Dit lyk of daar 'n grootskaalse rebellie teen George
Bush is, nie soseer van die mank Demokrate nie,
maar van uit Republikeinse geledere. Meeste van
die konserwatiewe guru's lyk dit het teen hom gedraai.
Ook geen wonder nie, want hy spandeer geld soos
water, maak die federale burokrasie groter en groter,
en vernietig die goeie naam van die Amerikaner op
die internasionale toneel.
Ons kry steeds ongelooflike reenval en die land en sy woestyne blom soos nog
selde in die geskiedenis. Die damme is vol water, die watertafel herstel
en fonteine wat al jarre droog is, die leef weer. Die springbokke draf met
biwwerende vet boudjies in die woestyn rond. Dis wonderlik en ons is sê
dankbaar. Vir mense wat in 'n droë land bly waar daar maar altyd 'n soort
van 'n stryd is teen droogte, is dit wonderlik en niks, maar niks, nie eers
die politiek of rugby nie, is meer belangrik nie. Is dit nie interessant
nie? As 'n spul mense swaar kry, dan kla en wroeg hulle oor alles. Kom
voorspoed en die bekke raak stil want almal eet aan daai voorspoed en het
nie tyd vir strontpraat nie! Hierin behoort 'n les vir die politici te
lê: Slaag daarin om voorspoed te skep vir jou kieser en jy sal altyd
verkies word.....ongelukkig eet die Afrika-politici hulleself so dik,
alleen, dat hulle ore toeslaan en hulle die gepeupel nie meer kan hoor nie!
Waarom moet daar slegs een TV-skeidsregter wees. Dat net ene die
besluit moet neem gewis.
Die arme ou wat Saterdag gevou het kon gedoen het met hulp. Eintlik
moet die mense wat hom sonder die nodige vaardighede daar geplaas het
voor stok gekry word.
As jy belang stel om 'n cd op te neem of om backtracks te laat maak
kontak gerus vir Riaan by Sinkplaatmusiek by 073 650 7665
of e-pos by sinkpla...@webmail.co.za vir meer inligting.