Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Baie stil

Mon, 26 November 2007 08:15

Wat het van die Antie geword. Het sy so groot geskrik vir ons eie afleidings
dat sy sommer die pad gevat het.

Wat dink julle van die Zuma verwikkelings. Hy het vir Tarboy lelik in die
stof laat byt die naweek.

Koeitjies & kalfies | 42 kommentare

Fifa

Sun, 25 November 2007 18:18

Julle moet sien hoe is Durban se strand gedos.
Polisiemanne en polisievroue wandel op die strande en in die strate in
groepe. Hulle is in motors te sien om byna elke hoek en draai. Vanmôre
met die oggendstap het ons gesien hoe 'n groep van drie polisielede op
motorfietse 'n slaper op die strand wakker maak en hom sy gesig laat
was. Mobiele aanklagkantore (ja, meervoud) is op die strande
geparkeer.

Op die hoofstrand is 'n dorp van tente opgerig vir die Fifa besoekers
wat vandag die loting vir sokker wêreldbeker gedoen het.

Rapport se hoofberig:
Jy kan nie jou neus by die hotel uitsteek nie of 'n veiligheidswag of
polisieman vra jou waarheen jy gaan. Hier is oral polisiemanne en
helikopters.

"Dit laat jou wonder of dit alles nog volgende week hier sal wees
wanneer ons weg is," het 'n Italiaanse joernalis gesê.

Die naweek is 'n Oostenrykse toeris op 'n golfbaan vir sy beursie en
selfoon doodgeskiet. Danny Jordaan, uitvoerende hoof van die plaaslike
reëlings kommitee sê dat hy bewus is van die moord op die Oostenryker
(Staler) maar dat Staler nie vir die Fifa-trekking in die stad was
nie. Sou dit nou die moord minder belangrik maak vir hom?

Volgens vanaand se nuus is ten minste twee van die Fifa mense hul
aktetasse kwyt.

Sport & ontspanning | 1 kommentaar

Een paar vrage

Sat, 24 November 2007 20:06

Miskien vir Dave?

Ek kom nie veel nie op die ng nie maar volg die diskusies
Ek hoor nie meer nie van die grondeise aldaar,gaan dit nog door en wat doen
die swartes met die plase
Hier in Belgie is nu koud en nat(3-6°C)en ons sit nog steeds sonder
regering,Vlaminge en Wale kan steeds moeilikker saamleef
Groetnis,Paul
Jullie kan my ook persoonlik bereik op pdr...@hotmail.com of via Msn onder
dieselfde adres

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Re: Een paar vrage

Sat, 24 November 2007 19:54

On Sat, 24 Nov 2007 20:06:37 GMT, "Paul" wrote:

> Miskien vir Dave?
>
> Ek kom nie veel nie op die ng nie maar volg die diskusies
> Ek hoor nie meer nie van die grondeise aldaar,gaan dit nog door en wat doen
> die swartes met die plase
> Hier in Belgie is nu koud en nat(3-6°C)en ons sit nog steeds sonder
> regering,Vlaminge en Wale kan steeds moeilikker saamleef
> Groetnis,Paul
> Jullie kan my ook persoonlik bereik op pdr...@hotmail.com of via Msn onder
> dieselfde adres

Hallo Paul

Ek is bly dat jy die geselsskap hier volg, en jy kan gerus saam
praat:-)

Grondeise is (nog) nie 'n kritiese probleem in Suid Afrika nie maar
verseker weet jy wat aangaan in Zimbabwe. Waar grond by boere gevat
word en vir die swartes gegee word, vind absoluut geen ontwikkeling
plaas nie. Hulle eet alles wat op die lande is en plant nie weer nie.
Daar word geen ontwikkeling meet gedoen nie.
Die gevolg is dat die plase verander in woestyne.

Dit is gelukkig die laaste tyd hier ook koel.
Sowat 23°C tot 25°C :-))) want ons het 'n nat seisoen. Dit reën meer
as die standaard. Dit is winter by julle en somer hier - en selfs in
die hartjie van die winter bly die plante groen hier waar ek woon.

Ek weet dat die Vlaminge en Wale nie goeie bure is nie. Ons het erger
probleme hier met mense wie se kulture kompleet verskil:-)

Terug na jou oorspronklike vraag - ons weet nie presies wat om te
verwag nie. Huidig beloof die regering om te betaal as hulle grond
vat, maar... die regering besluit op die prys.

Jy moet saam gesels op die groep, Paul.

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Ek en die Reg

Wed, 21 November 2007 16:22

Is U `n Advokaat, Prokureur, Regter, Landdros, Staatsaanklaer of net iemand wat meer van die Regte van Suid Afrika wil weet of Studeer U Regte, dan is hierdie Groep vir U.



Daar is so baie verskillende skakels op die Internet om `n navraag te loods en hierdie Groep is gestig om met een enkele navraag uit te gaan na verskillende spesialiste op die gebied van Regte dat U dadelik `n antwoord deur middel van `n Epos kan ontvang deur slegs een brief te skryf.



Kom ons deel alle wysigings met mekaar, bestudeer uitgewysde sake en leer meer van die Grondwet en die Reg en help mekaar om ons kennis te verbreed.



AFRIKAANS / ENGELS:



Om aan te sluit is eenvoudig, stuur net `n lee Epos na die volgende Epos adres:

Regte-s...@yahoogroups.com

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Engels op US

Wed, 21 November 2007 08:06

Ek sien terloops hoe die Afrikaanses op Stellenbosch hulle wraak kry
op die afdwing van 'n Ingelserige taalbeleid - hulle verkrag die taal!

Die voorblad van my seun se studiegids lees "Pshycology 1".

Dit sal hulle 'leer'!

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Die Gat - 002.jpg (0/1)

Tue, 20 November 2007 14:20

Dit is die heeldag bewolk hier en
ek dink ek het die gat gevind
waar die wolke uitkom.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Arbeidsprobleme in Namibië

Tue, 20 November 2007 11:17

Namibië is besig om 'n verskriklike prys te betaal aan die Sjinese vir die
ondersteuning wat hulle ontvang het in die vryheidstryd van Swapo. Sjina
is besig om hulle pond vleis op te eis en die land se gewone werker is die
mense wat tweede kom. Groot boukontrakte word aan Sjinese maatskappye
toegeken [werk wel goedkoper, maar hulle bring hulle eie arbeiders vanuit
Sjina en betaal hulle baie minder as die minimumloon volgens Namibiese wet
want hulle's Sjinese burgers en nie onderhewig aan Namibiese arbeidswette
nie]. Na die kontrakte voltooi is, bly die maatskappye gevestig in Namibië
en die werkers bly hier.
Nou wat sou die probleem wees, sou mens vra? Die land kry dan
goedkoper staatsgeboue. As die staat 'score' dan 'score' die land mos ook?
Dis nie so eenvoudig nie. Die gewone arbeider en ambagsman in die
boubedryf staan nie 'n kans om die werk op hierdie projekte te kry nie.
Die werkloosheidsyfer in Namibië beloop al 65%! Dit was verstommend om op
TV te sien hoe die vakbondleiers en regeringsamptenary hierdie kontrakte aan
die Sjinese verdedig en hoe hulle dink hulle die land se belange op die
hande dra. Daar is 'n totale onbegrip om te verstaan dat as jy plaaslike
arbeid gebruik, dan gaan al die geld wat jy die arbeiders betaal,
teruggeploeg word in jou ekonomie en gaan jy 15% VAT inwin op elke dollar
wat gespandeer word, plus die goedere se omset wat hierdie mense gaan
verbruik. Dis baie, baie meer geld vir jou ekonomie as wat die
Sjinesebesparingsprojek vir jou bring.
Die enigste gevolgtrekking wat mens hieruit kan maak, is dat die mense in
diens van die staat, saam met die politici, eenvoudig nie die agtergrond en
ondervinding het om die land tot voordeel van almal te bestuur nie.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Re: Arbeidsprobleme in Namibië

Tue, 20 November 2007 11:12

"Suidwester" skryf in boodskap news:oaWdnaP-7Zj3Kd_anZ2dnUVZ8vCdnZ2d@saix.net...

> Die enigste gevolgtrekking wat mens hieruit kan maak, is dat die mense
> in diens van die staat, saam met die politici, eenvoudig nie die
> agtergrond en ondervinding het om die land tot voordeel van almal te
> bestuur nie.

Dit is die gevolgtrekking ja, die uitdaging egter is om dit aan liberaliste
soos Gloudina te probeer verduidelik.

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Jou ou skoolfotos op die net

Mon, 19 November 2007 17:51

Gaan loer gerus hier in. Jy sal jou eie oë nie glo nie.

http://www.worldschoolphotographs.com

Koeitjies & kalfies | 20 kommentare

Bladsye (1839): [ «    151  152  153  154  155  156  157  158  159  160  161  162  163  164  165  166    »]
Tyd nou: Wed Jan 01 00:10:26 UTC 2025