Musieksmaak
Vr., 12 September 1997 00:00
Ek wonder of die deursnee afrikaans sprekende persoon werklik so dof is as
wat die verkoopsyfers van Worsie Visser en Leon Schuster se CD's aantoon.
Jell ons is commin.
xxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxx
Jasper die Barbaar
epitoli_sp...@hotmail.com
Musiek & liriek |
9 kommentare
Sandsteen stene
Vr., 12 September 1997 00:00
'n Mens sien op ouerige dorpe baie van die huise wat van sandsteen gebou
is. Die stene is hoekig en netjies. Is daar miskien iemand wat weet hoe
hulle die stene so gekry het ? Ek meen, dit is korrek om te sê dat dit
gekap word, 'n gekappery laat egter 'n klip nie presies breek waar jy dit
gebreek wil he^ nie. Buitendien sien 'n mens 'n soort van rand op die
stene. Enige inligting sal waardeer word.
Louis
Koeitjies & kalfies |
0 kommentare
Afrikaans Spell Check
Vr., 12 September 1997 00:00
I am using the new Netscape Communicater and would like to download an
Afrikaans spell check. Can I get one anywhere. My Afrikaans is ok but
my spelling is Shite!!!
help!!!
thank you
Rekenaars & selfone |
1 kommentaar
Re: Afrikaans Spell Check
Vr., 12 September 1997 00:00
Koos wrote:
> On Fri, 12 Sep 1997 15:08:33 +0800, bokkie
> wrote:
>
> an
>> Afrikaans spell check. Can I get one anywhere. My Afrikaans is ok but
>> my spelling is Shite!!!
>> help!!!
>>
>> thank you>>
>
> As far as I know there are two available for Win95 that works with MS
> Word while Corel's language module have one for WordPerfect. Just make
> sure you buy for the correct version of WordPerfect.
Ja thanks Koos.....problem is I'm sitting in China! Is there anywhere I
can download it from??
Thanks
Koeitjies & kalfies |
0 kommentare
"Lied van die Lente" deur ANNA-MARIE CONRADIE
Do., 11 September 1997 00:00
LIED VAN DIE LENTE
Anna-Marie Conradie
Ek wou jou al vertel het:
die lente het sy intrek
in my pophuisklein tuintjie kom neem
die spinnekop (getroue ekowerker)
speel osoonlaagvriendelik insekdoder.
Ek wou jou al vertel het,
maar my verkluimde winterhart hou my
nog in diep oorwintering;
my breindendriete gestol tot yskristal
lê nog vergete op Pluto.
Ek wou jou al gevra het:
speel vir my die klaviersonates van Mozart;
die allegro's sal die winterys smelt
kabbelend laat vloei in andanteriviere -
onbevange bevry uit die winterkokon met rondodanse.
Speel tog vir my Mozart
dat die Namakwalandgeel
weer oordadig wulps
in my hart oopkelk en blom.
Prosa & poësie |
1 kommentaar
Re: "Verrotte Wette" deur PATRICK PETERSEN
Do., 11 September 1997 00:00
In Article,
>>
> Gloudina pos die vlg van oorle PATRICK PETERSEN
>
> Verrotte wette
> -------------
> Ek is siek van die stank
> van verrotte wette
> wat oor alles heen hang.
>
> Almal hel gevaarlik oor party plekke
> mans vrouens kinders.
> Dit is 'n spel met die lewe
> 'n reuk van die dood.
> ens...
>
> Ja, dit laat my dink aan die Nasionale Party met al sy wette,
> die nasionale party wat soveel mense verneuk en gebreinspoel het,
> wat so baie laat dink het apartheid is reg en dit sal werk...
> die nasionale party wat vergeefs probeer om 'n nuwe blaadjie om te
> slaan, maar eintlik hang die stank nog om hom heen...
> die stank wat hy nooit van hom sal afskud nie. NOOIT nie.
> Die stinkende, verottende lyk, wat mense nog aan wil vasklou en
> lewe wil inblaas...
>
> Hoe gouer hy en al sy trawante in die graf beland hoe beter vir almal.
>
> Groete
>
Se^ Galjoen - vet om die mond in OZ land
Terwyl hy nog 'n tripple-x knak
Met die windjie wat lekker by sy oop deur in stoot
en die vensters lekker wyd oop
terwyl sy kinders in die straat speel - sonder sorge
Ja Boet - die moeilikheid is dat die stank van binne af kom,
en nie net aan die NP sit nie maar aan als wat wit is
- jy weet soos die maaiers in vrot vleis
Soos aan al die politisie
Kom hulle ooit skoon?
Kom ons ooit skoon ?
Of moet ons ook gat skoonmaak
Na ander se land
waar ons ook kan tongklik oor die Abo's
en die onregte met ons eie sondes
ver begrawe le^ waar dit ons nie meer pla
Koeitjies & kalfies |
1 kommentaar
Hoe word 'n sinkplaathuis opgerig?
Wo., 10 September 1997 00:00
Ek het nog altyd gewonder hoe word 'n plakkershut van sinkplate aanmekaar
gesit. Weet enigiemand, en kan julle dit hier verhaal. Dit kan omtrent net
so interessant soos die seepmaak stories wees!
Plant hulle die plate? Ek bedoel in beton of iets.
Hoe "heg" hulle die plate by die hoeke? Buig hulle dit?
Gebruik hulle karton aan die binnekant vir isolasie en plastiek vir wind?
Hoe op dees aarde kry hulle 'n deur in? (of vensters)
Hoe kry die hutte dit reg om te staan al waai daar 'n redelike sterk wind?
xxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxxx
Jasper die Barbaar
epitoli_sp...@hotmail.com
Koeitjies & kalfies |
3 kommentare