Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Mandela se pêl

Vr., 22 Mei 1998 00:00

Die Suid-Afrikaanse verwantskap met Indonesie, na my mening, was 'n fout - maar
kom ons vergewis ons van beide argumente, Leendert. Aan die een kant is dit
duidelik dat die Indonesiese besetting van Oos-Timor en die menseregteskendings
daar militeer teen 'n verwantskap met Indonesie. Voorts kan die feit dat
Suharto bykans 'n halfmiljoen "linkses" en "sosialiste" vermoor het nadat hy
Sukarno omvergewerp het (grootliks met die hulp van die VSA en ander Westerse
lande, by the way) nie weggewens word nie. 'n Menseregte-oorweging sou dus
duidelik militeer teen enige verwantskap met Indonesie.

Tog, net soos met die meeste ander wereldlande (ek hoop jy skeer Clinton,
Hashimoto, Ong Teng Cheong, en Kim Young-Sam - Indonesie se grootste
handelsvriende - oor dieselfde kam as Mandela, leendert) neem ek aan dat die
glinsterende ekonomiese potensiaal van indonesie die hoofrede was vir
Suid-Afrika se omarming van Indonesie. Hoe anders - dis die vierde grootste
wereldbevolking na China, Indie, en die VSA. Voorts kon niemand toe die
asiatiese ekonomiese krisis voorspel nie - inteendeel, voortdurende ekonomiese
vooruitgang was die wagwoord. Ek kan my indink hoedat President Mandela se
adviseurs hom aangemoedig het om handelsverwantskappe te smee - veral gegee die
druk van binne die land om die ekonomie te sterk. Indonesie was dan 'n
oenskynlike goudmyn wat, soos ons nou sien, in Suid-Afrika se gesig opgeblaas
het. Ek het destyds al gese dat die verwantskap met Indonesie 'n fout was - ek
hoop, leendert, jy het dit ook toe al gese en gebruik nie nou reaksionere 20/20
visie om hom mee te kritiseer nie.

Ek stel egter ook belang in die Muslim-reaksie in Suid-Afrika. Miskien kan
diegene van julle in Suid-Afrika hierop lig werp. Ek het dit destyds vreemd
gevind dat die Muslimgemeenskap so stil was jeens Indonesie, die wereld se
grootse Muslimbevolking. Wat is die reaksie nou? En praat verskillende
sektore (soo Qiblah en MJC) uit dieselfde mond?

Sizwe

Koeitjies & kalfies | 9 kommentare

Re: Mandela se pel

Vr., 22 Mei 1998 00:00

SizweBanzi skryf:

> 'n Menseregte-oorweging sou dus
> duidelik militeer teen enige verwantskap met Indonesie.

Ek neem aan dieselfde oorwegings geld vir China?

> Tog neem ek aan dat die
> glinsterende ekonomiese potensiaal van indonesie die hoofrede was vir
> Suid-Afrika se omarming van Indonesie.

So, om dieselfde rede word daar ander pad gekyk met China?

Terloops, wanneer kan ons demokratiese verkiesings te wagte wees in die
"Demokratiese" Republiek van die Kongo ?

Groete

Henri Burger, Tzaneen. RSA
'Afrika is Nie vir Sissies Nie!'
(e-mail: remove 'sukikaki.')

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Programeerders

Vr., 22 Mei 1998 00:00

Peter Godwin skryf in 'Opinion' (Financial Mail 22/5/98):

"When I flew out of SA back to New York last month, I sat next
to a woman who was a recruiter for a US computer personnel
placing agency. What she, and others like her, has to offer is a
two-year
contract and a green card. In her five-day trip she had signed up a
hundred
senior computer programmers. SA, she said, was now her most fecund
hunting
ground, overtaking Australia, Israel, and India. A quarter of her
recruits were
black. All of them,......,recounted the same litany of motivations that
made them
leave SA: security, security, and more security."

Sal hulle nou gevolg word deur 'n uittog van ingenieurs?

"The drum of dread is not one that I wish to beat...........But fear, it
seems, is the most
potent currency of our time. It has now become the way in which
middle-class whites
tittilate themselves into believing they live a more exotic and dashing
life than that their
pleasant, but on the whole unremarkable suburban existence, might in
fact appear.

Tales of violence have become the new pornography in which episodes gain
in horror
at every hushed retelling, ...........We've all done it. But it has a
serious multiplier effect
on emigration.

In the murky world of emigration figures, where few emigrants declare
their real intent,
and holidaymakers simply don't return, some surprising trends are
already becoming
apparent. 'Nonwhite' emigration is one.

Another is that Afrikaners are scarpering at about the same rate as the
rest of the white
population. There are many myths about Afrikaners. People overseas still
tend to think
about the average Afrikaner, for example. in terms of the Anglo-Boer
war. They see him
galloping across the veld on a trusty bush pony with nothing but a sack
of biltong and a
bottle of mampoer in his saddlebag, and a rifle on his back. Some
Afrikaners themselves
have fallen for this mythology. In reality the average Afrikaner today
is probably living
in Randburg, worrying about security like everyone else."

Peter Godwin is die outeur van, Mukiwa-A White Boy in Africa.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Wat is Regs

Vr., 22 Mei 1998 00:00

My vraag aan Gloudina, wat is ekstreem regs ?
Jy gooi nou met woorde waarvan ek twyfel of jy die betekenis daarvan
ken.
KM

Koeitjies & kalfies | 10 kommentare

Vir Gloudina - Liriek se musiek (MP3)

Vr., 22 Mei 1998 00:00

Wel...

Ek het uiteindelik daai CD klaargemaak en is besig om MP3's te skep van al
die liedjies op dit. As jy belangstel om dit te hoor, stuur maar so 'n e-
possie, dan sal ek dit aanstuur. Die MP3's is redelik groot ( so 1.5 Mb elk)
Die website is ongelukkig nog nie op waarvan dit afgelaai kan word nie (Sal
hopelik Real Audio ook op hê.)

-Gideon-

-----== Posted via Deja News, The Leader in Internet Discussion ==-----
http://www.dejanews.com/ Now offering spam-free web-based newsreading

Musiek & liriek | 5 kommentare

Oor mense en taalgebruik

Vr., 22 Mei 1998 00:00

"Henri Burger" writes: >

> Gloudina,
>
> Doen ons 'n guns, en maak 'n soortgelyke ontleding van Sizwe se taalgebruik,
> veral teenoor vrouens, en vertel ons ook meer van sy agtergrond. As jy
> mans(vrou)genoeg is, het jy mos die geleentheid om te bewys dat jy nie
> selektiewe moraliteit toepas nie.
>
> Groete
>
> Henri Burger, Tzaneen. RSA
> 'Afrika is Nie vir Sissies Nie!'

Henri, ek is baie preuts wat slegte
taal aangaan, en keur nie enigiets
in daardie lyn goed nie. (En ek wil
vir jou sê dat ek jou goeie en skoon
Afrikaans besonder geniet. Ek hou ook
van die inligting wat ek uit jou poste
kry.)

Dit gesê, moet ek net jou aandag
daarop vestig dat "Sizwe" se plat taal
beperk was tot een vroumens wat aanhou-
dend sterk gekruide taal en persoonlike
aanmerkings teen 'n hele klomp mense
gemaak het. (En wat ons nou uitvind ook
private eposte aan mense gestuur het om
hulle aan te val.) Ek neem aan dat
Sizwe aan Jennifer wou wys dat as dit
nou kom by gekruide taal, hy met die
beste kan meeding. Ek hoop egter dat
hy nie weer daarmee sal voortgaan nie.
Want sy andersinds gekultiveerde en
deurdagte Afrikaans is 'n aanwins op
hierdie nuusgroep. Ons het hom nodig.
Miskien nodiger as wat ons mekaar nodig
het.

Gloudina

Naskrif: Ek moet egter bieg dat ek eenkeer, net eenkeer
gekruide taal op die nuusgroep gebruik het. Dis toe ek
vir Mafuta "die Gat van Kimberley" genoem het. Ek is
jammer Vetsak - sal dit nie weer doen nie.

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Die Indonesiese krisis.

Vr., 22 Mei 1998 00:00

Arthur Hagen heeft geschreven in bericht ...
> @igs.net heeft geschreven...
>> Dis mos die Indonesiese mense wat weet
>> hoe om "amok" te maak!
>
>
> Dat lijkt me niet, als dat wel zo was, dan is dat niet bijzonder vleiend
> voor de Indonesiers: niet alleen zij barsten wel eens in redeloze razernij
> uit. In Noord Europese landen kennen we bijvoorbeeld "berserkers" en ik meen
> dat er ook in het Japans een specifieke term was om iemand in staat van
> "amok" te beschrijven. Ik wel eens gelezen over 1 enkele amokmaker die -voor
> hij werd overmeesterd- 14 mensen doodde met mes en blote handen!

Ek dink, Artuur, dat dit maar 'n skalkse verwysing deur Gloudina was na die
oorsprong van die woord "amok".

Groete, Leendert

Koeitjies & kalfies | 7 kommentare

Re: Visum vir Australie en gasvryheid

Vr., 22 Mei 1998 00:00

Vertel my van die Suid-Afrikaners wat ander Suid-Afrikaners in 'n ander land
misbruik!!! Gister het 'n familie van 3 ons "hotel" verlaat na 6 weke! En hulle
was nie eers ons vriende in Suid Afrika nie. Het wel $700 (Cdn) betaal, maar dit
het nie eers hulle kos betaal vir die 6 weke. Hulle is blerrie yuppies wat die
geld het om te betaal maar misbruik ander se gasvryheid! Het ook net gesit en
gewag dat kos, koffie, ens, gemaak word, sonder om te help. Spoilt brats. Dit is
die laaste Suid-Afrikaners wat ons help. 'N mens wil nie geld maak uit nuwe
emigrante, maar die goedkopste hotel hier kos $45-00 per aand, sonder kos,
e-mail, klerewas/stryk, telefoon, transport, ens... Dit is net goeie maniere om
vir jou gasheer te vergoed vir sy extra moeite.
Ons het ons les geleer en waarsku ander Suid-Afrikaners: as jy nuwe SA emigrante
wil help (of die LSD groepe), voordat hulle by die lughawe aankom, maak seker
dat hulle weet hoeveel dit gaan kos om by julle te bly terywl hulle hulle voete
vind in 'n nuwe land!
'n ex-gasheer in Canada
>
Onrusstoker wrote:

> nomad@rest.oasis wrote:
>
>> Ek sit hier oorkant die Tasman maar is nie lus om te gaan kuier (vir julle
>> langnaweek in Junie) as ek WEER 'n visa moet kry nie.
>> In elk geval, dankie.
>
> Skies as ek ongeskik geklink het,
> maar ek is al moeg vir al die windgat yuppies wat wil emmigreer
> net oor dit hul sak pas, en aan niks anders dink nie.
> Hier is ook al baie stories van sulkes wat hier aankom en dan
> kom hulle nog verniet verblyf soek by ex-Suid Afrikaners
> en misbruik sommer hul gashere se telefoon vir duur internasionale
> oproepe.
>
> Daar is nie baie van hulle nie, maar net 'n paar is genoeg om
> 'n gat te maak van die goeie naam wat Suid Afrikaners het.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Aan Leendert: die Afrikaner en sy geskiedenis

Do., 21 Mei 1998 00:00

Leendert,
Jy beskuldig my dat ek die geskiedenis van die
Afrikaner probeer negeer. Jy baseer jou aanklag op
die feit dat ek vir iemand gesê het dat hy nie elke
keer "Bloedrivier en Bloukrans" moet skree wanneer
daar 'n misdaad gebeur wat deur 'n nie-blanke gepleeg
word nie. Dat dit gevaarlik is om die gebeurtenisse
van die verlede (met hulle gekompliseerde oorsake en
gevolge) om te skep in ikone wat rasse-haat aanmoedig.
Laat ek jou weer iets vertel uit my eie geskiedenis.
Toe ek nog jonk was, het ek gaan werk in 'n skool wat
vernoem is na Dr. Adams, 'n Amerikaanse sendeling
wat met ander Amerikaners onder die Zulu gewerk het
in die middel van die vorige eeu. Hulle het stil in SA
ingekom en skole gebou. Die Zulus het van hulle gehou.
Toe die Voortrekkers in die gebied aankom, het Daniel
Lindley ook vir die Voortrekkers gehelp met doop- en
trousake. Op skool is ek net altyd vertel van die wreed-
aardige Zulus en is geindoktrineer met die idee dat alle
swartes teen alle wittes is. Niemand het vertel dat wit
en swart vreedsaam op die Ooskus saamgelewe het nie.
Nou word ek uitgenooi om by Adams College te
kom klasgee in Afrikaans. Na 'n ruk kom my prinsipaal
('n Zulu) na my en vra my om ook Geskiedenis in Graad
10 te gee - my ander BA-hoofvak was Geskiedenis en hy
het iemand vinnig nodig gehad vir die Geskiedenis-klas.
Ek smeek en smeek hom om dit nie van my te verwag nie.
Deels pleit ek dat my Engels nie goed genoeg is nie. Maar
ek kyk ook reg in sy oë en vra vir hom hoe ek, Afrikaner,
nou met 'n klas vol Zulus Bloedrivier kan bespreek. Hy
glimlag net en sê vir my dat ek miskien die beste een is om
dit te doen.
Met die jare het ek uitgevind dat hy reg was. Ek het nooit
moeite gehad om dinge te verduidelik rondom die kontak van
wit en swart in die vorige eeu nie. As jy al die omstandighede
aan hulle verduidelik het, het die swart studente hulle eie
opinies gevorm. Somtyds het hulle uitgevaar teen wat hulle
as onregverdighede gesien het. Ek het probeer om dinge in
perspektief te stel. En in die finale analise het hulle ook begin
om te leer wat dit is om Afrikaner te wees in die komplekse
land wat Suid-Afrika is.
Oor die moord op Piet Retief: meestal het die studente
saamgestem dat dit 'n slegte daad was wat Dingaan gepleeg
het. Veral as ek hulle attent daarop gemaak het dat hy ten
minste verlof kom vra het om grond vir sy mense te kry. (Nie
soos sommige mense uit Europa wat hier in Noord-Amerika
eers geskiet en toe gepraat het nie.)
Nog 'n naskrif oor Piet Retief: ek ken 'n nasaat van Piet
Retief in Suid-Afrika. Toe ek vir hom sê dat Piet Retief
een van my helde was, juis omdat hy die ordentlikheid gehad
het om te gaan vra vir grond, toe sê hy vir my hy het nog
nooit so daaraan gedink nie. In hulle familie beskou hulle
Piet Retief maar net as 'n grensboer wat geld geskuld het en
wou wegkom van sy finansiële verpligtinge.
So, in Suid-Afrika (net soos in Kanada en Bosnié en
Ierland) is herkoms en ras iets wat liefdevol en vol begrip
benader kan word, of dit kan die aaklige energie word vir
rasse-haat. Ek bid dat Afrikaners in Suid-Afrika die wys-
heid sal ontwikkel om saggies te loop en nie "Bloedrivier
en Bloukrans" te skree nie. En nie monolitiese uitsprake
te maak oor rasse-aangeleenthede nie. Wat sê jy as Afrikaner
vir iemand wat afstam van 'n San voorsaat en 'n Afrikaner
voorsaat? En wat vir jou vra hoekom hy en sy voorsate so
gely het die afgelope driehonderd jaar. Sê vir my Leendert,
wat sê jy vir hom?

Gloudina

Koeitjies & kalfies | 7 kommentare

Bladsye (1834): [ «    1389  1390  1391  1392  1393  1394  1395  1396  1397  1398  1399  1400  1401  1402  1403  1404    »]
Tyd nou: Di. Jan. 20 01:49:03 UTC 2026