Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Direkte Vertaling

Wo., 11 September 1996 00:00

Piet, sy peetpa en swaer het ystervarke en springbokke gaan jag. Piet
kom op n springbok af en neem korrel met sy dubbelloophaelgeweer. Hy
brand los en daar lê die springbok, bene in die lug.

Pete, his peter father and heavy went hunting iron pigs and jumping
goats. Pete comes up a jumping goat down, and takes grain with his two
walk hail gun. He burns loose and there lies the jumping goat, bones
in the light.


Wat van "choose my bait "?

Barry /\/~~~~\/\

Humor & grappe | 0 kommentare

Faks oorsee verniet ? Deel nommers hier.

Wo., 11 September 1996 00:00

Ek het onlangs n adres gekry waar mens enige aantal fakse verniet kan
stuur na NZ. Mens moet natuurlik vir jou normale telefoon konneksie na
jou internet verskaffer betaal, maar geen ander onkostes nie.
Die faks word na ure by hulle afgelewer so dit is nie n goeie idee vir
dringende boodskappe nie. Hulle e-pos jou selfs as die faks nie
afgelewer word weens enige probleem. Ek het al ander faks dienste
gesien wat e-pos na faks transformeer, soos Faxaway, maar hulle kos
almal geld. Nou wonder ek of ander mense nie ook vrye dienste na ander
lande gevind het nie? Miskien kan ons die adresse hier deel.

Die adres is http://www.faxmail.co.nz/
Vir e-pos na faks na NZ.

Terloops ons beplan om daar op vakansie te gaan in die nuwe jaar, en
ek is werklik verbaas en beïndruk oor die gesofistikeerde manier waarop
hulle informasie vir toeriste op die Internet beskikbaar stel.

Barry /\/~~~~\/\

Rekenaars & selfone | 0 kommentare

Aandag ouers!Belgiese polisie soek hulp!

Di., 10 September 1996 00:00

AANDAG OUERS !!BELGIESE POLISIE BENODIG AANDAG!

As u besorg is oor die veiligheid van u kinders?
Besoek asb. web bladsy :
http://danae.marques.co.za/users/CHILDID.htm
vir meer inligitng oor hoe u kan help in die stryd om beter veiligheid vir
u kinders.!
Besoek asb. ook vanaf die bladsy die "link" na
National center for missing & exploited children.
vir 'n versoek om hulp van die Belgiese polisie insake 'n internasionale
kinder seks netwerk waarskuwing.!
Kontak my gerus vir meer inligting.
Groete,
Ouer.

Veiligheid & wapens | 0 kommentare

Wat i sdie naam van die Nuusgroep nou weer?

Di., 10 September 1996 00:00

Ahem

For the non Afrikaans speaking amongst us please read the last paragraph!

Nou vir die Afrikaans magtiges. Was weg 'n week of twee en hier is 'n moerse
probleem homself hier aan't ontwikkel. Wat is die naam van die nuusgroep nou
weer? Ek dink dit was iets soos soc.culture.south-africa.afrikaans of so iets.
Dit moet duidelik iets met Afrikaans en sy sprekers te doen he^ of wat sê ek
alles. Nou die meeste van die goed hierin is 'n spul politiekery en dit nogal
meestal in Ingels. Nie laat ek nou 'n probleem het met die spul souties nie
maar die goed is mos soos kakkerlakke, as jy hulle nie onmiddelik spuit as jy
hulle in die suiker kry nie dan is hulle nou-nou orals. So praat maar Ingels
solank dit oor Aftrikaans gaan. Daar is spesifieke nuusgroepe soos
soc.culture.south-africa, za.politics, za.grime.stop ens as julle nou julle ou
meningtjies oor ander sake wil lug.

Die cross-posting is ook besig om my sitvlak (ek bedoel eintlik iets meer
strategies) te krap, as jy 'n draad wil begin doen dit in die relevante
nuusgroep en as jy nou die een moet gebruik praat asseblief Afrikaans.

Vir die Ingelse ' Catch a wakeup chinas, this is the Afrikaans newsgroup, so
if you want to post something please make sure its in Afrikaans or if you have
to write in English - about Afrikaans language and related cultural type
thingies! Please don't include this group in your cross postings. Most people
will read the other newsgroups if they are interested....' . To sover in
Ingels.

Sela
Lou

Koeitjies & kalfies | 6 kommentare

OUERS!LEES HIER!

Di., 10 September 1996 00:00

AANDAG OUERS !!BELGIESE POLISIE BENODIG AANDAG!

As u besorg is oor die veiligheid van u kinders?
Besoek asb. web bladsy :
http://danae.marques.co.za/users/CHILDID.htm
vir meer inligitng oor hoe u kan help in die stryd om beter veiligheid vir
u kinders.!
Besoek asb. ook vanaf die bladsy die "link" na
National center for missing & exploited children.
vir 'n versoek om hulp van die Belgiese polisie insake 'n internasionale
kinder seks netwerk waarskuwing.!
Kontak my gerus vir meer inligting.
Groete,
Ouer.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Nuwe toevoegings tot Sanlam se webruimte

Di., 10 September 1996 00:00

Hallo daar!

Die volgende is nuut op Sanlam se webruimte:

1. Die Augustus-uitgawe van Sanlam se Ekonomiese Oorsig (in Afrikaans).
2. Drie nuwe kunswerke in ons aanlyn-gunsgalery.
3. Jongste historiese waardes van Sanlam-effektetrusts.

Terwyl julle kyk na die nuwe toevoegings, gebruik die geleentheid om in
te skryf vir Sanlam se gratis effektetrusts-kompetisie. Wen 'n R1 000
met min moeite!

URL: http://www.sanlam.co.za

Groete.

Jean

Ekonomie & geldsake | 0 kommentare

Hoekom skryf mense nie in s.c.s-a.Afrikaans? Kom skrum op die merkie.

Di., 10 September 1996 00:00

Ek het nou my se gese oor die toestand van s.c.s-a.Afrikaans, so nou
moet ek seker uithaal en wys, anders is ek dan mos deel van die
probleem.Minder as 70 hoof opskrifte in n maand en n half, ek weet nie
hoe dit vroeer gegaan het nie, maar hierdie is swak. Hoekom skryf
mense nie?

Bang vir kritiek? Mens hoef maar net za in die algemeen te lees om te
sien hoe wreedardig ons optree oor ander se opinies. Iets wat mens min
in die ander groepe (VSA uitgesluit) sien, daar word die onderwerp
aangespreek, nie die skrywer se opvoeding, karakter, intelligensie of
spelfoute, en as die inhoud n klomp strooi is word dit geignoreer,
soos dit moet wees. Hier gebeur die teenoorgestelde, almal gooi
bietjie twak by iets wat alreeds twak is, en ignoreer die res.
Ongelukkig vergeet baie dat ons bydraes die enigste ding is waarby
ander ons meet. En partykeer is dit beter om jou mond te hou en laat
mense dink jy's n idioot, as om dit oop te maak en dit te bewys.
Ons moet maar aanvaar dat ons persoonlike menings nie altyd reg of in
n ander man se keelgat afgedwing kan word nie. om verkeerd te wees is
nie om minderwaardig te wees nie, mense verskil en beredenering is
opvoedig en gesond. n Persoonlike aanval oor iets wat nie met jou
lekker sit nie se baie oor jou eie opvoeding, leer vir jou en ander
niks nie, en skep n moontlike vyand wat dieselfde kinderagtigheid gaan
na-aap al skryf jy of ander n meesterstuk. Om af te breek is geen kuns
nie.

Het ons niks om vir mekaar te se nie? Het ons hoe muure, alarms,
veiligheidshekke en toe deure veroorsaak dat ons nou afloerders
in n insulere familie en vriende wereld geraak het? Ek lees nou die
dag n artikel oor "die skrywer wat in Parys is" en hy praat oor
Afrikaans, dat dit SY taal is, en hy hou sy taal langs sy hart,
gekoester, soos n geheim, net syne, om te gebruik wanner hy wil.
Soos n kode in die land waar hy nou is, wat net hy kan verstaan, en
dat dit hom gelukkig maak. Baie mooi om te lees, maar gaan dit nou ook
in hierdie nuusgroep gebeur?

Gee ons eintlik om? Is dit die ou Suid Afrikaanse dooierigheid wat ter
spraake is, as daar n artikel is, sal ek dit lees, as daar nie een is
nie , sal ek nie lees nie, maar bydrae lewer? Vergeet daarvan. Sal
maar net gebruik maak daarvan en as dit more nie meer daar is nie, sal
ek iets anders vind om te lees. Maar boeta, ek gaan my stem dik maak
as dit wel verdwyn ! Kan dit werklik so wees?

Gee ander om? Ongelukkig nie, hierdie verantwoordelikheid is net
ons'n, as ons dit wil he.

Dit is nou n Soutie se mening wat vandag meer Afrikaans geskryf het as
in die laaste jaar, ek geniet die nuusgroep maar is altyd
terleurgesteld deur sy volume, en ek kan nie glo dat daar so min van
julle daar buite is nie.

Barry /\/~~~~\/\

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Afrikaanse Skrywers: Foto's

Di., 10 September 1996 00:00

Foto's van Afrikaanse skrywers te sien by:

http://www-jfd.its.uct.ac.za/

--
_________________________________
Franz Dullaart (021) 650 3053
j...@its.uct.ac.za
http://www-jfd.its.uct.ac.za/
_________________________________
Snoepie oor sy inkleurboek:
"Ek maak altyd die lug blou"

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

'n Gedig van GEORGE WEIDEMAN

Di., 10 September 1996 00:00

In sekere dele van Namakwaland is die reenval baie skaars,
somtyds net omtrent 50 mm per jaar. Daar is egter nog 'n ander
manier waarop vog die plante bereik. Lug wat vanuit die weste
oor die baie koue Benguela seestroom waai, word gekondenseer
tot 'n digte mis wanneer dit oor die land begin beweeg. Dis hier-
van wat daar in die volgende gedig gepraat word:

OOM SAMPIE SE AFSKEIDSLIED
George Weideman

dies my laaste sleepmiswinter
die voornagwindjie stoot snaardun
die ou blootsvoet se breivoetsole
verlang vanaand 'n toemaakding

dies my laaste sleepmiswinter
ou bokveldsberg le dig toegedraai
selfs hantam se uitsoekwaboomkole
kon nog nie my vingers laat katspoor maak

dies my laaste sleepmiswinter
ek voel dit aan my opstaanseer:
as die sleepmis weer so oor die sandveld streep
is dit rus myn siel jou god is koning
en ek le my hoof vir oulaaste neer.

Sommige jare kry die Namakwaland egter baie meer reen
as gewoonlik. Dis wanneer die reen wat in die Boland val
gedurende die winter, verder as gewoonlik na die noorde
val. Dis daardie jare wanneer daar velde en velde blomme
in Namakwaland staan. En as die winterreen nog verder
noord val ook in die Boesmanland, dan is daar klein wit
blommetjies oral in die skaduwees van die rotse in die
lente, en die driedorings blom vir die eerste keer in baie jare.

Gloudina Bouwer

Prosa & poësie | 1 kommentaar

SHANIA TWAIN - met 'n Suid-Afrikaanse konneksie?

Ma., 09 September 1996 00:00

Ek is nou nie eintlik 'n liefhebber van "country and
western" musiek nie. Hier en daar vang 'n lied vol passie
soms my oor, maar gewoonlik verkies ek iets anders:
jazz, rock, klassiek. Oor die afgelope maande het ons
egter hier in Kanada 'n country en western sangeres
ontwikkel wat my 'n bietjie bekeer het - Shania Twain.
Aanvanklik was ek in haar geïnteresseerd omdat sy
'n lid van 'n "First Nation" is. Sy kom van Timmins,
Ontario. So stadigaan het ek ook begin besef, sy is
baie populêr, nie net in Kanada nie, maar ook in die
res van die wêreld. Haar album "The Woman in Me"
het 'n verkope van 8 miljoen gehad sover.
Nou lees ek die anderdag in die koerant dat sy ses
maande gelede getroud is met 'n Suid-Afrikaner,
Robert John (Mutt) Lange, iemand wat ook gehelp
het met die produksie van sulke mense soos AC/DC,
Def Leppard, en ons eie Bryan Adams. Is Lange se
werk ook bekend in Suid-Afrika? Dit lyk of Lange
verantwoordelik is vir die produksie van "The Woman
in Me." Kry 'n mens Shania Twain se videos te siene
in Suid-Afrika?

Gloudina Bouwer

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Bladsye (1835): [ «    1593  1594  1595  1596  1597  1598  1599  1600  1601  1602  1603  1604  1605  1606  1607  1608    »]
Tyd nou: Di. Jun. 02 01:20:31 UTC 2026