Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

AFRIKAANS ON PC

Wo., 15 Oktober 1997 00:00

Can someone please tell me what computer keys to use to create the /\
above the letter e in some Afrikaans words? Thanks.

Language Help/ Taalhulp/ Sprachhilfe | 2 kommentare

Re:Afrikaans op PC

Wo., 15 Oktober 1997 00:00

Alt 136

Rekenaars & selfone | 1 kommentaar

DIE AUSTRALIESE VLIEG............

Di., 14 Oktober 1997 00:00

Die van julle wat liggeraak is oor "kru" woorde moet tog
maar nie verder lees nie asseblief!

Soos julle weet is vlieë 'n groot las in Australie.
Die rede waarom kurkproppe van die argetiepiese Australier se hoed afhang
is om die vlieë weg te jaag, (soos 'n bees se stert).
Ek gesels onlangs met vriende en een vertel toe waarom die
vliee die heeldag om jou bly hang: Hulle dink die mens is soos enige
ander dier, en dat hy een of ander tyd gaan skyt.
Ons maak toe onmiddelik grappies daaroor: miskien moet mens 'n sak beesmis
saamdra, en dan elke nou en dan 'n miskoek uitgooi - dalk sal hul jou
dan uitlos!. In elk geval:

Die Australiese vlieg
---------------------
In die land van kangeroe en bloekomboom
oral waar daar geur uit drolle stoom
My voorsate kom van ver:
nog lank voor skape bler,
vanuit aboriginie se neus en oog
tot waar bandiet sy baba soog

Ek is die kroonprins van Australia:
ek sit op kak, en sing 'n aria!
Vandaar gaan sit ek op 'n lip
ek wil by Bruce se mond in glip!
Dis geen wonder sy Aus-aksent is swaar
As hy sy mond oopmaak is ek daar!
Heeldag hang ek om hom rond,
en wag op pis of stront
ek weet hy's te lui om my te slaan
daarom is ek kaatjie van die baan
Vir niks en niemand is ek bang!
nie eers vir proppe wat van hoed af hang.

oral waar daar sweet af tap:
(die son is warm, dis geen grap)
van outback tot op krieketvelde,
Ons is australie se vuilgat helde!
Makie sakie: kangeroe, skaap of hond,
wit of swart, stront is stront!
Die kakhuis is ons vrugteboort
teen die vensters zoem ons voort

By die sifdeur wag ons heeldag lank
in die hoop op spys en drank
ons sit solank op hond se bal
die deur is oop, nou gaan dit mal:
Sheila kook met kos en spys
ons wil haar 'n ietsie wys
Ons vryf ons pootjies af en skyt
bederf haar kos en hou jolyt
Van Bruce se bier kry ons vog
Sheila sug en skink maar nog !

Ons hoor hier kom Afrikaners aan,
om 'n nuwe weg te baan
Come lets go old mate,
sal ons op hul kos gaan skyt ?
Die kos uit hul kombuis ruik heerlik
om daar te poef - dis begeerlik
Toe ons nog wonder wat
sien my maat sy gat:
O aarde hiers 'n ratse plak,
nie in DIE huis kak !
eerder weer na 'n aussie huis
dis veiliger in HUL kombuis.

---------------------

vriendelike groete

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

her: slawerny

Di., 14 Oktober 1997 00:00

Ek sien julle punt, en stem saam, tog kan
mens nie kwalik geneem word as jy soms
net mooi keelvol is van mense wat jou
stomslaan met hul hipokrasie.

Ek besef dat ek mense woedend gemaak
het met my uitlatings, maar hoe dink julle
voel ek soms ?

Ek is werklik 'n uitgeworpene in my eie
samelewing, dis nie selfbejammering nie,
net bewustheid daarvan.

groete
Vyg Fynbos

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Afrikaans op die web!

Di., 14 Oktober 1997 00:00

Hi almal,

As julle soos ek is, is julle seker almal op soek na so bietjie Afrikaans
op die net. Vir die beste blad oor Celine Dion in Afrikaans gaan kyk na
http://www.celine-dion.net en volg net die skakel!

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

GRATIS DIENS!

Di., 14 Oktober 1997 00:00

Ek het 'n oulike nuwe diens raakgeloop, jy kan hier gratis baniere plaas op
die web.

Dit is blykbaar deel van 'n internasionale besigheid wat 10 miljoen
advertensies (dit moet seker wees baniere) per maand plaas.

Kyk by http://south-africa.hyperbanner.net

Ruil, koop & verkoop | 0 kommentare

Re: WHITE Slavery vs. The Atlantic Slave Trade: PART II

Di., 14 Oktober 1997 00:00

André schreef...
> Waar kry hierdie mopkop al die tyd om die snert uit te dink?

Asar2001 zet je in ieder geval wel aan het denken. Vooral zijn overdenking
over waar Europa nu zou zijn indien een Aziatische grootmacht in de vroege
middeleeuwen de slavenhandel zou hebben bevorderd vind ik interessant (al
hoort dit waarschijnlijk meer thuis in alt.history.what-if). Hij haalt ook
netjes zijn bronnen aan.

Arthur.

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

IETS ORDENTELIK OM TE DEEL?

So., 12 Oktober 1997 00:00

Het julle dan nie iets ordentliks om te bespreek nie.

Ek mis my land en my taal en daarom dog ek ek sou in hierdie nuusgroep
saam met ander Afrikaaners gêsels.  Maar lyk my niemand praat enige sin
nie.  Nie juis 'n goeie advertensie vir Afrikaanse mense nie?

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Waar 'n rokie is ...

So., 12 Oktober 1997 00:00

Vira het so tyd gelede geskryf hoe 'n dagga plantjie in haar tuin opgekom
het en die lesse wat haar kinders daaruit geleer het (kort gestel)

Jou wrintie. Ek staan so met die tuinslang (wie het hierdie woord
uitgevind?) vanoggend en water gee, toe Meneer pronkerig sy vyf grasgroen
blare hier voor my wuif. Nou waar sou jy vandaan kom?

Dit laat my toe dink aan jare gelede toe ek die platteland vaarwel geroep
het om 'n bestaan hier in die grote stad te kom maak. Ek het deur 'n
sameloop van omstandighede bevriend geraak met 'n algemene praktisyn en sy
vrou. Hy natuurlik, het weer ander vriende gehad en voor ek my oë behoorlik
kon
uitvee het die plaasjapie skielik in die hogere sirkels gekuier.

Ek stap toe een Saterdag aand weer by die enorme dubbeldeure in Sandton in
waar die swier geen einde het nie. En toe kon ek dit nie meer hou nie.
"Wat is hierdie blerrie wierook wat alewig hier brand? Die goed stink man.
Is jy 'n Hindoe of rook jy dagga?"
My onskuldige vraag tref (kom ons noem hom maar) Piet tussen die oë. Hy kyk
my vir 'n wyle aan en huiwerig antwoord hy: "Wel, aangesien jy so reguit
vra kan ek maar seker reguit antwoord. Ja. Ek rook dagga."
Nouja toe. Daai voorhamer bounce terug en tref my weer tussen die oë.

Sondag was 'n braai by Professor So-en-so. Alweer die bleddie wierook. Ek
kyk na Piet en hy knik sy kop. En so dartel die rokies van Sandton tot in
Waterkloof. En almal besing die deugde van die dampie, hierdie opvoeders en
geneeshere van ons volkie. Nou wonder ek nounet. Waar 'n rokie is ...

Alwyn Nel

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

US Dollars($) waarde in Afrikaanse Rand &sent

So., 12 Oktober 1997 00:00

Kan iemand my dalk help : Hoeveel is $4,99 in Afrikaanse Rand & sent?

Dankie!
Hein van Wyk/ E-Pos: he...@hinet.co.za

Ekonomie & geldsake | 2 kommentare

Bladsye (1835): [ «    1479  1480  1481  1482  1483  1484  1485  1486  1487  1488  1489  1490  1491  1492  1493  1494    »]
Tyd nou: Di. Mei 19 13:28:50 UTC 2026