Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Gloudina 9

Di., 30 Oktober 2007 09:09

En nog een.

"Torreke" skryf in boodskap news:i_idnTsrMMgaJp3anZ2dnUVZ8taknZ2d@saix.net...
>
> "Hessie" < wrote
>
> Dis aan jou ( en my) wat Christus daardie
> waarskuwing rig - dat niemand twee here
> kan dien nie.
>
> Presies!
>
> Nou hoe kry jy reg om Jesus én Bhudda te dien?
>
> Wie anders as Jesus dien ek? Die Skim?
>

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Gloudina 8

Di., 30 Oktober 2007 09:08

En nog 'n onbeantwoorde een.

"Torreke" skryf in boodskap news:P4OdnSUfFbbcc53aRVnyuwA@saix.net...
>
> "Hessie"
>> Nee, as ek oor die Christelike geloof praat,
>> dan sit en oordeel Torreke vir Tutu.
>
> Oordeel ek iemand as ek sy dade kritiseer?
>
> - as ek sy handjies-houery met die Dalai Lama bevraagteken?
> - of sê dat hy kritiekloos meegedoen aan die onbybelse biskoplike
> kerkregeringstelsel van die Anglikaanse Kerk? - die "hoë" amp van Biskop
> van
> Kaapstad met die eer en vergoeding daaraan verbonde, maar te graag aanvaar
> het!
>
> Of oordeel mens iemand as jy sy persoon aanvat - hom 'n "fariseër" en "wit
> gepleisterde graf" noem?
>
> Oordeel jy iemand as jy sê: Jy't moord gepleeg! - sy daad
> kritiseer/karakteriseer
> Of oordeel jy iemand as jy sê: Jy's 'n moordenaar! - sy persoon
> kritiseer/karakteriseer
>
> Wat Tutu betref, ek het jare gelede - nog in die apartheidsera! - iemand
> baie goed geken wat uit die Anglikaanse kerk geloop het oor Tutu en sy
> betrokkendheid by die politiek! Sy het by herhaling die stelling met
> die
> volgende strekking gemaak "hy's nie 'n christen nie". En ek het by
> herhaling vir haar gesê: Ons het geen reg om oor sy persoon te oordeel
> nie -
> die oordeel kom Christus toe! - al mag en moet ons sy dade kritiseer! Ek
> was baie uitdruklik daaroor dat ek die laaste mens is wat sou waag om te
> sê
> Tutu is nie 'n christen nie! Vir sover ek kan sien, is hy 'n opregte en
> toegewyde gelowige. Ek staan nog by daardie selfde standpunt.
>

>> En jy kan ook maar ophou met jou
>> skynheiligheid. Ek skaam my dood
>> vir die gemors wat jy op die nuusgroep
>> oor Moslems skryf.
>
> Waaroor skaam jy jou?
> Jy's mos nie meer 'n Christin nie, of is jy?
>

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Gloudina 7

Di., 30 Oktober 2007 09:07

Nog een wat jy nie beantwoord het nie.

"Torreke" skryf in boodskap news:h5qdnWAucPUXEp3anZ2dnUVZ8rOdnZ2d@saix.net...
>
> "Hessie"
>> Wie dink julle,
>> sogenaamde Christene, dat julle
>> aaneen ander gelowe kan sit en
>> oordeel.
>
> Is die woord "sogenaamde" nie in sigself 'n oordeel wat jy fel oor ons wat
> sê dat ons Christene is nie?
>

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Kom gesels saam

Di., 30 Oktober 2007 05:17

Kom gesels saam.

'n Vriendelike Veeltalige Internasionale Bymekaarkomplek,
onder bestuur van Afrikaanssprekende Suid Afrikaners.

http://sparklers.forumotion.com/index.htm

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

nuwe persoon

Ma., 29 Oktober 2007 13:34

hallo almal,
ek is nuut hier by die gesprek, my naam is Johan Brink

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Voorspelling - Baie Pret vorentoe

Ma., 29 Oktober 2007 13:30

Hierdie is maar net so klip in die bos voorspelling wat ek graag wil waag.

Ek dink ons gaan in die nabye toekoms baie sports hier he, veral met
Gloudina aangesien haar kaarthuis van dit wat in SA aan die gebeur is
ernstige struktuur krake toon en die gevaar loop om inmekaar te val.

Ek wonder of Gloudina opgemerk het dat Ferdi ook by die dag kwater en meer
teleurgesteld word oor dit wat in SA gebeur.

My Antie - hier is vir jou 'n paar berigte wat ek glo jy sal NIE baie geniet
nie

1 Ons was beter af tydens Apartheid

http://www.news24.com/News24/South_Africa/Politics/0,,2-7-12 _2210487,00.html

2. Gauteng Education MEC Angie Motshekga has come under fire for labelling
black pupils as a "menace to society."

http://www.citizen.co.za/index/article.aspx?pDesc=48710,1,22

Net hierdie 2 vir nou - Jammer dit is in Engels, maar dit behoort jou mos
nie te pla nie, want dit is mos die taal waarmee jy met jou man praat nie
waar nie.

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Gloudina 6

Ma., 29 Oktober 2007 12:51

Nog een wat jy vermy het.

"Torreke" skryf in boodskap news:KuudnUwe3YKTY2HbnZ2dnUVZ8sqjnZ2d@saix.net...
>
> "Hessie" "Torreke" skryf
>
> Toe die 1910-grondwet in
>> die Britse Parlement ter tafel gelê is, was daar 'n Swart afvaardiging
>> wat
>> oor die uitsluiting van Swartes beswaar gemaak het - en die Britse
>> Regering
>> herinner het aan hulle beloftes gedurende die Anglo-Boere Oorlog. Die
>> Britse Regering het hom nie aan die besware gesteur nie, en die
>> 1910-grondwet aanvaar!!! Dié prominente Swartes wat lede van die
>> afvaardiging was, was ook die leiers wat die ANC in 1912 - twee jaar
>> later! - in reaksie op die gebeure gestig het.
>
> Sien, net daar het die rot begin. Moreel gesien,
> was die wit regerings na 1910 nie wettige
> regerings van die nie-blankes nie, want
> hulle het geen mag in hulle eie land gehad
> nie.
>
> Gloudina
>
> Soos elke ander keer vermy jy die ongemaklike vraag aan die einde. Hoe
> bepaal mens of 'n regering wettig is?
>

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Gloudina 5

Ma., 29 Oktober 2007 12:50

"Hessie" < wrote

> Ek stem maar net saam met wat
> Bram Fischer verduidelik het. Dat
> hy sy hulp vir die struggle gesien
> het as n voortsetting van sy familie
> se tradisie van opstand teen
> onreg en oorheersing. Onthou jy
> dat Bram Fischer se oupa
> president van die Oranje Vrystaat
> was toe dit nog n Boere Republiek
> was.

Bram Fischer se oupa was nie president van die Oranje Vrystaat nie!!!! Ek
weet nie waar jy jou geskiedenis geleer het nie, maar dit is twyfelagtige
bronne. Geen Fischer was ooit president van die Vrystaat, die Transvaal of
SA nie. Bram Fischer se oupa het in die regering van Pres. Kruger, die
ZAR, gedien, is vooruit na Europa gestuur om die koms van Pres Kruger tydens
die 2e AB te reël en te vergemaklik, was in Marseilles toe Pres Kruger land
om sy prez in Europa te verwelkom en aan land te help. Ek het Kruger se
fotbiografie op my rak en fotos om te bewys wat ek sê.

> Onthou jy ook dat hulle Bram
> Fischer in die tronk gegooi het en
> geweier het om hom huis toe te
> laat gaan toe hy baie pynlik aan
> kanker gesterf het.

Of hulle hom in die tronk laat bly het tot met sy dood betwyfel ek. Dit is
'n ou reël in SA wat al van toeka se dae af geld dat iemand wat terminaal
siek is, vrygelaat word!

Koeitjies & kalfies | 6 kommentare

Gloudina 4

Ma., 29 Oktober 2007 11:40

Hierdie is 'n nuwe vraag, maar dit volg logies uit ons vorige gesprekke oor
die ANC se gewapende opstand.

Noem my net een teks uit die Bybel, Ou en Nuwe Testament, veral Nuwe
Testament (waarop jy gewoonlik hamer) wat 'n mens die reg gee of by
implikasie die reg gee om die wapen teen jou regering op te neem?

Koeitjies & kalfies | 21 kommentare

Bladsye (1834): [ «    156  157  158  159  160  161  162  163  164  165  166  167  168  169  170  171    »]
Tyd nou: Sa. Apr. 11 02:41:16 UTC 2026