----------
Van: Nico van der Dussen[SMTP:...@cis.co.za]
Verzonden: maandag 22 januari 1996 7:54
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5665] Gewere
Na aanleiding van die opmerkings oor gewere:
Ek glo dat die reg van die individu om homself te verdedig teen 'n
aanvaller onbeperk is.
Tans het ons die probleem in SA dat daar vele (moontlik meer)
ongelisensieerde vuurwapens, veral AK47 en ander "kommunistiese" in
omloop is, en vir moord en roof gebruik word.
Solank as wat die Polisie nie in staat is om hierdie onwettige wapens
uit te roei nie, het dit geen doel om wettige wapens te beperk nie.
Nico
Nico van der Dussen Posbus 37180, FAERIE GLEN, 0043, SUID AFRIKA
Faks +27 12 474984
ARKETING EXCLUSIVE PRODUCTS FROM SOUTH AFRICA
made in limited volumes by entrepreneurs http://www.exafrica.com/
----------
Van: Nico van der Dussen[SMTP:...@cis.co.za]
Verzonden: maandag 22 januari 1996 8:23
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5666] Re: Waarom 'Sokker' i.p.v. 'Voetbal' in he
On 21 Jan 96 at 22:45, Robert Wagenaar wrote about [AFRIKAANS:5660]
Re: Waarom 'Sokker:
> In soc.culture.south-africa.afrikaans, schreef Marco Van Het Hoog
> :
>
>> Hallo:
>
>> Ik heb een aantal keer 'Beeld' gelezen over de Afrika Cup
>> in Zuid-Afrika, en hierin wordt steeds het woord 'sokker'
>> gebruikt. Het Amerikaanse woord 'soccer' vind ik persoonlijk
>> een lelijke term voor de prachtige sport dat voetbal is. Zou
>> het Afrikaans niet naar het woord 'voetbal' kunnen overstappen?
>
>> Groetjes!
>
>> -Marco.
>> --------------------------------------------------------
>> http://www.io.org/~marcovh/nieuwscentrum/nederlands.html
>
>
>
arco,
voetbal in Afrikaans beteken eerder Rugby, en dit sal byna
heiligkennis wees om voetbal met voetbal te verwar!
Groete
Nico
Nico van der Dussen Posbus 37180, FAERIE GLEN, 0043, SUID AFRIKA
Faks +27 12 474984
ARKETING EXCLUSIVE PRODUCTS FROM SOUTH AFRICA
made in limited volumes by entrepreneurs http://www.exafrica.com/
Ik heb een aantal keer 'Beeld' gelezen over de Afrika Cup[/color]
> in Zuid-Afrika, en hierin wordt steeds het woord 'sokker'
> gebruikt. >>>
Ek dink die antwoord le daarin dat Afrikaners eerder rugby speel. Toe
ek klein was, het die ouer mense na rugby verwys as voetbal. Voetbal
in Afrikaans is vir my meer 'n ou woord vir rugby as enigiets anders.
Hallo,
Ik ben een Belgisch linguïst.
Ik ben zeer geïnteresseerd in het Afrikaans, meer bepaald in bepaalde
verbanden tussen het huidige Afrikaans en ons Middelnederlands.
omenteel ben ik met een wetenschappelijke studie bezig met als
deelonderwerp een vergelijking van onwelvoeglijke taal (schuttingtaal,
scheldwoorden, grafiti, enz...).
I am a linguist from Belgium.
I am very much interested in 'het Afrikaans', more specifically in
certain links between the present Afrikaans and our Middle Dutch
(Middelnederlands).
Het Afrikaanse scheldwoord 'MOER' intrigeert mij echter: wat is de
precieze betekenis of oorsprong van dit woord?
In het Moderne Nederlands betekent dit gewoon 'vrouwelijk konijn';
maar hoe komt het dat het in het Afrikaans zo'n belediging is?
Wie mij kan helpen, zou ik zeer dankbaar zijn!
Toon
At present I am busy with a comparison in abusive language (I know, a
weird subject, but still: interesting and even intriguing sometimes!).
I know that the word MOER (=African) is a very impolite word, an
insult for everyone.
However, the meaning (and/or origin) of this abusive word intrigues
me: in present Dutch this word (moer) means nothing more than a female
rabbit.
What exactly does it mean in the African language?
Please, be not insulted by this question!
It is merely for my linguistic study, and the answer would help me a
lot! It is rather urgent too!
----------
Van: Nico van der Dussen[SMTP:...@cis.co.za]
Verzonden: zondag 21 januari 1996 23:27
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5657] (Fwd) Re: Re: Daisy de Melcker..
Ek dink dit is 'n bietjie onregverdig om die Nederlanders so in die
duister te laat.
Ongelukkig moet jy die Afrikaanse geskiendenis, en 'n subtiele
stukkie afrikaans ken om die grap te waardeer.
Daisy het in die 30(?) jare gelewe. Sy was beskuldig dat sy verskeie
van haar mans met arseen vergiftig het, asook haar seun. Sy is
uiteindelik skuldig bevind aan een moord (haar seun s'n) en tereg
gestel.
"Vergewe" het twee betekenisse wat hier toepaslik is:
Om as jy kwaad was vir iemand, nie meer kwaad te wees nie, en dan ook
'n verlede tydsvorm (in byna onbruik) van vergiftig.
So het elke taal en kultuur maar sy eie grappe wat nie vir ander
verstaanbaar is nie.
>> fe...@is.co.za (Koos) schreef:
>>
>>> Daisy de Melker se man het haar baie sleg behandel.
>>> Sy was raadop.
>>> Toe het sy hard gedink en uiteindelik besluit wat om te doen: Sy
>>> het besluit sy gaan hom maar vergewe...
>>
>> Wat is die grap?
>>
>>
>>
>>
>>
>>
>>
> Nou is hy nog leuker!
>
>
> --
> ~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~ ~~~~~~
> DE TEEBUSCH F.W.Lucassen
> Postbus 107
> NL 9290 AC Kollum Tel. 31 (0)511 451 838
> ~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~ ~~~~~~
>
>
>
>
>
Nico van der Dussen Posbus 37180, FAERIE GLEN, 0043, SUID AFRIKA
Faks +27 12 474984
ARKETING EXCLUSIVE PRODUCTS FROM SOUTH AFRICA
made in limited volumes by entrepreneurs http://www.exafrica.com/
----------
Van: Reinier de Vos[SMTP:...@aqua.ccwr.ac.za]
Verzonden: maandag 22 januari 1996 15:49
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5679] Kam skeer
Joop kla oor mense wat ALLE Afrikaners oor dieselfde kam skeer.
Ek stem saam, Joop. Afrikaners haat dit om oor dieselfde kam geskeer
te word :-)
--
Reinier de Vos Internet: de...@aqua.ccwr.ac.za
Computing Centre for Water Research Tel: Int+27 331 260-5179
c/o University of Natal, P/Bag X01 Fax: Int+27 331 61896
Scottsville, South Africa, 3200 http://www.ccwr.ac.za/
------------------------------------------------------------ -----------
Ons spaar die duiwel baie moeite
- C J Langenhoven
Ek gee 'n tweedejaars letterkunde klas van Jan to April vanjaar. Vir die skryf
vaardigheidsverbetering van my studente gaan ek aan hulle die opdrag gee om die
volgende vraag te beantwoord: Hoe word Afrikaans gesien? Hulle moet dan
moedertaal sprekers en "buitestanders" hieroor nader om die opstel te kan
skryf. Ek soek dus na persone wat bereid sou wees om direk deur my studente
genader te word om hulle navorsing te doen. Indien moontlik, korrespondeer asb
op Afrikaans.
Spoed 'n skermpossie my kant toe met die SUBJECT: DEELNEEM en laat die boodskap
gedeelte leeg. As u wel 'n boodskap wil byvoeg, skryf dan DEELNEEM...
Ek sal dan die lys van skermposadresse aan die 18 studente gee en dan moet
hulle self die saak verder voer.
----------
Van: Dullaart, JF, Franz[SMTP...@its.uct.ac.za]
Verzonden: maandag 22 januari 1996 17:21
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5682] Foto Album
Ek wil graag 'n foto album opstel van persoonlikhede in die
Afrikaanse letterkunde. To dusver is daar nog net een foto op my
houmpeitsj, nl Jan Greshoff. As enige iemand oor fotos en skandeer
geriewe beskik, sal ek dit waardeer as julle 'n paar .gif fotos kan
aanstuur.
Die Greshoff foto kom uit "Standpunte" van 1949, destyds gepubliseer
in 'n spesiale hulde uitgawe ter viering van sy 60-ste verjaarsdag.
Groete
Joop
_________________________________
Franz Dullaart (021) 650 3053
J...@ITS.UCT.AC.ZA http://www-jfd.its.uct.ac.za/
Trappe van vergelyking:
min, minder, minister
_________________________________
----------
Van: Dullaart, JF, Franz[SMTP...@its.uct.ac.za]
Verzonden: maandag 22 januari 1996 15:26
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5678] Re: Waarom 'Sokker' i.p.v. 'Voetbal' i
Daan spreek:
> Oor sokker en voetbal.
> Nee, Afrikaans sal nooit sokker voetbal kan noem nie want vir die Afrikaners
> is rugby belangriker as sokker en beide staan bekend as voetbal. Die een is
> rugby-voetbal en die ander sokker-voetbal, daarom kortweg sokker en rugby.
> Daan
Ek wens julle wil ophou om AL die Afrikaners oor een kam te wil
skeer.
Joop
_________________________________
Franz Dullaart (021) 650 3053
J...@ITS.UCT.AC.ZA http://www-jfd.its.uct.ac.za/
Trappe van vergelyking:
min, minder, minister
_________________________________
----------
Van: Abi Coetzee[SMTP:...@bfnnfs04.eskom.co.za]
Verzonden: maandag 22 januari 1996 12:28
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5676] Name
Leendert skryf:
> Beskawing is die _oorsaak_ van wette. Nie die gevolg daarvan nie.
> Amerikaners (en AWB's :-)) gaan jy nie beskaafd maak deur wette op
> hulle af te dwing nie.
Abi antwoord:
Die afdwing van wette op 'n gemeenskap het gewoonlik die
teenoorgestelde uitwerking op 'n gemeenskap as wat die owerhede
ingedagte het. Bloot die dra van 'n vuurwapen impliseer nie
noodwendig dat jy onbeskaafd is nie. Dit plaas eerder 'n geweldige
verantwoordelikheid op die persoon wat dit dra. Ek dink jou stelling is
'n bietjie oor vereenvoudig.
Oosterse Krygkunste is 'n veel magtiger wapen , hoe neem jy dit weg
van iemand ?
==========================================================
Abi Coetzee
Sen.Tech. Networking
Bloemfontein
South-Africa
==========================================================