Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreƫls om op dreef te kom.

DS: [AFRIKAANS:5768] Was die Boererepublieke liberaal?

Do., 25 Januarie 1996 00:00

----------
Van: Jeffery Zucker[SMTP:...@maccs.dcss.McMaster.CA]
Verzonden: donderdag 25 januari 1996 9:57
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5768] Was die Boererepublieke liberaal?

Oor liberalisme (van die klassieke en die "snot-en-trane" aard)
skryf Chris Claassen:

> Die Boererepublieke was liberale bastions.

en Reinier voeg toe:

> 'n Ander Suid-Afrikaanse 19de-eeuse liberalis was pres. T F Burgers van
> die ou ZAR.

R^erig? Dit spreek teen die stereotipe van die Boere op vlug
van die "liberale" Kaapse bewind. Wil jy/julle dit verduidelik?
Wat was bv. die rassebeleid van die Boererepublieke in die algemeen,
en van pres. Burgers in die besonder?

Jeff

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

DS: DEELNEEM

Do., 25 Januarie 1996 00:00

----------
Van: new...@icon.co.za[SMTP:...@icon.co.za]
Verzonden: donderdag 25 januari 1996 8:46
Aan: wage...@xs4all.nl
Onderwerp: DEELNEEM

Skermposisie is 'n oulike woord.

Groete.

Gert van Eeden
________________________________
E-mail/ E-pos: new...@mail.icon.co.za
Http:/www.icon.co.za/~newark/gcve.html
Http:/www.icon.co.za/~newark/welcome.html

Date/Datum: 01/24/96
Time/ Tyd : 23:46:45

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

DS: [AFRIKAANS:5740] Greshoff

Do., 25 Januarie 1996 00:00

----------
Van: Jeffery Zucker[SMTP:...@maccs.dcss.McMaster.CA]
Verzonden: woensdag 24 januari 1996 8:47
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5740] Greshoff

Reinier skryf:

> Gepraat van Jan Greshoff: Hy was 'n goeie vriend van die Vlaamse
> skrywer Willem Elsshcot (skrywersnaam van Alfons de Ridder). As
> ek reg onthou, het Elsschot sy boek, "Kaas", aan Greshoff opgedra.

Inderdaad. Voorop op die verhaal "Kaas"
('n voortreflike werk, terloops) staan die volgende:


OPDRACHT
Aan Jan Greshoff

Ik luister zwijgend naar die stem
die hijgt en hees is, maar vol klem,
die in mineur zingt bij 't verwensen
van 't alledaagse in de mensen.

Ik volg de hoeken van dien mond,
een kwalijk toegegroeide wond,
die alles uitdrukt, als hij lacht,
wat hij zo fel in woorden bracht.

Hij heeft een vrouw en kroost en vrinden,
hij heeft een helen hoop beminden
waar hij plezier aan heeft als geen:
toch staat Jan Greshoff heel alleen.

Hij zoekt en kijkt, hij hoopt en wacht
van d' ene nacht tot d' andere nacht.
Hij hoort iets en komt overeind:
Hij wacht in Brussel op zijn eind.

Vooruit, Janlief, hanteer den riem,
en geef die rotzooi striem op striem!
Vaag al dat vee van uwe baan
zo lang uw hart nog mee wil gaan.


Die verhaal het die onderskrif: "Antwerpen, 1933".

Wat beteken hierdie opdrag?
Dit suggereer aan my dat Greshoff in Brussel aan 'n
ernstige kwaal gely het (met 'n stem wat "hijgt en hees is",
en hy "wacht ... op zijn eind") toe Elsschot dit geskryf het --
of verstaan ek dit verkeerd? Wanneer is Greshoff oorlede?

Eintlik sou ek graag enige inligting oor Greshoff h^e.

Jeff

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

DS: [AFRIKAANS:5746] Re: Afrikaans in die parlement

Do., 25 Januarie 1996 00:00

----------
Van: Freek Eek[SMT...@knersus.nanoteq.co.za]
Verzonden: woensdag 24 januari 1996 10:22
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5746] Re: Afrikaans in die parlement

Koos skryf o.a.:
--snip--
>>> 'n Paar, nie heelwat nie. Wat gaan hulle maak as die Parlement
>> al elf
>>>> >tale begin gebruik? Hulle kan twee verstaan!!!!

Waarop ek antwoord:

>>> Wat natuurlik beteken dat die parlement elitisties is. Slegs mense
>>> wat Engels magtig is kan parlement toe gaan. Dit herinner sterk aan
>>> die vorige eeu. In die Kaap in Afrikaner kiesafdelings het mense in
>>> die straat rondgeloop om mense te vind wat Engels magtig is sodat
>>> hulle vir die parlement kan staan. Pragtige demokrasie.

Waarop Koos skryf:

>> Elitisties?!
>> Slegs Engelse kan Parlement toe gaan?

Koos, jou hele argument in die oorspronklike stuk het gegaan oor
hoekom Engels die enigste taal vir die parlement moet wees. Jy het
geeindig met die stukkie wat ek saam gestuur het waarin jy probeer
aantoon hoe "belaglik" dit sal wees as al elf tale gebruik word. Dit
beteken dat die parlement net oop is vir mense wat Engels magtig is.

>> Waar woon jy?

Suid-Afrika 1996.

>> Waarvan praat jy?

Ons parlement waar slegs Engels gepraat word.

>> Vorige eeu? Wat gaan hier aan? Ek dag ons praat van 1995....

Nee, 1996. Soos ek reeds gese het dit herinner aan die situasie in
die vorige eeu toe ook net Engels in die parlement gepraat is.

>> (Het jy nie maar net 'n probleem met donker velle nie?)

As Engelse donker velle het, dan het ek seker 'n probleem met donker
velle.

Nee, ek dink byvoorbeeld dat die meeste Zoeloes in die parlement hul
self baie beter in Zoeloe kan uitdruk as in Engels. Hoekom dan nie
die vertaling los vir professionele vertalers in plaas daarvan dat
elkeen dit self moet doen en afbreuk doen aan hul standpunte nie.

Daar is baie organisasies (Europese Gemenebes, VVO, ens..)
waar verskillende tale geakkomodeer kan word, in ons parlement is dit
nou skielik nie moontlik nie.
=======================================================
Freek Eek

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

DS: [AFRIKAANS:5757] Afrikaanse woordelys.

Do., 25 Januarie 1996 00:00

----------
Van: Reinier de Vos[SMTP:...@aqua.ccwr.ac.za]
Verzonden: woensdag 24 januari 1996 16:13
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5757] Afrikaanse woordelys.

Ek het Bernard Nieuwoudt se Afrikaanse woordelys (wat van
beldin.sun.ac.za verkrygbaar is) verander na die Latin1 (ISO-8859-1)
karakterstel. Dit is nou ook in "woordeboek" volgorde gesorteer, m.a.w
woorde met diakritiese simbole is nou in die regte plek relatief tot
ander woorde geplaas.

Indien enige persoon daarin belangstel, kan ek dit hier op
"anonymous" ftp beskikbaar stel, en miskien uiteindelik saam
met die ander woordelys op beldin.sun.ac.za
--
Reinier de Vos Internet: de...@aqua.ccwr.ac.za
Computing Centre for Water Research Tel: Int+27 331 260-5179
c/o University of Natal, P/Bag X01 Fax: Int+27 331 61896
Scottsville, South Africa, 3200 http://www.ccwr.ac.za/
------------------------------------------------------------ -----------
Ons spaar die duiwel baie moeite
- C J Langenhoven

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

DS: [AFRIKAANS:5744] Re: koos se Stryd teen die Broeders

Do., 25 Januarie 1996 00:00

----------
Van: Freek Eek[SMT...@knersus.nanoteq.co.za]
Verzonden: woensdag 24 januari 1996 9:51
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5744] Re: koos se Stryd teen die Broeders

Ek dink Marius het geskryf:

>> >>

Koos antwoord:

>> ...maar lidmaatskap is steeds op uitnodiging, lede se name is geheim
>> en vergaderings is geheim....

Taai tye. Die maatskappye waarvoor ek werk het ook geheime. Dit
impliseer nie dat die duiwel daaronder ronddwaal nie. Hoekom is jy
so gepla oor die Broeders se geheime?
=======================================================
Freek Eek

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

DS: [AFRIKAANS:5765] Re: DS: Re: AW: Re: AW: Re: (Fwd) Re: Vir

Do., 25 Januarie 1996 00:00

----------
Van: Leendert van Oostrum[SMTP:O...@scientia.up.ac.za]
Verzonden: donderdag 25 januari 1996 9:51
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5765] Re: DS: Re: AW: Re: AW: Re: (Fwd) Re: Vir

> In soc.culture.south-africa.afrikaans, schreef fe...@is.co.za
> (Koos):

>>
>>>> Waarskynlik is die beste verdediging van die Afrikaanse skole
>>>> die aanval: aktief swarte leerlinge werf, en hulle (gratis en
>>>> hoe" kwaliteit) oorbruggingskursusse aanbied, wanneer hulle nie
>>>> genoeg kennis van Afrikaans het nie.

Freek:

>
>>> Dit is ook al gedoen, maar enige ekstra kursusse word afgemaak as
>>> diskriminerend teen die leerlinge. Daar word beweer dat dit net
>>> nog 'n manier is om sekere groepe minderwaardig te laat voel.
En dan KOOS:

>> Waar en wanneer is dit gedoen?

'n Groot aantal skole het sulke programme ingestel. 'n Redelik
bekende een is die HS Staatsptresident CR Swart in Pretoria. Ek
verneem dat _swart_ ouers onlangs versoek het dat geen verdere swart
leerlinge gewerf word nie.

>> Ek het nog nie daarvan gehoor nie.

Hmmm.... nou wat sou dit beteken?

>> As dit gedoen was, was dit beslis nie op enige noemenswaardige
>> skaal aangepak vir enige tydperk wat 'n verskil kan maak nie.

Inderdaad net wat Freek beweer het. "Oorbruggingskursusse" moes
meesal onmiddelik gestaak word, weens druk uit wat die
onderwysministerie so graag "the community" noem. Maar daarvan het jy
dalk ook nie gehoor nie - hmm?

Groete, Leendert


Leendert van Oostrum Telephone: +27-12-4203656
UNIVERSITY OF PRETORIA Fax: +27-12-432863
(Which does not neces- e-mail oos...@scientia.up.ac.za
sarily endorse opinions experessed here)

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

DS: [AFRIKAANS:5738] Re: Amish

Do., 25 Januarie 1996 00:00

----------
Van: Jan Lange[SMTP:...@sas.upenn.edu]
Verzonden: woensdag 24 januari 1996 4:23
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5738] Re: Amish

Die Pennsylvania Dutch sluit beide Amish en Mennonites in. As jy meer
oor hulle wil lees kyk na Hosttetler, John A: Amish Society (3rd ed) The
Johns Hopkins University Press 1980. en ook
Kraybill, Donald B. The Riddle of the Amish Culture. ook uitgegee deur
Jonhs Hopkins (1989)

Jan Lange



--

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

DS: [AFRIKAANS:5881] Re: DS: KOOS en die oorgrote meerderhei

Do., 25 Januarie 1996 00:00

----------
Van: Leendert van Oostrum[SMTP:O...@scientia.up.ac.za]
Verzonden: donderdag 25 januari 1996 9:57
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5767] KOOS en die oorgrote meerderheid


> fe...@is.co.za (Koos) schreef:
>
>> >> dus wees om die diversiteit van die land weer te gee in hul
>>> uitsendings. Dit beteken dus dat Engels nie bo enige ander taal
>>> voorgetrek moet word nie.
>
>>> Antonie>>>
>
>> Behalwe natuurlik as die groot meerderheid in die land Engels as
>> die ankertaal verkies, ne^? (Of mag hulle dit nie verkies nie)

Ek herinner my, uit die dae van die onderhandeling by die "World
Trade Centre" toe die huidige grondwet beslag gekry het. Sommige
partye wou "groepregte" verskans. Ander (sedertdien groot bewese)
partye het volgehou dat "die beskerming van individuele regte ook die
regte van groepe sal beskerm".

Merkwaardig hoe hierdie ondernemening deesdae geen aandag
kry nie - die "wil van die meerderheid" en die "common culture" en
die "common national purpose" en die "community" wel.

Groete, Leendert


Leendert van Oostrum Telephone: +27-12-4203656
UNIVERSITY OF PRETORIA Fax: +27-12-432863
(Which does not neces- e-mail oos...@scientia.up.ac.za
sarily endorse opinions experessed here)

Koeitjies & kalfies | 19 kommentare

DS: [AFRIKAANS:5761] RE: Taal goggas/Web spinnekoppe

Do., 25 Januarie 1996 00:00

----------
Van: new...@icon.co.za[SMTP:...@icon.co.za]
Verzonden: donderdag 25 januari 1996 1:17
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5761] RE: Taal goggas/Web spinnekoppe


On Wed, 24 Jan 96 14:55 SAT Dullaart, JF, Franz wrote:
> Onlangs is ons ingelig oor 'n "Afrikaanse Spinnerakbladsy"
>
> Kan dit 'n lomper? Hier was al 'n debat oor spinnerak as 'n
> vertaling vir "web" (o, Vader, 'n woord wat net so in Engels (gril
> gril) voorkom).
>
> Ek gaan dit nie uitdiep nie.
>
> Sug ...
>
> Joop
> _________________________________
> Franz Dullaart (021) 650 3053
> J...@ITS.UCT.AC.ZA
> http://www-jfd.its.uct.ac.za/
> Trappe van vergelyking:
> min, minder, minister
> _________________________________
>

Joop ek persoonlik dink dit is 'n kreatiewe vertaling. Maar
omdat die lewe 'n leerproses is sal ek net graag by jou idees
wil kry oor 'n beter naam vir my bladsy en die WEB.


Groete


Gert van Eeden
________________________________
E-mail/ E-pos: new...@mail.icon.co.za
Http:/www.icon.co.za/~newark/gcve.html
Http:/www.icon.co.za/~newark/welcome.html

Date/Datum: 01/24/96
Time/ Tyd : 22:26:40

Afrikaans, ons taal | 4 kommentare

Bladsye (1834): [ «    1656  1657  1658  1659  1660  1661  1662  1663  1664  1665  1666  1667  1668  1669  1670  1671    »]
Tyd nou: Di. Jan. 20 07:43:06 UTC 2026