Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

DIE VINNIGE KAMELE VAN AUSTRALIE.....

Thu, 21 May 1998 00:00

Soos julle seker weet, is daar woestynkamele in die Australiese outback
wat lank gelede deur mense van die Arabiese lande ingevoer is.
Deesdae word hul meer gebruik vir plesierritte deur toeriste.
Maar daar is ook 'n ander gebruik:

Elke dag word kamele vol elektrone gelaai (dis nou E-Mail elektrone)
om deur die outback te ry tussen Sydney en Perth ens.
Dit is nog steeds al manier van kommunikeer hier wat E-mail betref
daarom is dit so stadig (die Aussies is maar partykeer agter die
klip...)
Die kamele wat van Sydney af kom dra ligter as die van Perth,
want daar is meer nulle as ene in hul E-pos (van al die kakpraat daar).
Dis 'n baie lang en droe pad, want dit gaan deur die outback
en reg onder die gat in die osoonlaag verby.
Dis dan wanneer die ouens moet gat skoonmaak om vinnig verby te gaan,
want die son bak die elektrone daar so hard dat party in protone
verander.
En as 'n nul in 'n een verander, dan neuk dit jou E-mail op.

Daar word vertel dat een van die SA immigrante wat hier
aangekom het, 'n Vannermerwe, 'n manier gekry het om die kamele
vinniger deur die outback te laat hardloop.
(Hy maak nou baie geld, want sy E-mail is nou al amper so
vinnig soos pos wat per boot gestuur word)
Toe een van die koerante hom vra hoe hy sulke super-vinnige
kamele het, het hy verduidelik dat sy geheim eintlik is om hul
baie meer water te laat drink. Dan het hul meer uithouvermoe.
En die manier om dit te doen is as volg:
Jy tel twee klippe op en volg die kamele as hul gaan water drink.
As hy dan sy bek in die water steek en begin drink,
en hy het amper klaar gedrink, kap jy die kameel se ballas hard tussen
die twee klippe. Soos die kameel snak en hyg na asem van die skok,
suig hy sommer water in ook, sommer baie meer water !

"Is it not extremely painfull?" vra die Aussie toe.
"Nee, waarom?", seg Vannermerwe,
"...net as my duime tussen die twee klippe beland".

Vriendelike groete!
|
| ___/////
| / \ /|
| / O \ \/ |
J > / /\ |
\_________/ \|
\\\

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

afrikaanse 'word' woordeboek

Thu, 21 May 1998 00:00

ek onthou iemand het al so navrae gedoen.
het julle so 'n spel check of woordeboek gevind?
laat weet asseblief

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Jennifer.

Thu, 21 May 1998 00:00

"Jennifer L. Logan" wrote:
>
> Liewe Sizwe, kyk gerus 'n bietjie na jou literêre wonderwerke hieronder.
>
> Ek wil darem net sê dat jyself besig is om kak droog te maak, ou maatie.
>
> As kakpraat grassprietjies was, was jy lank al donkiedrolle.
>
> Jennifer
> -------------------------------
>
> .
> ....Jy's befok in jou kop. En jy wil vir my kom preek oor wat
> gepas is
> al dan nie. Voetsek, jou naai. En NOU kan jy praat van ongepas.
>
> Om hierdie skandalige apartheidsapologeet te felisiteer
> as synde die "waarheid" te publiseer se meer oor jou miopiese oogklappe
> Jennifer.
>
> Jennifer,
Jy was baie kwaad vir my toe ek vir jou gesê het ek is verbaas
dat iemand wat sulke kru taal die Christendom kan aanhaal. Jou
e-pos aan my oor die onderwerp was onnodig dreigend.Kyk
nou net hoe praat jy hier. Dalk kan jou gedagtes beter
uitgedruk word sonder om soos n hond op die sypaatjie
tekere te gaan nie. Enige e-pos van jou sal ek uitvee sonder
om dit te lees, so spaar asseblief jou asem vir beter dinge.

Billy.

Koeitjies & kalfies | 8 kommentare

Haiku vir Gloudina

Thu, 21 May 1998 00:00

Hierdie is my eerste, enigste, en hopelik laaste haiku. Dit het
onintelligente snotkop soos ek 2 weke geneem om dit uit te werk.

van moddergraf na
gelamineerde klip, jou
fossielgedagtes

Terloops, my bron sê 'n haiku het 17 lettergrepe, nie meer nie, ook nie
minder nie.

Groete

Henri Burger, Tzaneen. RSA
'Afrika is Nie vir Sissies Nie!'
(e-mail: remove 'sukikaki.')

Koeitjies & kalfies | 10 kommentare

Re: I AM AN ITALO SOUTH AFRICAN

Thu, 21 May 1998 00:00

On Thu, 21 May 1998 10:49:31 +0200, KM wrote:
> Johan N Potgieter wrote:
>
>> On Wed, 20 May 1998 19:21:23 +0200, "ZACMAN" wrote:
>>
>>> WOULD LIKE TO HEAR ABOUT THE SITUATION IN THIS MOMENT.
>>>
>>>
>> No need to shout ....! Good manners dictate that you post in normal
>> lowercase with proper punctuation.
>
> Ek het gedink hierdie taal is nie Afrikaans nie,

Die oorspronklike plasing was Engels - jy is dus reg.
My antwoord was Engels en jy is weer reg.
Jou windeier WAS in Afrikaans - jy was dus verkeerd...

> hiekom is dit nou op
> hierdie nuusgroep,
>
Die ou wat navraag gedoen het, doen dit vermoedelik uit Italie en my
Italiaans is effe beperk, toe meen ek nou die kans dat Engels 'n taal
gaan wees wat ek en hy kan verstaan is groter as wanneer ek Afrikaans
gebruik.

As jy nog nie duidelikheid het nie, vra gerus - ek gee nie om om te
help nie.

Groetnis

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Kultusse

Fri, 22 May 1998 00:00

@igs.net heeft geschreven in bericht
...
> Henri, wanneer jy die bostaande verklaar,
> laat jy jouself toe om "politiek" te maak
> van 'n vreeslike menslike tragedie. Want
> wanneer jy praat van grens-oorlo"e,
> Bloukrans en Umgundgundhlovo, dan praat
> jy terselfdertyd van wit invallers met
> gewere wat swartes kom doodskiet het. So
> eintlik is jy dom, Henri, om wat gebeur
> het met jou vrou se niggie te knoop aan
> die bestaan van wit aggressie van lank
> gelede. Dink fyner.
>
> Gloudina

Gloudina Bouwer.

"sizwe" behang hom met die smart van Jode soos 'n SS-kommandant hom tooi met
die goud uit hul tande.

Maar jy vat komplekse momente uit 'n komplekse geskiedenis wat wortel in die
val van Constantinopel en loop deur Johnny Clegg. Jy plet dit tot twee plat
woorde: "white aggression" en speld dit aan jou droë boesem vir jou
eendimensionele eweknieë om te prys. Jy abstraheer 'n karikatuur van
boosheid uit 'n komplekse gegewe en hou dit voor as die wese van 'n
tydsgewrig. 'n Tyd wat neerslag vind in plekname soos "Weenen".

"Ek veg vir die eer van die Afrikaner" verklaar jy sedig. Maar jy vertolk
die lydenstyd van 1837 - 1838 in Natal as 'n verskynsel van gewapende "wit"
invallers. Jy ignoreer die feit dat die "invallers" ook vlugtelinge was -
wat uit die Oosgrens moes vlug omdat omstandighede daar ondraaglik gemaak
is, essensieel omdat hulle deur die owerheid verhoed is om hulle te verdedig
teen swart invallers uit die Noorde en Ooste. Wat op hul beurt vlugtelinge
was voor
Shaka se moorddtogte in hul eie gebied. (En vergeet maar nie dat hulle in
die eerste plek in die Oosgrens was as vlugtelinge - sommige as ekonomiese
vlugtelinge, maar die meeste as politieke of godsdienstige vlugtelinge uit
Europa en van die Nederlandse bewind aan die Kaap.) Dat die druk op die
bevolkings aan weerskante van die Oosgrens groot was, en dat omstandighede
op die Oosgrens meer kompleks was as bloot 'n spul "aggressiewe boere" kan
jy bevestig deur te verwys na die nasionale selfmoord van die Xhosa tien
jaar nadat die Groot Trek reeds afgehandel was.

Maar jy vind dit dienstig om te "veg vir die eer van die Afrikaners" deur 'n
komplekse geskiedenis te reduseer tot 'n dunlipoordeel van "white
aggression".

Kom ons kyk na 'n paar ander wat dit doen - elders skryf jy:

> Ek vind dit baie treurig, of "sad"
> soos die Engelsman sê, dat daar
> mense soos Leendert in Pretoria sit
> en gif spoeg teen ander Afrikaners
> wat op die personeel van Beeld is.
> Ek kan verstaan as Afrikaners 'n
> bietjie bitter is teen Engelse
> "liberale" koerante, of teen koerante
> wat, in Engels, baie pro-ANC is omdat
> die personeel meestal nie-wit is en
> dus miskien 'n bietjie bevooroordeel
> is teen Afrikaner-sake. Maar as
> Afrikaners so sit en gif spoeg teen
> ander Afrikaners, dan is daar iets
> groots fout. Wat is die fout? Ek
> het 'n gevoel die fout is nie by
> "Beeld" nie.

Beeld het eers die skoene gelek van Vorster en Botha. Nou lek hy die skoene
van Mandela. Dit is waar die fout lê.

In die jare sewentig en tagtig, terwyl koerante soos Rapport en Die Burger
die regering konsekwent gedruk het, met kritiek en soms harde slae, in die
rigting van hervorming, het Beeld die konserwatiewe agterhoede gevorm. Saam
met FW de Klerk (onthou, in 1985 nog beskou as die "regtervleuel" van die NP
wat Botha se "rubicon"-toespraak gekelder het?) kliphard probeer om al wat
regse rassis is te sus dat die NP nog 'n tuiste vir hom het. Selde of ooit
was daar 'n kwiek van kritiek uit Beeld op die mees reaksionêre foute van
Vorster of Botha. Die kritiek wat daar was, was feitlik altyd nadat die
storie reeds
oopgeskiet is deur die ander koerante. Maar meesal was dit
verontskuldigings.

Toe dit begin duidelik word dat daar 'n nuwe bedeling kom, kry Beeld 'n
Damaskuservaring. En sedertdien kan die ANC weer niks verkeerd doen nie.
Beeld se rol t.o.v. die huidige regering tot dusver was presies wat dit was
t.o.v. die
vorige een. (Alhoewel, ek sien selfs hulle kan nie meer swyg oor sommige van
die meer totalitêre uitlatings wat ons van senior regeringsmense moet
aanhoor nie).

Maar Rapport en Die Burger het die onafhanklike rol as kritici van die
regering behou wat hulle in die vorige regering gehad het. (Ek kan die
beskuldigings onthou dat Rapport so "links-liberaal" was.)

Beeld het die idee van "politieke korrektheid" tot 'n fyn kuns ontwikkel.
Tevore was hulle "politiek korrek" in die paradigma van die NP, en hulle is
dit nou weer, in die paradigma van die ANC - miskien net nog meer.

Maar hierdie dinge gaan basies op die ou einde oor 'n perspektief van die
geskiedenis. Hermann Gilliomee skryf in hierdie maand se Insig 'n lang
artikel oor die herdenking van die verkiesingsoorwinning van die NP 50 jaar
gelede - en neem die gebeure sedertdien in oënskou.

Hy verklaar dat daar basies drie benaderings is tot die verlede - om "die
boek te probeer toemaak" op apartheid, om die vertolking van die nuwe
heersers klakkeloos te aanvaar, of om oop oë daarna te kyk en die betekenis
daarvan te probeer verstaan.

Ek dink daar is net twee benaderings moontlik: Een benadering is om so ver
moontlik die werklike gebeure - die "geskiedenis" - te probeer ken en
verstaan, ook vir die lig wat dit kan werp op waar ons vandag is. Hierdie
"Geskiedenis" -benadering is moeilik, want ons weet dat algehele
"objektiwiteit" nie moontlik is nie. Daarom vereis dit respek vir die
verskillende perspektiewe wat mense kan hê op die verlede, en gesprek om
gesamentlike perspektiewe te ontwikkel.

Die ander benadering is om die gebeure soos hulle plaasgevind het te vervorm
om te pas by die beeld wat ons graag van die verlede wil hê om ons agendas
van vandag te pas. Hier sê ons "objektiwiteit is nie moontlik nie - daarom
maak dit nie saak wat ons glo van die die verlede nie". Ons "emotional
reality" is die enigste realiteit wat geldig is. Hierdie mense maak van die
verlede 'n kultus wat geen funksie het behalwe om hul doelstellings van
vandag te ondersteun nie.

Ek dink daar is verskeie voorbeelde van die gebruik van die verlede as
kultusobjek - byvoorbeeld:

Dis sulke ouens wat verklaar dat, ten spyte daarvan dat aantoonbare bewyse
die moontlikheid uitskakel, ons moet aanvaar dat dit vir die Xhosa geldig is
om te glo dat Nonqawuse 'n spioen van die Britse Goewerneur Grey was, wat
haar mense oortuig het om al hul beeste keelaf te sny en hul oeste te
vernietig - en in groot getalle van honger te sterf. Ek het geen probleem
daarmee as die Xhosa dit glo nie - behalwe as ek 'n afstammeling van
Nonqawuse of van Grey is, en ek word nou daarvoor verkwalik.

Dis sulke ouens wat, soos "sizwe", ongegronde lasterstories op die NG plaas
en eis dat ons dit vir die waarheid moet aanvaar omdat dit sy "emotional
reality" uitmaak. Ek het vrede met sy "emotional reality", dit is sy goeie
reg - tot op die punt waar hy valse bewerings probeer afdwing, en van my eis
om daarvoor
verantwoordelikheid te aanvaar.

Onder Afrikaners het jy hierdie verskynsel veral gevind rondom die
herdenking van die Groot Trek in 1938 - waar jy letterlik 'n soort verering
kry van "vrome, godvresende voorvaders" wat nie 'n voet verkeerd gesit het
nie. Hierdie "kultusgeskiedenis" het ook lank die skoolhandboeke oorheers.
Jy kry dit nog onder sommige Afrikaners, en ek vermoed jy sal iets
hiervan optel in die webb-site van Fred Rundle wat Frikkie Potgieter
adverteer. Dit word dan ook dikwels ge-assosieer met 'n
rassemeerderwaardigheid en 'n minagting van elkeen wat nie lid van die
"in-groep" is nie - veral swartes.

In die "Nuwe Suid-Afrika", dink ek, kry jy twee tiepes kultusse van die
verlede.

Die een soort is die wat Gilliomee uitwys as die wat "die boek wil
toemaak". Ek weet nie of daar vreeslik baie van hulle is nie, maar ek het
nou die aand na 'n program geluister op een van die inbelstasies waarin die
omroeper angstig probeer het om "ons jongmense" te oortuig om "van die
verlede te vergeet - ons moet dink aan die toekoms". Sy poging was toe om 'n
"nuwe identiteit vir die Afrikaner" te skep sonder die "bagasie van die
verlede". Dit is 'n ontsettend gevaarlike situasie, wat opvoedkundig en
emosioneel geweldige skade kan berokken. Feuerstein het uit sy werk met Jode
uit Noord-Afrika en Oos-Europa gewys watter prys mense betaal as hulle
probeer om 'n "nuwe identiteit" te aanvaar sonder om die verlede daarin te
verwerk. Jy behoort dit ook te weet, want ek dink jy het self ervaring van
die gevolge van so 'n poging, en die koste wat dit op die ou end vir jou
meegebring het.

Die ander soort kultus wat Gilliomee uitwys, is die wat die ANC se weergawe
van die geskiedenis klakkeloos aanvaar. Die weergawe wat daarop gemik is om
vir die ANC te doen wat 1938 vir die Afrikaner gedoen het. Om die ANC se
helde as
smetteloos voor te hou, en hul teenstanders as bodemloos boos. Dit is waarop
die WVK ingestel is en dit is waaraan Beeld hom skuldig maak wanneer Tim du
Plessis die "emotional reality" verkondig van "Afrikaners = Nazis", net
soos "sizwe" dit doen. Dit is wat jy op Afrikaners probeer afdwing wanneer
jy die ganse Groot Trek abstraheer tot "white aggression". Gilliomee wys
daarop dat die doel van hierdie benadering is om skuldgevoelens (wat geldig
mag wees) op ongeldige wyse te manipuleer ten einde minderheidsgroepe
polities te neutraliseer. Hierdie benadering voed rassehaat teen Afrikaners.

Maar daar is 'n verskil tussen 1938 vir die Afrikaner en 1998 vir die ANC.
In 1938 was daar nie Dingaans, Silkaatse, Retiefs en Maritze wat nog gelewe
het om eensydige perspektiewe op die geskiedenis reg te stel nie. In 1998 is
ek en duisende soos ek daar wat kan sê: "Ek was daar. Dit was nie so nie,
dit was so." Of: "Maar dit is nie al wat gebeur het nie - die volgende is
ook waar".

Jy sien, Gloudina: 'n Subjektiewe beeld van die verlede kan slegs moreel
geldig wees as ek toegee dat die ander ou ook geregtig is op sy eie
subjektiewe beeld van die verlede.

Maar jy en "sizwe" wil jul brood aan altwee kante gebotter hê. Julle wil hê
dat ek jul subjektiewe "emotional reality" respekteer. Ek is heeltemal
bereid om dit te doen. Maar julle weier om toe te gee dat ek dan ook die reg
het op my eie subjektiewe "emotional reality", en dat julle dit op julle
beurt moet respekteer. Dan mag julle nie eis dat ek _julle_ subjektiewe
weergawe van die verlede my eie maak nie.

Maar dit is presies wat julle eis as "sizwe" my van revisionisme beskuldig
en as jy vir Henri "dom" noem omdat hy betekenis gee aan 'n familietragedie
binne 'n geskiedenisperspektief wat vir hom geldig is. (Die konsep van
historiese revisionisme het, per slot van rekening, net betekenis binne 'n
paradigma wat toelaat vir slegs een
waargawe van die geskiedenis.)

Daar is twee moontlike maniere om aan hierdie probleem te ontsnap. Een is om
die fiksie van 'n enkele "objektiewe" geskiedenis te handhaaf, en te baklei
"oor wat regtig gebeur het". Ervaring leer ons dat daar nie veel sukses met
hierdie werkwyse verwag kan word nie. Die ander moontlikheid is om 'n
gemeenskaplike betekenis aan die geskiedenis te gee deur onderhandeling - om
tot 'n verstandhouding van "negotiated meaning" te kom deur insig in mekaar
se perspektiewe te ontwikkel.

Hierdie weg vereis in die eerste plek onderlinge respek vir mekaar (of ten
minste 'n basiese erkenning dat die ander 'n reg het op sy eie perspektief)
en in die tweede plek geduld. As die WVK hierdie funksie kon vervul om 'n
gemeenskaplike "negotiated meaning" van die verlede te ontwikkel sou sy
bestaan oor en oor geregverdig wees. Maar hy kan dit nie doen nie. Want,
soos Gilliomee uitwys, die WVK bestaan volledig binne die paradigma van die
ANC se perspektief op die geskiedenis - hy is vasgevang in die
voorveronderstelling dat die verlede gekenmerk word deur 'n bose span
"apartheidsvarke" aan die "wit" kant en 'n troep edele ridders vir reg en
geregtigheid aan die "swart" kant. Binne die WVK-proses is daar dus geen
moontlikheid vir dialoog om betekenis te onderhandel nie. Die kultus van
edele ridders uit die struggle moet afgeforseer word op die ander party.

Die probleem wat nou ontstaan is dit. Die groep mense, onder Afrikaners, wat
bereid is om die taak te aanvaar om 'n geskiedenisbeeld te onderhandel wat
met ander partye in die land gedeel word is besig om vinnig minder te word.

Die mag en geweld waarmee die ANC, die WVK en jy en "sizwe" julle eensydige,
venynige (en subjektiewe) propagandabeeld van Afrikaners afdwing veroorsaak
dat al meer Afrikaners hul toevlug neem tot hul eie kultusbeeld van die
Afrikaner - net soos in 1938, maar 'n veel gevaarliker een.

Dit is besig om 'n atmosfeer te kweek wat niks anders sal voortbring as
neo-nazis en ander rassehaters nie. Ek eis as ek sien hoe 'n perspektief van
rassehaat besig is om hand oor hand toe te neem onder die geslag Afrikaners
wat werksafbakening, afsonderlike geriewe, die verbod op gemengde huwelike,
die groepsgebiedewet ens. _afgeskaf_ het.

Dat dit besig is om te ontwikkel verby 'n kultus van die verlede tot 'n
religieuse kultus van rassemeerderwaardigheid wat letterlik 'n godsdiens
word. Hulle is besig om al sterker bande te smee met die neo-nazis in Europa
en Noord-Amerika en met die rassistiese ketterreligieë wat
rassemeerderwaardigheid as geloofsbelydenis huldig.

Om net een rede - daar vind hulle aanvaarding van die kultusbeeld wat hulle
van hulself ontwikkel, omdat die Nuwe Suid-Afrika geen toleransie het vir
hul reg om betekenis te
gee aan hul eie verlede nie.

Ek herhaal - hierdie reaksionêre groep is besig om vinnig groter te word.

Jy met jou haat en snedigheid, Gloudina, "sizwe" met sy leuens, die WVK met
sy partydigheid en Beeld met sy doelbewuste kweek van 'n skuldkultuur is
besig om 'n voorspelling te skep wat homself gaan bewaarheid. Julle is besig
om 'n wig in te dryf om 'n kloof te sper juis terwyl julle beweer dat julle
die verwydering wil ophef.

Julle maak honende opmerkings oor mense wat wil hê almal moet "vergewe en
vergeet" (iets wat ek hoegenaamd nie voorstaan nie - inteendeel) terwyl dit
juis julle is wat wil hê ons moet selektief vergeet,sodat julle ongehinderd
jul kultus van Afrikanerboosheid kan beoefen. Wee die een wat opstaan en
daarop wys dat daar ook ander waarhede is as die wat julle verkondig - die
word uitgekryt vir "apartheidsvarke" wat "nazis verdedig".

Want dit gaan, per slot van rekening nie vir jou oor "die eer van die
Afrikaner" ('n brose konsep op sy beste) nie, nie waar nie, Gloudina? Dit
gaan vir jou tog maar net om jouself teenoor jouself te kan verantwoord in
die laaste van jou dae.

En vir "sizwe" gaan dit, per slot van rekening, nie oor "rekonsiliasie" nie,
maar oor die manipulasie van skuldgevoelens ten einde Afrikaners polities te
neutraliseer.

Ek is net jammer dat julle dit doelbewus doen ten koste van nie net
Afrikaners nie, maar ten koste van elkeen wat 'n belang by hierdie land. die
polarisering wat hier ontstaan sal vir niemand tot heil wees nie.

Geniet die geselskap van die "sizwes" - mettertyd sal jy tevrede moet wees
met geen geselskap behalwe jou eie nie.

Leendert

Koeitjies & kalfies | 14 kommentare

Toe Sizwe, vloek jy nou lekker?

Wed, 20 May 1998 00:00

Jennifer, jy's nie net 'n groot, rassitiese doos nie, maar 'n bleddie
stupid een at that.
^^^^^
Jy sou gewens het jy het een, nè? Maar ek verneem jy betaal altyd maar
daarvoor...

Die Doos
--
Crockitech@kincyb.comP - Remove the CP if you don't want your mail
daemon to Choke & Puke.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Idioom : Ons vat dit soos dit kom

Wed, 20 May 1998 00:00

"Hannes Cilliers" writes: >

> Johan N Potgieter wrote in message

>> Dis nou net die donderstorms met hulle meegaande
> tornados wat effe
>> pla, maar ons neem dit nou al so in ons "stride"
> (Hoe vertaal mens die
>> een in Afr.?)

...ons gly al so oor die struikelblokke" (en doen
> dit fluit-fluit)
>
> Groete
> Hannes

Wat van "ons vat dit soos dit kom."
(We take it in our stride)

Gloudina

Afrikaans, ons taal | 5 kommentare

Hulle moor met Le^ers" deur HENRI LAURIE

Wed, 20 May 1998 00:00

HULLE MOOR MET LÊERS
Henri Laurie

Meer is daar nie, en tog
word die snik en snak en asem van die wenendes
in elke teekoppie gehoor,
in elke handdruk en gange vol deure,
selfs die boks rekkies ruik na begrafnis.
Kantore het moord geword, die ink is giftig
en die telefoon so skerp soos staal.
Die vorms staan tou,
die hand wat skrywe, die naam wat geskryf word,
en elke storie wat langs die slote sluip
of deur die strate hol
word vorm vir vorm ingevul
en dring soos die dood op stilte aan.
My stilte
en joune.

Dat pruike nou dui op dreigement,
dat deernis klop op 'n dooie nommer,
dat ons weet ons belieg word, sonder heenkoms,
nugter niemand meer nie.
Ek gaan my foto-oog weggee, ek kan tog nie
saamhuil oor elke dooie kind nie,
elke hand sy mes bejammer nie---
as elke woord kies tussen sterfte en sterfmaat
verloor selfs stilte sy vreedsaamheid.

Almal speel regter, en wedywer om tussen leuens
die beste leuen te bekroon
met die smalende eerbied van stilte.
Waarom sal ek my tussen katte roos hou,
tussen diefwering en kosyne my soos 'n viool verbloem,
ek kan tog nie hart gee aan elke kreet nie?

Maar wanneer moord op jou posseëls is,
en die messe op die tafel speech maak,
wanneer mure se ore mond word,
en moord verkondig,
wanneer elke dood se spoor in jou koffiemoer lê
en die moordenaar minder bloos as 'n af TV,
en die bloed van die prokureur jou herinner aan 'n
skildery êrens in Italië,
en die planete hyg om by te bly
(selfs slawe het meer tande as ons geregtigheid!)
wanneer by naam geroep word
en die amptelike eggo is papier,
wanneer moord en leuens gewoonte word

Ek soek in my hart
stukkies eerbied, stukkies mens
my swaar arms, my fluitende keel
wees mens met my
ons sal nooit vergeet nie
ons land is 'n tyd van moord.

Prosa & poësie | 0 kommentare

Muti-moorde: 'n Nie-rassige beskouiing

Wed, 20 May 1998 00:00

Muti-moorde het die afgelope week of wat 'n besprekingspil gevorm waarom talle
lesers hul bydraes drapeer het. Hierdie bydraes, egter, het ver tekort geskiet
waar dit 'n insiggewende en ingrypende begrip van die verskynsel aangaan.
Sekere stellings het duidelik hul energie verkry vanaf stereotipering,
sensasionele- en feitelike onkunde, terwyl ander beredeneerd gebore was uit 'n
slinkse rassistiese agenda wat dit ten doel had om Swartes gelyk te stel aan
barbarisme.

'n Meer volledige begrip van muti-moorde kan egter slegs plaasvind met
inagneming van die religieuse en geestelike raamwerk waarin dit vorm vind. In
hierdie opsig bemerk ons 'n tendens wat oor verskeie godsdienstige
verwysingsrame plaasvind. Haas elke godsdiens of geestelike oortuiging bevat
'n mitiese, magiese skadukant. In sommige gevalle (bv. Judaisme) is die
verwantskap tussen die kern en die magiese boetie heel hoflik en verdraagsaam,
terwyl ander gelowe (bv. hindoeisme) hierdie skaduwee sien as 'n perverse
bal-en-ketting. Die Kabbalah, egter, definieer nie Judaisme nie, en is nie
gelyk daaraan nie. Die Shiva-kult definieer nie Hindoeisme nie, nog minder
Hindoes. Voodoo behels eerstens duidelike geestelike beginsels en nie Marie
Laveau met 'n sensasionele slang om haar nek nie. Hekse, sataniste, en
druidiese demone verteenwoordig, in die Christelike psige, 'n perversie van die
riglyne wat die geloof in stand hou. Towernary in Islam leef op die periferie
van die vyf pilare, al is dit integraal deel van sommigge mense se "folk
religion".

Dieselfde met muti-moorde. Geen Sangoma word opgelei om ander dood te maak
nie. Geen Inheemse- of Eerste Nasie Amerikaanse Shaman sien die bose Kachina
as sentrale seening nie. Die natuurgebonde panteisme (of animisme, soos
sommigges hier dit sou noem) behels weliswaar 'n streng kode wat alle vorme van
lewe verheerlik. Muti-moorde is dan, net soos satanistiese offers, 'n
perversie van die kern-geloof. Hierdie praktyk behoort dus aktief besweer te
word, en nie noodwendig vir sy aberrante verwantskap tot die kernparadigma nie,
maar veral omdat dit lewens brutaal ontneem.

Wanneer ons dan muti-moorde veroordeel, behoort ons dit te doen vanuit ons
begrip daarvan as aberrante perversie, en nie as karakteriserend van Swartes of
hul geloof nie. Inderdaad, wanneer 'n Hindoe gelykgestel word aan
bloeddorstige Shiva-offers, 'n Jood aan Kabbalese towernary, 'n Muslim aan
Fetish-mantras, of selfs 'n Christen aan die "magte van die duisternis", grens
dit amper altyd aan vooroordeel, stereotipe, rassisme, en etnosentrisme.

Dis teleurstellend dat so baie van julle hier jul so geredelik vergryp aan 'n
verduideliking wat komplekse kultuur en menswees afwater tot simplistiese
rassisme. Na 300 jaar as bure weet julle niks en nog minder van ons wel en
wee, en verkies julle oenskynlik om die volgende 300 jaar met dieselfde
insulere beskouiinge tegemoet te gaan. Heitsi-Eibib help ons.

Sizwe

Koeitjies & kalfies | 6 kommentare

Bladsye (1838): [ «    1391  1392  1393  1394  1395  1396  1397  1398  1399  1400  1401  1402  1403  1404  1405  1406    »]
Tyd nou: Mon Jan 13 09:47:49 UTC 2025