Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Amway!

Tue, 19 May 1998 00:00

Hierdie is die geleentheid om nie net 'n ekstra inkomste nie maar ook 'n
permanente inkomste te verdien. Wees gerus dit is nie maar net nog 'n
geldmaakskema nie. Nou bied Amway in samewerking met Netwerk21 aan jou die
geleentheid om daardie lang verwagte droom te verwerklik, die motor of huis
af te betaal, sowel as al die skuld te delg!

Tree gerus met my in verbinding by die volgende adres: hei...@intekom.co.za

Groete uit die Baai!
Hein van Wyk
Cell: 083 310 1963
E-Pos: hei...@intekom.co.za

Ruil, koop & verkoop | 1 kommentaar

Re: Kan iemand my help? Ja nee

Tue, 19 May 1998 00:00

Arthur Hagen wrote in message ...
Ik neem aan dat Red Bull buiten Europa niet of nauwelijks bekend is.

Red Bull is 'n guarana en kaffeïen energiedrankie wat 'n weghol sukses in
Oostenryk was sonder enige omvattende nasionale bemarking. Omdat dit
relatief duur is, het dit 'n aura van "moet iets spesiaal wees "

Dit, en die feit dat op die blikkie 'n waarskuwing staan dat dit nie te
gereeld
gedrink moet word nie, het dit onweerstaanbaar vir Generation Next gemaak.
Vandag praat die bemarkingsmense van "Red Bull-isation. Maar nie almal het
ewe veel sukses met die bemarkings metode nie.

Vra maar vir Dr. Carl C Rhode by die kommunikasie departement van die Univ.
van Utrecht
as jy nie hierdie uitleg glo nie, Arthur. -)

Ek glo nie dis hier beskikbaar nie?  Dit sal in elk geval waarskynlik eers
in Namibië getoets word voor dit hier verkoop word.

> BTW, heb je ergens een boek met quotes van Amerikaanse presidenten
opgeduikeld?
Nee, net gelees.

Groete

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

wrede afrika

Tue, 19 May 1998 00:00

Sonder om op ons geliewe sosioloe se tone trap, wil ek ook 'n bordjie om Afrika se nek hang met die beriggie
uit die Mail & Guardian, ek gaan dit nie vertaal nie, maar as iemand daarop aandring, dit met liefde en ten
hemel gehefde oe doen:

RANDY RHINO GETS A WIFE: An orphaned rhino in
Mpumalanga who killed three
zebras in efforts to mate with
them, has finally successfully
conjoined with a more sturdy
rhino cow. A town
neighbouring the Kruger Park
bought the cow, Frieda, for
"Frikkie" after he had snapped
the hind legs of three zebras
and crushed them.

Met voorbeelde soos die, who can blame them?? :-)

Carel

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Die muti-kletsers

Mon, 18 May 1998 00:00

"Leendert van Oostrum" writes: >

> Sê my Gloudina, wat is die standpunt van die Kanadese samelewing oor die
> idee dat "iemand" die geleentheid gegee moet word om hom/haarself te
> verdedig teen aanklagte?
>
> Of kan ek in Kanada maar bloot rondgaan en beweer dat iemand anders 'n moord
> gepleeg het voordat ek hom, met die goedkeuring van die Kanadese samelwing
> om die lewe bring?
>
> Want dit is wat jy hier voorstaan.

Nee, Leendert, dit is nie. Maar dis mense
soos jy wat op julle verhogies klim en
van muti-moorde en dies meer klets wat
mense so siek vir julle ou stories maak
dat hulle al minder en minder simpatiek
word vir die lot van die handjievol
selfgetitelde "Boere" wat daar in SA sit
en kners. Selfs Afrikaners binne SA word
moeg vir julle. Hoe weet ek dit? Omdat
mense binne SA dit vir my sê,

Gloudina

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Goeie Nuus

Mon, 18 May 1998 00:00

Ouens dit is tyd vir my weeklikse brokkie uit die pers, maar ek moet julle
eers vertel hoe 'n wonderlike dag ek gehad het.

Vanuit my posisie van bevoorregting het ek vanaand tuisgekom en die
vleispotte waaraan die huishulp so hard gewerk het vir die honde uitgegooi.
Terwyl die drie lyfbediendes die kinders gebad en vermaak het, het ek en
vroutjie (as minderjariges moes ons spesiale toestemming van 'n landdros,
'skuus magistraat, kry om te trou) ons self getrakteer op kaviaar en Franse
sjampanje.

Hierna het ek al my medaljes uitgepak en liefderyk blink gevryf. Die
Polisiester vir Dapperheid vanuit my BSB dae lyk so mooi, ek is lus en dra
hom môre werk toe. Hierna het ek my vir die soveelste keer verlustig in
"1001 Dirty Tricks". My beplande verhuising na Kanada begin nou mooi vorm
aanneem.

O ja, die goeie nuus. Ek het vandag en gister se koerante van hoek tot kant
gelees, en kon geen berigte oor moord, bendegeweld, taxigevegte, korrupsie,
oorbesteding deur my provinsiale regering, die wegdoening met wit regters,
of 'n straatgeveg op Mosselbaai tydens 'n rugbywedstryd kry nie.

Nou sal ek julle maar moet verveel met die volgende brokkie:

Vir die tweede agtereenvolgende jaar is daar 'n toename in Afrika se
renosterbevolking. Hulle getalle staan nou op 11 000, nadat dit oor die
afgelope 20 jaar afgeneem het van 65 000 tot ongeveer 6 500. Van die 11 000
kom 8 500 in SA voor.

As iemand hier belangstel in natuurbewaring, kan hy gerus gaan kyk by
http://www.parks-sa.co.za wat daar alles te sê is oor die Kruger Wildtuin se
eeufees, en die visie vir die volgende 100 jaar.

Groete

Henri Burger, Tzaneen. RSA
'Afrika is Nie vir Sissies Nie!'
(e-mail: remove 'sukikaki.')

Koeitjies & kalfies | 48 kommentare

Afrikaanse IRC sopas geskep

Sun, 17 May 1998 00:00

Probeer #Afrikaans
Almal is welkom

Johann

Rekenaars & selfone | 0 kommentare

VAN DE ARNO'S

Sun, 17 May 1998 00:00

Beste nieuwsgroepers

en ook ARTHUR????????

kijk een aantal zitten hier met verschrikkelijke schuldgevoelens en
veroordelen mij met graagte, zo ook ene arthur die mij arrogant noemt!!
Wie heb ik veroordeeld????????????
jullie, nee!
Wat ik veroordeel is de onderlinge haat en het moorden van elkaar, blank of
zwart!

wat mij verbaasd is als in een land de mentaliteit is als er wie dan ook is
veroordeeld, dat men zegt just a shooting accident!

dit betekent, dat iedereen het recht heeft elkaar te vermoorden en naar mijn
idee is dit niet zo!

Als ik in Suid-Afrika zou komen, word ik zeker direct vermoord?
door ene jennnifer of zelfs door Arthur of wie dan ook

Kijk ik veroordeel niemand, maar jullie veroordelen mij met liefde, vinden
mij niet de moeite waard als mens, is jullie goed recht.
Maar Jennifer ook als het jouw familie zou zijn en men reageerde met de
opmerking, well it is part of life, it's just a shooting accident, dan ben
je goed ziek!!!

Deze gedachtes kunnen niet, haat is duivels!

denk er eens goed over na en probeer te begrijpen wat ik zeg en veroordeel
me niet!
En Arthur zoek jij goedkope vakantie asdresjes of zo met je afrikaanse
begrip, typisch nederlnads trekje?
generaliseren kun je, wij met ons vingertje, nee ik praat voor mezelf als
mens, als persoon als Arno
En ik kan en mag trots op mezelf zijn omdat ik probeer mens te zijn! en
gelukkig zijn er hier op de nuusgroep voldoende mensen die het met mij eens
zijn en dat betekent voor mij dat Afrika niet ziek is, maar kans maakt op
een goede toekomst

heel veel liefde, kracht en respect
Arno

Koeitjies & kalfies | 9 kommentare

WEEK 19/98

Sun, 17 May 1998 00:00

e-KRANT
son. 17/05/98
bydraes deur intekenaars op soc.culture.south-africa.afrikaans ; deur lede vir lede
Dit word slegs aan lede van hiedie nuusgroep gestuur


------------------------------------------------------------ ----------------
VOORBLAD HIERDIE WEEK

Niks ; 'n droewige week ...


------------------------------------------------------------ ----------------


NET-ETIKET EN WENKE
Jy kan nie 'n virus met teks saamstuur nie. Dit moet 'n attachment wees met die verlenging van .EXE of .COM of .BAT Offiesiële regerings bladsy oor rekenaar spookvirusse: http://ciac.llnl.gov/ciac/CIACHoaxes.html Kyk ook hier. http://www.kumite.com/myths/ Jennifer

Miva is programmeertaal wat gebruik word saam met HTML om bladsye te skep. Dan kan van databasisse gebruik gemaak word. http://htmlscript.com Jou webgasheer moet dit ondersteun op sy servers om gebruik te maak daarvan. Herman

Cold Fusion 3.1 Nes MIVA het program ook sy eie "tags" wat CFML genoem word, ColdFusion Markup Language. Dit kan ook databasisse hanteer met SQL, Access en so aan. CF kreeer JavaScripts "on-the-fly" . Die webgasheer moet Cold Fusion ondersteun op sy bedieners . http://www.allaire.com Jennifer


------------------------------------------------------------ ----------------

BRIEWE KOLOM

Ek en Robin het 'n website vir Afrikaanse Musiek. http://home.intekom.com/robinco/ Theunis & Robin

Daar is n website iewers in Amerika wat kontak hou met die Vaderland. Hulle het wat hul die CYBERBRAAI noem. Dis wragtig snaaks om te sien hoe baie Afrikaanse uitsprake en gesegdes die wereld rond reis. http://mainstreet.t5.com/index~1.htm Jennifer Lynne

Ek is 'n Franser, maar ek praat afrikaans as ek in SA war. Kan iemand sê waar ek kan 'n afrikaanse "chat" of IRC find. Yves GABARRE
Je suis belge et j'ai quelques amis Afrikaners avec qui je parle sur ICQ - un programme qu'on trouve sur le site : http://www.mirabilis.com . Si cela vous intéresse, je peux vous passer leur nom et numéro sur ICQ; gervaas...@ping.be Hilda.
Die IRC netwerk in SA staan bekend as ZANET.Daar is 'n gereelde kanaal: #Afrikaans. In die aand behoort daar so 5-20 mense 'live' te wees. Die geprekke is baie informeel. Vir meer spesifieke inligting kyk na: http://www.zanet.org.za/channels/

Soek Rapport by http://www.naspers.com/rapport/ Nico

Ek is op soek na Liewe Heksie ens. videos wie kan help . Karl ka...@onaustralia.com.au

Ek woon net noord van Sydney in Gosford (so 70km Noord van die middestad). Ek reis heelwat en ontmoet gereeld SA's as ek op die lughawe is op pad NZ toe. Pierre

Groete hier uit Auckland in New Zealand! Gee my 'n lyntjie een of ander tyd - dan...@ihug.co.nz Danie

I have been living in the UK for a year now. I would like to hear from fellow South Africans who live abroad.
Nigel.

Ek woon in Kissimmee, FL., net suid van Orlando, ongeveer 12 myl van Disney World. Ek werk in 'n hotel as "Guest Service Representative". Suid-Afrikaners is so skaars soos hoendertande. Julie Morgan http://www.oocities.org/Heartland/Ranch/6308

------------------------------------------------------------ ----------------

TAAL KWESSIES

Je moet weten dat men in Nederland met verschillende accenten praat. Het zal je waarschijnlijk bekend zijn dat de Vlamingen en de Nederlanders uit het oosten en zuiden minder moeite hebben om het Afrikaans te verstaan. Maar ook omgekeerd hebben de Afrikaners minder moeite om deze groepen mensen te verstaan.
Ik kom zelf uit het oosten van Nederland en ben net terug uit SA. Ik kon prima communiceren met de Afrikanern im mijn moerstaal. Arthur

Die grootste deel van die hedendaagse Indonesiers het Nederlands baie goed beheers , sy dit met 'n accent en 'n klemtoon op die "D" en ietwat omgedraaide "P" en "V" in die alfabet. Dit het tot 1948 voortgeduur toe die Nederlanders uit Indonesie uitgeskop is deur Sukarno toe hulle nie die nasionaliteit wou aanvaar nie.

Ek is my bewus van die invloed wat Maleis op Afrikaans gehad het alhoewel dit baie minder is dan wat party mense dink. Die dubbel woorde soos plek-plek soos in... Dit reen plek-plek. Ek sal nou-nou daar wees... woorde soos bredie, blatjang ens. Die dubbel woorde dui op 'n verkleining van iets wat groter was. Soos die Maleise woord "Anak" kind beteken, so is "Anak-Anak" 'n klein kind. Plek-plek sou dus 'n klein plekkie kan beteken maar word deesdae meer as "local" vertaal. Dis nie te se dat die dubble woord altyd een verkleining veurstel nie. Deng-deng is die Maleise woord vir biltong. Lynne


------------------------------------------------------------ ----------------


TAALKUNDE

Ek vind dat van die Nederlandse woorde vir my argaies is, maar ek sukkel geweldig met die grammatika.
So kry jy vervorminge van waar ons generies die woord "is" gebruik. Ik (ek) ben, Jij (jy) bent, hij (hy) is, wij (ons) zijn, jullie(julle) zijn en meeste meervoude dan ook "zijn". Ek vind wel dat daar noue bande tussen Duits en Nederlands is wat die grammatika aanbetref en dat hul soortgelyke woordvervormings gebruik, net ietwat vereenvoudig. Ek sou sê dat die maklikste manier waarop 'n mens wel die taal sal kan leer praat en skryf, deur dit op 'n daaglikse basis te praat en te gebruik. Die ander alternatief is om soos ek nou probeer - dit uit boeke te probeer leer. Ek sou egter dink as 'n mens nie die akademiese roete wil volg nie, dit raadsaam sou wees om dit eers te leer praat, dan sal die skryf relatief maklik kom daarna. -Gideon-

Hedendaagse Afrikaans en hedendaagse Nederlands stam albei af van sewentiede-eeuse Nederlands. Sedertdien het die twee tale in verskillende omgewings ontwikkel. Jy vind dus in hedendaagse Nederlands ook vele woorde wat in Afrikaans as argaïes beskou sou word, en is feitlik die hele grammatika van Nederlands argaïes vir die Afrikaanse oog.

Dit word aangeneem dat die dubbele ontkenning sy oorsprong heelwaarskynlik gehad het in die Nederlands wat in Suid-Holland gepraat is in die sewentiende eeu.Kloeke gee selfs spesifiek Brabantse invloed toe.Omdat die afstammelinge van die Hugenote ook 'n Suid-Hollands gekleurde taal gepraat het, moes "Afrikaans" sy beslag gekry het voordat die Hugenote in 1688 aangekom het. Die idee is dat die familie Van Riebeeck en Van der Stael die elite-groep aanvanklik was. en dat hulle Suid-Hollandse taal die norm aan die Kaap geword het. Gloudina

'nie --- nie' beteken definitief NIE 'ja' NIE! In Afrikaans gebruik ons 'n dubbele negatief. Ek het onlangs 'n reeks artikels oor die herkoms daarvan gelees, maar niemand is 100% seker nie. Moontlikhede sluit in:
1) 'n Vroeëre gebruik in Nederlands. 2) Die invloed van Frans, deur die Hugenote. 3) Die invloed van plaaslike tale (Khoi). 4) 'n Gebruik om dinge te beklemtoon wanneer met slawe, van Maleisiese oorsprong, gepraat is. Henri Burger

In my dialek (Gents - van Gent/Vlaandere) gebruik ons ook partykeer 'n dubbele negasie : bv. (ek gaan die aksent nie skryf nie :-) ) : Ik heb niemand nie gezien (ons sê "nie" pleks van "niet"). Ik ben daar nooit nie
geweest. Er komt daar nooit niemand nie. Ik heb dat nog "nieverans" nie gehoord ! (nieverans = nêrens)
Dit is 'n Vlaamse dialek. Hilda

Sympathiek: aardig/leuk/behulpzaam/netjes/.... Het betekent niet dat het per definitie mensen zijn met wie ik sympathiseer, ook iemand met een afwijkende mening kan ik sympathiek vinden, al naar gelang hoe zo iemand zijn of haar meningen ventileerd. Er zijn ook mensen die het in alles met me eens kunnen zijn, maar die ik dan toch niet sympathiek hoef te vinden. Arthur

Sympathiek, is iemand die je aardig vind symphatiseren met de afrikaners, is dat je hun ideeen goed vind
het zou wel gaaf zyn om deze nuusgroep te gebruiken om taaltzaken en literatuur uit te wisselen. Ik zou bv. heel graag eens een afrikaanse film zien. arno

Ou lui bas; dat "bas", heeft dat iets met je lijf (ouderwetse term, bast) van doen? Dat gebruik van "ou" in het Afrikaans heeft iets aardigs: het neemt de scherpe kantjes van een opmerking af. Zeggen jullie "ou" tegen
iedereen? Arthur

Nee, jy moet goed weet hoe om hierdie intens emosie-gelaaide woordjie te gebruik, anders kan jy in die moeilikheid kom. Hier is 'n paar voorbeelde: ou Lou (ek is bietjie neerbuigend teenoor hom), my ou man (liefdevol teenoor jou eggenoot,maar jy wil hom opbotter) , "ou ding" - liefdevol teenoor iemand maar jy wil jouself voorhou as dominant in die verhouding.

Ik zal voorzichtig zijn met het gebruik van "ou". Overigens werkt het Nederlands vergelijkbaar: ouwe jongen, ouwe reus: joviaal, oud wijf, oud mens, ouwe zeur: in scheldpartijen, zeer negatief. Vaak voor iemand (kan ook een man zijn) die nogal bemoeizuchtig / nieuwsgierig / zeurderig is. Ouwe taaie, positief, meestal tegen iemand die al wat ouder is en die je aardig vindt. Ik zeg het wel eens bij wijze van begroeting tegen m'n opa's; "Hé ouwe taaie, zit je nou weer achter het raam terwijl het buiten zulk lekker weer is?" En dan zijn er een paar die ronduit beledigend zijn; ouwe l*l, ouwe z*k en dergelijke. Arthur


Ek het probleme met die gebruik van "geen meer ... nie" in Afrikaans. Kan iemand asseblief vir my die volgende sinnetjies na Afrikaans vertaal ? Ik geen appels meer. Ek het nie meer appels nie. Ek het nie meer geld nie. Ek ken nie meer Frans nie. Ik heb geen geld meer. Ik ken geen Frans meer. Hilda.

Dan lei ek daaruit af dat "geen meer ... nie" glad nie gebruik word in Afrikaans nie ? Ek dink dat mens dit somtyds sal kan gebruik, maar alledaags sal dit seker nie wees nie. Gloudina

Moses kriebel is een uitspraak als "Holy cow" ik heb geen idee waar die vandaan komt. Beestjes met een zachte pels en grote ogen hebben de grootste aaibaarheidsfactor. De panda is daarom zo populair. Arthur


------------------------------------------------------------ ----------------

SOSIAAL

Ek sit hier in die VSA en is opsoek na 'n paar tradisionele boere repte(wors,brood,bobotie ens.) Enige resepte sal opreg waardeer word. Ek woon in Alabama. Ek is 'n programeerder. In die laaste paar maande het ek 3 Suid Afrikaanse gesinne hier ontmoet. Neels

Ek is seker daar sal meer wees - ons het onlangs hier in Minnesota begin die woord uitgooi en ek het met 'n nuusbrief begin - binne twee maande het ons sewentig name bymekaar en kom daar nou een maal 'n
maand so 30-40 gesinne by 'n restaurant bymekaar. In Junie het ons 'n reuse bring en braai by 'n State Park so halfuur uit die stad uit!

En jy sal nie glo wat 'n reenboog van Suid Afrikaners ons hier is nie!?! Natuurlik baie rekenaar mense, maar dan ook 'n pastoor, Pharmaseutiese Ekonoom, versekeingsagent en die eienaar van 'n silwerware winkel in die Mall of Amerika, die land se grootste winkelkompleks.

En jy moet sien hoe kuier die ouens 'n hond uit 'n bos uit! Tog te lekker, want 'n mens kan beheer hoeveel kontak jy met mede oud-SuidAfrikaners wil hê. Ek dink nie 'n mens moet jou heeltemal afsonder nie. Dis nie nodig om dit te doen om Amerikaners te ontmoet en in hulle samellewing opgeneem te word nie. Lewenshouding bly maar die groot geheim. Johan www.citilink.com/~johan

------------------------------------------------------------ ----------------

EMMIGRASIE

Jy moet jou besondere "skill" hier kom verkoop. Om die teogangsvisa te kry moet jy eers werk hier kry voor jy kom. Jou werkgewer doen aansoek daarvoor. Dus moet jy huiswerk doen en kontak maak met potensiele
werkgewers sodat jy 'n aanstelling hier kry voor jy kom.

Kort verduideliking: Hier geld kort kennis periodes, sodat meeste werkgewers weet hy kan binne twee weke iemand aanstel waar hy nodig het. Moeilik wanneer jou visa aansoek tot drie maande kan wees.

Die ideaal is om op die rekenaar kontrakteur manier te probeer kom waar die kontrak maatskappy vooruit beplan vir wanneer jy vir 'n kontrak gaan nodig wee en die Amerikaners weet rekenaar mense uit Sa
neem effe langer om hier te kom.

Die tweede ideaal is om hier te kom vakansie hou - jy pos voor die tyd jou CV's hiernatoe sodat dit nie in jou tasse is nie - as hulle jou daarmee vang weet hulle jy wil kom bly sonder 'n visum en dan sit hulle jou sommer uit. As jy dan hier is, gaan jy op voorafopgestelde werksonderhoude. Kry jy werk, kan jou werkgewer dadelik aansoek doen vir jou H1-B visum en mag jy dan in die land bly totdat die visum uitgereik is en jy kan begin werk. Nico

Die Amerikaanse 'Green Card Lotto' is ook nie 'n slegte idee nie. (Dit is glo gratis en word elke jaar gehou in Jan/ Feb) Volgens iemand wat ek ken by die Konsulaat is 'n Suid Afrikaaner se kans een uit 14 of beter.
Kanada is baie makliker om in te kom - as jy hier wil bly natuurlik. (Ek hoor dat dit makliker vir 'n Kanadees is om 'n green card te kry. Prakties kan mens ook makliker om iets te reel veral as mens vir 'n maatskapy werk
wat in beide lande is. Jean Toronto



------------------------------------------------------------ ----------------
RESEPTE

Bobotie

Vooraf verhit die oond tot 180 grade C (350 grade F)

1 kg maalvleis
2 k water

Kook die maalvleis tot gaar
Gooi die water af en hou dit eenkant
Week twee snye brood in die water

Voeg by die vleis

1 k pitloose rosyne
2 groot uie fyn gekap en 'n bietjie gebraai
1/4 k margarine
2 t aromat
2 e kerrie (na smaak)
1 e asyn
1 t sout (na smaak)
2 snye brood in die afgegooide water geweek

Meng die bestandele goed met die vooraf gekookte vleis.

Ander bestandele

Appelkooskonfyt
Gedroogte appelkose
4 piesangs
2 eiers in 'n halwe koppie melk geklits

Smeer 'n oondvaste bak sodat die bobotie nie vassit nie.
1 Gooi die helfte van die vleismengsel in die bak.
2 Smeer 'n laag appelkooskonfyt bo-oor.
3 Plaas 'n laag gedroogte appelkose bo-oor.
4 Dan ' laag gesnyde piesangs.
Herhaal stap 1 tot 4.
Gooi die geklitste eiers en melk mengsel bo-oor
Bak vir ongeveer 30 minute in die oond tot dit mooi styf en bruin bo-op is.

Bedien met blatjang, klapper en gekapte pynappel.

Resep van Mollie de Witt Besorgd

------------------------------------------------------------ ----------------


Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Re: Kan iemand my help?Dorpnaam

Sun, 17 May 1998 00:00

Is daar êrens 'n dorp mit die naam " twee-buffel-met-een-kioeël-geskiet" oor wat
gelygsoortig ???
HWM

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Re: Afrikaans IRC - asseblief!

Sun, 17 May 1998 00:00

Hallo Johan,

Op ICQ het ek al met vier mense tegelyk gesels. Ek weet nie of daar 'n
limiet is nie.

Groete. Hila.

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Bladsye (1838): [ «    1394  1395  1396  1397  1398  1399  1400  1401  1402  1403  1404  1405  1406  1407  1408  1409    »]
Tyd nou: Mon Jan 13 09:48:16 UTC 2025