Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Re: Engelspraters

Wo., 20 Maart 1996 00:00

In article fe...@is.co.za (Koos) writes:

> MY probleem is dat almal vir MY vaagweg vreemd lyk........

Koos, is dit die vaagheid of die vreemdheid wat bodder?

Indien die eerste, count your blessings.

Indien nommer twee, vra die astroloe" vir 'n bietjie verheldering; ek sien
hulle't voorspel dat Oz die krieket sou wen...

g r o e t e . . . andre

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Cirkelredenering

Wo., 20 Maart 1996 00:00

CIRKELREDENERING
----------------

At 09:07 20-03-96 SAT, Reinier de Vos wrote:

> Die "nuwe teologiese vloekwoord" verwys na die sin waarin die woord
> "fundamentalisties" deesdae in verband met godsdienste gebruik word.
> Soos ek die saak verstaan, is dit 'n betreklik onlangse ontwikkeling.
> Die oorspronklike, 19de eeuse betekenis staan nie meer in die moderne
> (Amerikaanse?) sin van die woord nie, waar dit blykbaar eerder as 'n
> soort karakterisering van mense met bepaalde deur godsdiens gekleurde
> politieke oortuigings gebruik word.
------------------------------------------------------------ ------------

Reinier, jij en ik hebben over het fundamentalisme de
volgende schitterende redenering bij elkaar geschreven:

1) Ik schrijf over fundamentalistische Christenen.

2) Jij schrijft: Het nieuwe theologische vloekwoord.

3) Ik schrijf: Nee, dit woord komt van bijbelvaste Christenen uit
de U.S. of A.

4) Jij schrijft: Nee, het woord komt van de Engelse fundamentals uit
de 19de eeuw.

5) Ik schrijf: Nu begrijp ik je niet meer, is het nu een nieuw woord,
of is het een oud woord?

6) Jij schrijft: Het woord in zijn huidige (Amerikaanse?) betekenis
is een ander dan het woord uit de 19de eeuw.

7) En dan zijn we nu weer terug bij wat ik eerst met
fundamentalistisch bedoelde, en wat jij toen ook goed begreep, als
ik jou nu goed begrijp. Een cirkelredenering Descartes waardig!

Bernhard Bezemer


"Godt voeren in den mond, de valschheid in 't gemoedt."
(Joost van den Vondel, 1587-1679).

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Boeken (Re:)

Di., 19 Maart 1996 00:00

At 20:04 18-03-96 SAT, Gert de Beer wrote:
>> (Hoe heet die schrijver ook al weer? Hij was een Afrikaner,
>> dacht ik. Potgieter of zo?).
>
> Jy dink seker aan F.A. Venter se reeks.

Bedankt voor de informatie. Ik ga kijken of ik ergens e'e'n
of meer boeken van de serie terug kan vinden. Ik zou het
geweldig vinden weer eens zo'n boek te lezen.

Bernhard Bezemer

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Die komende lente-nagewening

Di., 19 Maart 1996 00:00

A, in die noordelike halfrond het die here Bezemer en
Snyckers, aan verskillende kante van die Noordsee,
vriende gemaak en gaan hulle hopelik 'n biertjie saam-
drink. Wonder of dit iets te doen het met die komende
lente nagewening.

Hier by ons in oostelike Ontario begin die riviere nou
stadig ontvries en sien jy hier en daar blou water tussen
die nog groot oppervlaktes ys. Op die oomblik het ons
mooi stil sonskyndae en die sneeu op die grond word
stadig maar seker minder onder die sterker strale van die
son. As ons egter nou baie reën kry, en die rivier sterk
afkom, kan die ysblokke wat nog op die rivier is, ophoop
op sommige oewers en "ice-jams" veroorsaak wat baie
skade kan verrig.

Die laaste Saterdag in Maart begin ons "daylight-saving
time" (D.S.T.) saam met die V.S.A. Ons namiddae is dan
skielik langer lig en die oggende bly 'n uur later donker.
Almal herhaal die rympie "Spring forward, fall back" om
hulle te herinner wat hulle moet doen met hulle klokke en
horlosies, maar sommige kom nog gereeld te laat aan
vir 'n bestelling die volgende dag, wat gelukkig 'n Sondag
is.

Daar is natuurlik 'n hele klomp tydsones in Kanada. Hier
in Ottawa is ons in die Oostelike tydsone, saam met state
soos New York. Die Maritieme provinsies (Nova Scotia,
New Brunswick, Prince Edward Island) is op Atlantiese
Standaard Tyd. Newfoundland is nog 'n halfuur later. Dit
lei tot die standaardgrap in Kanada: "The world will come
to an end at 10:00 tonight, 10:30 in Newfoundland."

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

hollands nieuwe woorden/spellingboek

Di., 19 Maart 1996 00:00

New Dutch dictionary/lexicon 1997 in the Dutch-speaking countrys
Total Dutch written-language in disorder
Te new book is coming-out in june/july 1996
For more information by our Foundation BTV
order-forms in stock by:

* B.T.V. Brien-Vriendenclub Netherlands/B.T.V. Dutch Comm. Radio
Achterweg 28
2103 SX Heemstede
phone/fax +31(0)23 5287491 Email b...@worldaccess.nl
Mr. Alex Goossens

* B.T.V. Brien-Vriendenclub Australia
P.O.Box 18 69 Forest Park Road
Belgrave VIC 3160 Upwey VIC 3158
phone/fax +61(0)3 9754 2454 Mrs. Willie Vanderwolf

* B.T.V. Brien-Vriendenclub New Zealand
P.D.C. 2450 291 Bell Road
Pirongia RD6 Te Awamutu
Phone/Fax: +64(0)7 8719679 Mrs. Therese Schoffelmeer
Email b...@worldaccess.nl
B.T.V. Brien-Vriendenclub Brasil
Avenida Brasil 643
Castrolanda
Castro Parana Brasil Email michel....@tip.nl
Phone: +55(0)42 4321211 of fax +55(0)42 2311227
Mrs. Tine van de Vinne

B.T.V. Brien-Vriendenclub South-Africa
P.O.Box 1414
Edenvale 1610 Email michel....@tip.nl
Phone/fax: +27(0)11 4536408 Mr. Hans Damhuis

B.T.V. International Sound Netherlands
Groenewege 78
2211 EN Noordwijkerhout Email michel....@tip.nl
Phone/fax: +31(0)23 5287491 of fax +31(0)252 376311
Mr. Ben Goossens

see also page: http://www.tip.nl/users/michel.goossens
Prices +- NLG.27,-- including postage

regards
Alex en Ben Goossens *=cd's op voorraad

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Re: Die ouens van Oz

Di., 19 Maart 1996 00:00

> die manne van oz
> gooi 'n klip in die boz
> sê hoe hul verlang
> na koo en blatjang
> en stywepap braaitjops en woz
> ===joop=================

Jare gelede was daar advertensies oor die radio (dis nou voor SAUK SABC
geword het) wat sê: "Suid Afrika: Land van sonskyn, braivleis, rugby en
Chevrolet"

As jy "Chevrolet" met "Holden" vervang kry jy OZ.

Freek, ons plaaslike slagter, maak boerewors, biltong en sosaties. Raai
wat. Die regering hier in OZ wou nie toelaat dat Freek sy Boerewors as
"saussage" bemark nie want om te kwalifiseer as "sausage", moet dit n
minimum vet he^. Freek het uiteidelik dit reggekry on dit as "wors" te
bemark want hy gaan wraagtig nie ekstra vet in die boerewors sit nie.

Ek sê! Se^ Zarathustra (spelling ? Vra Zarathustra! )

Groete.


Snail mail : Julius Bergh, 32 Koola Dr, Nerang QLD 4211, Australia
Email. . . : jbe...@onthenet.com.au
URL. . . . : http://www.onthenet.com.au/~jbergh

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Re: Fw: Posting to soc.culture.south-a

Ma., 18 Maart 1996 00:00

Dirk skryf

> Moontlikhede:
> 1. Poslys -> nuusgroep outomaties, onderhewig aan nuusgroep se huidige
> sensuur op berigte wat te veel aanhaal.
> 2. 'n Spesifieke berig kan 'n trefwoord in die titel insluit wat bepaal
> of dit na die poslys deurgestuur word of nie.
> 3. Individuele lede van die poslys kan aan die lysbediener aandui dat
> hulle berigte nie aangestuur moet word nie.
> 4. Niks word aangestuur nie.
> Nommer 1 is die status quo, nommer 4 was die vorige status. Nommer 2
> is maklik genoeg as die lysbediener Unix of 'n soortgelyke stelsel loop.
> Nommer 3 kan dalk 'n probleem wees: Pieter sal weet of dit haalbaar is.

Re nommer 3.

Pieter, kan Listproc toelaat dat op onderwerpe ingeteken word? (Om
iets aan 'n onderwerp groep te rig moet voorafbepaalde teks in die
onderwerp voorkom).

Groete Marius

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

'n schnapsie saam (Re:)

Ma., 18 Maart 1996 00:00

At 23:21 17-03-96 SAT, Frank wrote:
>>
> 1) Jou 'Dorre Strande' was glad nie sleg nie! Hou jou hoof maar hoog!
> Miskien drink ons nog 'n schnapsie saam, iewers op die Europese
> vasteland (of ten minste iewers in cyberspace). Dan kan jy my allerhande
> dinge oor Willem van Oranje vertel. Jy't beslis Reve se 'genade' verdien.
> Prosit.
> ... etc.
------------------------------------------------------------ --------------

Dat moeten we beslist eens doen Frank. Ik kan, als het zo
uitkomt, drinken als een tempelier en zuipen als een ketter.
ocht je eens naar Amsterdam komen, geef me dan een seintje.
Ik ken daar gezellige bruine kroegen, waar het goed toeven
is.
Het is overigens onwaarschijnlijk dat ik nog eens naar
Engeland ga. Het is al weer ruim tien jaar geleden dat ik daar
was. Ik kwam toen in Ashford, Kent, in het ziekenhuis terecht
na een ongeluk. Een kortstondige, maar mooie romance met een
mooie hoofdverpleegster was daarvan het gevolg.
Mijn dank voor je lovende woorden en je uitgebreide repliek.

Bernhard Bezemer

"That character in conversation which commonly passes
for agreeable, is made up of civility and falsehood."

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Re: Fw: Posting to

Ma., 18 Maart 1996 00:00

Hoepel Scheepers vra kommentaar oor poslys -> nuusgroep skakeling na
aanleiding van Pieter Immelman se versoek:

> Bespreek dit gerus met die res van die poslys... ek kan nie en gaan nie
> so 'n "outokratiese" besluit neem nie...

My gevoel is dat die poslys na nuusgroep skakeling vir 'n redelike tyd
gehandhaaf moet word totdat 'n duideliker beeld van die voor- en nadele
daarvan uitgekristalliseer het.

Hiermee twee voordele, sonder om hulle te motiveer of te beredeneer:

Daar is die praktiese oorweging van mense wat verkies om die poslys-berigte
op die nuusgroep te lees. Hoeveel sulkes daar is, weet ek natuurlik nie.

'n Ander oorweging is dat Afrikaans met die poslys -> nuusgroep skakeling 'n
groter sigbaarheid op Internet kry.

Ek besef dat daar die gevoel kan wees dat die poslys 'n meer intieme
geselskap-kring is as die nuusgroep.

Vir my is enigiets op Internet soos 'n poskaart -- almal kan (of sou kon)
dit lees, of dit nou 'n liefdesverklaring of 'n magtiging vir 'n
kredietkaart aankoop is. Dus voel ek minder sterk daaroor dat party goed op
Internet meer privaat is as ander.

Ek sou die beeld van kroeg- en seepkisgesprek ietwat anders stel: Vir my is
'n nuusgroep soos 'n konferensie waar 'n persoon oor 'n onderwerp praat.
Die formaliteit daarvan word (grootliks) deur die konvensies van die
nuusgroep bepaal. Die poslys daarenteen is vir my die "panel discussion" by
die konferensie, waar 'n paar ouens op die verhoog sit en met mekaar praat.
Al is die styl van die paneel se gesprek meer ontspanne as die voordrag, is
daar nie 'n groter vertroulikheid nie.

Groete

Dana

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Re: Die rooi hoed

Ma., 18 Maart 1996 00:00

Gert de Beer skryf

> Wat my laat nadink het, is hoe daar vir ure geredenaar word oor gewoontes
> en praktyke wat by tye onaanvaarbaar is en hoe dieselfde groep (kan ons
> hulle die konserwatiews of behoudendes noem) altyd nuwe rigtings
> afkeur.

Hang af hoeveel jy poog om self op hoogte te bly met "konserwatiewes"
se beleid. My ondervinding is dat daar gewoonlik baie aandag gegee
word aan wat die konserwatiewes wil behou, maar geen aandag aan wat
hulle as nuut en oorspronklik wil he^.

Onlangs was hier 'n geprek op die lys oor of die sogenaamde
"regses" voor die verkiesing, die liberales van die toekoms kan wees.

> Soos dit vir my lyk, is hierdie groep se maatstaf nie wat reg of verkeerd
> is nie, maar eerder of afgewyk word van die tradisie. Is dit nie tyd dat
> die klomp konserwatiewes (en dit lyk my daar is 'n hele paar onder ons
> op hierdie poslys) 'n slag goed voorraad opneem van wat hulle teenstaan
> en wat hulle bevorder nie, en te kyk hoeveel daarvan slegs gekwalifiseer
> het toe dit met die maatstaf van tradisie gemeet is nie.

Ek aanvaar jy praat met die vooroordeel van jou eie sigpunt. Terloops
was jy nog nooit konserwatief omtrent enige iets nie?

> Is jy in die behoudende groep of die weggeegroep of net reg?

Jy val seker in die net reg groep :-)

Ons het op 'n tyd gepraad van die SAUK se "Goue lokkies" benadering.
Veral naby verkiesings. Eers was die konserwatiewes se standpunt
aangegee, daarna die liberales, ten slotte die van die NP. Die pap is
te warm, die pap is te koud, die pap is net reg. In die ouer dae
toe die PFP die oposisie was, was die liberales weer die te
warm groep.

Groete
arius Swart

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Bladsye (1834): [ «    1635  1636  1637  1638  1639  1640  1641  1642  1643  1644  1645  1646  1647  1648  1649  1650    »]
Tyd nou: Ma. Jan. 26 17:05:25 UTC 2026