Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Gedig van HENRI LAURIE

So., 24 Mei 1998 00:00

GEDIG van HENRI LAURIE

ek gee vir jou 'n buidelruimte
hier binne-in jou kop
met hartklop en 'n warm skaamte
'n sagte voering vir jou binnedop

en al wat nou van jou gevra word
is om jou blindelings te bind
om saam met elke klem te kriewel
die vlees te word wat jy verslind

Prosa & poësie | 0 kommentare

Mandela se pêl

Sa., 23 Mei 1998 00:00

Ek sien Soeharto is toe uiteindelik afgesit.

Dis nou die een vir wie Mandela die Orde van Goeie Hoop omgehang het.

(En wat 'n tjekkie of wat gegee het vir die ANC se verkiesingsfonds?)

Nou wonder mens: Gaan Mandela ook daarop aandring dat Soeharto voor 'n
tribunaal verskyn om te antwoord vir sy menseregteskendings?

Leendert

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Aan Leendert

Sa., 23 Mei 1998 00:00

Leendert,

Baie geluk met 'n uitstekende plasing oor kultusse.Jammer dat ek vir jou
direk skryf.
Ek het uiteindelik 'n paar goeie ontdekkings gedoen, danksy jou hulp, en
"sien" nou meer plasings as ooit tevore. Ek wil jou asseblief 'n groot guns
vra.
As jy miskien al die " So hou ons partytjie" response geliasseer het, kan
jy dit asseblief vir my e-pos stuur?

Noudat ek uiteindelik baie plasings sien, sien ek vir die eerste keer
hierdie antwoorde, maar kry toe die boodskap:" This message is no longer
available ..." toe ek dit wou aflaai. Is dit miskien moontlik vir jou? Wie
beeindig 'n string? Daar is heelwat van die ander stringe, soos "Vriende
oorsee..." waarin ek dieselfde boodskap kry. Dis tog nie so oud nie, is
dit?

Jou uittsaande repliek in "kultusse" word baie hoog op prys gestel.

Vriendelike groete. Van Griet.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Testing

Sa., 23 Mei 1998 00:00

Ek toets net!

Bye!
Hein

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Vra maar net.

Sa., 23 Mei 1998 00:00

Kan iemmand dalk vir my verklaar hoekom Amerika vir Irak in die steentydperk
in wil bom omdat hulle vermoedelik wapens van massavernietiging vervaardig
en vir Indie net met sanksies dryg?

Hennie

Koeitjies & kalfies | 9 kommentare

Re: Vra maar net.

Sa., 23 Mei 1998 00:00

Hennie Louw skryf:

> Kan iemmand dalk vir my verklaar hoekom Amerika vir Irak in die steentydperk
> in wil bom omdat hulle vermoedelik wapens van massavernietiging vervaardig
> en vir Indie net met sanksies dryg?

Hennie,

1) Hoeveel olie kan Indië se onmiddellike bure aan die VSA verskaf?
2) Hoe ver moet 'n ballistiese missiel van Indië af trek om Israel te tref?

Groete

Henri Burger, Tzaneen. RSA
'Afrika is Nie vir Sissies Nie!'
(e-mail: remove 'sukikaki.')

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Die Mafuta-kletser

Sa., 23 Mei 1998 00:00

"Mafuta" writes: >

>> Leendert sit een en een bymekaar en jy sal sien dat ons "GIS KOEI" is selfs
>> maar bietjie blas.

Mafuta, ek wonder hoekom jy die woord "gis-koei"
as 'n belediging gebruik? Kan jy my ook weer
vertel wat die woord "gis" beteken as dit in
verband met "koei" gebruik word. Ek onthou daar
was iets soos "gismelk." Was dit die melk wat
die koei gehad het as dit 'n kalfie het - en dus
melk wat mense nie gedrink het nie? Waarom is
dit 'n uitdrukking wat 'n vrou beledig? Of is
jy nou maar net minagtend oor alle vroue, en
kies die dinge wat te doen het met die vrou se
unieke mag om kinders voort te bring en te
voed, om haar te beledig.

>> Ek sal darm graag eendag my vingers deur my kleinkinders se hare trek
> sonder
>> dat dit vashaak.

> kom
>> kuier en sien hoe lyk kinders wat verkrag word (hier by die groot gat) en
>> die verkragters sal nooit 'n regverdige vonnis kry nie.

Ek hoef nie na Afrika te gaan om dinge te sien
wat aan kinders gedoen word nie. Hier skiet
kinders nou vir kinders gereeld dood. Hier in
Kanada kom kinders nou voor die hof wat
vir Reena Virk (van Asiatiese oorsprong) gelok
het na 'n beskutte plek, toe vir haar met
sigarette gebrand het, haar toe papgeslaan
het en toe daar laat lê het. Daar was 'n
hele klomp toeskouers. Toe die rivier later,
omdat dit hoogwater was, opgestoot het, het
Reena Virk verdrink. Meeste van Reena Virk
se aanvallers was meisies.

En hier in Noord-Amerika, veral in die VSA,
is "wit" Amerikaners geneig om "nie-wit"
Amerikaners te beskuldig dat hulle die oor-
saak is van al die slegte dinge wat gedoen
word. Maar 'n mens let op dat omtrent elke
seun wat die afgelope tyd in skool-moorde
in Amerika aangekla word, wit is.

Gloudina

Koeitjies & kalfies | 6 kommentare

Afrikaanse filmfees

Sa., 23 Mei 1998 00:00

Vir diegene wat gatval is vir amerikaanse popcorn movies, Westgate shopping
centre daar ver op die wesrand screen 'n hele reeks afrikaanse flieks, van
daardie ou swart en wittes, hierdie komende week (23 Mei en aan). Ek gaan
vanmiddag Katrina kyk, en ek weet goed soos Lord oom Piet, Kimberley Jim en
ander uit daardie era wys.

Vir die wat nie weet nie, Katrina is in 1969 deur Jans Rautenbach gemaak, 'n
fliek oor liefde oor die kleurlyn heen, wat natuurlik destyds nog taboe was.
Sjoe, om te dink dat ons ou volkie wragtag seks probeer reguleer het.

Bel die fliekhuis 768 0608 vir 'n progam.

Charl

-----== Posted via Deja News, The Leader in Internet Discussion ==-----
http://www.dejanews.com/ Now offering spam-free web-based newsreading

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Amway / My reaksie op Johan!

Sa., 23 Mei 1998 00:00

Nou wil ek heeltemal verskil met Johan(in verwysing na sy skrywe wat
antwoord op myne): Ek kan nie sien hoedat ek versigtig moet wees of
enigiets kan verloor nie. Selfs die bedrag wat jy in die besigheid in stoot
is nie eers so baie nie + dit is boonop eenmalig! So, verseker behoort dit
geen groot verandering aan jou finansiële status teweeg te bring nie!

My opinie is dat as almal saam staan m.b.t die skema almal daaruit mag
baatvind & grootliks 'n sukses daarvan behoort te maak. Nou ongelukkig weet
ek nie van waar jy is nie Johan, maar hier in Suid-Afrika is juis die
Publieke & Private Sektor besig om van Blankes ontslae te raak(Hulle noem
dit Regstellende aksie). Dus as jy nie eie inisiatief aan die dag lê om jou
eie besigheid te begin nie sien ek maar swarigheid! Ai as ons
Suid-Afrikaners maar net kan saam staan, sal die wêreld vir ons soveel
makliker wees!

Terloops; as dit Amerika kan werk hoekom nie hier ook nie??! Jammer vir die
volgende uitlating, maar ek dink ons as Suid-Afrikaners het grootliks
gemaksugtig geword en dit kan nog ons ondergang beteken.!!!
SO KOMAAN VRINNE KOM ONS STAAN SAAM & PROBERR ALLERMINS IETS AAN DIE SAAK
DOEN!!

Groete uit die Baai!
Hein / hie...@intekom.co.za

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Renee van België

Sa., 23 Mei 1998 00:00

Groete uit Suis-Afrika. Stuur asseblief weer jou e-pos adres vir my. Ek het
per abuis
uitgevee. Hoor graag weer van jou.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Bladsye (1835): [ «    1388  1389  1390  1391  1392  1393  1394  1395  1396  1397  1398  1399  1400  1401  1402  1403    »]
Tyd nou: Sa. Des. 20 08:32:16 UTC 2025