Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Gloutina Ot : spore van waansin

Ma., 17 November 1997 00:00

@igs.net wrote in article ...

>
> Leendert, wat op aarde doen jy vir 'n werk. Hoe kan jy
> dit bekostig om so aaneen op die internet te sit en tik?
> Selfs ek, wat nou 'n lady of leisure is, het nie soveel
> tyd nie.
>
> Gloudina

Hierdie identiese opmerking het jy tevore gemaak, toe jy nie meer weet hoe
om te antwoord nie (maar jy onthou seker nie).

Sedertdien het jy weer klagtes gehad omdat ek oor naweke op jou boosheid
reageer (maar dit het seker ook iewers tussen die ou gedagtes verstrengel
geraak).

Just make up what remains of your swinish mind, wouldn't you woman?

(PS: om op jou geseur te antwoord neem weinig tyd, Gloatina. Dis maar
aanmekaar dieselfde storie. En as jy nie meer so vinnig kan tik nie, is dit
treurig. Maar almal het nog nie daardie stadium van degenerasie bereik nie.)

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Re:Waar is ware Afrikaners?

So., 16 November 1997 00:00

het baie van ons so 'n 'aparte'
> lewe gelei, dat ons werklik nie die volle prentjie gehad het nie. Ek was
> nog op skool in die sewentiger jare en het nie geweet wat het in ons mooi
> land gebeur nie.
>> Verskonings, verskonings. Dit was daar vir almal
>> om te sien. Julle wou nie sien nie. Het jy nie
>> geweet hoe kinders in Soweto in die strate dood-
>> geskiet word nie?
Nee Gloudina, ek het nie. Upington het in 1976 nie eers TV gehad nie en as
skoolkind het ek nou nie juis nuus oor die radio geluister nie. Toe die
skole onrus na Upington toe uigebrei het, het die meide saam met die
polisie ingespring en een het sommer haar en 'n paar ander kinders met 'n
blikbeker op die kop geslaan. Dit was sekerlik minder bloedig as in Soweto
en ander plekke. (Maar vertel my wat hierdie sotlike redenasie doen om
moorde in die nuwe SA te verminder?!) Maar terwyl ons nou op die ou paaie
is, die vroeër geeerde Boesak is deur die Universiteit omdat die tantes in
ons geweste pannekoeke gebak het om sy kostes te betaal - die wittes was so
sleg en harteloos was!

Maak dit as 'n verskoning af, as dit jou beter sal laat voel Gloudina. Ek
het op Keetmanshoop skool gegaan, elke namiddag terug gery na 'n skaapplaas
buite die dorp, en matriek op Upington. So jy moet maar glo wat jy wil, ek
weet dat ek en my tydgenote ons in daardie jare met onskuldige dinge besig
gehou het en van Soweto het ek die eerste keer in my matriekjaar 1976,
gehoor. Saam met heelwat dinge wat ek nooit geweet het nie. As tipiese
Afrikaner dogter het ek so oordentlik as moontlik my pa en sy tydgenote
begin bevraagteken. Maar selfs hulle, besef ek vandag, het maar net die
punt van die ysberg gesien. Hoe jy wat in Marchant groot geword het, so
baie geweet het, slaan my totaal dronk. Die kinders van die Noord-weste is
nou wragtie nie polities die inligstes gewees nie. Daarvoor het ons ons te
veel besig gehou met kind wees.

Wat ek nog steeds graag van jou wil weet: hoekom is jy van alle skuld en
blaam wat jy so mildelik op ander stort, onthef met jou vertrek na
Kanada?????????????????

Riana

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Leendert se day job

So., 16 November 1997 00:00

Leendert, wat op aarde doen jy vir 'n werk. Hoe kan jy
dit bekostig om so aaneen op die internet te sit en tik?
Selfs ek, wat nou 'n lady of leisure is, het nie soveel
tyd nie.

Gloudina

Koeitjies & kalfies | 7 kommentare

Punt geselsradio

Sa., 15 November 1997 00:00

Wie luister na Punt? En voldoen dit aan die behoeftes van Afrikaanssprekendes?

Wat my betref doen hulle goed vir 'n begin. Hulle is nog nie kontroversieel
genoeg nie en die onnodige swak gebruik van taal deur sommige aanbieders
(Standaard Afrikaans wat met swak Engels gemeng word) is steurend, maar sal
hopelik regkom.

Soli maak die stasie. En die natuurlike en gemaklike bydraes van die
plattelandse mense, van alle agtergronde, en in die besonder van die "capeys",
bewys die lewenskragtigheid van Afrikaans.

Chris

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Antoinette Pienaar: Rivers of dust

Sa., 15 November 1997 00:00

Antoinette Pienaar, begelei deur Derek Fordyce, tree tans op by Broadway in
Groenpunt, Kaapstad.

Ek sal graag kommentaar wil hoor van ander persone wat haar vertoning reeds
gesien het. Ek het nie baie gehou van "Lossie liefde vir later" wat sy vroeër
vanjaar op Oudtshoorn gehad het nie, maar hierdie vertoning was vir my 'n
groot verbetering. Sy kombineer engelse en afrikaanse liedjies baie goed om
haarself met die gehoor te deel.

Indien iemand graag die vertoning wil sien/hoor, kan besprekings gedoen word
by 021-4188338. Die venue is baie lekker.

Chris

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Re: Antoinette Pienaar: Rivers of dust

Sa., 15 November 1997 00:00

Chris wrote in article
...
> Antoinette Pienaar, begelei deur Derek Fordyce, tree tans op by Broadway in
> Groenpunt, Kaapstad. Sy kombineer engelse en afrikaanse liedjies baie goed om
> haarself met die gehoor te deel.

Vaderland Chris, waar kry sy die tyd vandaan?

:-)

Alwyn

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

slange en die Taal

Sa., 15 November 1997 00:00

Leendert!

Hier's 'n goeie een vir jou. Marieta Roos skryf in haar artikel "Slang!
Marteldood van die stekende naalde" in die Huisgenoot van 13 November die
volgende:

"Dit bleik Paul was in der waarheid allergies vir die slang se gif. Sy
liggaam het in 'n toestand van anafalaktiese skok ingegaan onmiddelik na
die byt."

En weer later: "Daarom moet 'n pasiënt eers met antihistamien ingespuit
word om hom daarvoor te desensiteer." OK, my peabrain kan desensiteer
uitwerk, hoe ongewoon dit ookal mag wees, maar anafalaktiese is een te
veel. My 1976 weergawe van Kritzinger is nie veel wyser nie.

Maar het iemand (ek meen dit was At de Lange) nie eenkeer genoem dat die
Huisgenoot op vlak vier Afrikaans geskryf word nie? Sou hierdie tipe taal
aan daardie standaard voldoen?

Alwyn

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Nederlanders

Sa., 15 November 1997 00:00

Leendert van Oostrum hoor hier.. As ek reg is dat jy 'n Nederlander is dan
het ek slegte nuus vir jou.
Nederlanders was die wreedste koloniale moondheid ooit.......gaan lees oor
hulle wreedhede in hulle vorige kolonies.
Nederlanders het altyd stories aangedra na die Duitse
besettingsmagte.......byvoorbeeld, die bekende Anna Frank is deur haar
Nederlandse bure aan die Duitsers gaan verklik.
Nederlanders is grof immoreel  -  poskaarte met vroue en mans se
geslagsdele daarop
word in elke toeriste kraampie, op straat en in winkels gevind.
Nederlanders het 'drugs' gewettig en die Staat verkoop dit selfs in
spesiale winkels en in alle apteke.
Nederlanders is net so rassisties soos enige ander nasie, luister net na
hulle grappies en opmerkings tov  Surinamers, Morokane ander  'swartes'.
Nederlanders is nie trots op hulle taal nie. Hulle taalgebruik is deurspek
met engelse woorde.
Nee wat van Oostrum, Nederlanders kan nie 'n vinger wys aan enigiemand nie.

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

Patronizing Racist

Sa., 15 November 1997 00:00

Gloatina oor die straat heeft geschreven in bericht

> Julle het geen besef van wat julle donker broers
> vir eeue moes deurmaak nie.
> Hulle struikel en
> hul val,

En nou patronize Gloatina weer die swart regering - hulle kan nie aan
dieselfde kriteria gemeet en aan dieselfde standaarde gehou word wat
Gloatina vir 'n wit regering stel nie.

Ou storie die - wit westerlinge wat nie aan Afrikaregerings dieselfde
standaarde stel as aan wit regerings nie. En nou het die bliksems die cheek
om te skuil agter "Africa pessimism"!

Dit is die mees siniese vorm van rassisme wat daar is - die tema van Jill
Wentzel (van SA Institute for Race Relations) se boek "The Liberal
slideaway" waarin sy daarop wys dat die white
liberals nog altyd, maar veral in die tagtigerjare, 'n ander stel reëls vir
swartmense gehad het as vir wittes.

Die sterkste ondersteuning vir Wentzel se argument kry mens natuurlik in
Biko se "I write what I like".

Vriendelike groete, Leendert

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

neusring

Vr., 14 November 1997 00:00

Rana, volgens my broer bevind ek myself vierkantig in 'n middeljare krises.
Want sien, op die rype ouderdom van amper 40 het ek vir my 'n gaatjie laat
inskiet en "sport" deesdae 'n silwer oorring.

Ek stem natuurlik nie met hom saam nie. Dis iets wat ek nog altyd wou doen
maar weens sosiale druk het ek liewers nie. Dit was so uit soos om vir 'n
swart persoon "meneer" te sê. Ek het net eendag besluit te hel met wat Pa
en die res gaan sê. Moet ek nou eers wag tot hy in sy graf is? Verbasend
genoeg het hy sienende blind gebly.

Maar die ringetjie is op die 'gewone' plek waar mens gewoonlik 'n oorring
dra, en nie hier in die middel van die oor nie. Dít is darem vir my gagga.
En ek glo neusringe hoort tuis by bulle. Ek het al prentjies gesien van
ringe wat op geslagsdele gedra word - Dít kan jy nie glo nie... !

Ek is nie deel van 'n weird kultuur nie en ek probeer nie enige stelling
daarmee maak nie. Dis doodeenvoudig net vir my nice.

Alwyn

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Bladsye (1835): [ «    1471  1472  1473  1474  1475  1476  1477  1478  1479  1480  1481  1482  1483  1484  1485  1486    »]
Tyd nou: Di. Mei 19 06:57:37 UTC 2026