Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Generator

Do., 24 Januarie 2008 07:36

My pa het toe besluit genoeg is genoeg. Net voor Krismis het pa besluit lat
hy wil oplaas 'n generator koop, oorlat hy moeg was virrie krag
onderbrekings.

My Oupa dink 10% is kragonderbrekings, die anner 90% is die Munispaliteit se
geld wat my pa innie borrelstoor belê. My pa sê dit maak nie saak nie, of
dit nou daai simpel mannetjie vannie cownsil is wat sy krag afsny, of daai
simpel mannetjie van eskom, hy worrie nie, hy wil 'n generator hê.

Nou ja, toe gat ons winkels toe om die ding te koop. Oppie kaart want my Pa
sê my ma se kaart is baie lekker, jy koop net op Budget se rekening. Jy koop
en jy vertel die mense om dit op Budget se rekening te sit. Ek weet nie
lekker wie Budget issie, maar ek weet my pa sit alles op Budget se rekening.
Ek reken die Budget outjie gat darem lekker moerig wees as hy uitvind wat my
pa alles op sy rekening koop. In elk geval, ons gat loop koop toe die
generator ding, en dis net mooi daar waar die moeilikheid begin.

Kyk, as julle dink my pa weet niks van kamp af nie, of van karre af nie, of
van vroumense af nie, dit is tog goed wat 'n mens kan sien, dan moet julle
weet, hy weet bokkerol van krag af. Dis wat my ouma sê, dis so. Maar my pa
worrie nie, toe hy eers daai generatortjie gestart kry, toe dink hy lat hy
'n elektriese ingeneer is. Dis glo slim ouens wat krag verstaan. Toe is my
pa slim genoeg om te weet, solank daai generatortjie loop, solank maak hy
krag, maar as hy stop, dan is hy net 'n stuk blik, met 'n fancy Japanese
naam.

So, voor my pa die ding aan die krag loop koppel, toe swiets hy eers die
generatortjie af, en hy sê vir my: " Dawie, as 'n ou met krag werk, dan moet
jy slim wees, en nugter". Wel, my pa is nie een vannie twee nie, so toe
beginne ek worrie. Maar ek het verniet geworrie. Toe my pa daai drade vat,
en hy shok nie, toe weet ek hy weet waarvan hy praat. Toe maak hy die drade
mooi skoon solat die koper uitsteek en hy is toe reg om die masjien aan die
kragpunt te koppel. Nou ja, toe sit ek lekker en kyk hoe my slim pa die
kragonderbreking ding onner die knieg kry, en ek worrie niks nie, oorlat ek
kan sien my pa weet van.

Toe maak my pa daai swietsbord innie kombuis oop en hy maak reg om sy
generatortjie se drade aan die swietsbord se drade te koppel. Dis glo solat
as die krag afgaan, dan start my pa net sy generatortjie en die se krag sal
die swietsbord maak werk.

Daar is 'n gesegde wat die grootmense gebruik, hulle sê lat as die pôpo die
fan tref, dan's daar moeilikheid. Daai ooms wat so sê het nog nie gesien wat
gebeur as die swietsbord se krag my pa tref nie. Kyk ooms, toe my pa so
oppie leertjie staan en hy konnek daai generatortjie se kragdraad so aan die
swietsbord se rooi draad, toe smaak dit vir my my pa is aan die hartaanval
kry of hy kry 'n seningwee instorting of 'n eleptiese aanval of 'n stroke
offe ding. Die way wat my pa daai swietsbord ruk en pluk dog ek my pa gat
die ding uit die muur uit ruk en net 'n gat daar los. Nie syne nie, maar een
innie muur daar waar die swietsbordtjie was.

Maar die swietsbordtjie moef nie, en my pa hou nie op ruk nie, en hy skreeu
ook. Ek dog dis van woede wat my pa so skreeu oorlat hy nou kwaad is virrie
swietsbordtjie. Hy dans ok oppie leer en gooi sy dikkerige lyfie rond bo-op
daai leer asof hy nou inne jaaif kompetisie deelneem.

Net toe ek vir my pa wil waarsku lat hy vannie leer gaan afval, toe gebeur
dit; hy val van daai leer af, maar hy val nie grond toe soos 'n mens moet
nie, en toe verstaan ek hoekom party mense sê " hy't daar afgemoer", want
daai wassie 'n val nie, daai wasse afmoer. Miskien hoekom Koeberg se moer
weg is, lyk my met die krag saam het 'n ou maar probleme met die moere.

In elk geval, kyk my pa val toe lat dit lyk asof hy geskiet is, maar sy lyf
gee nog so 'n paar rukke met die wat hy so deur die lig trek, nes daai ouens
op TV wat innie swembad induik en dan sulke s draaie innie lug maak. Toe dit
vir my lyk dat my pa sy kop gaan misval en op sy alie val, toe skrik ek,
want my ma sê my pa het 'n harde kop maar hy is 'n lamgat. Ek wil toe nie hê
my arme pa moet sy gat verder lam maak nie. Maar toe is ek te laat, toe val
my arme pa plat op sy blaker.

Maar toe my pa so sit en jaaif, toe voel ek darem beter oorlat ek kan sien
hy is nie heeltemal 'n lamgat nie, oorlat hy sy boude toe lekker vinnig
wikkel. Toe ek in my pa se oge so kyk, toe sien ek hy trek vir my gesigte
ok, maar ek het nooit geweet my pa kan sy oge so omdop nie, ek sien net die
wit soos hy jaaif. Toe klap ek maar hande vir my pa se trieks oorlat ek nie
weet wat anners om te doen nie. Toe kom my oupa ingehardloop om te sien wat
gebeur met die geskreeu. Toe vat oupa so aan my pa en toe begin oupa ok
jaaif. Toe dog ek dis 'n paartie toe beginne ek ok jaaif solat hulle kan
sien ek kan ok jaaif.

Toe gat die ligte skielik af en toe hou oupa en pa op jaaif en toe staan ek
ok maar daar rond en kyk wat gat my pa nou met die generatortjie doen.

Toe my pa daar opstaan, toe sien ek hy het oppie plug geland wat aan die
draad vas is wat aan die swietsbord vas is, wat toe aan my pa vas is oorlat
die plug binne in my pa se boud ingesteek het. Toe gebeur daar 'n vreeslike
ding, my pa vat daai genratortjie wat Budget nog moet betaal, en hy gooi
daai ding binne innie bure se swembad en hy ruk daai draad uit die
swietsbordtjie uit soos 'n sweepslag.

Die outjie vannie cownsil het toe gekom en ons swietsbordtjie weer
toegemaak, en ons krag weer by die paal gaan loop aansit en toe is alles
weer normaal, behalwe lat ons nou nie weer 'n generatortjie het nie.

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Baie Interessante Skakel

Di., 22 Januarie 2008 12:05

Ek het so bietjie wegkom van graphics en fotos nodig gehad,
en blaai toe so bietjie deur die ander nuusgroepe op my skerm.
Gaan kyk so bietjie wat maak die Engelse, en daar kom ek toe
op 'n baie interessante skakel af wat iemand daar gepos het..

Die site het 'n baie beskrywende naam en ek spandeer tyd daar
en vind geweldig waarde daarin.

Die OP se woorde is:
It is not just the knowledge to give us the Faith. Anyway, it helps
and will surely help after irrefutable events to arrange so as to make
that our Faith would be stronger and stronger.
In this site you can find a lot of events, which will make you think
it over.
These events and knowledges will give you peace and certainty, as
already happened to thousands of people, who have read this site.

Web site : www.antoniobragadin.com/papirous.htm
E mail : resear...@antoniobragadin.com

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Torreke

Ma., 21 Januarie 2008 08:50

As daar more 'n ou omie van die Drakensberge afgestap kom, en verklaar hy
het sopas met 'n brandende bos gepraat, wat ........

Sal jy daarvan dink
Sal jy graag vir die persoon wil vra

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Vir Suidwesteren die bakkie manne

Ma., 21 Januarie 2008 08:47

Nog iets waaraan ek gedink het:

Is dit regtig beter om 'n diesel voertuig te koop, sienende dat hy meer
gereeld vir dienste moet gaan wat redelik duur is (duurder as 'n pertol
motor) glo ek, en die feit dat diesel net soveel en soms duurder is as
petrol.

Wiele | 5 kommentare

Nog enjins: Wrywing

Ma., 21 Januarie 2008 08:20

Hierdie is duidelik vir my een van die meer interessante onderwerpe en een
van die mees algemene dinge waarmee die publiek lekker gevang word, is die
olies wat wrywing in die enjin van jou motor help uitskakel wat voorgestel
word as die alfa en die omega van brandstofbesparing en betroubaarheid.
Advertensies word gemaak en vertoon van enjins wat sonder olie kan bly loop
en die manne gooi die geld en koop, maar daar is so 'n paar dinge wat
niemand sê nie:
1. Hoekom hoef enige enjin sonder olie te kan loop?
2. Vir enige enjin om effektief te kón werk, móét dit slyt op die ringe
van sy suiers.

Dis amper so erg soos die petrolbesparingstoestelle wat aan die publiek
gesmous word! Nie een werk nie.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Uhuru - Kenia

Ma., 21 Januarie 2008 06:01

Vir al die mense wat dink Uhuru is 'n klomp snert, net die volgende.

Die mense in Kenia het nie geweet dat in minder as 'n week die "Afrika
juweel in die Ooste" in rasses gevegte betrokke gaan wees na die verkiesing
nie. Daar was dan nooit regtig stam gevegte nie.

Dink julle regtig so iets is onmoontlik in SA indien Zuma nie die komende
verkiesing wen nie ?

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Generators is nie die oplossing nie - omsettingsapparaat werk

So., 20 Januarie 2008 05:27

Die generator is nie die oplossing vir die kragonderbrekings nie -
tensy jy onbeperkte fondse het en waar die ding outomatiese inskop as
Eishcom jou verlaat.

'n Invertor is 'n baie beter oplossing. In Ingels - 'n "invertor". Dit
werk op dieselfde beginsel as ' "ups" (uninterrupted power supply) -
met battery wat herlaai word. Dis ietwat duurder as die generator,
maar die voordele is meer. Dis stil, en omdat dit herlaaibaar is is
daar nie instandhouding, petrol/diesel en olie nie. Wanneer jou krag
aankom herlaai hy weer.

Glo my, ek het nie belange in die besigheid wat se webblad ek hier gee
nie - gaan kyk gerus, al is dit bloot om 'n bietjie agtergrondskennis
te verkry: www.omnisolar.co.za .

En, moenie die kat in die donker knyp nie.....

Koeitjies & kalfies | 13 kommentare

Jan Spies Stories

So., 20 Januarie 2008 05:13

Hier's een van Jan Spies se stories. Ek het dit so geniet, maar nou's
ek opsoek na klank en/video-opnames van Spies se vertellings - kan
iemand my 'n verwysing(s) gee.
Spies het eens sy stories op die SAUK se Afrikaanse radiostasie vertel
- so hulle behoort daaroor te beskik. Maar is daar 'n uitgewer,
watookal waar ek die goed kan koop.

Grote aan almal - Jonas

Dawid en Jonathan

‘n Oubaas daar uit Pelgrimsrust se wệreld bel my en hy sv vir my by
wil my 'n leeustorie vertel wat vir hom 'n besondere boodskap inhou.

Ek sê: "Maar Oom, lat ek hoor wat die boodskap is." Hy sê nee, lat by
eers die storie vertel; dis uit die mond van 'n oorlede ou oom van
hom.

Nou, die ou kêrel vertel lat toe by vroeër dae daar in Pelgrimsrust se
wereld ingetrek het, toe was daar vrees¬lik baie ongediertes.

En kort-kort dan pla daar die een of anner ding - veral die leeus.

Hy sê maar hy boer vorentoe, en later het by 'n lekker plaas en 'n
gerieflike huis en 'n buitekamer en 'n waen¬huis en 'n skuur. En dit
gaan goed. En die leeus is later redelik uitgeskiet en die wat oorbly,
is sommer heel skaflik.

Hy sê en toe op 'n dag begin daar sommer 'n on¬smaaklike vangery net
toe by meen by kan nou maar vergeet van die leeus. Dan's dit 'n koei
en dan's dit 'n os en dan 's dit 'n kalf. En sommer kortby die huis
ook.

Hy sê en een more lê daar 'n kalf, jy kan sê op die werf doodgebyt en
opgevreet.

En hy en sy volkies kyk daar rond en hulle kry die spoor. Toe's dit
nou net na so 'n motreëntjie.

Die ou sê en by gryp sy Mauser en by en 'n paar van sy mense vat die
spoor en in 'n ruigte teen 'n klipkoppie kry hulle die leeu.

En hy sê met 'n geluk gee by die boosdoener 'n dood¬skoot.

En hulle kom nader en toe sal hulle nou maar sien dis 'n leeuwyfie, en
sy het melk.

En hulle soek daar rond en hulle kry haar boerplek en so kom hulle op
'n welpie af.

Die oubaas sê en daar's die ma dan nou dood en hier's die pragtige,
onskuldige klein leeutjie totaal moeder¬loos.

Hy sê en 'n vreeslike jammerte en hartseer oorval hom daar. Hy sê: so
lat by al sy beeste wat al opgevreet is, vergeet en die leeus vir
alles vergewe.

En hy besluit hy gaan die wesie aanneem. En hulle vat die klein
leeutjie huis toe.

Hy sê en hulle het dae lank gesukkel en proefnemings gemaak voor hulle
eers afkom op die regte dieet vir hom. En dit was nie lank nie, toe
het die leeutjie heel goed ingepas by die huishouding.

En die leeutjie maak so met verloop van tyd maats met almal - met die
ander huisdiere ook.

Maar sy boesemvriend is die hansvark.
Die oom sê en die bure en ander mense wat kom kuier, het begin
waarsku.

Hulle sê vir hom: "Jong, jy maak hier 'n adder aan jou boesem groot.
Eendag is eendag en dan neem die leeu se natuur van hom besit en dan
oorwin dit oor hierie vreemde kultuur, en dan weet jy nooit wat by
aanvang nie. Dis 'n verkeerde liefde hierie wat jy vir die ding het."

Die ou sê en die leeu is later 'n halfvolgroeide leeu¬mannetjie en die
hansvark is later so groot en vet dat hy, jy kan sê, sy gewig in ivoor
werd is.

Hy sê maar wie eet nou 'n hansvark?

En buitendien is die twee toe al soos Dawid en Jona¬tan, en hulle het
toe ook al in die familie die name gekry. En hy sê: Eenmaal moes 'n
Dawid met smarte en hartseer 'n Jonathan verloor.

G'n mens durf dit weer laat gebeur nie.

Hy sê en die predikant kom daar op huisbesoek. En die het hom vreeslik
gekapittel.

Hy sê vir hom: "Broer, dis 'n bose ding wat jy hier doen."

Hy sê vir die oom: "'n Leeu is 'n wille ding, en by hoort in die
natuur. Nou's by soos 'n goeie hond, maar die dag gaan kom lat by nie
meer so trou is aan jou nie en lat by getrou word aan sy aard. En die
een wat jy die liefste het, die ontneem by dalk vir jou."

En die name staan hom ook nie aan nie, se die predi¬kant.

Dis een ding om Dawid 'n leeu te noem, maar dis 'n anner ding om 'n
leeu Dawid te noem.

En om 'n vark Jonathan te noem - nee, dit mag net nie. Die oom se en
hy't gewonner of die dominee nie tog reg had nie.

En hy't so in die stilligheid gehoop daar kom weer leeus in die
omgewing lat by kon sien of Dawid nie dalk in sy eie mense belang wou
stel nie.

Maar toe hy wens daar kom leeus, toe kom aas nie eens een daar in die
omgewing nie.

Hy sê en wat kon by dan nou verder doen?

Want op die werf het almal vir almal lief: by en die vrou en die
kinners mekaar, en hulle vir Dawid en Jona¬tan, en die nog weer mekaar
ook.

Hy sê en as by dit nou oor sy hart sou kon kry om Jonathan to slag,
maak dit nog nie vir Dawid minner ge¬vaarlik nie.

En as by Dawid aan 'n dieretuin sou skenk, sou die stomme dier daar
van hartseer sterf.

En in die natuur sou hy ook omkom om by vir hom¬self nie kon sorg nie.

Die oom sê en om Dawid dood te skiet, was totaal buite die kwessie.

En as hy dit sou kon regkry, sou hulle met die be¬droefde Jonathan
gesit het.
Hy sê en later is al twee mooi uitgegroeide wesens. En hulle het
elkeen sy eie manier van doen gehad, maar hulle andershede het hulle
nooit van mekaar laat vervreem nie.

Want hulle het saam rondgeloop en alles saam ge¬doen wat in 'n leeu en
'n vark se wêrelde eenders is. Maar die slapery was heel verskillend.

Bedags as dit warm is, dan het Dawid in die buite¬kamer op die koel
klipvloer gelê en Jonathan het buite teen die muur in die skaduwee in
'n lekker klam holte in die grond gelê.

Veral as dit ietwat modderig was, was dit vir hom tog to lekker.

Die oom sê en hy't vir hulle baie dae so sit en bekyk en dan snaakse
gedagtes gekry, want sy Mauser staan daar in die einste buitekamer.

En dan't hy met 'n rilling gewonner of die geweer dalk eendag 'n
onmoontlike en onhanteerbare familietwis uit die weg sou moes ruim.

Hy sê maar alles gaan goed; vir baie lank. En toe gebeur die vreeslike
ding amper.

Hy ry eendag dorp toe en by kom trug en toe by naby die huis kom, toe
sien by daar tussen die lang gras bult Jonathan se rug uit waar by aan
die vroetel is.

Hy sê en hy kyk rond, maar hy sien nie vir Dawid nie.

Hy sê en by ry nou maar so rondkyk-rondkyk aan, en toe by so omtrent
regoor Jonathan kom, toe raak die pêre onrustig.

En hy kyk weer mooi rond.
En toe sien by die ding wat by gehoop het nooit sou gebeur nie.

Daar in die lang gras is Dawid besig om vir Jonathan to bekruip. Die
ou se: "Maar ek is op die plek so kwaad oor die dag moes aanbreek wat
ek nie wou beleef nie, lat ek die leisels daar en dan styf pluk.

"En ek knoop hulle vas.

"En die pệre wil nog diekant toe en dariekant toe. Maar ek steur my
nie aan hulle nie.

"Ek gryp die sambok en vlie daar van die kar of en ek dink: As jy dan
nou 'n wille nuk in jou kop wil kry, sal ek dit uit jou uit foeter."

Hy sê en by loop Dawid van agter of by met die sambok. Hy se en hy's
so vol moordgedagtes lat by nie eens dink aan moontlike gevaar nie.

Hy sê en die leeu is ook net so, want by is so ingestel op Jonathan se
clood lat by nie sien dat daar van agter of iemand op hom afkom nie.

Die ou sê: "Ek slaat hom met so 'n lang hou van sy blad of oor sy
ribbekas tot op sy boud."

Hy sê: "En toe by opspring - pleks van tot sy sinne kom, vervies by
hom vir my en by vlie om en by trek 'n gevreet en by wys tanne lat dit
soos 'n brommer lyk wat daar op sy bolip sit as jy na sy neus kyk."

Hy sê: "En ek stryk hom hot en haar deur sy bek lat die spoeg so spat.
En toe sien hy ek is kwaad. En by vlie om en ek streep hom nog weer so
'n slag oor sy agter¬wêreld.


"En by hol daar innie rigting van die ruigte waar ek sy oorle ma
doodgeskiet het.

"En ek dink: Net daar gaan jy ook bars.
"Want toe's ek darem kwaad orie ding wat ek nie wou gehad het by my
moes aandoen nie."

En Jonathan vlug huis toe.

En die oom sê: "Ek dink: Jou lewe is gered, maar as Dawid sy lyf dan
rêrig wille leeu wil hou, moet ek heden vandag nog met hom
klaarspeel."

Die oom sê maar toe het die pệre ook al weggehol huis toe.

En daarom pak by die laaste entjie pad te voet aan. Hy se: "Maar ek
het net een ding in my kop, en dis my Mauser."

Hy sê: "En ek loop bars daar by die buitekamer in op pad na die geweer
toe.

"En ek slaat daar neer oor 'n ding."

Hy sê: "En toe ek so uit die val uit omkyk, sal ek sien dis bo-oor
Dawid. Die lip toe net sy kop op en toe by gewaar dis maar net ek wat
so haastig kom kuier, gee by 'n steun en slaap verder."

Ek sê vir die oom wat my gebel het: "Maar Oom, hoe bring die storie
vir Oom by 'n boodskap uit? Al bood¬skap wat ek sien, is dat daar
amper 'n lelike ding gebeur het weens nalatigheid.

Want die vreemde leeu moes nie met Dawid verwar gewees het nie."

Hy sê: "Nee, nefie, jy kyk na die storie net so sleg soos daardie
oorlede ou oom van my na die wille leeu. "Die boodskap staan so: As jy
op 'n gevaar afkom, en dit lyk vir jou na iets gewoons en jy pak hom
ook of by nie iets waffers is nie, dan dink die ding jy's gevaarlik,
en dan skrik hy.

"Of, om dit vir jou annersterom te stel: As jy dink jy loop vir Dawid
storm, maar dis allie tyd Goliat, dan moet jy maak of jy Simson is."

Humor & grappe | 1 kommentaar

"Kinders van die Wind " deur KOOS du PLESSIS

Sa., 19 Januarie 2008 23:19

Kinders van die wind
- Koos du PLessis

Ek ken 'n ou-ou liedjie
Van lewenswel en wee
van lank vergane skepe
In die kelders van die see

Die woorde is vergete
en tog die deuntjie draal
soos vaag onthoude grepies uit
'n baie ou verhaal

Van swerwers sonder rigting
van soekers wat nooit vind
en uiteindelik is almal maar
net kinder van die wind

Gesige, drome, name
is deur die wind verwaai
En waarheen al die woorde is,
sou net 'n kind kon raai.

Van swerwer, sonder rigting
Van soekers, wat nooit vind
en uiteindelik is almal maar
net kinders van die wind.

Musiek & liriek | 0 kommentare

Nederlands in Antwerpen

Sa., 19 Januarie 2008 10:17

Hallo,

ik ken geen Afrikaans dus ik ga gewoon in het Nederlands schrijven.
Als jullie evenveel van mijn Nederlands begrijpen als ik van jullie
Afrikaans, dan moet de communicatie wel lukken :-)
Wonen jullie allemaal in Zuid-Afrika? Of woont er toevallig iemand in
België of het Zuiden van Nederland?

Wij, bij EF talenscholen, willen op termijn graag info in verband met
Afrikaans verstrekken aan onze studenten en de beste hulp daarbij is
natuurlijk een native speaker.

Groetjes!

Koeitjies & kalfies | 7 kommentare

Bladsye (1835): [ «    147  148  149  150  151  152  153  154  155  156  157  158  159  160  161  162    »]
Tyd nou: Do. Des. 18 23:29:01 UTC 2025