Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

DS: [AFRIKAANS:5667] Re: DS: Re: (Fwd) Re: Vir die nuwe SA -

Ma., 22 Januarie 1996 00:00

----------
Van: Leendert van Oostrum[SMTP:O...@scientia.up.ac.za]
Verzonden: maandag 22 januari 1996 9:27
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5667] Re: DS: Re: (Fwd) Re: Vir die nuwe SA -

On 19 Jan 96 at 8:27, a...@rmbmain.rmb.co.za wrote:

> Moerdertaalonderrig is 'n aanvaarbare praktyk en staan ook so in die
> grondwet.

Die Grondwet verwys nie na moedertaalonderrig nie. Dit beskerm ('n
bietjie) die reg om onderwys te ontvang in die taal van jou _keuse_.

Groete, Leendert


Leendert van Oostrum Telephone: +27-12-4203656
UNIVERSITY OF PRETORIA Fax: +27-12-432863
(Which does not neces- e-mail oos...@scientia.up.ac.za
sarily endorse opinions experessed here)

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

DS: [AFRIKAANS:5681] Re: Waarom 'Sokker' i.p.v. 'Voetbal' i

Ma., 22 Januarie 1996 00:00

----------
Van: WYBENGA D[SMTP:W...@serval.vista.ac.za]
Verzonden: maandag 22 januari 1996 16:36
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5681] Re: Waarom 'Sokker' i.p.v. 'Voetbal' i

Bakgat
Daan

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

DS: [AFRIKAANS:5687] AANKONDIGING

Ma., 22 Januarie 1996 00:00

----------
Van: JAC...@yvax.byu.edu[SMTP:J...@yvax.byu.edu]
Verzonden: maandag 22 januari 1996 19:42
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5687] AANKONDIGING

Hierdie semester bied ek die tweedejaars letterkunde klas aan. Die klas is nie
uitsluitlik op letterkune toegespits nie. Dit behels sowat 60% vn die totale
punt. Die res van die klas word gewei aan praat- en skryfvaardighede. Om
hulle skryfvaardighede te verbeter wil ek graag vir hierdie semester (Jan tot
middel April) die volgende opdrag aan my 18 studente gee. "Hoe word Afrikaans
deur sy sprekers en nie-sprekers gesien?" Ek wil graag skermposadresse aan my
studente verskaf. Dan moet hulle elkeen wat wil saamwerk kontak en hulle eie
vrae stel oor u gevoelens en opinies omtrent Afrikaans. Hulle moet die
korrespondensie op Afrikaans rig. Antwoord dus asb op Afrikaans. Sou enige
van julle belangstel om direk met my studente te kommunikeer, spoed 'n
skermpossie my kant toe met die volgende SUBJECT: DEELNEEM. Laat die
inhoudgedeelte leeg. Indien u wel iets verder wil sê, skryf dan DEELNEEM...

Nederlandse moedertaalsprekers en enige ander persone is welkom om ook deel te
neem. Spoed die boodskappie aan JAC...@BYU.EDU

Hartlike dank--Jacques (Die Afrikaanse Onnie in Amerika)

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

DS: [AFRIKAANS:5646] Re: AW: Re: Afrikaans vs Nederlands/vl

So., 21 Januarie 1996 00:00

----------
Van: F.W. Lucassen[SMTP...@tbus.ic.iaf.nl]
Verzonden: zondag 21 januari 1996 1:30
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5646] Re: AW: Re: Afrikaans vs Nederlands/vl

> Date sent: Thu, 18 Jan 96 21:41 SAT
> Send reply to: afri...@unseen.aztec.co.za
> From: zuc...@maccs.dcss.McMaster.CA (Jeffery Zucker)
> To: Multiple recipients of list
> Subject: [AFRIKAANS:5626] Re: AW: Re: Afrikaans vs Nederlands/vlaams mutual intelligibility

> Robert skryf:
>>
>> In Nederland ook niet hoor, 'vaak' wordt weliswaar vaker :-) gebruikt dan
>> 'dikwijls', maar 'dikwijls' wordt ook wel eens gebruikt. En het heeft in
>> ieder geval geen > bijbetekenis (of er moet mij iets ontgaan zijn de
>> laatste 23 jaar).
>
> Watter bybetekenis het 'vaak' dan?
> Ek was nooit van soiets bewus nie.
>
> Jeff
>
>
'Vaak' beteken soms 'slaap'. Vandaar 'Klaas Vaak'. Maar dit kan ook
suidnederlans wees. Miskien weet ons belgiese vriende dit?



--
~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~ ~~~~~~
DE TEEBUSCH F.W.Lucassen
Postbus 107
NL 9290 AC Kollum Tel. 31 (0)511 451 838
~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~ ~~~~~~

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

DS: [AFRIKAANS:5653] Inligtings Groep

So., 21 Januarie 1996 00:00

----------
Van: van der Merwe[SMTP:...@iinet.net.au]
Verzonden: zondag 21 januari 1996 7:13
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5653] Inligtings Groep


> Dit het die ANC omtrent 50 jaar en miljoene geskrewe lyne geneem om die =

> wereld mening aan hulle kant te kry. Mandella sal nie vir altyd=20
> lewe nie. Afrikaners en andere kan van elke geleentheid gebruik maak=20
> om die wereld in te lig oor die dinge wat hulle voel nie tuis hoort in=20
> 'n demokrasie nie. Daar is op die oomblik vinnig groeiende groepe=20
> in baie lande, wat aanstoot neem as daar getrap word op die regte van=20
> minderhede; ry daardie perd. =20
> As toneelstukke, TV produksies, films, romans, artikels in "geleerde=20
> joernale", e-pos, treurmares voor die VV ens. effektief gebruik=20
> word, hoef dit nie 50 jaar te neem om die wereldmening aan die kant van =

> Suid Afrika se minderhede te kry nie.=20
> Ek is half teleurgesteld dat dit nog nie begin het nie; of is die die=20
> wittebroodstyd nog nie verby nie. =20
>
> Jan Lange


Jan, hier stem ek met jou saam maar ek glo dat daar 'n groot
verantwoordelikheid rus op die van ons wat in ander lande woon om
invloedryke opinies in te lig deur mediums soos jy genoem het.
Afrikaans is vir my belangrik as my taal, maar, dit gaan in SA oor meer =
as
dit, dit gaan oor die daarstelling van werklikke demokrasie in SA. Kom =
ons
begin 'n groep wat geko=F6rdineer word uit SA. Is daar voorstelle vir so =
'n
persoon in die Republiek en vir "verslaggewers" in die buiteland? Kom =
ons
kry sommer so 'n naam ook vir die groep.
Kan dalk iets interesants word of hoe?
Groete,
Paul van der Merwe

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Status van Afrikaans: Klaery doen skade

Sa., 20 Januarie 1996 00:00

Afrikaans kan nie amptelik 'n beter posisie verwag as enige van die ander
inheemse tale in ons land nie. Nie in die SAUK, Staatsdiens of enige ander
plek nie. Om realisties te wees behoort ons, soos Namibië, Engels as amptelike
voertaal te aanvaar en die ander tale te hanteer volgens hehoefte, bv in skole
om onderrig in moedertaal te verseker, in die regstelsel om aangeklaagdes of
getuies in hulle moedertaal te bedien, ens.

Verder word die aanvaarbaarheid van 'n taal deur sy sprekers bepaal en
sal taalbelange bevorder word deur die gebruikers wat daarvoor omgee. Nie deur
wetlike beskerming of bevoorregting nie.

Die gekerm en gesanik in sommige Afrikaanse koerante, soos Die Burger, doen na
my mening die belange van Afrikaans baie skade aan. In my beperkte kring het
verskeie anderstaliges wat Afrikaans goedgesind is reeds simpatie verloor met
Afrikaans as gevolg van hierdie kinderagtige gekerm wat sy wortels het in
die bedorwenheid van die bevoorregte verlede.

Afrikaans is 'n pragtige taal en verbruikersvriendelik. Die engheid waarmee
sekere instansies en groepe dit nou probeer beskerm is 'n verleentheid vir
menige Afrikaanssprekendes en simpatiseerders van die taal. 'n Positiewe, oop
en bevryde benadering tot hierdie kwessie sal baie meer vir die taal beteken
en sal die taal se status as brugbouer tussen 1ste en 3de wêreld bevorder. Die
toekoms van die taal lê in die gebruik daarvan en daarom moet ons nie vyande
maak vir die taal nie.

Afrikaans is ook nie 'n blanke taal nie. Meer nie-blankes praat die taal as
blankes en hulle, meer as enige ander belangegroep, sal die voortbestaan en
bevordering van Afrikaans verseker.

Chris
Kaapstad

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

Franse teenwoordigheid in Noord-Amerika

Sa., 20 Januarie 1996 00:00

Vir die bespreking oor die hede en toekoms van Afrikaans
in die nuwe Suid-Afrika, mag dit miskien interessant wees
om te kyk na Frans en die Franse teenwoordigheid in Noord-
Amerika.
In Kanada is daar drie belangrike konsentrasies van Frans-
sprekendes: In Manitoba (die afstammelinge van die Franse
voyageurs en pelshandelaars, vermeng met die lokale Indiane
om die Metis-groep te vorm), in Quebec (nie alleen Franse
setlaars nie, maar ook groot getalle van nie-blankes uit Frans-
sprekende lande soos Haiti), en in New Brunswick (deel van die
oorspronklike Acadia, wat ontstaan het as gevolg van die Franse
teenwoordigheid in Noord-Amerika voordat die Engelse aangeland
het en alles probeer oorneem het. Almal is seker bekend met die
hartverskeurende geskiedenis van die Acadians wat nie die "oath
of allegiance" wou sweer aan die Engelse Kroon na die Treaty of
Utrecht in 1713 nie, en toe uitgeskop is. Hulle het suidwaarts
getrek en in Louisiana se bayous hulself gevestig, waar hulle nog
Cajun praat, Cajun musiek maak en Cajun kook.)
In die poging om te verhoed dat Frans ondergaan in die
omringende see van Engels in Noord-Amerika, is daar twee denk-
skole onder die Franssprekendes self. Dit is essensieel wat op
die oomblik aan die gang is in Kanada, en wat in die proses dreig
om Kanada miskien op te breek op die patroon van byvoorbeeld
die Tsjeggiese Republiek en Slovakia. Aan die een kant staan die
Franse wat binne Kanada 'n sterk teenwoordigheid vir Frans soek.
Dit het in die laaste twintig jaar, veral onder Trudeau en later, baie
sukses gehad met wette wat dit nodig maak dat amptenare beide Engels en
Frans moet kan praat, en dat daar "French Immersion" klasse moet wees
vir daardie Engelse ouers wat hulle kinders Frans wil laat leer.
Teen hierdie Federalistiese groep (vandag onder die leiding van
eerste minister Jean Chretien) staan die Parti Quebecois wat
nie kan omgee wat in die res van Kanada aangaan nie, maar hulle eie
onafhanklike staat wil he. (Ongelukkig vir hulle is twee-derdes
van die provinsie bevolk deur die Cree en
ander Indiaanse stamme en verder noord die Inuit. Daar is ook 'n
groot getal mense in Montreal en verder wes wat nie van Kanada
wil afskei nie.) Die P.Q. het in 'n vorige periode toe hulle in
beheer was, drakoniese wette gemaak om Frans te handhaaf -
soos byvoorbeeld dat alles net in Frans moet wees, binne en buite
besighede, en alle verkeerstekens. Alle kinders moes in Frans
skoolgaan, tensy hulle kon bewys dat hulle ouers albei Engels
is. So moes alle Haitiers dus in Franse skole skoolgaan, selfs al
wou hul ouers dat hulle Engels moet leer.
In New Brunswick (wat een-derde Frans is) is daar 'n baie
sagter en suksesvolle toestand van sake. New Brunswick is die
enigste provinsie in Kanada wat offisieel tweetalig is. Daar het
die lokale Franse bevolking 'n suksesvolle alliansie met beide
die vorige Konserwatiewe party en die huidige Liberale party,
en almal is gelukkig, behalwe daardie gewoonlik effens onnosel
afstammelinge van die Engelse wat later op die toneel verskyn
het as die Franse en dink die hele wereld behoort aan hulle.
Dit is natuurlik nodig om te vra : En waar pas die lokale groepe
van Maliseet en Micmac in die prentjie? Dit is 'n ander storie.
So dit is nou die toestand hier in Kanada. Dit lyk vir my asof
die enigste oplossing sal wees om die federale regering se magte
al hoe meer af te takel, totdat die provinsies van Kanada amper
soos die state van die V.S.A. sal wees. Dan, beweer die mense
in die Federale hoek, verloor ons miskien dinge soos Medicare,
wat vrye toegang voorsien vir almal in Kanada, arm of ryk.
Daar is baie mense in Kanada wat wil he die Quebeckers moet
nou maar loop, en sommige verklaar nog ook "good riddance."
Ek persoonlik hou van die Franse element in die Kanadese prent.
Hulle is, net soos die Afrikaners in Suid-Afrika, baie op hul tone
en intelligent en emosioneel en kunstig. Hulle produseer goeie
toneel en letterkundige werke. Montreal is die jaarlikse mekka
vir komediante van oor die hele Noord-Amerika wat hulle self wil
adverteer, en wanneer daar 'n Olimpiese Spele is, is meer as die
helfte van die medaalwenners mense met Franse name. ( Gloudina)

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Huigenoot '50s Argief

Sa., 20 Januarie 1996 00:00

Ek het nou die dag sekere verwysings teë gekom van artikels geskryf
vir Huisgenoot gedurend die vyftige jare van my moeder onder die naam
"Cornelia" en "Corrie Garvie".

Ek wil graag afdrukke van die in die hande kry. Het Huisgenoot 'n
argief? Waar skryf ek? Wat van e-pos?

Dankie

Colin Garvie

------------------------------------------------------------ -------------------
\:. Colin George Garvie .:/
\;, ,;\\\,, PO Box 50216,Musgrave,Durban 4062,South Africa ,,///;, ,;/
\\\;;:::::::o gar...@iafrica.com o:::::::;;///
///;;::::::::< >::::::::;;\\\
/;' "'/////'' "The garvie sprat" ''\\\\\'" ';\
------------------------------------------------------------ -------------------

Boeke, tydskrifte & koerante | 2 kommentare

DS: [AFRIKAANS:5637] Die Ekonomie in SA

Vr., 19 Januarie 1996 00:00

----------
Van: a...@rmbmain.rmb.co.za[SMTP...@rmbmain.rmb.co.za]
Verzonden: vrijdag 19 januari 1996 15:06
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5637] Die Ekonomie in SA


Op die oomblik probeer almal vir almal oortuig dat SA se ekonomie nou groei en
dat die land vooruit streef. Dit lyk nie of die groei janalleman veel gaan help
nie. Die volgende het in vandag se Business Day verskyn:

Opskrif: Brain drain worsens

Na aanleiding van 'n ondersoek, wat 84 maatskappye vanoor die hele ekonomiese
spektrum insluit, bevind hulle die volgende:
1) Bedankings as gevolg van emigrasie was in 1993 1% op, 4% meer in 1994 en 8%
meer in 1995.

2) 66% van die maatskappye beskryf die beskikbaarheid van topbestuurmense,
middelbestuurmense en spesialiste as "baie skaars".

2) 41% van die maatskappye gaan vanjaar hul personeelkorps vergroot (2% minder
as verlede jaar) en 35% gaan personeel besnoei (6% meer as verlede jaar).

Antonie

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

DS: [AFRIKAANS:5631] AW: Re: AW: Re: AW: Re: (Fwd) Re: Vir die

Vr., 19 Januarie 1996 00:00

----------
Van: G P L Van der Linde[SMTP:V...@alpha.unisa.ac.za]
Verzonden: vrijdag 19 januari 1996 9:50
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5631] AW: Re: AW: Re: AW: Re: (Fwd) Re: Vir die

nuwe -Reply

Robert Wagenaar verwys na hoe leerlingtalle as 'n wenslikheid aan
Afrikaanse skole. Ek kan slegs praat van voorbeelde waarvan ek weet: by
die skool waar my kind is, was daar 29 kinders in die graad 1-klas, en het
hulle die eerste dag 'n ekstra onderwyseres aangestel - uit die skoolfonds,
vermoed ek - om dit af te bring na 21 per klas, in lyn met die beleid van
klein klasse. By 'n ander baie groter skool is die ratio so 26 per
onderwyseres, ook in graad 1, en is daar sewe klasse, nie vier soos by die
eerste skool nie. Hierdie skole beskou hulleself sekerlik as vol. Nou is die
vraag of hulle gedwing gaan word om die getalle op te skuif, selfs al betaal
hulle (die eerste een in elk geval) van die onderwysers uit skoolgeld?
Sover ek verstaan, word baie van die sportafrigting daar ook deur ouers
gedoen, en baie dinge kom uit hulle sakke uit: die skool is vir baie dinge
nie van die Staat afhanklik nie.

Gerhard.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Bladsye (1834): [ «    1660  1661  1662  1663  1664  1665  1666  1667  1668  1669  1670  1671  1672  1673  1674  1675    »]
Tyd nou: Ma. Jan. 19 19:33:37 UTC 2026