Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Afrikaans Spell Check

Vr., 12 September 1997 00:00

I am using the new Netscape Communicater and would like to download an
Afrikaans spell check. Can I get one anywhere. My Afrikaans is ok but
my spelling is Shite!!!
help!!!

thank you

Rekenaars & selfone | 1 kommentaar

Re: Afrikaans Spell Check

Vr., 12 September 1997 00:00

Koos wrote:

> On Fri, 12 Sep 1997 15:08:33 +0800, bokkie
> wrote:
>
> an
>> Afrikaans spell check. Can I get one anywhere. My Afrikaans is ok but
>> my spelling is Shite!!!
>> help!!!
>>
>> thank you>>
>
> As far as I know there are two available for Win95 that works with MS
> Word while Corel's language module have one for WordPerfect. Just make
> sure you buy for the correct version of WordPerfect.

Ja thanks Koos.....problem is I'm sitting in China! Is there anywhere I
can download it from??

Thanks

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

"Lied van die Lente" deur ANNA-MARIE CONRADIE

Do., 11 September 1997 00:00

LIED VAN DIE LENTE
Anna-Marie Conradie

Ek wou jou al vertel het:
die lente het sy intrek
in my pophuisklein tuintjie kom neem
die spinnekop (getroue ekowerker)
speel osoonlaagvriendelik insekdoder.

Ek wou jou al vertel het,
maar my verkluimde winterhart hou my
nog in diep oorwintering;
my breindendriete gestol tot yskristal
lê nog vergete op Pluto.

Ek wou jou al gevra het:
speel vir my die klaviersonates van Mozart;
die allegro's sal die winterys smelt
kabbelend laat vloei in andanteriviere -
onbevange bevry uit die winterkokon met rondodanse.

Speel tog vir my Mozart
dat die Namakwalandgeel
weer oordadig wulps
in my hart oopkelk en blom.

Prosa & poësie | 1 kommentaar

Re: "Verrotte Wette" deur PATRICK PETERSEN

Do., 11 September 1997 00:00

In Article,
>>
> Gloudina pos die vlg van oorle PATRICK PETERSEN
>
> Verrotte wette
> -------------
> Ek is siek van die stank
> van verrotte wette
> wat oor alles heen hang.
>
> Almal hel gevaarlik oor party plekke
> mans vrouens kinders.
> Dit is 'n spel met die lewe
> 'n reuk van die dood.
> ens...
>
> Ja, dit laat my dink aan die Nasionale Party met al sy wette,
> die nasionale party wat soveel mense verneuk en gebreinspoel het,
> wat so baie laat dink het apartheid is reg en dit sal werk...
> die nasionale party wat vergeefs probeer om 'n nuwe blaadjie om te
> slaan, maar eintlik hang die stank nog om hom heen...
> die stank wat hy nooit van hom sal afskud nie. NOOIT nie.
> Die stinkende, verottende lyk, wat mense nog aan wil vasklou en
> lewe wil inblaas...
>
> Hoe gouer hy en al sy trawante in die graf beland hoe beter vir almal.
>
> Groete
>

Se^ Galjoen - vet om die mond in OZ land
Terwyl hy nog 'n tripple-x knak
Met die windjie wat lekker by sy oop deur in stoot
en die vensters lekker wyd oop
terwyl sy kinders in die straat speel - sonder sorge

Ja Boet - die moeilikheid is dat die stank van binne af kom,
en nie net aan die NP sit nie maar aan als wat wit is
- jy weet soos die maaiers in vrot vleis
Soos aan al die politisie
Kom hulle ooit skoon?

Kom ons ooit skoon ?
Of moet ons ook gat skoonmaak
Na ander se land
waar ons ook kan tongklik oor die Abo's
en die onregte met ons eie sondes
ver begrawe le^ waar dit ons nie meer pla

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Hoe word 'n sinkplaathuis opgerig?

Wo., 10 September 1997 00:00

Ek het nog altyd gewonder hoe word 'n plakkershut van sinkplate aanmekaar
gesit. Weet enigiemand, en kan julle dit hier verhaal. Dit kan omtrent net
so interessant soos die seepmaak stories wees!

Plant hulle die plate? Ek bedoel in beton of iets.
Hoe "heg" hulle die plate by die hoeke? Buig hulle dit?
Gebruik hulle karton aan die binnekant vir isolasie en plastiek vir wind?
Hoe op dees aarde kry hulle 'n deur in? (of vensters)
Hoe kry die hutte dit reg om te staan al waai daar 'n redelike sterk wind?

xxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxx
Jasper die Barbaar
epitoli_sp...@hotmail.com

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Re: Hoe word 'n sinkplaathuis opgerig?

Wo., 10 September 1997 00:00

On 10 Sep 1997 10:27:44 GMT, "Jasper die Barbaar"
wrote:

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Re: STEPHEN BIKO: South Africa's Legendary Political Leader

Wo., 10 September 1997 00:00

On 10 Sep 1997 08:26:12 GMT, "Jasper die Barbaar" wrote:
<<>Please post to soc.culture.south-africa in stead of
> soc.culture.south-africa.afrikaans
>
> What does this have to do with the cultural aspects of Afrikaans?>>>

he,he,he.... hier kom dalk 'n antwoord.

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Stel ons mekaar nog voor?

Di., 09 September 1997 00:00

Ma kom toe noudiedag kuier, en bring 'n ou (Hollandse) vriend saam waarvan
ek nognet gehoor het, nooit ontmoet het nie. Oom Jaap Fortuin steek sy
regter hand uit terwyl die hotklou die rand van die hoed so effe lig.
"Fortuin" se hy, "Aangenaam."
"Alwyn" se ek. "Hi"
"Haai", se Ma, "ek het skoon vergeet om julle voor te stel."

Dit laat my toe dink. Lanklaas wat ek gehoor het iemand stel homself voor
slegs op sy van. En nog minder dat iemand dit snaaks sien dat mense hulself
aan mekaar voorstel. Gebeur dit nog dat ons mekaar voorstel aan ander? Ek
probeer toe nou terugdink aan my laaste jare in die uitsaaiwese waar ek
letterlik duisende mense ontmoet het. En hoeveel keer ek aan hulle
voorgestel was, en hoeveel keer ek dit self gedoen het. En gewoonlik was
dit "hello, ek is Piet"

Is hierdie gebruik aan die uitsterf? Het ons nog tyd om so beleefd te wees?

Alwyn Nel

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Jasper se trein

Di., 09 September 1997 00:00

Jasper die Barbaar wrote:

> Lê die kuns in die maak van die kunswerk (soos hier beskryf) of in die
>
> finale produk?
>

In die uniekheid daarvan. Die maak van die kunswerk is ook belangrik,
maar as jy met water gaan verf, het jy nie veel om te wys vir jou effort
nie, het jy ?

> As dit in die maak van die kunswerk lê kan ek netsowel met water verf
> (nogal 'n idee ;) )
> As dit in die finale produk lê dan het 'n kopie netsoveel waarde as
> die
> oorspronklike.
>

Nee, omdat kopieë nie soveel effort neem nie. Vgl massa produksie met
die prys van 'n prototipe.

> Hierdie is 'n raaisel waarop ek nie die antwoord het nie.
>

My opinie.

> Jasper die Barbaar
>
>
> PS. Gepraat van raaisels, hier is een waarmee ek al baiemaal mense tot
>
> raserny gedryf het:
>
> Gestel 'n trein reis van oos na wes en 'n vlieg vlieg (:)) van wes na
> oos.
> Die vlieg bots met die trein. Stop die vlieg?
> Ja, want hy verander van rigting. Wanneer stop die vlieg? Wanneer dit
> bots
> met die trein. As twee voorwerpe in kontak is en die een stop dan stop
> die
> ander ook. Hoekom stop die trein nie?
>

Die trein stop - relatief tot die vlieg. As jy die vlieg is, sit jy
stil op die trein as jy hom tref. Die trein beweeg steeds teen dieselfde
snelheid relatief tot die spoor. Die vlieg beweeg na die botsing teen
dieselfde snelheid as die trein.

Is dit 'n bevredigende antwoord, Jasper ('n halfedelgesteente) ?

Is daar enige rede hoekom jy vernoem is na 'n halfedelgesteente ?

Hier is nog 'n interesante fenomeen van fisika.

Dink aan 'n wiel wat draai. As die wiel rol teen 1 m/s, sal die boonste
gedeelte van die wiel teen 2 m/s beweeg in die rigting van verplasing,
die middelste gedeelte (die as) teen 1 m/s in die rigting van
verplasing, en die onderste gedeelte sal... stilstaan op die pad.

Hoe is dit moontlik ?

H-J

> Die antwoord is nie heeltemal voor die hand liggend nie.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Pretoria (was Places to Live)

Di., 09 September 1997 00:00

> > Pretoria isn't bad, but it's completely different to Jo'burg.
> > Different
> > people, different cultlure, different everything.
> >
>
> True. Pretoria is (or used to be) a city of civil servants.

> it's become a more cosmopolitan place.

> I find that people are not as stressed, not as hasty as in
> Johannesburg.
> It's not a country atmosphere by a long shot,

>
> snip ... snip

Haai H-J

Alles wat jy hier sê is waar, maar verder wil ek net dit sê:
Ek is lief vir Pretoria, ek dink dis een van die beste plekke om te
bly (in Gauteng in elk geval), maar ek vind dat dit in Pretoria
moeiliker is om vriende te maak as op enige ander plek in die wêreld.

Presies waarom dit so is, weet ek nie, maar miskien omdat mense te
hard probeer om "beskaafd" te wees. Almal is vreeslik PC, sê wat
hulle dink die regte ding om te sê is, nie wat in hulle harte is nie.
Dalk is die rede juis die "civil servant" mentaliteit, (dis ook die
stad van diplomate, ens), of is Afrikaanse vrouens so grootgemaak?
(Ek praat veral oor die vroumense). Wanneer mens gesels met hulle,
moet jy altyd probeer uitmaak wat hulle eintlik wil sê, en tussen die
reëls probeer lees. Dit vat baie energie en verbeeldingsvermoë, en
dan weet jy nog nie of jy reg is nie. Die "dames" is geneig om 'n
ding op die "regte" manier te doen, wat baie ander is as, byv, Jhb.
Daar vind ek heers 'n baie oper,informele en kreatiewer gesindheid.

Dis amper ook asof Pretoria 'n geslote gemeenskap is, waar net
familie en ou vriende tel. Daar's nie baie plek vir nuwes nie. Veral
nie as hulle nie "egte Afrikaners" is nie. Miskien kom dit neer op At
se teorie van "inklusiet/eksklusief" (sorry At, ek kan nie jou
presiese woorde onthou nie).

Groete,
V.

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Bladsye (1834): [ «    1486  1487  1488  1489  1490  1491  1492  1493  1494  1495  1496  1497  1498  1499  1500  1501    »]
Tyd nou: Sa. Jan. 17 22:53:02 UTC 2026