Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

" Brandende Boek " deur D.J. OPPERMAN

Do., 14 Februarie 2008 13:39

Brandende Boek
Uit die Brandaan-siklus

Dis pinksternag en voor die kaggelvuur
terwyl ek verse skryf, weet ek die mooi
geskryf is eintlik boos en hierdie uur
moet ek my bundel in die vlamme gooi
as ek God suiwerder wil dien ... Maar blaaie
en die boek se band krul om en slaan
tot vlerke oop dat daar met geel-blou swaaie
'n engel toornig in die klipboog staan:
"Jy het die waarheid in die vuur verbrand,
maar nou gebied die Here God dat jy
ook in die gramadoelas van jou land
Sy wondere sien en koninkryk uitbrei." -
" En tog, hoe moet ek weet dat onvermom
selfs jy van God en nie die Duiwel kom?"

Prosa & poësie | 0 kommentare

Kragkrisis in Suid-Afrika?

Di., 12 Februarie 2008 22:08

Hallo, elkeen,

Dis al lank gelede dat ek nog hier was..
Ek lees in my vriendin sy e-pos daar is 'n permanente kragkrisis in
Suid-Afrika?
Ek het daaroor 'n beriggie gelees in my koerant hier in België, maar
dis reeds enige weke gelede..
Is daardie kragkrisis nog steeds besig?
Hoekom daar is kragonderbrekings in Suid-Afrika? En hoekom dit duur so
lank?
Is hier iemand wat my daaroor 'n tegniese uitleg kan gee?

Norbert die strandkruier (uit Vlaandere)

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Wat is die verskil tussen 'n mens en 'n dier?

Ma., 11 Februarie 2008 15:36

Jim Alweer het onlangs weer 'n klomp adamiese twak kwytgeraak oor mens, en
submens, die vermoë om te bloos, bleek te word, kroontjies, ens.

Nou gooi ek die vraag vir almal in die midde: Hoe onderskei mens tussen 'n
mens en 'n dier? Wat is dit wat 'n mens tot mens maak, anders as 'n dier?

Koeitjies & kalfies | 54 kommentare

Suidwester

Ma., 11 Februarie 2008 07:36

Die nuwe GWM (Steed) is in Suid Afrika vrygestel. Het hom gister vir die
eerste keer op die pad gesien, en alhoewel ek bitter min weet van hom tov sy
engin, kan ek wel noem dat daar niks met sy voorkoms fout gevind kan word
nie.

Hy kos ook maar net R170 000 en ek voorspel dat van hierdie tipe motors die
meer gevestigde handelsmerke in die nabye toekoms baie kopsere gaan gee.

Koeitjies & kalfies | 10 kommentare

Siek vir die winter

Vr., 08 Februarie 2008 15:10

In die verlede het ek altyd vir mense gesê, ek hou
van die winters in Kanada. Dis die somers wat ek
nie kan verdra nie. Maar hierdie winter is ons almal
siek en sat vir die winter. Dis nog net die begin van
Februarie, maar dit voel asof dit al jare winter is.
Dis nie dat ons lae termperature kry nie. Ons gee
nie om as dit baie koud buite is nie. Dan is ons
seker ons kry sneeu wanneer daar presipitasie
is. Maar hierdie winter gaan ons temperature baie
keer op tot bietjie oor vriespunt, en dis dan wat
die moeilikheid begin. Die paaie word gevaarlik
glad, en as die "freezing rain" te lank aanhou,
dan kry ons ice storms, en dit verniel die bome
en laat die elektriese pale omval.
Die sondebok is glo La Nina ( wanneer
die suidelike Stille Oseaan kouer as gewoonlik
is.)
'n Meer onmiddellike sondebok is die
"jet stream" wat vanjaar elke nou en dan
vanuit die verre noorde baie koue temperature
suidwaarts waai tot onder in die suidelike
VSA, waar dit juis eergister verwoestende
tornadoes veroorsaak het. Dan skep dit
redelike warm lug daar in die suide op en
as dit noordwaarts waai, dan kry ons hier
in suidelike en oorstelike Ontario reën in
plaas van sneeu.
Die enigste ding wat my winter
depressie 'n bietjie verlig, is die feit dat
die dae nou merkbaar langer word. Dis
nie meer pikdonker vyf uur in die aand
nie.

Gloudina

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

SA se dept Binnelandse Sake - the rot sets in...

Do., 07 Februarie 2008 10:00

'Visa-reëls kan SA knou '
Feb 06 2008 09:44:26:260PM - (SA)

Pieter Malan

Londen. – Dreigemente dat Suid-Afrikaners voortaan nie meer sonder 'n
visum na Brittanje sal mag reis nie, gaan die Suid-Afrikaanse ekonomie
yslike skade aandoen, sê mnr. Tony Leon, voormalige DA-leier en
deesdae dié party se woordvoerder vir buitelandse sake.

Leon het gister gereageer op voorstelle in die Britse parlement dat
dit moeiliker gemaak word vir Suid-Afrikaners om Brittanje te besoek
weens die groot getal onwettige immigrante wat Brittanje met
Suid-Afrikaanse paspoorte binnekom.

Die Britse agentskap vir ernstige georganiseerde misdaad (Soca) het
vroeër vandeesweek in 'n voorlegging aan Britse parlementslede gesê
meer as 6 000 onwettige immigrante kom Brittanje met Suid-Afrikaanse
paspoorte binne en dat die Britse owerhede ook 'n Al-Kaïda-sel
blootgelê het wat via Suider-Afrika na terroriste-opleidingskampe in
Pakistan reis.

Sir Stephen Lauder, voorsitter van Soca, het gesê dit is hoog tyd dat
visa-voorwaardes vir Suid-Afrikaanse besoekers aan Brittanje strenger
gemaak word. Die Britse departement van binnelandse sake het bevestig
dat hy sulke voorstelle oorweeg.

Dít kom nadat die Britse owerhede in 'n vyf jaar lange operasie 'n
smokkelnetwerk blootgelê het wat mense van Indië na Suid-Afrika
gebring het waar hulle vals of gesteelde Suid-Afrikaanse paspoorte
gekry het. Van daar is hulle na Brittanje waar sommige weer vals
Britse paspoorte ontvang het, voordat hulle na die VSA of Kanada is.
Meer as 40 mense is die laaste paar jaar in verband met dié misdrywe
skuldig bevind.

Leon het gister gesê hy het 'n brief aan die Britse hoë kommissaris in
Suid-Afrika, mnr. Paul Boateng, geskryf waarin hy vra dat die Britse
regering die negatiewe impak wat dit op Suid-Afrika gaan hê, in
gedagte hou.

Leon het gesê dit is terselfdertyd ook nodig dat die Suid-Afrikaanse
ministers van binnelandse sake en inligting enige persepsie dat
Suid-Afrika 'n veilige hawe vir terroriste is, uit die weg ruim.

Emigrasie & buiteland | 3 kommentare

" portret... drie kinders by die dam, vroeglente " deur GERT VLOK NEL

Do., 07 Februarie 2008 00:13

Gert Vlok Nel

portret: drie kinders by die dam, vroeglente

in herinnering aan Koos

(sy't die een liefgekry) die arm een met die groot bek.
en die een hartseer oog die dag 10 jare terug by die ingewikkelde dan
toe hy sy hemp uittrek teen die lug, wegkyk & wag dat sy uittrek
& na die swem in sy hemp sy wou sterf in die kleef
terwyl hy haar hare met sy
vingers
kam

(die ander een sou altyd daar wees) herkenning van bloed.
en die bestemde swawels wat elke jaar tussen hier & europa vlieg
altyd wetend & groeiend in hunkering, met noem-noem-bessies
wou hy
haar
voed,
& donkernag toe hulle al 3 hand-aan-hand terugkeer & haar pa wag
sou hy vorentoe
tree &
lieg

(ver weg & lank terug) dit sou haar oë mistig maak soos die berg
in somer & bymekaarmaak sou sy nog die pyn van die vroeëre
droom kon
veel.
maar winter bring realiteit & krag, dié feite sou al haar aandag verg
een is weg & dood, sy i parapleeg, die ander i volslae homoseksueel

Prosa & poësie | 0 kommentare

Barack of Hillary

Do., 07 Februarie 2008 00:07

Wie gaan die volgende president van die VSA word?
Wie sit sy geld op Hillary, wie op Obama?

Gloudina

Koeitjies & kalfies | 6 kommentare

afrikaanse liedjies as mp3

Wo., 06 Februarie 2008 17:35

Hallo,

ik kom uit Nederland en heb net op Youtube enkele Afrikaanse songs
ontdekt die ik erg leuk vind. Ik zou enkele van die liedjes willen kopen
als mp3, maar ik kan nergens een webwinkel vinden waar dat mogelijk is.

Om te beginnen gaat het om de liedjes "Boeremeisies Rule" en "Rowwe
diamant" van Rea le Roux en om "Perfekte Wêreld" van Shine 4.

Ook wil ik graag meer afrikaanstalige muziek horen.

Kan iemand mij helpen?

Groeten uit Nederland

Floris

Musiek & liriek | 2 kommentare

Krag-krisis ripple uit

Wo., 06 Februarie 2008 13:51

'SA could face recession'
Feb 06 2008 02:26 PM

Johannesburg - There is a "very real" risk that South African could
face an economic recession as a result of the current electricity
crisis, the SA Chamber of Commerce and Industry (Sacci) said on
Wednesday.

"We have already been going through an economic slowdown [the
electricity crisis] could push us into a recession," Sacci economist
Richard Downing said.

He said annual economic growth could slow down to as little as one or
two percent.

"It is apparent that the shortage of electricity does pose a severe
threat to the production capacity of goods and services, since
critical production time is lost due to electricity power shortages
during working hours.

Even if the loss in output could be limited to five percent to ten
percent of gross domestic product, it will be difficult to attain any
growth in the economy in 2008."

Downing said the effects of the electricity crisis had not been fully
captured in the current Business Confidence Index (BCI) for January
2008.

He said the effects would only be noticeable in the next three to four
months.

The BCI for January 2008 released by Sacci on Wednesday measured 93.8
--after it declined to 94.8 in December 2007.

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Bladsye (1834): [ «    145  146  147  148  149  150  151  152  153  154  155  156  157  158  159  160    »]
Tyd nou: Vr. Apr. 10 09:33:36 UTC 2026