Dit is so sesuur die aand en die ma is besig met die kos. Haar oudste, so 5
en sy boetie van 4 staan en neul hulle is honger. Intussen sukkel sy met
sussie van 6 maande (nog op die bors) op die heup om solank vir die 3 honde
kos te gee, toe pa ook nog kom vra oor skoon kouse vir more. Sy sê toe sy
wens sy kon haarself in 20 stukkies deel om gelyk aan almal aandag te gee.
Ouboetie reken toe dat dit 'n goeie plan is, dan kan hulle vir sussie die
tieties gee!
Dit kom voor of sekere artikels van die nuusgroep
afgehaal is een of meer dae na dit gepos is na dit
reeds op die nuusgroep verskyn het.
Is hierdie nuusgroep "moderated" ?
Ek het in die engelse SA nuusgroep gelees
dat binêre hegsels nie in sekere groepe gepos
mag word nie, wat van hierdie nuusgroep ?
Ek het 'n jpeg gepos (afrikaanse cartoon)
kan iemand bevestig of hulle die jpeg gelees
het, dit kom voor of die jpeg verwyder is.
my tannie het 'n ruk gerou
toe haar lower jeug ophande was.
ek onthou haar in beaufort in 1969.
by die oop venster in die skakelhuis(16)g.h.j.j.vlok:hook-haai
in 1ste laan, spoorwegkamp, beaufort-wes, r.s.a., afrika. aarde.
al die besonderhede het toe en dan kosmies
gee"ggo. sy't 'n soet life gerook, sy't my gekyk, en
sy't kringe geblaas, uit by die venster, oor die rant.
i stoker in sy stoomenjin het buite eensydig verby gewaai.
sater-dae (en vrydae) het sy begin loop, oos
na die dance-hall by die royal hotel*yyy
onder wriemelende wolke, tussen 2 straatlampe
sou sy 2 skaduwees gooi van wisselende prominensie
met die maan as belee" kontrapunt. soos sy gestap het
verby die vensters van die groot siel. het die aarde
gedraai onder haar voete, soos i boomstomp op rivier. kon sy
die goeie dag inhaal, al oos teen die lot? toe scott mckenzie
haar bla bla blomme & lief, op springbokradio, was
almal alreeds absoluut weg uit s. francisco
iets was moerse verkeerd. ooms het haar dubbelsinnig gegroet.
tog was sy op pad, sy't een gevoel met die rymlose ree"n
(haar h's & l's leun soos bloekoms teen die wind
in die croxley-briewe van haar gehuil)
en twee met die skakelhuis, kerk & werk.
of het sy? dit was te bisar vir die hart,
sy't een ree"n die 7 af-trein gevat, wes.
in die mo^re vasgemeer in kaapstad met i hangover met i helse
lang ysterankerketting terug in die gestorte nag in. dit was pieng
oggend. woodstock was skoon
vol antagonistiese children of god. terug, oos.
sy't stuwend terug gekom.
i soldaat het haar beaufortstasie
binnegery. daar staan Oupa, akasha-annal op die hart.
en aan sy hand die demoon wat hom bewoon
"daar's my pa," het sy eenvoudig gesê.
my tannie het geruk 'n rou, straatjie op, straatjie af
sonder verband met enigiets
veral nie noodwending met enigiets nie.
op 19 moes sy trou.
sy't ver weg gaan bly, soos almal
in i al vaer wordende huis, paleis, pondok, saam met
3 kinders en i treindrywerman met i wrok.
en ook het daar (verskriklik) gebly: geloof, hoop, liefde
maar die grootste hiervan was die hoop
Ek wil graag weet: Wat is die versamelnaam vir die volgende, asook wat is
die presiese verskille tussen:
Idiome (die appel val nie ver van die boom nie)
Vergelykings (so vinnig soos 'n blits)
Metafore (blitsvinnig; hy is 'n blits)
Sêgoed? (ja-nee)
by voorbaat dank vir 'n breedvoerige verduideliking.
--
Stefan...@mbnet.mb.ca
Idioom: lyf wegsteek.
"Hy steek sy lyf weg. Hy doen nie sy deel van
die werk nie."
"Hy steek sy lyf weg" means that he is shirking
his duty, that he is not there when you need him,
that there is work to be done and he is not pulling
his weight. "Wegsteek" : hide
"lyf" : body
Stefan Harms wou 'n kuber-idioombundel begin.
Nou sien ek al vir 'n hele ruk geen bydraes meer
van hom nie. Hoekom steek hy sy lyf so weg? Of
is dit te koud daar in Winnipeg?
Vry interpreteerde verduideliking: om die kern van 'n situasie akkuraat
(en gewoonlik bondig) uit te druk.
(Engels: an accurate and usually brief synopsis of a situation)
Voorbeeld: Gloudina beweer dat ek lyf wegsteek by die instuur van idiome.
Sy vermoed dat dit te doen het met die koue, en daarmee slaan sy die
spyker op die kop: die lewenslus en energie raak maar laag hier in die
winter (temperature is aan die verbeter: vandag net minus 17 maks.)
--
Stefan...@mbnet.mb.ca
On Fri, 21 Feb 97 03:55:37 GMT, gide...@xpoint.co.za (Gideon van Zyl) wrote:
<<Dan is daar natuurlik die
>unieke "Kaapse Jazz" wat so 'n geurtjie van Afrika en die Klopse het wat puik
>is en baie groot aanhang beging kry deur die res van die land.>>>
Sien gisteraand op TV3 'n wonderlike program oor Moses Moleleke (ek
dink sy van is so iets - ek het MM onthou en besluit dis genoeg om in
die CD winkel te gaan soek voor) 'n Johannesburgse jazz klavier-speler
wat absolute hemelse jazz maak.
Saam met 'n sax-speler met die naam van "McCoy".
Kan enigiemand my asseblief sê of daar 'n Afrikaanse woordeboek bestaan
wat saam met MS Word 6.0 vir Windows 3.1 gebruik kan word, en waar kan ek
dit in die hande kry?