Fort Lauderdale in
Florida, USA toe met die gebruik van 'n vervalsde paspoort. Daar
aangekom, word hy ook dood geskiet deur die polisie daai kant toe hy
traai om 'n kar te skaai. Hectic.
Intussen skiet Heyl uit na die UK toe waar hy sy career in crime
voortsit, maar word gevang in 1985 en weer in die tjoekie gegooi vir
nege jaar vir die crimes committed in die UK. In 1991 word hy
gedeporteer SA toe waar hy in die hof moet verskyn en die blaam vir sy
deel in die Stander gang offences moet dra. Hy pleit skuldig vir 18
bankrowerye, 17 vir die onwettige possession van gewere en ammunisie,
vyf vir kar diefstal en een vir ontsnapping uit die tronk. Hy kry 33
jaar en is nou die dag eers vrygelaat na meer as 20 jaar agter die
tralies. Hy claim hy's heeltemal gerehabiliteer en gaan begin nice wees
met mense.Volgens berigte gaan hy een of ander infomercial-type produk
verkoop. Wys jou...
Nog 'n ding wat ons van Stander moet onthou en wat hom miskien uit die
accounts van Volkshelde gehou het, is dat hy nie baie van sy geld terug
gegee het vir die community nie. Nee pappa, hy het alles vir homself
gehou. Porsches gekoop, girls ge-entertain en huise gekoop.
Apparently het die man ook daarvan gesmaak om kaal rond te hang. Dit is
seker waar "Wat maak jy? Nee, ek hang bal." vandaan kom. Thanks André.
Thanks a lot.
André Stander was basicall 'n man disgusted met die land en sy kak. Sy
reaksie, however, is great en bring ons een van die mees interessantste
stories vanuit die Apartheidsera. 'n Puik polisiekaptein wat sy beroep
doodluiters wegmoer en net so die most wanted man in Suid-Afrika geword
het. Niemand kan for sure sê wat in sy kop aangegaan het nie en dit los
ons met vrae of sy crime spree enige goed meegebring het en of dit alles
die moeite werd was.
Well, at least maak dit vir 'n helluva storie. For real.
Geskied met briek: Die Joggie Jansen storie
briekmerk
Enige iemand wat sy rugby ken of wie se pa sy rugby ken, sal weet wie
Joggie Jansen is. Maar net vir die blote feit dat elke keer wat daar 'n
vleisie ge-tan word, net nadat die hartseer van nog 'n Bok
teleurstelling jou keel nat maak, is dit soms noodsaaklik om te praat
oor die goeie ou dae. En die goeie ou dae was Joggie Jansen. 'n
Vrystaatse senter van formaat. 'n Senter wat O'Driscoll soos 'n jong
seuntjie met 'n veer in sy hol op laat lyk. Buiten die feit dat hy 'n
monster op verdediging was het hy ook besit gehad oor 'n fenynige
systapie.
Maak nie saak waar jy kyk nie, daar word elke keer verwys na die toets
van 1970 tussen die Springbokke en die All Blacks. Die All Blacks was op
'n winning streak van 50 wedstryde in 'n ry. Nogals nie te kak nie. Dit
was voor die wedstryd duidelik gemaak dat iemand 'n spark vir die Bokke
sal moet veroorsaak, net om hierdie windgat All Blacks bietjie skrik op
die lyf te jaag. So waar as wragtig jonge Jansen was die een wat dit
alles begin het met 'n "flying tackle" soos beskryf deur die EP Herald.
Dis hierdie tackle wat baie deskundiges beskou as die best tackle ooit,
toe Joggie Jansen vir Wayne Cottrell in die midrif vasvat net nadat
Cottrell sy gewig verplaas het om ontslae te raak van die bal. Blykbaar
het Cottrell so op die grond gelê en krul van die pyn dat dit gelyk het
asof hy op soek was na sy prostaat.
Hectic.
Jansen was een van die min spelers wat die geleentheid gehad het om die
groen en goud naweke oor sy kop te trek, terwyl hy geswot het by die
Universiteit van die Oranje Vrystaat, bekend as "Die Shimlas". In 1970
as jy 'n senter was wat opgedraf het teenoor Jansen, moes jy maar soos
'n eend op die veld waggel om ontsale te raak van al die bok-drolle wat
jy nie kon keer nie. Seriously, ek dink jy moes balle van staal gehad
het om teen hierdie bra te speel. Ek wonder hoveel ouens hy afgeskryf
het op die varsity se B-veld?
Dis in 'n flink gedagte wat ek recall hoe Riaan Cruywagen ons in 1995
vertel oor die grote Jona Lomu probleem. Niemand weet werklik hoe om
hierdie reusagtige vleuel te stuit nie. Dis net hierso waar Riaan
Cruywagen plek maak vir die argiewe video footage van 'n agterlyn
beweging tussen die Springbokke en een of ander obskure span. Die
opponent speel die bal vinnig wyd vanaf die skrumskakel (nommer 9) na
die binne senter (nommer 12). Ewe skielik is daar 'n blitsvinnige
verskynsel vanaf die teenoorgestelde rigting wat reg oor die kamera se
view finder beweeg, een kant in en ander kant uit. Om een of ander rede
is die (enigste) kameraman op die buite senter van die opposisie, want
hy is seker dis waar die bal is. Toe hy uiteindelik besef dat hy nie
regtig weet waar die ball-carrier is nie, pan hy terug en vind vir
Jansen wat bo-oor die krullende senter staan en hom vra wie sy pappa is.
Dis mos nou rugby.
Anyways, die punt is dat as ons vandag vir Joggie Jansen in die span
gehad het, sou dinge baie anders gewees het. So Joggie WKJ? salute jou
vir die standaard wat jy gestel het om alle ander spelers wat na jou
gekom het, soos gatgabbas te laat lyk.
Once.
Believe it 'cause it's true. Corné en Twakkie in the house. Guy.
CHopper CHarlie
Dis Satragaand en ek en Ali Baba is op soek na Diaz Tavern. Ons stop
langs so Coloured bra met dreads oorkant die Kasteel, obviously uit ons
bracket uit verdwaal. "Sorry bra, weet jy waar..." begin Ali. "Ja, dis
die plek," reken die ou. Sien, die dude reken ons soek obviously vir
Corné en Twakkie wat by Distri-X speel. Oh well...
Ons pull in. Moerse stage en ligte en als. Hier gaan obviously iets
fokken serious gebeur. Na 'n geronddraaiery kry ons eindelik sitplek
somewhere in die rotstuin bo die stage. Ja, daar's 'n rotstuin wat op
die stage uitkyk. Moerse weird. Ek bedoel, dis oorkant die fokken
Kasteel bra.
Anyway, die beat trek los en twee blare in wit suits met sweatbands en
serious fokken smitties betrek die stage. Corné and Twakkie have arrived
pappa. Die bra met die donker hare is klaarblyklik Corné en die klein
Asterix lookalike wat soos 'n fool rondhop is Twakkie.
Welkom by The Most Amazing Show.
Welkom in Welkom.
Na die eerste tune maak The Style of Love hulle verskyning. The Style of
what? The Style of Love guy. 'n Band of sorts gedress in knee pads,
onderbroeke, breërand kriekethoede, donkerbrille en liplapas. Yo! Maar
die ouens kap dit uit, fokken eersteklas tunes vir die mense.
Met die begeleiding van The Style of Love entertain die twee zefgatte
ons met 'n winding, loosely bound narrative oor die rise van C&T - hoe
hulle ontmoet het, Icarus Guy, en dies meer. Fokken weird en freaky maar
nogal cool. 'n Hoogtepunt is die arrival van die stage girls wat in
bikini's oprock en proceed om Clover boksiemelk oor hulle semi-naakte
lywe uit te gooi. Grrrr! Hiervan hou mens mos.
Part Cheech en Chong, part Raj & Raj 2 (Corsa Lite) en hoogs zef, maak
hierdie nogal vir 'n entertaining aand. Die hele ding is song-driven en
tussenin hap die ouens mekaar kak, of haal die advertising types in die
audience uit. Hulle het ook 'n punt daarvan gemaak om so groot tannie in
'n geblomde rok te tune wat hulle met haar boobs wil doen, en die token
swart ou bedank (hy was actually Indian) dat hy gekom het.
Volgens hulle site (www.tmas.co.za) is hulle al lank aan die go, met
planne vir 'n TV show reeds aan die rol. Check ook die video clips op
die sait vir 'n voorsmakie (dis onder "Tunes and movies"). Maak dan 'n
kraak en gaan sien hulle. "Laugh or we moer you" tune die poster. So ons
het maar gelag, alhoewel ek seker was ek kon daai Corné ou vat. Oor
Twakkie is ek nie seker nie...
Russian Secret Services' Links With Al-Qaeda
Michel Elbaz, AIA general coordinator
The right hand of bin Laden, the Number Two in "Al-Qaeda" was trained
at the secret base of the Russian secret services on Caucasus, the
former Lieutenant Colonel of the Russian Federal Security Service
(FSB) Alexander Litvinenko told the Polish Rzeczpospolita newspaper.
Until the end of 1998, Litvinenko had served in several top-secret
units that specialized in struggle against the terrorist and the mafia
organizations.
Litvinenko claims that Ayman al-Zawahiri, who headed at that time the
terrorist organization "Al-Jihad al-jadid" (it was formed from the
Egyptian emigrants - activists of "Al-Jihad" and "Al-Jamaah al-
Islamiyah"), in 1998 secretly stayed on the territory of Russia.
Alexander Litvinenko
Up to the beginning of 1998, the process of merging of the two most
radical Islamic organizations - "Al-Jihad al-jadid" and "Al-Qaeda" was
completed. Al-Zawahiri became the second person in the hierarchy of
the Osama bin Laden's "Al-Qaeda". In February 1998, being together in
Afghanistan, they have created the World Islamic Front for Jihad
Against Jews and Crusaders. However, at that time the Western secret
services yet did not pay any special attention to al-Zawahiri's
activity (several years prior to that, he freely visited the USA, and
several countries of the Western Europe). The hunt for him, as well as
for his fellows in arms began only after the explosions in the
American embassies in Kenya and Tanzania, in August, 1998.
Only then the CIA analysts with the help of the Egyptian and Israeli
colleagues managed to restore retrospectively a part al-Zawahiri's
"activity schedule" for seven months prior to the attacks in East
Africa. As it was discovered, since January till the end of July,
1998, he personally supervised the preparation for the terrorist
attacks in Kenya and Tanzania.
Communiqué of the Islamic Front for Liberation of Sacred Places
concerning the attack against the American embassy in Nairobi. August,
11, 1998.
For this purpose al-Zawahiri had left the territory of Afghanistan
several times, in particular traveling to Sudan (in the middle of May,
1998). In parallel, he paid a lot of attention to strengthening "Al-
Qaeda's" ties with secret services of Khartoum and Tehran.
Kyk , vir n lang rik was daar n ""storie"" dat rusland vir die VSA in
n oorlog wil intrek waaruit hy nie kan kom nie en dat die ding sal
stadig eskuleer en ewensueel die VSA se moed breek, en die weste laat
overextend .
Soos wat dir nou gaan in die midde ooste lyk dit of dit waar is .
Rusland sou n lae graadse orlog duer proxy voer , deur Iran, Siria en
Afganistan en hulle op hulle buurt weer n proxy oorlog duur hamasen
Hisbula in Isreal en Lebanon en Alquada in Iraq (Sirie(Soena)) en Madi
in Iraq( Shia).
Verwante Berigte
Swart armband as protes teen misdaad bepleit
2 gaan van Rattray-moord aangekla word
Twee ondervra oor moord op David Rattray
Charles nie by Rattray-begrafnis
Kyk vorentoe, SA, sou Rattray gesê het
Charles kap Mbeki oor misdaad
Moord op Rattray is 'n "wekroep"
Geskree ná konvooi kar ‘van pad blaas’
Feb 01 2007 09:27:38:930PM - (SA)
Nicola Jones
Pietermaritzburg. – “Dit is omdat ek swart is!”
Dít het premier S’bu Ndebele van KwaZulu-Natal gister aan ’n man van
Pietermaritzburg tydens ’n woordewisseling by die begrafnisdiens van
mnr. David Rattray, toerisme-pionier en bobaas-storieverteller,
geskree.
Gaste wat die begrafnisdiens by die eksklusiewe private skool
Michaelhouse bygewoon het, was geskok toe mnr. Trevor Sharp (65), ’n
toergids, agter die premier se viermotor-konvooi stilhou en hom
woedend begin aanspreek omdat Ndebele hom glo van die pad “af geblaas
het”.
Sharp het aan Beeld se susterkoerant, The Witness, gesê dat hy teen
100 km/h op pad na die begrafnisdiens was toe die konvooi “teen
minstens 160 km/h” verby hom gejaag en hom rakelings gemis het.
“Ek het groot geskrik. Hulle het soos koeëls verby my geskiet.
“Dit is nie die eerste keer dat ek, of my vrou deur mense in
regeringsvoertuie, wat soos idiote bestuur, van die pad af geblaas
word nie,” het hy bygevoeg.
Sharp het by sy aankoms by die skool uit sy motor gespring en daarop
aangedring om te weet wat gee die premier die reg om teen só ’n hoë
spoed te bestuur.
“Hy was op pad na ’n begrafnis, nie ’n noodgeval nie. Ek het hom gevra
of hy nie die padreëls hoef te gehoorsaam nie, veral ook omdat hy die
voormalige KwaZulu-Natalse minister van vervoer is en of hy nie eerder
’n voorbeeld moet stel nie.”
Ndebele het Sharp aanhoudend gevra of hy nie die flitsende blou ligte
op die voorste motor gesien het nie, waarna hy glo kwaad geword en
geskree het dat Sharp op hom pik omdat hy swart is.
“Dít is wat my woedend gemaak het. Ek het aan hom gesê dat die blou
lig nie vir my ’n aanduiding was van die kleur van die bestuurder
nie,” het Sharp gesê.
Mnr. Jeff Hassan, Ndebele se woordvoerder, het by navraag gesê “hy het
met die premier gepraat en dis die einde van die storie”.
Hy het bygevoeg dat die konvooi nie die spoedgrens oorskry het nie.
“Dis hul normale spoed, veral in ’n noodgeval,” het hy gesê.
Twee dae gelede het my vrou en ek, vir 'n tannie wat naby woon, 'n bos
blomme gekoop omdat dit haar verjaardag was. Ek het 'n Engelse
briefie daaraan geheg (sy is Engelssprekend) met haar blinde dogter se
naam onderaan die briefie, asof dit van haar dogter af is. Haar dogter
woon 'n hele paar honderd kilos hiervandaan en weet dit nie.
Sy het dit, omdat haar gedagtes by haar siek man is, geglo en nie veel
vrae gevra nie.
Toe ek netnou hier by my woonstel instap, staan die blomme in 'n baie
mooi blombak in die sitkamer. Toe ek daarna vra, lag my vrou en sê dat
die tannie hier, kort voor ek hier aangekom het, ingestap het met die
blomme gerangskik in die mooi bak. Sy het gesê dat sy van môre af by
haar man se kinders gaan woon, en dat my vrou die blomme met die bak
moet neem.