Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Is jy lief vir jou taal?

Wo., 19 November 1997 00:00

Ek het 'n paar Engelse websites; ongelukkig het ek nie tyd om dit te vertaal
in Afrikaans ook nie. As iemand so patrioties wil wees om dit vir my te
doen, sal ek salig gelukkig wees.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Re: Wat nou, Koos?

Wo., 19 November 1997 00:00

On Wed, 19 Nov 1997 13:20:23 +0200, "Leendert van Oostrum"
wrote:

Ek sien nerens waar hy se die nuwe beleid laat bantoe-onderwys na
Moeder Theresa lyk nie.
Met ander woorde dat dit erger is nie.
Dit is presies wat ek gedink het. Uit konteks aangehaal en baie
selektief ook om jou punt te steun.

(Jy wat op n tyd so na bronne navraag gedoen het as iemand iets se
waarvan jy nie hou nie!)

Net om jou ou geheue te verfris: onderwysbeleid 'n crime against humanity is wat bantu education na Moeder[/color]
>> Theresa laat lyk.>>>>

En het jy toe al uitgevind wie Derek Hanekom is?
En slaan sommer bietjie na oor Gill Marcus se "kleur" ook. Ek het haar
uitgelaat.

Ek besef jy het waarskynlik al van daardie uitsprake van jou vergeet.
Maar hulle staan nog hierbo iewers.

Koeitjies & kalfies | 12 kommentare

"Sin-vol"

Di., 18 November 1997 00:00

SIN-VOL

Die lyn van 'n wang -
die rooskleurige sagtheid -
wat meer wil ek hê?

Beskut deur jou wang -
die sagte pienk van jou tong
en watter plesier!

Toe weerligstrale
die nag verlig was jy daar -
donker geliefde

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

AWB

Di., 18 November 1997 00:00

Ek is op soek na AWB lede op die net, Veral die wat in BOP was.
E-Mail my gerus by
rsa...@global.co.za

Groete
Fred

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Re: Gloudina, bly jy lekker daar doer?

Di., 18 November 1997 00:00

Gloudina blyk baie te se he van ver af - soos een wat 'n hond agter die hek
terg. Kom terug, girlie, en sit jou kinders in 'n staatskool hier by ons.

Kom vra vir die 4 verkragters wat gister skotvry afgekom het om 'n nasie te
bou.

Kom vertel vir my vriende wat vermoor is hoe edel die stryd was, daar van
ver af.

Kom struggle ons stryd in die hede, nie in moddergevegte oor die verlede
nie.

Kan jy?

Ons kan.

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Ope brief aan At.

Di., 18 November 1997 00:00

Beste At,
Dankie vir die aanmerkings wat jy oor my gemaak
het. Party van hulle het seker waarheid in, in party van
hulle is jy die kluts baie ver kwyt. Ek wil egter vir jou
vra: moenie vir jou identifiseer met wat tussen Leendert,
Koos en my kwytgeraak word nie. As jy dit nie as 'n spel
sien nie, dan sien jy nie die volle prentjie nie. (Ek dink
meeste van die nuusgroeplesers is intelligent genoeg om dit
te sien vir wat dit is.) Hulle kan sien dat Leendert se agenda
is om te verkondig hoe goed hy is met kwinkslae, en dat
hy, deur vinnig genoeg soos 'n brak in die rondte te tol,
hoop dat niemand uitvind wat sy werklike standpunt oor
enigiets is nie, en wat sy rol en aktiwiteite gedurende die
vorige bedeling was nie. Ons ken almal sulke mense. Hulle
word genoem glibberige kalante. Dit kan 'n soort sport
wees om vir hulle uit te vang. My secret agenda op die
oomblik is om vir Leendert uit te lok om soveel van hom-
self te ontbloot. Dis verbasend hoe baie 'n mens kan optel
van mense se gewoontes deur net te onthou van wat hulle
op die nuusgroep gesê het (soos byvoorbeeld of hy rook
of nie.) In Leendert se geval vloek hy mense uit en kom
baie na aan sweer en vuil praat, en dit is vir my so
ongerymd met iemand wat ons nou om elke hoek en
draai wil laat glo dat hy 'n oortuigde Christen is.
Ek wens hy wil meer oor sy geloof en oor die Christelike
leer uitwei. Die kere wat ek dinge geskryf het om hom 'n
kans te gee om oor dié dinge uit te wy, het hy tjoepstil
gebly. Snaaks.
Nog net dit - ek het vriende en informasie in
Suid-Afrika uit alle dele van die bevolking - NP
en PAC en INKATHA aanhangers. Dat ek die ANC
aanhang, is 'n kreasie van Leendert se brein, geskep
om iets te hê om te skryf op die nuusgroep. Ek kan
nie wag dat die tyd kom dat beide die NP en die ANC,
net soos die ou Verenigde Party, in die boesem van die
verlede verdwyn nie. Hoe gaan dit met Roelf en Bantu
se party. Lyk dit of hulle 'n kans het om die opposisie
in die volgende verkiesing te vorm? Sal jy vir hulle
stem?

Gloudina

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Wat dan, Koos?

Di., 18 November 1997 00:00

Koos verklaar:
>
> Just for the record. Watter menseregte skend die ANC-regering?

My kinders s'n - onder andere. In besonder, hul reg op ouersorg en hul reg
op onderwys.

>
>
> >> familie, toe hulle vir Biko papgeslaan het en toe
>>> met hom opgery het Pretoria toe en hom toe daar
>>> afgefinish het.
>>
>> Wat was die datum?>>
>
> O, weet jy nie juis van sy dood nie?

Inteendeel. Die datum sal my help om na te slaan of ek nog die betrokke
korrespondensie het.

>
>
> moet die
>> gemors kom opruim nadat die swart regering 'n ding tot in die grond in
>> geregeer het. Dis nou in gevalle soos die SABC.>>
>
> Interresant dat die SABC begin wins maak, ne?

Dis wat ek gesê het. Maar sê my Koos? wanneer het die ANC ophou wins maak?

>
> > onderwysbeleid 'n crime against humanity is wat bantu education na Moeder
>> Theresa laat lyk.>>
>
> Kan jy asb. die bron gee, Leendert?
> Waar en wanneer het hy dit gese en wat het hy gese, Leendert?
> Want as hy dit nie gese het nie.....
> Of as hy so uit verband en kwalifikasies aangehaal word dat dit
> gelykstaande is aan doelbewus verkeerd aanhaal....

Wat dan, Kosieknaap?

Groete, Leendert

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Re:waar is al die ware Afrikaners?

Di., 18 November 1997 00:00

. Hoe jy wat in Marchant groot geword het, so
> baie geweet het, slaan my totaal dronk. Die kinders van die Noord-weste is
> nou wragtie nie polities die inligstes gewees nie. Daarvoor het ons ons te
> veel besig gehou met kind wees.
>
> Wat ek nog steeds graag van jou wil weet: hoekom is jy van alle skuld en
> blaam wat jy so mildelik op ander stort, onthef met jou vertrek na
> Kanada?????????????????
>
> Riana

Slaan my ook dronk. As huidige inwoner van Upington kan ek saamstem met
Riana.

Groetnis,
Hermann

Hallo Hermann

Hoe gaan dit met julle is Upington? Is dit warm? Dit is op die oomblik 13
grade buite die huis maar sal hopelik warmer word as hierdie wind van die
suidpool af net nie weer begin waai nie. Hierdie noordwester het nooit
gedink sy sal eendag in November nog truie en jasse dra nie?!

Stuur groete vir my familie as jy hulle dalk raak loop: my oupa is al
oorlede Martiens van Staden maar 5 van sy kinders bly nog daar:Bennie,
Willem en Maansie van Staden, Kotzes, en baie kleinkinders. Ai maar nou mis
ek my mense!

Groetnis van die land van die lang wit wolk.
Riana Schoeman (Visser)

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Die knusheid van die exile-verlede

Ma., 17 November 1997 00:00

Is dit hoekom sommige susters van die revolusie so vaskoek in die vermeende
verlede? Omdat selfs "die verlede" 'n fabrikasie was, en hulle dit nou nie
kan erken nie?

Uit "Red Socks in the Sunset" - RW Johnson.:

"Although many such exiles maintained strong sympathetic links to the
movement, you can still hear tales of the golden age of South Africa s Left
in many houses in Golders Green or Highgate only a minority remained so
seriously involved that they were willing (and it was a crucial test) to
uproot themselves again after 1990 and return to South Africa. For the
remnants of the old elite who did return, and Slovo was their symbolic
leader, it was a return in triumph but also in tragedy, for the fact was
that the great change had come a little too late. Some had died in exile;
many were simply too old to change countries again; others found the new
South Africa a bewildering and difficult place.

Having spent decades proclaiming that the reform of apartheid was a sham,
that nothing had changed, it was a shock to find that a lot had indeed
changed. "

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Dit laat haar koud!

Ma., 17 November 1997 00:00

On Mon, 17 Nov 1997 11:19:56 +0200, "Leendert van Oostrum" wrote:
><<>In die konteks van berigte van vroue en kinders wat sinneloos vermoor word,
> het Gloatina Ot het die volgende kil verklaring uitgereik:
>
> "Eers as ek hoor dat wit seuns in die tronke papgeslaan is, net omdat hulle
> iets kritiseer,sal ek begin opgewonde raak."
>
> Jimmy Kruger, minister van polisie onder Vorster: Toe joernaliste hom vra
> wat sy reaksie is op die dood van Biko, was sy berugte antwoord:
>
> "Dit laat my koud".>>

Die verskil is natuurlik dat Kruger gese het dit laat hom koud OMDAT
iemand pap geslaan is.

En dat Gloudina se dit laat haar koud as NIE papgeslaan word nie.

Daar is natuurlik een moerse verskil tussen die twee stellings.

(Leendert, is jy OK? Hoekom praat jy so baie kak deesdae?)

Koeitjies & kalfies | 8 kommentare

Bladsye (1835): [ «    1470  1471  1472  1473  1474  1475  1476  1477  1478  1479  1480  1481  1482  1483  1484  1485    »]
Tyd nou: Di. Mei 19 06:07:03 UTC 2026