Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Vir Gloudina

Wo., 27 Mei 1998 00:00

Gloudina,

Ek will jou 'n guns vra. Ek weet nie of jy kan help nie maar as jy kan sal
ek dit waardeer.

My niggie is dinsdag in kanada vermoor. Sy het in High Prairie, Alberta
gewoon. Ek kan nerens 'n "on-line" berig vind op die internet nie, behalwe
in die beeld. As jy my inligting kan gee oor waar om te kyk sal ek dit
opreg waardeer.

Neels

Koeitjies & kalfies | 23 kommentare

Wat is 'n Afrikaanse Afrikaner?

Wo., 27 Mei 1998 00:00

"Jennifer L. Logan" writes: > >


"Ek het nog nooit 'n onAfrikaanse Afrikaner
> raakgeloop soos jy nie. In die tyd van die tweede wêreldoorlog sou mense
> jou gevang het voor duidelike "landsverraad".

So, Jennifer, jy neem dit op jou om
Afrikaners te oordeel. On-Afrikaanse
Afrikaner noem jy my. My voorvader
aan vaderskant kom suid van Denemarke
in 1706 na suidelike Afrika. My voorsate
aan moederskant kom in 1688 as Hugenote
uit Frankryk (heelwaarskynlik via
Nederland.) Ek is 'n Afrikaner in murg
en bloed. Hou op om vir opregte
Afrikaners te sê hoe hulle moet voel
of dink. Waar kom jou voorvaders
vandaan. Waar is jy gebore. As jy
enigsins 'n eerbare haar op jou kop
het, vertel dit vir ons.

Gloudina

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

DIE BEGIN VAN ALLES..........!!

Wo., 27 Mei 1998 00:00

Ons gaan kyk toe na 'n spesiale hoe-resolusie-grootskerm film
in 'n spesiale teater, 'n film oor die sterre en die heelal en alles.
Die kamera begin by 'n waterdruppel uit 'n moeras.
Dit wys eers klein watervlooitjies wat binne die druppel rondswem,
dan zoem dit in na nog kleiner dingetjies,
eensellige diertjies en nog kleiner: X-Y-chromosome en DNA,
na al kleiner dinge zoem die kamera.
Dan molekules en atome en elektrone ens.
'n ongelooflik ingewikkelde en wonderbaarlike heelal in 'n waterdruppel!

Daarna gaan die kamera weer verder terug, dit zoem uit:
vanaf lande en oseane na die aardbol, sonnestelsel, die melkweg,
"clusters" van sonnestelsels, swart gate ens, tot by die "einde" van
die heelal, daar waar die slimste mense nie eers meer kan raai
wat daaragter le nie. Afstande en dinge wat so groot is dat jy dit
nie eers kan verwerk nie.

Dit laat mens dink hoe ongelooflik groot en kompleks dinge is,
en hoe nietig (maar wonderlik) die mens is in die groot skema van dinge.

Iets kan nie sommer uit niks geskep word nie,
die heelal kan nie vanself of "toevallig" gebeur het nie.
Dit is die 2de wet van termodinamika,
(maar dis sommer "common sense" ook).

Of mens nou glo in evolusie of 'n letterlike interpretasie van
die bybel of in die "Big Bang" of wat ookal
jy kom een of ander tyd uit by 'n BEGINPUNT:
IETS of IEMAND moet agter die skepping
van die heelal en alles daarin wees.
IETS of IEMAND wat oneindig veel slimmer is
en meer kan vermag as die mens, en nie in tyd of ruimte gebonde is nie.

"Want my gedagtes is nie julle gedagtes nie,
en julle wee is nie my wee nie, spreek die Here. Want soos
die hemel hoer is as die aarde, so is my wee hoer as julle wee en
my gedagtes as julle gedagtes" Jes 55:8,9

"Ek is die Alfa en die Omega, die begin en die einde." Openb 21:6
"U, o Here, het in die begin die aarde gegrondves en die hemele
is werke van u hande. Hulle sal vergaan, maar U bly; en hulle sal
almal soos 'n kleed verslyt, en soos 'n mantel sal u hulle toerol,
en hulle sal verander word, Maar U is dieselfde, en U jare het
geen einde nie." Heb 1:10

Die Bybel is tog maar 'n interesante ou boekie ne?
Party mense verkies om nie te dink oor bogenoemde dinge nie,
hulle vermy dit maar net gaan aan.
Ander is arrogant en dink die mens kan alles verklaar.
Nog ander bly wonder en soek...

Vriendelike groete!
|
| ___/////
| / \ /|
| / O \ \/ |
J > / /\ |
\_________/ \|
\\\

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Dankie, ou tante!

Wo., 27 Mei 1998 00:00

On 26 May 1998 13:40:28 GMT, wrote:

> jnpj...@bigfoot.com (Johan N Potgieter) writes:
>
>
>
> Hoekom is die dele waar bende geweld hier in Amerika
>> plaasvind meesal swart???
>
>
> Omdat jou geliefde en veelgeprese "Amerika"
> dele het wat net so "agterlik" is as die
> SA waarop jy so gif spoeg. En surprise,
> surprise, wie sit met die geld in die sak
> en op die beste plekke. Die immigrante uit
> Europa, al het sommige van hulle via
> SA gekom.
>
Jy maak my punt vir my! Dankie.

Ek het nog nooit ontken dat daar agterlike dele in die VSA is nie,
maar ek het jou al voorheen op die verskille gewys: kortliks - jy moet
hier in die hole gaan inkruip waarmee jy so goed bekend is, om die
agterlike dele te sien, dis nie in elke huishouding se agterplaas waar
Miena se bed op bakstene staan nie; en op die rand van elke dorp wat
jy deurry nie, en in die parlement van die land nie, en op die grond
wat aan "plaaslike bevolking" behoort nie.

Ek spoeg nie gif op SA nie - ek is hartseer oor die situasie en ek is
nie blind vir die feite nie en ek is nie bang om polities onkorrek te
wees nie.

Gloudina, blankes sit met die geld op die beste plekke! Dit vat
breins om dit reg te kry! Wit Europese breins! En dis 'n feit - en
as jy dié feit gebruik om swart mense af te skiet, doen jy sonde. Jy
kan hulle slegs kritiseer omdat hulle nie verantwoordelikheid vir
hulle eie dade en beleid wil aanvaar nie.

Hou op om haat te saai, Gloudina. Saai eerder liefde en vergifnis.
Ek weet ek praat nou maklik, want ek het nog nie familie aan die
geweld in SA moes afstaan nie. So ek kan hulle nog vergewe as hulle
die land deurtrek. Dis net jammer dat so baie blankes daaronder
swaarkry, sonder dat dit hulle eie toedoen is.

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

AUSTRALIE: SKIESTOG, ASSEBLIEFTOG......???

Wo., 27 Mei 1998 00:00

Ek sal 'n stukkie wat julle interessant sal vind kort en bondig
en neutraal (!) probeer weergee: (Gevoellige onderwerp:
Maak nie saak wat mens sê nie, jy beland in die sop!)

'n Spesiale dag is in Australie opsygesit, 'n "SORRY DAY",
en die idee was dat Australiers vrywillig registers gaan
teken en seremonies bywoon in skole en kerke
om te sê hulle is jammer oor wat alles aan die Aboriginees gedoen is.

Dit het hoofsaaklik te doen met (verwaarloosde?) Aboriginese
kinders wat van hul ouers weggeneem is en in koshuise gesit is.

Meeste australiers wil daarmee niks te doen he nie,
omdat dit baie lank gelede gebeur het en omdat die huidige geslag
niks daarmee te doen het nie.
(Anders as die Waarheidskommissie, wat sommer oor vars gebeure gaan)

Mense vra hulself af hoekom hulle "I'm sorry" moet sê oor iets
wat hul nie gedoen het nie, en ander sê dat jy moet, want om te
sê jy is jammer beteken nie dat jy skuldig is nie...
Die Australiese regering wil nie meedoen nie want 'n skulderkentenis
kan dalk biljoene dollars se eise tot gevolg he...
En dan is daar die semantiese kwessies: eerder "reconciliation day" as
"sorry day", of miskien eerder "acknowledgement day" ??? ens.
Daar is skandalige Aussie rassiste aan die een kant en dan is daar
apologete
aan die ander kant wat wil skies vra dat hul wit is,
en dan is daar 'n groot klomp aussies tussenin..
En daar is Abboriginees wat sê 'n "sorry" is genoeg,
maar party wil kompensasie ook he...

Mens vra jouself af waarom miljoene aussies elke jaar dweep "Lest we
forget"
oor die Anzac veldslag ('n slag wat mitiese proporsies aangeneem het en
waarmee die meeste niks mee te doen gehad het nie), maar dan skryf hul
"Sorry day" af oor dit niks met hul te doen gehad het nie...

Anders as die swartes wat mag verkry het in SA,
(en nou basies kan doen wat hul wil),
is die Aboriginees 'n klein minderheidsgroepie,
wat nooit politieke mag deur die stembus sal verkry nie.
(soos die boesmans.)
Die enigste politieke of ekonomiese mag wat hul kan uitoefen is
om d.m.v. die hooggeregshof spesiale voorregte te beding oor grondbesit
ens. Deel van die taktiek is om te fokus op hoe hul ingedoen is
in die verlede en hul te beroep op internasionale "menseregte" ens.

Die gevaar is natuurlik dat daar 'n "backlash" kom van blankes wat
gatvol
raak oor al die "gekerm" oor die verlede en die melk van
"skuldgevoelens".
Ook is die gevaar dat die Aboriginees in 'n groef vasval waar hul
nie verantwoordelikheid wil aanvaar vir hul eie situasie en toekoms nie.

Vriendelike groete!
(En skiestog, asseblieftog oor almal se moere wat ek poer met my briewe)
|
| ___/////
| / \ /|
| / O \ \/ |
J > / /\ |
\_________/ \|
\\\

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Re: AUSTRALIE: SKIESTOG, ASSEBLIEFTOG......???

Wo., 27 Mei 1998 00:00

GALJOEN writes:

> Die gevaar is natuurlik dat daar 'n "backlash" kom van blankes wat
> gatvol
> raak oor al die "gekerm" oor die verlede en die melk van
> "skuldgevoelens".
> Ook is die gevaar dat die Aboriginees in 'n groef vasval waar hul
> nie verantwoordelikheid wil aanvaar vir hul eie situasie
en toekoms nie.

So, Galjoen, praat elke "blanke" in
Australi"e wat vergeet het dat hulle
voorsate met geen by your leave in
'n anderman se land ingestap het en
hom daar gaan plak het. Nou bekommer
hulle hul dat die Eerste Nasies van
Australi"e in 'n groef sal vasval!
Hier in Kanada het die kerke al klaar
hul jammerte uitgespreek vir die
ontworteling (en in baie gevalle
fisiese en seksuele aanranding) wat
die Eerste Nasies moes ondergaan in
die regeringskoshuise. Dit maak nie
seer om te sê jy is jammer nie. Dis
nou die seisoen vir vergiffenis.
Selfs die Japanese doen dit.

Gloudina

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Transformasie

Wo., 27 Mei 1998 00:00

Die Sekretaris-Generaal van die ANC kla dat die waghondsturkture wat die
grondwet daarstel nie behoorlik "getransformeer" is nie. Daarom wil hy hê
die ANC moet 'n tweederdemeerderheid kry, sodat hulle die grondwet kan
wysig. Dis nou strukture soos die ouditeur-generaal.

Die Adjunk-President van die ANC (Jacob Zuma) wil regters verjaag wat
uitsprake gee wat die ANC nie pas nie - want hulle is nie "getransformeer"
nie.

Selfs Beeld kan nie meer wegsteek wat besig is om in die land te gebeur nie.
In vandag se redaksionele kommentaar op eBeeld skryf Beeld dieselfde dinge
wat al herhaaldelik op hierdie NG geskryf is - en wat elke keer met bloedige
venyn deur die Gloudinas en Ferdis aangeval word as "rassisties",
"selfsugtig", ens. Of daar word beweer dat dit nie so erg is as wat dit
onder die vorige regering was nie.

Die artikel verwys na die verslag van die outideur-generaal en wys op die
grootskaalse vermorsing van staatsfondse. Hy skryf dit hoofsaaklik toe aan
die verdrywing van bekwame amptenare weens regstellende aksie en die
ontmagtiging van die wat oorbly:

"Some of the mistakes that Kluever highlights are inexcusable, such as
tender procedures that are not followed, salary overpayments and incomplete
and untidy statements that are handed in late.
The problem is that the civil servants who are capable of doing the work
have either been driven out or have decided that there is no future for them
in the public service. The inevitable result is an administration which
makes mistakes."

en vervolg:

"The Speaker of the Mpumalanga legislature, for example, admitted on Monday
that his people don't have the ability to obey the rules of their own
legislature."

Die volledige artikel is by: http://www.ebeeld.com/softnews/editor.htm (Lees
dit, Gloudina, voor jy weer kom met stories van toilette in die veld.)

Dit skop af met die volgende stelling:

"The excuse that there is not enough money in the state coffers for
essential expenditure, is one that is often heard these days. Requests that
the public should please come to the rescue with donations so that the
public service can be kept 'roadworthy' no longer fall strangely on the
ear....Embezzlement amounts to hundreds of millions of rands."

Maar die reaksie van twee van die drie topmense van die ANC is om te kla dat
waghondorgansiasies nie "getransformeer" is nie, en dat die grondwet gewysig
moet word sodat hulle "without fetters" kan regeer!

Intussen word 2.8 moorde per uur gepleeg en 5.8 verkragtings. Die getal
moorde wat op boere (mans, vroue en kinders) gepleeg word is 20 maal groter
as op enige ander identifiseerbare groep in die samelewing (volgens die
Parlementêre verslag).

Maar Mandela maak 'n ikoon van die skietdood van "Angelina", en Gloudina
juig oor Mandela se selektiewe. rassistiese optrede in hierdie geval.

Groete, Leendert

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Afrikaans/Engelse woordelyste

Wo., 27 Mei 1998 00:00

Is daar moontlik Afrikaans/Engels-woordelyste beskikbaar - en waar? (Kennis
is geneem van die WordPerfect-spelkontroleerder.)
Jakes

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

NP se laaste asem ...

Wo., 27 Mei 1998 00:00

On Tue, 26 May 1998 22:24:51 -0600, "Henri Burger"
wrote:

> As jy my vra, is hulle doelbewus besig om hulle self te laat verdwyn. Ek
> meen, hoe anders kan 'n mens dit interpreteer as hulle 'n hoofseun as
> hoofleier kies?
>
Ja, die "hoofseun" is gekies toe ek nog in Sa was - wat 'n
teleurstelling. In die verlede is 'n ou darem toegelaat dat sy
studente baardjie harder word voor hy heeltemal in die werklikheid
toegelaat word. Maar 'n man wat darem nog sit met melktande en wat
lyk of hy nog sy kleurbaadjie aan het ....!?!?

Daar was maar baie sulke teleurstellings - ek kan nou nie sê ek was
'n groot NP aanhanger nie, maar aan gebrek aan iets beter, het ek maar
so half onwillig saamgestap.

En die een ou wat ek gehoop het kan sy loopbaan skoon eindig, stel my
toe ook teleur. Ek het FW eenmaal ontmoet voor hy nog president was
toe hy by my vriend se skoonpa op Gansbaai gaan kuier het. Ek was
baie beindruk met die persoon, die manier waarop hy met sy seuns
gepraat het en net dood eenvoudig die manier waarop hy teenoor 'n paar
van ons opgetree het wat in 'n laer liga gestaan het.

En nou gooi hy sy vrou so weg .... ek is net bloot baie teleurgesteld!

Ewenwel, ja, dan klink dit of die NP nou laaste asem uitblaas. Nie
dat hulle juis veel meer as kaneel gep..p het die afgelope drie of
vier jaar nie.

En nou, wat gaan van die Kaap word? En al die Transvalers wat so
afgestroom het soontoe? En die buitelanders wat die eiendomspryse so
daar opgejaag het?

O hel, gelukkig is die Kaliforniese, Kanadese en selfs die Minnesota
wyn baie lekker!

My ma kuier nou by ons en dit maak 'n mens baie hartseer as jy nou
hoor hoe dinge verder en verder verswak en die land verder en verder
vergaan, stadig, maar merkbaar as jy na agt maande se afwesigheid weer
vars eerstehandse nuus kry.

Maar dit help dat mens weer waardeer wat jy nou hier het. My seuns se
fietse staan buite op die stoep en die buurman se groot duur Franse
reisies fiets ook, nie eens vasgesluit nie. Ek en my vrou het tienuur
vanaand hand aan hand na die kruidenierswinkel gestap om van die
plaaslike Cadbury sjokolade te koop om die met die SA produk te
vergelyk. Ons was amper alleen op straat en kon heerlik ontspanne
gesels met 'n paar van die winkeleienaars op pad wat besig was om
winkels te sluit. Nie 'n enkele leegleer te sien nie - net 'n paar
laataanders op rol-lemme. (Kinders is hier in ons stad onder 'n
aandklokreel en mag nie na tien buite wees nie. As hulle 15 word, mag
hulle in die week tot 11uur saans uit wees en naweke tot middernag.)

Ons hoop die stadsmense in SA sal ook kan besef hulle kan die situasie
omkeer as almal net wil. Is maar beter ek is hier ver weg want ek het
nie veel hoop nie en ek dink mens moet positief wees oor waar jy bly -
soos wat ek hard probeer om te wees oor Minnesota se koue winters!!
BAIE koue winters!

Groetnis

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Re: NP se laaste asem ...

Wo., 27 Mei 1998 00:00

Johan N Potgieter wrote in message ...
> En die een ou wat ek gehoop het kan sy loopbaan skoon eindig, stel my
> toe ook teleur. Ek het FW eenmaal ontmoet voor hy nog president was
> toe hy by my vriend se skoonpa op Gansbaai gaan kuier het. Ek was
> baie beindruk met die persoon, die manier waarop hy met sy seuns
> gepraat het en net dood eenvoudig die manier waarop hy teenoor 'n paar
> van ons opgetree het wat in 'n laer liga gestaan het.
>
> En nou gooi hy sy vrou so weg .... ek is net bloot baie teleurgesteld!

Johan,

My familie is huis vriende van FW. Ons was bure in AcaciaPark in die
Kaap(1973/74 as ek reg onthou) toe hy nog maar 'n niks in die politiek was.
Al die jare het ons kontak gehou. My suster was ook 'n chef in sy huis in
Pretoria vir 2 jaar. So ek sou kon se dat ek hom redelik goed ken. Die
punt wat mense mis is dat hy nie 'n engeltjie is nie. Niemand is nie. Wat
mense na moet kyk is Marike se persoonlikheid. Maar as ek met 'n vrou soos
syne moes saamleef het ek haar lankal al gelos. Ek is net verbaas dat dit
hy dit nou eers doen. En wat het sy persoonlike lewe dan nou met sy
politieke lewe uit tewaai? Mense maak asof dit een en die selfde is. Dit
is nie. Hy is 'n man soos ek en jy. Wat hy in sy private lewe doen het
niks te doen met ons nie.

In elke geval, my twee pennies op die onderwerp.

Groete

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Bladsye (1835): [ «    1385  1386  1387  1388  1389  1390  1391  1392  1393  1394  1395  1396  1397  1398  1399  1400    »]
Tyd nou: Sa. Des. 20 14:59:03 UTC 2025