Vir dié van julle wat blaaie vir die Web opstel met Afrikaanse inhoud, is
julle welkom om die "Afrikaans oppie Net" logo (netafrikaans.gif) te
gebruik wat julle kan kry by http://members.tripod.com/~vds/netafrikaans.html.
> Vraag ? Het Koos homself doodgemaak, weens depressie, of was dit
> natuurlike oorsake ? Wat die oorsaak ookal, ek dink Afrikaans het daar
> een van sy grootste geeste ( geen 'pun' bedoel nie) verloor.
>
> H-J
>
Jong, sover ek weet was dit maar 'n hartaanval. En ja, inderdaad, 'n
groot gees verlore. Ek moet nog die persoon ontmoet wat nie die radio
harder draai as Laurika sy "Kinders van die wind" sing.
Net 'n berig (uit de perd se bek) gekry van die volkssaamtrek tussen die
volstruise.
Miriam Makeba, Bierblikke en skokkende familiepotrette!
Kan iemand my meer vertel van die waternimfe?
Alreeds bedank
Xfiles
op paternoster waar donkies
ure lank lê en sigare rook
en osse soos kanaries fluit
tussen maagdelike madeliefies
wat fyntjies en wit
soos homoseksuele
oor broodrotse draf
waar mense snoek en patats
binne gate in hul gesigte steek
en blou seekomkommers
weggemoffel word van
wit huisies wat hande in die
heupe onder vermakerige
hoedjies van riet staan
hier marsjeer lelies
in spekkige swart sooirye
langs vet adamsvye
wat tussen kinders se tone
berus by die werklikheid
net op paternoster
ken hotnotstoontjies
nog hul tyd in hierdie
opgedonnerde wereld
en die dou op die huilbos
se bleek wange koggel parmantig
die stoeiende peerboom
in my voos ou lyf