Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Die Gat - 002.jpg (0/1)

Di., 20 November 2007 14:20

Dit is die heeldag bewolk hier en
ek dink ek het die gat gevind
waar die wolke uitkom.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Arbeidsprobleme in Namibië

Di., 20 November 2007 11:17

Namibië is besig om 'n verskriklike prys te betaal aan die Sjinese vir die
ondersteuning wat hulle ontvang het in die vryheidstryd van Swapo. Sjina
is besig om hulle pond vleis op te eis en die land se gewone werker is die
mense wat tweede kom. Groot boukontrakte word aan Sjinese maatskappye
toegeken [werk wel goedkoper, maar hulle bring hulle eie arbeiders vanuit
Sjina en betaal hulle baie minder as die minimumloon volgens Namibiese wet
want hulle's Sjinese burgers en nie onderhewig aan Namibiese arbeidswette
nie]. Na die kontrakte voltooi is, bly die maatskappye gevestig in Namibië
en die werkers bly hier.
Nou wat sou die probleem wees, sou mens vra? Die land kry dan
goedkoper staatsgeboue. As die staat 'score' dan 'score' die land mos ook?
Dis nie so eenvoudig nie. Die gewone arbeider en ambagsman in die
boubedryf staan nie 'n kans om die werk op hierdie projekte te kry nie.
Die werkloosheidsyfer in Namibië beloop al 65%! Dit was verstommend om op
TV te sien hoe die vakbondleiers en regeringsamptenary hierdie kontrakte aan
die Sjinese verdedig en hoe hulle dink hulle die land se belange op die
hande dra. Daar is 'n totale onbegrip om te verstaan dat as jy plaaslike
arbeid gebruik, dan gaan al die geld wat jy die arbeiders betaal,
teruggeploeg word in jou ekonomie en gaan jy 15% VAT inwin op elke dollar
wat gespandeer word, plus die goedere se omset wat hierdie mense gaan
verbruik. Dis baie, baie meer geld vir jou ekonomie as wat die
Sjinesebesparingsprojek vir jou bring.
Die enigste gevolgtrekking wat mens hieruit kan maak, is dat die mense in
diens van die staat, saam met die politici, eenvoudig nie die agtergrond en
ondervinding het om die land tot voordeel van almal te bestuur nie.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Re: Arbeidsprobleme in Namibië

Di., 20 November 2007 11:12

"Suidwester" skryf in boodskap news:oaWdnaP-7Zj3Kd_anZ2dnUVZ8vCdnZ2d@saix.net...

> Die enigste gevolgtrekking wat mens hieruit kan maak, is dat die mense
> in diens van die staat, saam met die politici, eenvoudig nie die
> agtergrond en ondervinding het om die land tot voordeel van almal te
> bestuur nie.

Dit is die gevolgtrekking ja, die uitdaging egter is om dit aan liberaliste
soos Gloudina te probeer verduidelik.

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Jou ou skoolfotos op die net

Ma., 19 November 2007 17:51

Gaan loer gerus hier in. Jy sal jou eie oë nie glo nie.

http://www.worldschoolphotographs.com

Koeitjies & kalfies | 20 kommentare

Re: The beginning of (Mrs. and) President - (Queen and) King G Zwelethini to increase ? The end of (Mrs. and) President C Scott to increase ? Forward transformation (joining) advice (Initiative)) )

Do., 15 November 2007 15:41

On Nov 15, 3:17 pm, "(ondersteun) Beter (en/of nuwe), Inter-G, hetero-
(Praniese) (Nirwana en/of) Salem (hoof en/of sub-) (staat) Pres.
Onderst. 01" wrote:
> The beginning of (Mrs. and) President - (Queen and) King G Zwelethini
> to increase ? ....
> (If this is a Forward transformation (joining) advice
> (Initiative),
> please read from top to bottom, left to right. ) )

Makie sakie, andersom ook,
dis nog steeds twak, Sakkie.

(Jy al die kopkwak loop spreek?)

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Jotti en Namibië

Wo., 14 November 2007 14:40

Ons het al gesels oor die onderwerp en as mens ooglopend van vandag se
situasie kyk, dan is dit maklik om 'n wanindruk te kry. Toe die eerste
kaarte van die land geteken was, was daar g'n grenslyne wat enige gebiede
onderskei het nie. Landmeters het die land uitgemeet mbv voetslaan en
perd, donkie en muil en die metings is met kettings gedoen. As jy die ou
Duitse kaarte bekyk, sal jy sien dat die areas in die noorde van die land is
Owambo gemerk, die oostekant Herero en die suidoostekant Nama of Hottentot,
en so aan. Wat dit beteken het, was dat in hierdie areas van hierdie mense
voorgekom het. Onthou dat hierdie kaarte gemaak is vir gebruik deur Duitse
mense wat kon lees. Dis tog net logies dat die landmeter nie die reg gehad
het om enige area aan enigiemand toe te ken nie, aangesien geen registrasie
of beheerowerheid toe al bestaan het nie.
As jy na die volkere kyk, dan verstaan jy ook hoekom hulle verkies het
om in hierdie areas te bly. Die Hereros was hoofsaaklik beesboere en
daarom het die oostekant se sandveld hulle gepas. Die Owambo het nog altyd
gevrek oor planterasies en dinge en daarom was die natter noorde naby Angola
meer hulle keuse. Die Hottentotte was weer skaapmanne en die suide het in
hulle guns geval. Nie eers die Duitsers het 'n gebied aan die swart mense
toegeken nie. Dit het later gekom met die tuislande van die SA regering.
Maar interessant, die eerste blanke mense in ou SWA was nie die Duitsers
nie! Reeds sover terug as 1791 het daar 'n Guilliam Visagie op die plaas
Swartmodder gewoon....waar Keetmanshoop vandag is! Hierdie ou het 'n
vonnis op die lyf geloop in die ou Kaap en het besluit hy's nou gatvol vir
die veediefstalle en toe trek hy Duits-SWA toe. Dit was in 1783 wat hy hom
op Swartmodder gevestig het. Dis ook waar verstomde sogenaamde pioniers en
ontdekkingsreisigers hom dan ook later gekry het. Vrek interessant is dat
daar vermelding gemaak word van die feit dat Visagie se vrou somtyds 'n trek
van 3 maande Kolonie toe onderneem het om te gaan goete koop. Vroumense
het nie veel verander nie, hm?
Dan is daar die storie van waarde. Ons het mos voorheen gesels oor die
koopkrag van goedere in ruilhandel. Daar word vertel dat vir een gesoute
perd, kon jy 30 bees kry. Voeg jy vandag se R3000 per bees by dit, dan
het die perde R90 000 vir 'n perd in koopkrag betaal. As 'n ou dus 'n stuk
grond oorneem by van die stamhoofde om plaas te maak, en hy hoes 30 perde,
dan het die ou vandag se R2,7 miljoen betaal aan koopkrag. Dit bring
vandag se R2,5 tot 4,0 miljoen vir 'n 5000ha plaas maar net in lyn met
mekaar. Niemand het grond verniet gekry nie.
Kosie Pretorius, parlementariër in ons land, het op 'n kol, in reaksie
op los stellings gemaak deur van die Swapo-manne, hulle uitgedaag om vir hom
'n ENKELE bewys te bring van 'n geval waar 'n blanke grond verniet in ou SWA
ontvang het. Hyself het ook die geskiedenis daaroor oopgekrap en kon nie
'n enkele bewys kry nie. Waar wel misverstande ontstaan het, is die feit
dat die SA regering aan soldate wat in die wêreldoorloë gaan baklei het, die
reg gegee het om plaasgrond te koop onder 'n makliker-betaal skema. Maar
betaal, die moes hulle. Hulle het rou stukke grond gekry waarop 'n enkele
boorgat was, geen behuising, geen drade nie. Net 'n handpomp op die
boorgat waarmee hulle vir die diere water moes pomp uit die boorgat uit.

Koeitjies & kalfies | 16 kommentare

Rugby / Krieket

Ma., 12 November 2007 10:02

Hier is 'n vragie heeltemal weg van die normale politiek en godsdiens.

As ek reg kan onthou was daar in 1992 'n wereldbeker krieket kampioenskap
gehou, in Australië. Die rugby wereldbeker was 3 jaar daarna in 1995.

Hoe het dit dan gebeur dat in 2007 die krieket en rugby in dieselfde jaar
plaasgevind het.

Sport & ontspanning | 0 kommentare

Die (beter en/of) nuwe (Mev. en) President P & T Leon om te verhoog ? Die einde van Orde Boerevolk en/of HNP om te verhoog ? Vorentoe vervorming (aansluiting) voorstel (Inisiatief)

Sa., 10 November 2007 16:02

Die (beter en/of) nuwe (Mev. en) President P & T Leon om te verhoog ?
Die einde van Orde Boerevolk en/of HNP om te verhoog ?
Vorentoe vervorming (aansluiting) voorstel (Inisiatief)

-

Vry en regverdig,
die blou-groen lig word hiermee gegee.

Voor, tydens en/of na,
die hou van debat(te), menings peiling(e), referendum(s), en/of
verkiesing(e).

Vir 'n meer bekwame Aangename uitkoms (Ondersteuner en/of) Bereiker,
om namens die (outeur) te onderhandel.

Om onder andere fondse te bekom,
om verder mee te kan aangaan.
Om (ondersteun) (magiese) Aangename uitkomste,
merker(s) te kan bereik,
wat nie gedink het moontlik is,
(en/of slegs yster- na verkose metaal en/of staal-geluk
(Inisiatiew(e)).

Byvoorbeeld -
(a)
(Beter en/of) Nuwe geneesmiddel(e),
voor, tydens en/of na,
(oorskakeling na voorkoming voor, tydens en/of na genesing medisyn(e),
(indien nie alreeds)),
en/of
uitvinding en/of bewusmaking daarvan,
,
(b)
(Beter en/of) Nuwe
optrek van kalender(s),
definieering van (Teokratiese) oorloop / aansluiting riglyn(e), (na
meer inklusiewer riglyn(e)),
en/of
interpretasie,
van Aangename uitkomste Materiaal,
(bv. deur (Mev. en) President N v Rensburg, M de Nostradame, M(ani)
Finger),
voor, tydens en/of na,
die skryf en/of verspreiding daarvan,
,
(c)
Aanvulling van (Beter en/of) Nuwe (Argument) Hulpbron(ne),
voor, tydens en/of na,
die skep en/of benodigheid daarvan,
(onder andere),
,
en/of
soos verkies en/of (ondersteun).

(By voorbaat baie dankie. )
(U ondersteuning, (in die verband), sal inniglik waardeer word. )

(Ontwikkel en/of gestuur,
voor, tydens en/of na die lees van,
die ((huidige), huidige, beter en/of) nuwe,
Upanishads en/of Vedas,
Bagavad Gita,
Dhammapada,
Heilige Koran,
Send-Avesta,
(Torah),
en/of
(Christelike) Bybel. )

(Vir 'n (ondersteun), (vrye en/of regverdige), langer,
(ondersteun) Aangename uitkomste (ondersteunings en/of) Bereiking
(Inisiatief),
,
verwys (onder andere), na -
,
(ondersteun) Verkose vers(e) van -
www.Bahai.org, (www.bahai-education.org/ocean),
(gesamentlike) ((Handboek(e) )) (Inisiatief),
,
www.SriSathyaSai.org.In, (www.srisathyasai.org.in),
(gesamentlike) ((simbol(e) )) (Inisiatief),
,
www.Lcdbible.org,
en/of
www.Bibledatabase.org, (Inisiatief). )

(Indien hierdie 'n Vorentoe vervorming (aansluiting) voorstel
(Inisiatief) is,
lees aub. van bo na onder, links na regs. )

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Opheffing 2

Vr., 09 November 2007 08:08

Hi Almal wat deelgeneem het aan die gesprek oor "Opheffing"

Waardering vir Suidwester wat die gesprek geopen het en sy waarnemings. Ook
vir ander deelnemers se waarnemings.

Moet ongelukkig vriendelik, ten minste gedeeltelik, van julle verskil.

Die waarneming dat net wit mense hulle aan armes steur en hulle probeer
ophef, is, soos die waarneming dat net swartes vir misdaad verantwoordelik
is, nie waar nie. Ek gaan my nie op statistiese gegewens beroep nie waaroor
nie een van ons beskik nie. Feit is dat die mense wat weet, sê die
hoveelheid misdadigers is pro rata direk proporsioneel tot elke groep se
verteenwordiging in die totale bevolking. Netso is die persepsie dat net
wittes die slagoffers van misdaad word, van alle waarheid ontbloot - swartes
self loop die grootste gevaar en wittes in werklikheid die minste.

Ek verwag dat almal op my gaan spring oor hierdie stellings. Hulle kom nie
uit my mond nie, maar wel uit die mond van dieselfde persoon waar ek aan my
kennis kom oor wat hulle in NY gedoen het om misdaad onder bedwang te bring.

Waarom het wittes dan die persepsie dat swartes meer misdadig is as
wittes? - en dat wittes die meeste slagoffers het? Wel as swartes pro rata
net soveel misdadigers oplewer as wittes, gaan daar sowat 10 swart
misdadigers vir elke witte wees, nie waar nie? Dink bietjie wat gebeur
elke keer wat mens 'n nuwe motor koop? - hoe jy skielik bewus word van al
die ander op die pad dieselfde as jou soort en model - terwyl jy hulle
vantevore nie raakgesien het nie. As mens eenmaal op iets gefokus raak, dan
begin jy ongelukkig met oogklappe aankyk. Dieselfde gebeur met ons
persepsie oor die hoeveelheid misdadigers en slagoffers van misdaad.

Oor die welsynwerk. Ek het myself al vantevore duidelik daaroor uitgelaat
dat ek baie werk in die townships doen om vir die armstes 'n beter lewe te
help bou - presies wat is my saak. Op hierdie oomblik is daar honderde NRO
wat deur swartes gestig is, met regeringshulp en eie inisiatief
opheffingswerk onder die armes doen! - ook onder die wittes wat in die
plakkerskampe beland het. Die tradisionele wit NRO wat nie swart geword het
nie, is besig om te kwyn. Daar is bitter min wit mense wat nog bereid is om
as vrywilligers op die strukture van die NRO te dien en te help (Hoeveel van
julle is betrokke?) - dis swartes wat bereid is dit te doen. Gaan stap maar
deur die provinsiale hospital (ek kyk 'n slag verby die vuil en
mislukkings), vra uit en julle sal verbaas staan oor hoeveel vrywilligers
daar werk wat uit die plakkerskampe kom - geen inkomste daaruit kry nie! -
ter wille van die diens wat gelewer moet word aan ander en natuurlik ook om
hulle CVs te verbeter en moontlik 'n pos los te slaan. Hoeveel wittes is
bereid om vrywilligerwerk te doen? Die hele DOTS TB strategie berus op die
werk van vrywilligers wat uit die armste gemeenskappe kom.

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

"Wy " deur Breyten Breytenbach

Vr., 09 November 2007 02:47

Wy

my hart is in die boland en niks
kan dit ontwy nie dis gebêre in
'n kissie in wit wellington

ek droom soms runnikend daarvan
in die heuwel van die nag en
verbeeld die wit keil van sneeukop

hier is die strate oppehopie van
winter en die mure is blomryk
van hande vol bloed

vrouens met rooigeverfde borste suig
'n man se lyf droog soos luise en
busbestuurders staak as dit reën, maar

my hart is in die boland en niks
kan dit ontwy nie dis gebêre in
'n kissie in wit wellington

Breyten Breytenbach

Prosa & poësie | 0 kommentare

Bladsye (1838): [ «    152  153  154  155  156  157  158  159  160  161  162  163  164  165  166  167    »]
Tyd nou: Ma. Apr. 07 11:29:51 UTC 2025