Hierdie gediggie is deur my Pa geskryf. Hy het, vandat ek kan onthou, altyd
'n vinnige gediggie aanmekaar geslaan. Sedert sy aftrede 'n jaar of twee
gelede het hy begin om meer ernstig na sy stokperdjie om te sien. 'n
Predikant vra hom eendag om die boek van die ou testament op te som:
BOEKE VAN DIE OU TESTAMENT:
Genesis, die woord beteken gewis,
Soos enigiets se begin is.
Eksodus, 'n uittog
Sonder oorlog.
Levitikus 'n priesterdom
Wat uit Levi kom.
Numeri is maar sommer,
'n getal of nommer.
Deuteronomium, Moses se wet;
Sekere dinge word belet.
Josua, die strateeg,
Het alles voor Israel platgeveeg.
Rigters, leiers deur God uit die volk geleen.
Dink maar aan Simson met die eselskakebeen.
Rut en Boas se verhaal,
Het Dawid se geslag bepaal.
Samuel deel een en twee,
Saul en Dawid se wel en weë.
Konings deel een en twee.
Vorstelike kronings word hier weergegee
Kronieke se twee dele.
Geslagsregisters en nog bevele.
Esra, die tempel word weer opgebou,
En met sy insig in stand gehou.
Nehemia was die koning se skinker,
Bekend vir sy gebede en ook 'n dinker.
Ester trou met Ahasveros,
En Mordegai kry 'n hoë pos.
Job se geduld word tot die uiterste gestrek,
Tog herstel God hom in sy ereplek.
Psalms wat ons van kleinsaf leer;
Verse waarmee Dawid sy God vereer.
Spreuke ervaring van 'n wyse man,
Om toe te pas waar ons kan.
Prediker wat alles tevergeefs sien,
Sê dis goed om die Here te dien.
Hooglied wat die skoonheid van die vrou besing;
Beskryf met algehele beeldspraak en verbeelding.
Jesaja was 'n groot profeet,
Het baie dinge vooruit geweet.
Jeremia het die volk vermaan,
Dat dit met hulle sleg sal gaan.
Klaagliedere oor dinge verkeerd geloop,
Maar vir die toekoms is daar tog goeie hoop.
Esegiel het die volk oor sy sonde vermaan,
En om liewer voor God op hulle knieë te gaan.
Daniël laat mens aan die leeukuil dink;
Sy geloof het vir hom sy redding beklink.
Hosea, sy huwelikslewe
was simboliek van Israel se sondige strewe.
Joël, sonder die deelteken gelees,
Sal dit heel prettig wees.
Amos 'n skaapboer van formaat,
Geroep om met die volk te praat.
Obadja moes Edom van Gods oordeel vertel,
En dat God self die vonnis sou vel.
Jona: Na drie dae in die vis se maag,
Sou hy geen kanse meer waag.
Miga, deur 'n el by sy lengte te las,
Kan hom as Migael laat pas.
Nahum word deur God aangestel,
Om sy oordeel oor Nineve te vel.
Habakuk het by God oor heersende onreg gekla;
God self sou dit nie langer verdra.
Sefanja lê klem op die Here se dag,
en totale vernietiging wat op die mensdom wag.
Haggai moes God se wens aan die volk voorhou,
Om die tempel weer op te bou.
Sagaria is deur meer as een naggesig,
Oor die opbou van Jerusalem ingelig.
Maleagi vra die volk om hulle tiendes te betaal,
Dan alleen kan hulle seën en voorspoed behaal.
Ek het 'n groot aantal bespreking, opsommings, vrae en antwoorde vir gedigte
wat ongeveer die afgelope 10 jaar vir matrieks voorgeskryf is. Kopiee
hiervan is gratis beskikbaar. As jy dalk ook sulke inligting het, kom ons
ruil uit en maak almal (dis die onderwysers) se lewe so 'n bietjie makliker.
Idioom: Hulle tameletjie het verbrand:
Gesê van vriende wat rusie gekry het.
(Said of close friends who have quarreled.)
The meaning of the word "tameletjie" is given
in our Bosman en van der Merwe dictionary as
"butter-scotch," much to my surprise. For me
the word tameletjie describes the end product of
a method of drying fruit, where the fruit is made
into a pulp, then usually smeared half an inch high
onto brown paper that is slightly oiled, and then
left to dry. It is then usually rolled up and eaten that
way. So it could also be called "fruit rolls."
I do not have any idea from where the word came
into Afrikaans. I would suspect from the Malay, but
cannot be sure. Does anybody know?
Ek is 'n student van die Potchefstroomse Universiteit.
Ek was half verbaas toe ek sien dat hierdie nuusgroep
bestaan en het toe besluit om maar te kyk wat hier
aangaan. Na ek 'n paar briewe gelees het, was ek reg-
tig geskok om te sien hoe mense vuil taal in hulle
briewe gebruik. Ek dink regtig hierdie nuusgroep se
gebruikers wat sulke vuil taal gebruik sleep Afrikaners
se naam deur die modder, nie eens ons Universiteitsnuus-
groepe gebruik sulke swak taal nie en glo my studente
kan bar wees...
"Crime is running rampant because criminals are saying they wont get
the death penalty....Dont we, as a democratic country, have an
obligation to take this to a referendum?"
Ek stem saam. So 'n bek moet jam kry! Winnie vir President !
Sy weet dat die meerderheid swartes (en blankes) ten gunste is van die
doodstraf, maar dat die ANC dit nie eers wil oorweeg nie. ANC skande!
Eers as sy die doodstraf her-ingestel het, dan laat ons haar onmiddelik
verhoor vir Stompie se dood.
Liewe mede Internetter,
Geniet die volgende storie:
Pa sien die dag dat sy erfgenaam [5] en twee van sy maatjies in 'n baie
ernstige gesprek gewikkel is. Later is die ander twee terug na hulle huis
en Pa kry sy seunskind waar hy by die visdammetjie na die visse staan
en kyk. Pa se nuuskierigheid kry die oorhand wanneer hy vra:
"En toe ou grootman, ek sien julle het vanmiddag sommer groot dinge
gesels, waaroor was die gesprek?"
"Pa sal nie vir Ma sê nie, né"
"Natuurlik nie." Lieg Pa.
"Pa ons het gepraat oor as ons eendag groot is."
"En wat as julle groot is?" vra Pa.
"Ons het gedink as ons groot is dan kry ons vrouens."
"Nee maar dis reg so," sê Pa "en dan?"
"Ja sien Pa, dan trek ons ons hemde uit en dan gaan lê ons by hulle en dan
het ons seks met hulle!!!"
"Nee, ek verstaan, maar trek julle nie julle broekies ook uit nie?"
"A-nee-a Pa , Ons kan dit nie doen nie, want as ons ons broekies ook
uittrek, dan sien hulle ons goeters, en dan lag hulle vir ons."
ONS WIL 'n VRIENDELIKE UITNODIGING RIG:
Eers 'n verduideliking:
Ons het vanaf September 1996 'n tuisblad waar ons kostelikhede kwytraak
waarmee kinders voorendag gekom het. Ons het nou al 'n tros van die goed
bymekaar gemaak en ons wil dat jy dit saam met ons geniet. Ons beplan dus
die volgende. Ons beplan om elke Maandag en Donderdagoggend van die
sê-goed aan mede Internetters per E-pos te stuur.
Indien jy dus op daardie twee dae die dag met 'n lag wil begin, stuur net
aan ons jou E-pos adres.
ONDERNEMING:
Ons onderneem plegtig dat ons die adresse wat ons ontvang vir GEEN ander
doel sal gebruik nie.
Ons sal BAIE BESLIS dit NIE gebruik om iets aan jou te probeer verkoop of
gemorspos aan jou te stuur nie.
Ons sal die adresse ook nie aan enige ander instansie gee nie.
Indien jy jou adres aan ons gegee het en jy besluit later dat jy nie meer
belangstel nie, dan sal ons op jou versoek jou adres verwyder.
Indien jy dink dat ons 'n verskuilde agenda het - verkeerd. Nou wil jy weet
hoekom ons dit wil doen. Dis baie maklik om te antwoord: NET VIR ONS ALMAL
SE PLESIER. Glimlaggies het so min geword in die Nuwe Suid-Afrika.
Ons wil 'n leuse maak: "Begin 'n slag jou dag met 'n lag."
Gepraat van spam, ek kry honderde van die goed, en ek vermoed hulle kry my
adres uit die paar nuusgroepe wat ek besoek. Hoe gemaak om dit te verhoed?
Ek sien party mense gebruik 'n vals email adres op hulle nuusgroep
boodskappe (iemand@nospam.ens.ens) maar ek gebruik dieselfde program vir
email sowel as nuusgroepe, en wil nie elke keer my options verander as ek
nuus wil pos nie. Enige idees? Dis seker al klaar te laat, ek vermoed my
adres is op een van daai CD's met die 7 miljoen addresse want ek het 'n spam
ontvang wat die CD adverteer...
'n vriend stuur my die volgende,nogal goed gestel, tipies Koos:
Blameer dit op Apartheid
------------------------------------------------------
(Koos Kombuis en die Warmblankes)
Daar's diewe in die driveway
Daar's gangsters in die pad
Daar's ouens by die traffic light
Wat jou kar wil vat
Hulle steur hulle nie aan heinings nie
Burglar bars is nutteloos
Die hele land vol satan
Die hele land is boos
Bele jy geld in Masterbond
Verloor jy dit te gou
Pos jy 'n brief by Telkom
Dan verdwyn dit in die blou
Die regering gee nie om nie
Die ministers bly stil
Selfs die Matie- rektor
Het sy vingers in die till
Blameer dit op apartheid
Blameer dit op De Klerk
Blameer dit op ou Satan
Of blameer dit op die kerk
Die hele land vol onrus
Fokkol werk en fokkol kos
Die Here is op holliday
En die duiwel is nou los
Verkeerskonstabels kyk maar weg
As minibussies wette breek
Hulle doel is net om tickets
Op geel strepe aan te steek
Jy kan maar raas en toeter
Jy kan maar vloek en ryp
Moet net nie dat die twintigsent
In jou parkeermeter verstryk
Alex Borraine stel nie belang nie
Mbeki is oorsee
Trevor Manuel is gou gym toe
En Zuma roer haar rooibostee
Blameer dit maar op Vlakplaas
Blameer dit maar op De Kock
Blameer dit op die army
en die polisiemag wat als opfok
Daar gebeur so baie skandes
In elke bleddie taal
Daar verdwyn so baie skoolkinders
Hul prentjies pryk op elke paal
Daar's diewe in jou driveway
Wat jou BMW wil steel
Daar's plakkers in die pastorie
Met messe teen jou keel