Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Groetjes

Ma., 02 Junie 1997 00:00

Hallo Afrikaners,

ek is een Duitse student, maar soos julle sien kan ek nie echt spreek
Afrikaans nie. Ek spreek Nederlands en vind Afrikaans baie interessant.
Miskien kan ek nog leer die taal...

Daag,
Wolfgang Hiepen
schwa...@compuserve.com

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

"Heloise" deur SHEILA CUSSONS

Ma., 02 Junie 1997 00:00

HELOISE
Sheila Cussons

Ek het vergeet wat ons gesê het, lief,
die tyd het oud geword -
en ek lê eenkant niemand praat
daar's niemand nie - het stil geword.
Kind wat my nooit sal ken nie
nooit en nooit nie - stief groot geword ...
Nooit weer in die krom van jou lyf
my lyf as ek slaap nie, o Abelard -
maar koud en vrugloos en alleen
in 'n huis in die wind
vroetel en nie vind nie ...
ou hande in papiere papiere papiere
het kinds geword.

(gepos deur gloudina bouwer)

Prosa & poësie | 0 kommentare

SLANG

Ma., 02 Junie 1997 00:00

Hi! I am looking for some SA and/or Afrikaaner slang or
everyday phrases. I am from America, and I am afraid that
I don't know much about the culture, but I would love to learn
as much as I can. The differences in expressions is also
very facinating to me, but cheifly it is to be used in email
correspondence. I have a very good friend who lives in SA,
and I would like to be able to use some of the SA slang and
phrases. If any of you could help me out, I know a _little_
Afrikaaner. I would appreciate translations, as languages are
my poor suit. Since talking to my friend I have felt that the
SA accent is very beautiful. Pretty much the whole culture
fascinates me. Well, I have rambled long enough. Thanks
in advance!

P.S. I LOVED the post telling about what different words
meant to Africans and Americans.
EX: Globe=lightbulb
Dam=Lake

--
Richard McRae -
-------------------------
This is a shameless advertisement for my website:
VISIT IT!!! YOU WILL LIKE IT!!! The home of the One and Only
Original Psychic Web-Page.
http://www.oocities.org/Athens/Acropolis/3702
-------------------------
If you don't know how to reply by now, I'M not going to
tell you.....
-------------------------

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

"Die Wekker 11" deur PETER BLUM

Ma., 02 Junie 1997 00:00

DIE WEKKER 11
Peter Blum

Want alle lus wil ewigheid. Wil eindelose
ruimte om op te gaan. Wil soos 'n olievlek
oor logge water brei, sprei. Wil in hom betrek
wat raakbaar is, passief genaakbaar. Wil osmose
deur alle vlies. Wil onbegrensde tyd. Wil soos 'n
taal in duister valleie eeue-deur traag swel,
boeie van buiging breek. Wil absorbeer en rek
tot dit - vry - elke inval tolk. Alle lus wil.
Oorwin lê nou die dink diensbaar. Jou weerlose
wekker swyg. Hoor: in die onmeetlike vertrek
as gebaar van oorgawe staan die uurwerk stil.

(gepos deur gloudina bouwer)

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

IDIOOM: Koring

Ma., 02 Junie 1997 00:00

Idioom: Om die koring van die kaf te skei

Betekenis: om die belangrike van die onbelangrike te onderskei.

Sover ek weet, kom die idioom uit die eertydse landbou, waar koring gedors
was en dan met behulp van 'n plat mandjie (naam?) in die lug gewerp word,
sodat die ligte hulsels en kaf (met behulp van 'n ligte wind of briesie)
van die koring (wat swaar is en direk terugval) geskei word.

Dit laat my verder idiomatiseer en aflei dat ons in hierdie nuusgroep 'n
ligte windjie benodig om die politiese kaf van die idiomatiese korrels te
skei.
Dit is die visie van 'n selferkende idiomaniak (idioom-maniak).

This idiom, stemming from the agricultural activity of separating the
grains of wheat from the rest of the plant (wat is kaf in Engels?), means
the separation of important from unimportant - usually in reference to
information or meaning.
With regards to the talk going on in a newsgroup, the quest to improve the
signal-to-noise ratio leads me to the suggestion of using proper
identifying titles for my favourite IDIOOM-postings.

--
remove ANTISPAM for real mail, sorry.

Afrikaans, ons taal | 0 kommentare

Re: 'n Groot Verrassing - Dankie!

Ma., 02 Junie 1997 00:00

Hello Julie

Ek het nou die dag ook 'n brief nes joune van my suster ontvang. Amper
dieselfde woorde. Sy het verjaar, en het dringend Simba skyfies en Stimorol
gevra, seker ook gedink mens mag nie vleis stuur nie. Toe haal ek 'n leë
kartondoos by Spar, en maak dit vol met 'n paar kilos droëwors en biltong. Die
biltong was van Woolworths (vakuumversieel?), maar die wors was net deur die
slagter in bruin papier toegedraai. Geen probleme met doeane nie. (Dalk ook
net gelukkig). Die grootste probleem was toe ek die pakkie poskantoor toe
schlepp, en hulle vra my sommer R600 posgeld! (Sy beter die smaak van daardie
biltong lank onthou!). Toe kom ek op hierdie gedig af:

AAN 'N STUKKIE BILTONG
(in Amsterdam) - deur J R L van Bruggen

Terwyl ek jou so stil-stil sit en kerf,
weet ek dat nooit so 'n knaende eensaamheid
'n mens se hart uit lid kan skeur, as hier,
waar honderduisend mense om jou woel,
en waar die troostelose winterswind
tot in jou murg kan sny. Hul sê dis hier
'n broeikaswêreld, waar die huise druk
en pak al om jou siel, totdat die toonloos
strateklowe vir jou word soos die
gesanik van 'n eensnaar-instrument.
Tog weet ek weer vanaand, die mensegees
is vryer as 'n voël in die lug,
wat, as die winter val, sy wieke uitslaan
na die son. As mens net vastrap-plek kan kry,
dan word jou siel weer ruim van hemelblou
en veld, en bulte bewend in die son,
en gloeiend golf op golf na verre berge.

Klein stukkie droë vlees, ek het my land
in jou geproe, en uit die winternag
van Amsterdam het jy met voorslagpietsies
my geruk, en my laat leef en asem,
waar die bosveld spog met sonnegoud
op buffelgras se vaalbruin branders
windgeroer ... Ek hoor die bosbok blaf,
en luister hoe die rooibokramme brul,
waar die mapaniebome luist'rend swyg.-
Jy het my weer die bosveldvrede diep
laat voel, wat uit 'n kampvuur in jou hart
kom kruip, die slegte dinge skroei, die goed
in jou aanwakker tot 'n vlam, wat heel
jou siel laat tintel. O, die wêreld gaan
mos oop, wanneeer so 'n bosveldvuurtjie praat,
en stil rus dan die mond, omdat geen taal
die diepste dinge in jou tong kan gee.
Dis God en liefde wat weer roer in jou,
en uit die roersels bot gevoelens teer
en sterk, wat met so 'n eindeloos verlange
soek na iets, dáár êrens bo die sterre.
En as die vuurtjie krimp, verkoolde stompe
reggeskuiwe word, en vonke soos vuurvlieë
spat die donker in, dan boei die klein
bekende ligkring weer, - en buitekant
die sirkel rek die magtig bosveld nag. -
Dan raak die tonge stil-stil los, en woorde
kom so warm vanuit die hart, want alger
voel die peilloos vrede en vreugd' van harte,
wat 'n krummel waarheid het gevind -
Dié kleinood, wat ons siel laat buig vir God,
en wat in liefde uitstraal oor die mens. -

Daarbuite hoes die wind die strate deur.
Die lug hang laag en grys, en ligte druil
deur amberklamme sirkels. Koulik gaan
so nou en dan 'n mens. Sy stap klink hol
en leeg, net soos 'n rammelende siel.
Die vensters van die huise anderkant
is dowwe oë, wat na my kyk, yskoud, -
en agter ieder raam leef lief en leed.-

Sê kyk so baie mense hier my aan!
Ek ken hul nie, en 'k wonder, wonder net,
of ook hul siele met my sou gesels,
wanneer die bosveld-vuur in jou kom roer,
en jou die pad wys na die sterrelug.-

(Kan iemand vir my sê wat beteken "voorslapietsies"?

Groete,
V.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Comrades

Ma., 02 Junie 1997 00:00

Hello Almal,

Miskien moes ek liewer za.sport toe gegaan het met hierdie pos, maar ek voel
dat julle nou my vriende is , en ek wonder of daar van julle is wat my
gevoelens deel?

Hierdie is altyd 'n spesiale tyd van die jaar vir my, wanneer die Comrades
Marathon plaasvind. Dit was nog altyd meer as net 'n wedloop. Dis vir my
simbolies vir die menslike strewe - Ons het almal 'n doel in die lewe, iets
waarvoor elkeen van ons op sy eie gebied hard werk om 'n doel te bereik, en ons
is hopelik ook bereid om 'n hand uit te strek na die ander een wat ook maar
sukkel om daar te kom.

Dit was nog altyd die gees van Comrades. Comradeship/Kameraadskap. Kompeteerend
op 'n hoë vlak van die menlike siel, met ander waardes wat net soveel beteken
het as die wen van die wedloop.

Ons is almal wenners, as ons onse eie grense oorwin, selfs met die geringste
hoeveelheid. In 'n mate, was ook almal wat aan Comrades deelgeneem het wenners,
as hulle hul bes gedoen het, gewerk het daarvoor, en veral as hul voor daardie
laaste skoot dit oor die lyn kon maak.

Wat ek die afgelope twee jaar aanskou het, is besig om Comrades te bederf. Ek
week internasionale kompetisie is gesond, is goed vir ons land, ens., maar in
hierdie geval weet ek darem nie. Die mense bv. wat nou weer op pad is van
Rusland om hier te kom hardloop, wil wen teen alle kostes. Goed, miskien is
hulle beter as ons ouens, dan aanvaar ek dit. Miskien is hulle professioneel,
waar ons ouens dit net deeltyds kan doen. En dit lyk vir my, of al waarvoor
hulle omgee is teen alle kostes te wen. Dit het verlede jaar vir my gelyk of
hulle bereid is om ander uit te buit, oor te loop, en skaamteloos te gebruik,
enigiets, om net eerste klaar te maak. Hulle aanskou dit blykbaar net as 'n
pure wedren, sonder dat hulle die gees van Comrades verstaan, of in die minste
daarvoor omgee. (Díe Comrades is nie ware Comrades nie!) Ek dink ons is besig
om iets te verloor wat baie mooi, en baie spesiaal was.

Ons wenners van die verlede het dit meestal op 'n goedgunstelike manier gedoen.
Hulle het dit reggekry om kompeterend saam te werk - elke ou op sy eie op die
lang pad, en tog het hy nie sy medemens in die grond getrap nie. Dit is alles
besig om te verander.

Miskien stem julle nie saam nie, en ek sal dit so aanvaar. Dis maar net my
persoonlike gevoel, en ek hoop ek is verkeerd.

Mens moet maar vorentoe kyk, maar weereens verlang ek terug na die dae van
Brucey, Nic Bester, Sean Mieklejohn, en al daardie manne wat met 'n grote gees
en menslikheid oorwin het. Ek probeer nou net om die naam te onthou van die
ander Afrikaanse outjie wat altyd onder die voorstes was ...? Hy't verlede
jaar ook 'n lang ruk in tweede plek gehardloop as ek reg onthou... Karel ...?

Beste Wense,
Vira.

Sport & ontspanning | 0 kommentare

Groete van Duitsland

Ma., 02 Junie 1997 00:00

Ek is 'n student wat in Duitsland woon, en ek het sommige jare gelede
begin met Afrikaans leer. Verskoon wanneer ek iets vals skryf, maar dis
die eerste maal dat ek 'n e-pos aan die nuusgroep stuur en ek het nogal
geen Afrikaanse woordeboek nie.

Dis moeilik om die taal hier in Duitsland te oefen (die meeste het ek
geleer deur lees van afrikaanstalige koerante op die Internet), en toe ek
verlede jaar in Suid-Afrika was het die meeste Afrikaners ook net in
Engels met my gesels.

Deur leer van Afrikaans het ek ook baie oor my eie moedertaal geleer,
omdat ek baie daarvan hou om die twee taale te vergelyk en om uit te vind
hoe sommige woorde ontstaan het. Indien daar iemand is wat graag oor die
verskeidenheid van Duits en Afrikaans wil gesels (of miskien is daar
iemand wat my 'n bietjie kan help met my Afrikaans), stuur asseblief 'n
e-pos.

Alles van die beste,

Thorsten

(muel...@mail.uni-mainz.de,
muel...@t-online.de)

P.S.: Ihr koennt mir natuerlich auch in Deutsch schreiben; messages in
English are welcome, too.

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Die Bokke

So., 01 Junie 1997 00:00

Ek sal graag wil hoor wat is die kommentaar oor die Bok span. Ek dink
dit is nie sleg nie!! Ons het 'n bul van 'n voorry!!!!

Sport & ontspanning | 2 kommentare

Hollands : (was: Engels (twee van ons)}

So., 01 Junie 1997 00:00

On 5/31/97 12:12PM, in message , "Arthur
Hagen" wrote:

>
> wordt het als vervelend ervaren wanneer ik
> op deze nieuwsgroep post in het nederlands?
>
>
Nee Arthur, inteendeel - ek vind dit baie interessant, en hou daarvan om
sommige woorde wat ek nie goed ken nie uit te "puzzle". In die geheel verstaan
ek die Nederlands wat jy skryf baie goed. My twee beste vriendinne op skool was
Hollands gewees, en ek het so saam met die taal groot geword. Hou asb aan
skryf!

Ek moet sê, ek't ook gewonder oor "al vaker". Dankie vir die verduideliking.

Groete,
V.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Bladsye (1834): [ «    1512  1513  1514  1515  1516  1517  1518  1519  1520  1521  1522  1523  1524  1525  1526  1527    »]
Tyd nou: So. Jan. 18 06:13:42 UTC 2026