Is dit regtig beter om 'n diesel voertuig te koop, sienende dat hy meer
gereeld vir dienste moet gaan wat redelik duur is (duurder as 'n pertol
motor) glo ek, en die feit dat diesel net soveel en soms duurder is as
petrol.
Hierdie is duidelik vir my een van die meer interessante onderwerpe en een
van die mees algemene dinge waarmee die publiek lekker gevang word, is die
olies wat wrywing in die enjin van jou motor help uitskakel wat voorgestel
word as die alfa en die omega van brandstofbesparing en betroubaarheid.
Advertensies word gemaak en vertoon van enjins wat sonder olie kan bly loop
en die manne gooi die geld en koop, maar daar is so 'n paar dinge wat
niemand sê nie:
1. Hoekom hoef enige enjin sonder olie te kan loop?
2. Vir enige enjin om effektief te kón werk, móét dit slyt op die ringe
van sy suiers.
Dis amper so erg soos die petrolbesparingstoestelle wat aan die publiek
gesmous word! Nie een werk nie.
Vir al die mense wat dink Uhuru is 'n klomp snert, net die volgende.
Die mense in Kenia het nie geweet dat in minder as 'n week die "Afrika
juweel in die Ooste" in rasses gevegte betrokke gaan wees na die verkiesing
nie. Daar was dan nooit regtig stam gevegte nie.
Dink julle regtig so iets is onmoontlik in SA indien Zuma nie die komende
verkiesing wen nie ?
Die generator is nie die oplossing vir die kragonderbrekings nie -
tensy jy onbeperkte fondse het en waar die ding outomatiese inskop as
Eishcom jou verlaat.
'n Invertor is 'n baie beter oplossing. In Ingels - 'n "invertor". Dit
werk op dieselfde beginsel as ' "ups" (uninterrupted power supply) -
met battery wat herlaai word. Dis ietwat duurder as die generator,
maar die voordele is meer. Dis stil, en omdat dit herlaaibaar is is
daar nie instandhouding, petrol/diesel en olie nie. Wanneer jou krag
aankom herlaai hy weer.
Glo my, ek het nie belange in die besigheid wat se webblad ek hier gee
nie - gaan kyk gerus, al is dit bloot om 'n bietjie agtergrondskennis
te verkry: www.omnisolar.co.za .
Hier's een van Jan Spies se stories. Ek het dit so geniet, maar nou's
ek opsoek na klank en/video-opnames van Spies se vertellings - kan
iemand my 'n verwysing(s) gee.
Spies het eens sy stories op die SAUK se Afrikaanse radiostasie vertel
- so hulle behoort daaroor te beskik. Maar is daar 'n uitgewer,
watookal waar ek die goed kan koop.
Grote aan almal - Jonas
Dawid en Jonathan
‘n Oubaas daar uit Pelgrimsrust se wệreld bel my en hy sv vir my by
wil my 'n leeustorie vertel wat vir hom 'n besondere boodskap inhou.
Ek sê: "Maar Oom, lat ek hoor wat die boodskap is." Hy sê nee, lat by
eers die storie vertel; dis uit die mond van 'n oorlede ou oom van
hom.
Nou, die ou kêrel vertel lat toe by vroeër dae daar in Pelgrimsrust se
wereld ingetrek het, toe was daar vrees¬lik baie ongediertes.
En kort-kort dan pla daar die een of anner ding - veral die leeus.
Hy sê maar hy boer vorentoe, en later het by 'n lekker plaas en 'n
gerieflike huis en 'n buitekamer en 'n waen¬huis en 'n skuur. En dit
gaan goed. En die leeus is later redelik uitgeskiet en die wat oorbly,
is sommer heel skaflik.
Hy sê en toe op 'n dag begin daar sommer 'n on¬smaaklike vangery net
toe by meen by kan nou maar vergeet van die leeus. Dan's dit 'n koei
en dan's dit 'n os en dan 's dit 'n kalf. En sommer kortby die huis
ook.
Hy sê en een more lê daar 'n kalf, jy kan sê op die werf doodgebyt en
opgevreet.
En hy en sy volkies kyk daar rond en hulle kry die spoor. Toe's dit
nou net na so 'n motreëntjie.
Die ou sê en by gryp sy Mauser en by en 'n paar van sy mense vat die
spoor en in 'n ruigte teen 'n klipkoppie kry hulle die leeu.
En hy sê met 'n geluk gee by die boosdoener 'n dood¬skoot.
En hulle kom nader en toe sal hulle nou maar sien dis 'n leeuwyfie, en
sy het melk.
En hulle soek daar rond en hulle kry haar boerplek en so kom hulle op
'n welpie af.
Die oubaas sê en daar's die ma dan nou dood en hier's die pragtige,
onskuldige klein leeutjie totaal moeder¬loos.
Hy sê en 'n vreeslike jammerte en hartseer oorval hom daar. Hy sê: so
lat by al sy beeste wat al opgevreet is, vergeet en die leeus vir
alles vergewe.
En hy besluit hy gaan die wesie aanneem. En hulle vat die klein
leeutjie huis toe.
Hy sê en hulle het dae lank gesukkel en proefnemings gemaak voor hulle
eers afkom op die regte dieet vir hom. En dit was nie lank nie, toe
het die leeutjie heel goed ingepas by die huishouding.
En die leeutjie maak so met verloop van tyd maats met almal - met die
ander huisdiere ook.
Maar sy boesemvriend is die hansvark.
Die oom sê en die bure en ander mense wat kom kuier, het begin
waarsku.
Hulle sê vir hom: "Jong, jy maak hier 'n adder aan jou boesem groot.
Eendag is eendag en dan neem die leeu se natuur van hom besit en dan
oorwin dit oor hierie vreemde kultuur, en dan weet jy nooit wat by
aanvang nie. Dis 'n verkeerde liefde hierie wat jy vir die ding het."
Die ou sê en die leeu is later 'n halfvolgroeide leeu¬mannetjie en die
hansvark is later so groot en vet dat hy, jy kan sê, sy gewig in ivoor
werd is.
Hy sê maar wie eet nou 'n hansvark?
En buitendien is die twee toe al soos Dawid en Jona¬tan, en hulle het
toe ook al in die familie die name gekry. En hy sê: Eenmaal moes 'n
Dawid met smarte en hartseer 'n Jonathan verloor.
G'n mens durf dit weer laat gebeur nie.
Hy sê en die predikant kom daar op huisbesoek. En die het hom vreeslik
gekapittel.
Hy sê vir hom: "Broer, dis 'n bose ding wat jy hier doen."
Hy sê vir die oom: "'n Leeu is 'n wille ding, en by hoort in die
natuur. Nou's by soos 'n goeie hond, maar die dag gaan kom lat by nie
meer so trou is aan jou nie en lat by getrou word aan sy aard. En die
een wat jy die liefste het, die ontneem by dalk vir jou."
En die name staan hom ook nie aan nie, se die predi¬kant.
Dis een ding om Dawid 'n leeu te noem, maar dis 'n anner ding om 'n
leeu Dawid te noem.
En om 'n vark Jonathan te noem - nee, dit mag net nie. Die oom se en
hy't gewonner of die dominee nie tog reg had nie.
En hy't so in die stilligheid gehoop daar kom weer leeus in die
omgewing lat by kon sien of Dawid nie dalk in sy eie mense belang wou
stel nie.
Maar toe hy wens daar kom leeus, toe kom aas nie eens een daar in die
omgewing nie.
Hy sê en wat kon by dan nou verder doen?
Want op die werf het almal vir almal lief: by en die vrou en die
kinners mekaar, en hulle vir Dawid en Jona¬tan, en die nog weer mekaar
ook.
Hy sê en as by dit nou oor sy hart sou kon kry om Jonathan to slag,
maak dit nog nie vir Dawid minner ge¬vaarlik nie.
En as by Dawid aan 'n dieretuin sou skenk, sou die stomme dier daar
van hartseer sterf.
En in die natuur sou hy ook omkom om by vir hom¬self nie kon sorg nie.
Die oom sê en om Dawid dood te skiet, was totaal buite die kwessie.
En as hy dit sou kon regkry, sou hulle met die be¬droefde Jonathan
gesit het.
Hy sê en later is al twee mooi uitgegroeide wesens. En hulle het
elkeen sy eie manier van doen gehad, maar hulle andershede het hulle
nooit van mekaar laat vervreem nie.
Want hulle het saam rondgeloop en alles saam ge¬doen wat in 'n leeu en
'n vark se wêrelde eenders is. Maar die slapery was heel verskillend.
Bedags as dit warm is, dan het Dawid in die buite¬kamer op die koel
klipvloer gelê en Jonathan het buite teen die muur in die skaduwee in
'n lekker klam holte in die grond gelê.
Veral as dit ietwat modderig was, was dit vir hom tog to lekker.
Die oom sê en hy't vir hulle baie dae so sit en bekyk en dan snaakse
gedagtes gekry, want sy Mauser staan daar in die einste buitekamer.
En dan't hy met 'n rilling gewonner of die geweer dalk eendag 'n
onmoontlike en onhanteerbare familietwis uit die weg sou moes ruim.
Hy sê maar alles gaan goed; vir baie lank. En toe gebeur die vreeslike
ding amper.
Hy ry eendag dorp toe en by kom trug en toe by naby die huis kom, toe
sien by daar tussen die lang gras bult Jonathan se rug uit waar by aan
die vroetel is.
Hy sê en hy kyk rond, maar hy sien nie vir Dawid nie.
Hy sê en by ry nou maar so rondkyk-rondkyk aan, en toe by so omtrent
regoor Jonathan kom, toe raak die pêre onrustig.
En hy kyk weer mooi rond.
En toe sien by die ding wat by gehoop het nooit sou gebeur nie.
Daar in die lang gras is Dawid besig om vir Jonathan to bekruip. Die
ou se: "Maar ek is op die plek so kwaad oor die dag moes aanbreek wat
ek nie wou beleef nie, lat ek die leisels daar en dan styf pluk.
"En ek knoop hulle vas.
"En die pệre wil nog diekant toe en dariekant toe. Maar ek steur my
nie aan hulle nie.
"Ek gryp die sambok en vlie daar van die kar of en ek dink: As jy dan
nou 'n wille nuk in jou kop wil kry, sal ek dit uit jou uit foeter."
Hy sê en by loop Dawid van agter of by met die sambok. Hy se en hy's
so vol moordgedagtes lat by nie eens dink aan moontlike gevaar nie.
Hy sê en die leeu is ook net so, want by is so ingestel op Jonathan se
clood lat by nie sien dat daar van agter of iemand op hom afkom nie.
Die ou sê: "Ek slaat hom met so 'n lang hou van sy blad of oor sy
ribbekas tot op sy boud."
Hy sê: "En toe by opspring - pleks van tot sy sinne kom, vervies by
hom vir my en by vlie om en by trek 'n gevreet en by wys tanne lat dit
soos 'n brommer lyk wat daar op sy bolip sit as jy na sy neus kyk."
Hy sê: "En ek stryk hom hot en haar deur sy bek lat die spoeg so spat.
En toe sien hy ek is kwaad. En by vlie om en ek streep hom nog weer so
'n slag oor sy agter¬wêreld.
"En by hol daar innie rigting van die ruigte waar ek sy oorle ma
doodgeskiet het.
"En ek dink: Net daar gaan jy ook bars.
"Want toe's ek darem kwaad orie ding wat ek nie wou gehad het by my
moes aandoen nie."
En Jonathan vlug huis toe.
En die oom sê: "Ek dink: Jou lewe is gered, maar as Dawid sy lyf dan
rêrig wille leeu wil hou, moet ek heden vandag nog met hom
klaarspeel."
Die oom sê maar toe het die pệre ook al weggehol huis toe.
En daarom pak by die laaste entjie pad te voet aan. Hy se: "Maar ek
het net een ding in my kop, en dis my Mauser."
Hy sê: "En ek loop bars daar by die buitekamer in op pad na die geweer
toe.
"En ek slaat daar neer oor 'n ding."
Hy sê: "En toe ek so uit die val uit omkyk, sal ek sien dis bo-oor
Dawid. Die lip toe net sy kop op en toe by gewaar dis maar net ek wat
so haastig kom kuier, gee by 'n steun en slaap verder."
Ek sê vir die oom wat my gebel het: "Maar Oom, hoe bring die storie
vir Oom by 'n boodskap uit? Al bood¬skap wat ek sien, is dat daar
amper 'n lelike ding gebeur het weens nalatigheid.
Want die vreemde leeu moes nie met Dawid verwar gewees het nie."
Hy sê: "Nee, nefie, jy kyk na die storie net so sleg soos daardie
oorlede ou oom van my na die wille leeu. "Die boodskap staan so: As jy
op 'n gevaar afkom, en dit lyk vir jou na iets gewoons en jy pak hom
ook of by nie iets waffers is nie, dan dink die ding jy's gevaarlik,
en dan skrik hy.
"Of, om dit vir jou annersterom te stel: As jy dink jy loop vir Dawid
storm, maar dis allie tyd Goliat, dan moet jy maak of jy Simson is."
ik ken geen Afrikaans dus ik ga gewoon in het Nederlands schrijven.
Als jullie evenveel van mijn Nederlands begrijpen als ik van jullie
Afrikaans, dan moet de communicatie wel lukken :-)
Wonen jullie allemaal in Zuid-Afrika? Of woont er toevallig iemand in
België of het Zuiden van Nederland?
Wij, bij EF talenscholen, willen op termijn graag info in verband met
Afrikaans verstrekken aan onze studenten en de beste hulp daarbij is
natuurlijk een native speaker.
Wonner of daar nog 'n land is waarvan die politiek so interessant is.
Al die polisiechiefs word gearresteer - sommige ministers word
gearesteer vir spoed en ander is veroordeelde diewe.
Slaai en knoffel word voorgeskryf vir vigs en die speaker
word toegesluit oor afslag op sy kar.
Volgende Staatspresident word gecharge vir bedrog en hy dreig om te
skinder van die huidige. Groot persentasie van die kabinet deel neem
aan Travel Gate en die burgemeester van Kaapstad is betrokke in 'n
spioendrama. Die enigste storie op TV wat ek vir geen geld ter wêreld
mis nie is die 7 uur nuus.
Gister op pad huis toe is die verkeersligte in Braanfontein weer uit
en die metropolisie natuurlik weer nerens te bespeur nie.
Die reen het niks beter gemaak nie. Vir die wat Jhb ken, ek is eers 6
nm uit Melville weg omdat ek vir iemand moes wag en 'n lift gee.
Ons het na 7 in Kensington aangekom. In die proses ook vanaf een
gridlock afgdraai - reg in 'n ander een in.
Kan ek weer meld die verkeersligte was af en die metropolisie nerens
nie?
Iemand bel vanoggend 702 en se die metropolisie staan langs - en dink
dit was Beyers Naude rylaan? - en kyk na die volgepakte pad wat
stilstaan omdat die verkeersligte nie werk nie.
Hulle staan daar want hulle het 'n spoedlokval kom stel, maar kan nou
nie want verkeer is gegridlock.
So staan hulle toe maar daar en kyk na die karre wat voor die
verkeersligte gridlock. Iemand op die radio bel toe vir die verkeers
dept en vra hoekom reel hulle nie bleddie verkeer nie - en kry die
antwoord "dis nie ons skuld dat die krag af is nie".
Toe ek vanoggend opstaan, was daar natuurlik geen krag nie. Bel toe
maar weer vir City Power om uit te vind hoe lank gaan dit duur en kry
die antwoord: "About 7 years, sir".
Ek lieg nie. Sy het waarskynlik verwys na die geskatte tydperk wat
Eskom se ons nog die soort probleme gaan he. Vra toe oor MY BLEDDIE
VOORSTAD OK!!!!! en hoor, sy weet nie. "Two to 4 hours".
Wanneer het BEGIN?????
"About six."
En o ja, die call centre is eers 20 minute nadat die krag afgeskakel
is, gehoor dit is afgeskakel.
Anyway, skakel toe die kragopwekker aan wat ek gister gekoop het en
plug 'n lig en 'n ketel in. Kon toe die koerant in elektriese lig in
plaas van kerslig lees en kon tee drink.
2010, huh?
Weet die ouens van "ripple effects" en "unforseen consequences" en so
aan??
Check bietjie hier onder:
------------
rag kan SA miljarde se vooruitgang kos
18/01/2008 09:14 - (SA)
Sake24-verslagspan
Die Suid-Afrikaanse ekonomie gaan waarskynlik miljarde rande inboet en
nooit 6%-groei haal nie as die kragkrisis voortduur.
"Dit is 'n strukturele probleem. Jy gaan dit nie oornag regstel nie,"
sê dr. Roelof Botha, ekonomiese raadgewer van PricewaterhouseCoopers,
oor die impak van voortslepende kragonderbrekings in verskeie dele van
die land.
Hy vrees ook dat invoervervanging sal begin plaasvind waar sekere
sektore weens kragtekorte 'n daling in produksie beleef. Suid-Afrika
sal noodgedwonge van dié produkte moet invoer, wat nóg meer druk op
die lopende rekening gaan plaas.
Hoewel dit eers later moontlik sal wees om die finansiële impak van
die kragonderbrekings te bepaal, sê mnr. Mike Schüssler, ekonoom van
T-sec, dit kan honderde miljoene rande beloop. Hy sê van die grootste
fabriek tot die kleinste onderneming word geraak en dit is ongelukkig
moeiliker vir die kleiner ondernemings om te oorleef.
Ander skat die impak op miljarde.
Groter groepe het reeds voorsiening gemaak vir kragopwekkers by hul
ondernemings.
Woolworths het gister gesê klante kan by dié die
kos-en-klerekleinhandelgroep inkopies doen ten spyte van
kragonderbrekings. Meer as 99% van die groep se takke wat deur die
maatskappy besit word (meer as 200, met die ander in
franchise-bestuur), het kragopwekkers.
Klein- en mikro-ondernemings het nie noodwendig die kapitaal vir
kragopwekkers nie.
Schüssler meen baie van hulle gaan nie oorleef nie. "Hul winsmarges is
nie groot genoeg om sulke skokke te deurstaan nie," sê Schüssler.
Klein en middelslag-ondernemings (KMO's) dra beduidend tot
werkverskaffing in die land by. Schüssler vrees die probleme wat hulle
nou in die gesig staar, kan 'n tydperk inlui waar daar nie net minder
werkskepping gaan wees nie, maar selfs werkverliese.
'n Bestuurder by 'n vleisverwerkingsfabriek, wat anoniem wil bly, het
aan Sake24 gesê die kragonderbrekings kos hulle baie geld.
"Aflewerings kan nie voltooi word nie omdat produkte weens die
onderbrekings nie reg is vir verspreiding nie."
Dié fabriek moes produkte van etlike tonne weggooi omdat die krag af
was en die verkoeling nie gewerk het nie, sê die bestuurder.
In die vermaaklikheidsbedryf gaan ook daagliks geld verlore.
Pieter Toerien se produksie van The Lion King by Montecasino in
Johannesburg het naastenby R100 000 skade gely toe 'n kragonderbreking
verlede week en Donderdag 'n vertoning in die wiele gery het.
Ondernemings is nie nét bekommerd oor die finansiële verliese nie.
Mnr. Brett Dungan, uitvoerende hoof van die federasie van
gasvryheidsverenigings van Suider-Afrika (Fedhasa), sê die meeste
hotelle het reeds kragopwekkers op bystand en hul kombuise gebruik
gas, eerder as elektrisiteit.
Só kan sake redelik normaal voortgaan.
Die bedryf is egter bekommerd oor gaste se veiligheid tydens
kragonderbrekings, want donkerte lok misdaad, sê Dungan.
Skielike kragonderbrekings kan ook vir werkers gevaar inhou, sê mnr.
Colin de Kock, uitvoerende direkteur van die Gautengse
meesterbouersvereniging.
Hy is bekommerd oor die gevaar vir werkers wanneer hulle tydens
kragonderbrekings in 'n kelder of branduitgang werk of besig is met
gevaarlike stowwe.
Dit is nie duidelik hoe die werkÂgewer voorsiening kan maak vir sulke
situasies ingevolge die Wet op Beroepsveiligheid en -gesondheid nie.
EN HOEKOM GEBEUR DIT?
Swak instandhouding rede vir kragtekorte in SA
Jan 18 2008 12:41:22:470AM - (SA)
Vaardigheidstekorte, instandhouding wat agter geraak het en veral swak
skakeling met munisipaliteite is die hoofoorsake vir die ergste
elektrisiteitsprobleme nog wat die land vandeesweek teister.
'n Hoë amptenaar van Eskom wat nie geïdentifiseer wil word nie, het
gister gesê die kragonderbrekings sedert Dinsdag word meestal
veroorsaak deur stoomlekkasies wat in kragsentrales ontstaan.
"Dit gebeur omdat instandhouding nie behoorlik gedoen is nie en omdat
al die beskikbare kragsentrales, insluitende die gasaangedrewe
turbines by Atlantis in Kaapstad, volstoom werk om soveel krag
moontlik te lewer," sê hy.
Die gasturbines is gemaak om twee tot drie uur per dag te werk, maar
word die afgelope twee weke voluit tot 20 uur per dag ingespan om in
die vraag na elektrisiteit te voorsien.
Dis omdat verskeie turbines in steenkool- en kernkragsentrales elders
dié tyd van die jaar buite werking is vir instandhouding.
ÂDie belangrikste is Koeberg wat met kernbrandstof gelaai moet word.
Dis 'n enorme operasie wat twee weke gelede begin het en tot April
voortduur.
" 'n Span wetenskaplikes en ingenieurs word daarvoor van Frankryk
gebring," sê die amptenaar.
Koeberg lewer 1 800 megawatt aan die netwerk uit 'n beskikbare 33 036
megawatt. Koeberg se afwesigheid verminder die reserwemarge tot minder
as 2% van die piekvraag van 36 513 megawatt verlede winter.
"As enigiets verkeerd loop, is daar kragonderbrekings."
Die vaardigheidsprobleme behels 'n tekort aan werklike ervaring, "soos
'n ingenieur wat in 'n turbinekamer rondloop, vassteek en aan die
turbine kan hoor iets is verkeerd. Hy weet dadelik wat moet aandag kry
en wat die gevolge is as dit nie reggestel word nie," sê die
amptenaar. Eskom het die afgelope twee jaar baie moeite gedoen om
afgetrede werknemers terug te lok as tydelike mentors.
"Daar werk byvoorbeeld 'n 72-jarige afgetrede kragstasiebestuurder by
'n groot kragsentrale in Mpumalanga wat as mentor optree vir vier jong
ingenieurs," sê hy.
Die tekort aan sulke ervaring raak deurslaggewend in die somer as
groot turbines tot stilstand gebring word vir onderhoudswerk.
Skakeling met munisipaliteite oor wanneer om kragtoevoer af te skakel,
is ook 'n probleem.
Dit word volgens die amptenaar hoegenaamd nie volgens die program
gedoen wat Eskom aan die munisipaliteite stuur nie, deels omdat
toerusting verouderd is.
"By sommige munisipaliteite word letterlik met 'n bakkie van substasie
tot substasie gery om dit af te skakel."
Eskom het gister ontken dat hy elektrisiteit aan buurstate uitvoer.
Maar mnr. Bennie Blignaut, elektrisiteitshoof van die vakbond
Solidariteit wat lede in strategiese poste in Eskom het, het gesê sy
inligting is dat Eskom deurlopend sowat 3 000 megawatt lewer aan
onderskeidelik Namibië, Botswana, Zimbabwe en Mosambiek.