Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Sokker

So., 01 Julie 2007 23:55

Op die oomblik is die Jeug-sokker Wêreldbeker aan die speel
in Kanada. Gister was daar twee wedstryde hier in Ottawa
en vandag ( Canada Day) speel die Kanadese teen Chile -
ek weet nog nie wat die uitkoms is nie. Een van ons seuns
(wat self 'n goeie sokkerspeler is) het sy dogter soontoe
geneem.

Gloudina

Sport & ontspanning | 0 kommentare

Oom Gert Vertel en ander gedigte - C Louis Leipoldt

So., 01 Julie 2007 15:57

Oom Gert Vertel en ander gedigte - C Louis Leipoldt word deur die
Gutenberg-projek hier gratis gebied:

http://www.gutenberg.org/files/19729/19729-h/19729-h.htm

groetnis aan alle bemindes - Jonas.

Prosa & poësie | 0 kommentare

Re: Vir te test

Vr., 29 Junie 2007 16:30

Dit is die online uitzaai van die Vlaamse televisie;as jullie breedband he
kan jullie in ZA dit perfect ontvang
Goe naweek
"MoN" skryf in boodskap news:lnahi.10078$Jp6.421115@phobos.telenet-ops.be...
http://www.vtm.be/asx/index.php?/agility/20070629_hn13

TV, flieks & vermaak | 1 kommentaar

Re: UNESCO's World Heritage List

Vr., 29 Junie 2007 14:39

Jeeva skryf
> The list of Heritage sites as listed by UNESCO is available at

'n Nuwe een is onder andere die Rideau Kanaal, wat in die
negentiende eeu gebou is om die Ottawa Rivier met Lake
Ontario te verbind. In die winter word dit die langste skaatsbaan
in die wêreld.

Gloudina

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

"Wildernis" deur D.J. OPPERMAN

Vr., 29 Junie 2007 01:35

Wildernis
D. J. OPPERMAN

Watter boom se bitter wortel,
watter beentjie van die tortel

sal die hart teen bose gees
beskerm en van eensaamheid genees?

sal die kranse en die wildepeer
tot sin en ewigheid besweer?

Met die jare word die kamer
daagliks onherbergsamer

en buite kom 'n kilte
dieper uit die klip en stilte,

buite agter 'n miershoop lê
die maer lyk van Eugene Marais

Prosa & poësie | 0 kommentare

" Vincent van Gogh" deur DIRK OPPERMAN

Vr., 29 Junie 2007 01:28

Vincent van Gogh

Jy het as 'n miskende
heilige vergeefs geveg teen die ellende
en die onreg in die krotte van die myn,
in agterbuurtes en op landerye; slegs die pyn
en skriklike stryd van God
leer ken, wat mens en boom verknot
in Sy kramptrekke; maar eers toe jy die koringgerwe
in aanbidding van die son kon verwe,
boere, wasvrouens en gepynigde gesigte,
die kantelende landskap in die snelle ligte
geel en groen en blou - alles met koorsige gevlek
tot branding van die skone kon verwek,
toe is Sy hartstog eers in jou volbring
soos groen sipresse tot 'n vlam verwring.

Prosa & poësie | 3 kommentare

Re: For International Peace / Security: Islamic Teaching of Righteousness, Love, Compassion and Equality of All People; God Himself takes care of Insulting-Plotters. High Islamic Morals ask to Control Emotions and act Wisely. LOVE FOR ALL HATRED FOR NONE.

Di., 26 Junie 2007 17:42

Dave

Ek dink dit is net so onregverdig om hierdie ou te oordeel volgens obvious
regsgesinde Amerikaanse anti-Islam propaganda as wat dit is om on christene
te veroordeel volgens die belaglike poste wat die Grieks-ortodokse profeet
hier laat, nie om eens te praat van die NG kerk wat wil ondersoek of die
duiwel wel bestaan, of die believe or else attitude van die katolieke kerk
en hulle Spaanse inkwisisie nie.

(En terloops ek top-post met opset omdat in die gesprekke waar ek
teenwoordig is, die laaste woord die swaarste weeg. Die wat wil weet vat
vroeër gesê is, omdat hulle nie die gesprek gevolg het nie, kan gerus afs
scroll om op te vang.)

En glo my, nie vir 'n oomblik dink ek hierdie ou se siening van die wêreld
is reg nie, maar nie alle moslems is bloeddorstige oorlogsvrate nie, net
soos alle Afrikaners nie rassistiese haters van alles wat swart is nie.

Groetnis

"Dave" skryf in boodskap news:hb2283ts9r72oudsbq7qrlekk1v9756uh9@4ax.com...
>
>
> A closer look at the motivations and background of the author.
> download www.thereligionofpeace.com
>
>
> On Tue, 26 Jun 2007 05:14:50 -0700, GLAD-TIDDING
> wrote:
>
>> Peace be upon you and all!
>

>> A closer look at the motivations and background of this author.
>> · download www.thereligionofpeace.com

>> LOVE FOR ALL HATRED FOR NONE.
>> Reforms to peace @ links
>> Islam's Response to Contemporary Issues= English www.thereligionofpeace.coml =SOME DISTINCTIVE
>> FEATURES OF ISLAM
>> www.thereligionofpeace.com= Universal
>> and Moral Values, Politics and World Peace
>> Islam - Peaceful Religion
>> Exemplary Compassion of The Holy Prophetsaw
>> Peace and blessings be upon you and your loved ones and all humanity.
>
>
> A closer look at the motivations and background of the author.
> download www.thereligionofpeace.com

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Waar is almal?

Di., 26 Junie 2007 14:51

Hoekom het ons Afrikaanse nuusgroep nou skielik meer
Engels op as Afrikaans? Laat van julle hoor. Ek pleit skuldig,
Die rekenaar waarop al my gedigte gestoor is, is uit aksie
en ek is te lui om 'n nuwe kolleksie te maak. Maar ek sal
in die nabye toekoms probeer. Intussen kan ander ook
uithelp. Dit help natuurlik ook nie dat dit somer hier is
en mens baie meer uithuisig is as in die winter nie. Vandag
gaan die temperatuur glo op tot 32 C.

Gloudina

Koeitjies & kalfies | 10 kommentare

Beterlands

Vr., 15 Junie 2007 09:53

Op de website www.beterlands.nl is een project gestart om Afrikaanse,
Surinaamse e.d. woorden van Nederlandse leenwoorden te inventariseren.
Bijdragen zijn welkom. Zie www.beterlands.nl.

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Bladsye (1835): [ «    169  170  171  172  173  174  175  176  177  178  179  180  181  182  183  184    »]
Tyd nou: Ma. Des. 22 07:51:20 UTC 2025