Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Hervorming, herfs en Halloween

Vr., 31 Oktober 1997 00:00

Watter yslike ironie is dit nie dat Martin Luther sy 95 stellinge op 31
Oktober 1517 teen die Wittenbergse kerkdeur vasgespyker het en daarmee
die Hervorming begin het nie! Dieselfde dag wat vandag as Halloween
bekend staan: die een dag van die jaar dat die bose geeste en hekse en
die duiwel brullend die nag oorneem. Dieselfde dag waarop die
Protestantse Kerk sy oorsprong het, word hier in die VSA gesien as
byna-byna 'n mededinger met Kersfees, behalwe dat daar 'n bisarre aksent
aan verleen word met beklemtoning van duiwelse en demoniese ondertone.

Nietemin het die kinders in ons gemeenskap vanaand fees gevier soos min.
Kort voor 6 nm het die deruklokkie die eerste keer gelui, met 'n
spannetjie opgeskote "laaities", elk optimisties met 'n kussingsloop
(nog leeg) en die uitdagende kreet "Trick or treat". Hulle is opgevolg
deur 'n nimmer eindigende stroom kannetjies met pampoenlanterns en
mandjies, hulle ouers in die donker agter hulle om 'n wakende ogie te
hou. En almal se oë flikker op toe hulle die pak "Reese's Peanut Butter
Cups" in my hand sien - duidelik die gewildste van al die lekkers wat
hulle aangebied word. Die kinders wissel van so klein dat hulle skaars
kan praat en loop - een pa sê ewe trots dat sy dogtertjie maar pas 2
jaar oud is - tot tieners. En almal is uitgevat in kostuums wat wissel
van duiwels en spoke tot fantasiekarakters uit strokiesprente. Geen
goedkoop tuisgemaakte kostuums hier nie.

Ons voorraad lekkers is na 'n uur uitgeput, en ek moet al die ligte
afskakel en die voordeur toemaak. Die straat wemel nog van lanterns en
kinders wat heen en weer dartel. Ek staan 'n oomblik buite in die donker
om alles te aanskou - maar vergeet ek het 'n wit hemp aan. 'n Dogtertjie
draf verby, steek vas en vra huiwerig "trick or treat"? maar draf
verder. In die agtergrond is ma's en pa's besig om 'n ogie te hou oor
hulle kinders. 'n Mens hoor kort-kort "Say thank you" of "Come on now".
Die laaste groepie wat by ons aangedoen het, se slopies was oorlopens
toe vol. Dit verwonder my dat so baie lekkers uitgedeel word. My dogter
sê ewe droogweg sy hoop nie hulle eet alles met een slag op nie, en
wonder dan hardop of daar met Kersfees ook so 'n ophef gemaak word...

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Re: Herfs en Halloween

Vr., 31 Oktober 1997 00:00

Amen - Ben in 'the Silicon Valey' ook van Pretoria.

--
----------------------------------------
NOTE: To reply - remove the anti-spam
section from the reply address.

ANY commercial email I receive is
eligible to a $50.00 proof reading cost.
By removing the anti-spam section from
the reply address for commercial
purposes you agree to these terms.
----------------------------------------

Koeitjies & kalfies | 99 kommentare

"Die Swarte Osse" deur A.G. VISSER

Do., 30 Oktober 1997 00:00

DIE SWARTE OSSE
A.G.Visser

Die jare kom die bulte oor
Soos sware, swarte osse;
Dwarsoor my hart lê hulle spoor -
Die vaalstreep deur die bosse.

Die jare kom, die jare gaan,
Al dieper sny die groewe;
Gebroke is ek en gedaan
Deur hulle sware hoewe.

Prosa & poësie | 0 kommentare

Idioom : SY KRUIT IS NAT

Do., 30 Oktober 1997 00:00

Idioom: SY KRUIT IS NAT.

"Hy sal nie teveel regkry nie. Sy kruit
is nat."
Iemand kan nie sy doel bereik nie.

Somebody cannot reach his goal. The idiom has
a slightly pejorative meaning, as if the inability to
reach his goal is due to his own shortcomings.
Literally it means "his (gun)powder is wet." I guess
the implication is that, through circumstances or
through his own negligence, he is unable to do what
he would like to do, in this case shoot.
One assumes that this idiom was born way back
in the days when people used gunpowder.They used
to carry it in a "kruithoring" (powder-horn.)
There are quite a number of idioms in Afrikaans
around the core word "kruit":

Om sonder kruit 'n bok te skiet: Om 'n flater te begaan.
blunder.
Hou jou kruit droog: Sorg dat jy goed vir die stryd
voorberei is. See that you are well prepared
for the fight.
Hy het nog nie kruit geruik nie: Hy het nog nooit aan
'n geveg deelgeneem nie. He has not yet
participated in a battle.
Hy is nie 'n skoot kruit werd nie: Hy is baie min werd.
He is worth very little. He is not important.
Om jou kruit te verspil: Om jou kragte te mors. To
waste your efforts.
Om soos kruit en vuur te wees: Om kwaaivriende te
wees. To be bad friends.
Hy het al sy kruit weggeskiet: Hy het al sy argumente
gebruik. He has exhausted all his arguments.
One assumes that most of these idioms were born on
South African soil during the days of the pioneers and
trekkers. It would be interesting to know whether some
of them exist also in Dutch.

Gloudina Bouwer

Afrikaans, ons taal | 4 kommentare

Help my om my motortjie te vind

Wo., 29 Oktober 1997 00:00

Hallo almal, jammer om te pla.

My motor-mobiel het 'n slagoffer geword van Gauteng se gunsteling
sportsoort: affirmative shopping.

My bakkie is Maandagaand in Pretoria se middestad gesteel. Siende dat
die ding nie teen diefstal verseker was nie, sal ek dit besonder baie
waardeer indien iemand my kan help om dit terug te kry.
Ek het nie besonder baie hoop op 'n gelukkige einde nie, maar ek dog toe
dit kan seker nie skade doen om maar net te vra nie.

Die bakwerk is 'n 1986 VW golf diesel bakkie, waarin ek 'n 8-klep GTI
enjin ingebou het. Die onderstelnommer is 17E0186725 en die enjinnommer
is SFEVR241219. Ten tyde van die diefstal was die registrasienommer
KCP717T, en die bakkie was wit met 'n wit glasveselkappie. Die
bedrading, paneelbord en ratkas is nie meer oorspronklik nie en die
ruite het die registrasienommer op.

Ek bied 'n beloning van R1000 aan vir enige inligting wat daartoe sal
lei dat die voertuig in 'n bruikbare toestand teruggevind word, met 'n
bonus indien die skelms gevang en skuldig bevind word.

Hou asseblief julle oge oop. Enige persoon met inligting kan my email
by conr...@hotmail.com, of by die werk skakel by (012) 313-5259
Ek het ongelukkig nie 'n huisnommer nie, maar na-ure kan my broer Jaco
gekontak word by (012) 567-2391.

Groetnis
Johan

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Re: Ausar/Asar/Osiris ... what ever

Wo., 29 Oktober 1997 00:00

FanTim wrote:
>
> oops .... verkeerde NG. Jammer mense.

Nee hoor. Ausar heeft ons in deze NG ook vele keren lastig gevallen. Ik
ben blij, dat hij elders ook vijanden heeft gemaakt.

BB

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Suid-Afrikaners in Amerika

Di., 28 Oktober 1997 00:00

Jammer,

Ek het vergeet om my E-mail adres in die vorige bookskap te plaas.
Hier is dit:

hjv...@mhs1.tns.co.za

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Afrikaans studente in Amerika

Di., 28 Oktober 1997 00:00

Hello
My naam is Dixie K. Ek is 'n studente by Brigham Young
Universiteit in Amerika. Ek het Afrikaans is 'n vak. Ek hoop dat een
dag ek sal goed Afrikaans praat.
My onderwyser het gevra dat ons praat of e-mail Suid Afrikaanse mense en

vra 'n paar vrae oor Afrikaans.
I am still learning so I will not embarass myself any further.

We are doing a study to find out how many families speak Afrikaans at
home continuosly.
When do you use English?
Are you Afrikaans/English?
Is Afrikaans growing and is it used often?

Your reply will be appreciated.
Geniet!!!
Dixie

ros...@itsnet.com

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Re: Translation request...Silly but needed

Di., 28 Oktober 1997 00:00

Herma, that's hilarious. We yanks call it the 'horizontal bop'.

I was listening to our National Public Radio today, a lady with a
pronounced Afrikaans accent was speaking. Lovely voice, intrigueing.

Hail and well met to our friends in South Africa!

Herma wrote...
> Well sorry Matt, that was supposed to be a joke for those who DO understand
> Afrikaans. Vroetel = slang word for "couch rugby" or whatever you call
> horizontal sports over there.
>

Language Help/ Taalhulp/ Sprachhilfe | 0 kommentare

Bladsye (1835): [ «    1475  1476  1477  1478  1479  1480  1481  1482  1483  1484  1485  1486  1487  1488  1489  1490    »]
Tyd nou: Di. Mei 19 10:32:57 UTC 2026