On Fri, 25 Jul 2003 20:44:58 +0200, Andries Kriel
wrote:
>
> Die kanker is vroeg genoeg ondek. As alles goed gaan, en ek glo dit sal,
> hoef sy nie bestraaling te kry nie. Sy gaan dan ook 'n week in die
> hospitaal bly vir observasie.
Sy is vreeslik gelukkig, en ek loof die Koning saam met jou daarvoor.
My skoonsuster is dieselfde tyd as jou ma met kanker gediagnoseer.
Sy is net gesê dat dit 'n gewas op haar brein is. Sy is reeds begrawe.
Speedy Gonzales wrote:
>
> Nie sover ek kan onthou nie. Ek het die naam by Katryn se buurman
> geleer.
>
>> En ken een van julle dalk hierdie weird hoenders wat sulke gekleurde
>> eiers lê? My buurman bring die goed nou die dag hier aan, en vertel
>> my dat dit van "easter hens" afkomstig is. Die werklike naam van
>> hierdie hoenders wat sulke gekleurde eiers lê is 'aracaunas'.
>
> Toe klink dit slim omdat ek ook nou weet wat hulle genoem word
>
> SG
Met ander woorde Suid-Afrika is geheel en al blou-eierloos? Sug.
Engeland seker ook. Jy is 'n ontwerper, kan jy nie iets aan die saak
doen nie?:-)Waarom moet ons met sulke vervelige hoenders sit?
> Dis interessant, nè? Kapitalisme aan't werke. :-)
> Die hele geskiedenis van koffie is ook deksels interessant. Ons het
> vriende wat koffiebone invoer van Suid Amerika en ek hang altyd aan sy
> lippe as hy begin vertel van al die politieke intriges en korrupsie
> wat hierby betrokke is. Hulle het 'n lang tyd ook in Puerto Rico
> gewoon.
Ek het eenkeer 'n boek gelees oor die geskiedenis van koffie, met die
titel "The Devil's Cup" of so iets. Dit was baie interessant, daar was
verwysings na allerhande eienaardighede en gebeurtenisse. Ek het die
boek baie geniet....
> Terloops, dit lyk my dis nou net ons 2 wat nog hier sit en gesels?
Ag die ander kom en gaan maar. Dis tog lekker om 'n plek te hê om te
gesels weg van SCSAA af. Ek dink Speedy is besig deesdae, Rico is met
vakansie en Andries sal wel uitslaan. Ek is bly jy is hier.
> Maar ek wil net vir jou sê dat ek jou boodskappe op SCSAA geniet het,
> en veral die manier waarop jy jou saak gedebateer het met daardie
> Glucklich persoon. You go girl!!
> :-)
Dankie Katryn, maar soos jy weet (veral ook in die VSA) dis maar 'n
ding waaroor mense 'n onwrikbare opinie het en die feite maar min saak
maak. Baie mense wat pro-doodstraf is is baie keer vreeslik
anti-aborsie, wat altyd vir my eienaardig is.
Katryn, wat is die kanse dat Arnold Schwarzenegger 'n verkiesing in
California kan wen:-)? Ek het gelees dat hy dalk 'n kandidaat sal wees as
hulle daarin slaag om van Gray Davis ontslae te raak.
"Katryn" skryf in boodskap news:gh7ohvc1qo3tofnph9ghu4fakamf2o2ndj@4ax.com...
> Katryn wrote:
>
>> Het dit gewerk?
>
> Nope. :-)
>
> Terloops, hier is 'n skakel na die kleure van die eiers waarvan ek 'n
> foto probeer plaas het as iemand dalk belangstel. (Dankie tog vir die
> Internet) :-)
> http://araucana.freeservers.com/Blue&Blues.htm
>
Ek het nog nooit van hoenders gehoor wat gekleurde eiers le nie! Ek wonder
waarom meer mense nie die hoenders aanhou nie... Dit sal die ontbyt tafel
heelwat kan opvrolik. Jammer oor die aanhegsel.... maar ek het na die site
gaan kyk.
Andries wrote:
> Lorinda wrote:
>
>
>> Ek gebruik dit (nog) nie, maar ek sal die link onthou. Ek sal dit een
>> van die dae installeer.
>>
>
> Watter weergawe gebruik jy??
>
> Ek het nie kennis van die ander nie, maar ke vind Mandrake taamlik
> gebruikersvriendlik. Ek sal dit vir mense wat gewoond is/was aan Windows
> voorstel. Dis nou nie regtig "plug-'n-play nie, maar as mens beried is om
> baie te lees en jouself te leer sal jy regkom.
>
Ek gebruik nog Microsoft, maar ek het redelike kennis van Linux, en ek
dreig nou al lank om dit te begin gebruik. Een van die dae sal ek so
ver kom:-)
Andries wrote:
>
> Ek spandeer soveel as moontlik tyd saam met hom.. dalk moet ek hom by my
> laat doeks.
>
> Ek het my Jack Russel laas week saam gebring van die plaas af..maar ek dink
> die dorp maak hom depressief of iets. Die eerste dag het dit goed gegaan
> maar Dinsdag wou hy nie eet nie. By die werk het hy die hele dag in die
> bakkie onder die boom gele...ek het hom terug gevat plaas toe. hy was nog
> nooit in 'n erf agter hekke nie. Ek dink dis vreemd vir hom. Ek sal maar op
> die plaas vir hom gaan kuier.
Ek dink jy het die regte ding gedoen om hom terug te vat plaas toe.
Los hom maar liewer waar hy gelukkig is. Baklei hy nie met Fleur nie?