Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Henri se pofadder storie

Vr., 29 Mei 1998 00:00

Dit was vreeslik goed. Nee, dit was uitstekend.

Hotazel is 'n ervaring. Hier in die droogte van '87 besluit manlief dat ons
moet
gaan kyk wat gaan in die res van die land aan. Toe sit ons een Sondagmiddag
hier op die voorstoep, trek 'n sirkel op die landkaart, skip al die dorpe
waar ons al was, en werk 'n sirkelroete om die land uit vir verkenning.
Iets soos 9000 kilometer in 15 dae afgelê. Beland toe by vriende in
Hotazel.

Hier duskant Vryburg al begin manlief liries raak oor die uitgestrektheid,
en die mooi grasvelde, en die ruimte. Griet wil van niks niks weet nie. Dis
warm, en ek wil die hele tyd net begin huil oor al die verlate
boervroutjies wat so sonder geselskap en krag moet klaar kom in hierdie
helse woestyn. Toe Piet hoor dat die manne bymekaar kuier met vliegtuie is
die gord toe amper daar en dan gaar. Mooi grasvelde, plus mooi beeste, plus
vliegtuie, maak toe vir betowerde Piet, die privaatvlieënier 'n aanloklike
som.

Griet sê die huwelik word deur 'n hele paar drade aanmekaar geknoop, en van
die goed kan breek onder die regte spanning. 'n Kalahari plaas is dalk nou
sy alfa en omega, maar dit sal sonder vrou en kinders wees.

Ons word to Van Zylsrus toe geneem. Die duine gooi allerhande skynsels,
maar Griet vrek uit van die hitte. Die dorp is totaal op sand gebou. Die
kerk sit op 'n duin, die skool op ander, en die hotel op sy eie duin.
Beland toe op die hotelstoep en slaan 'n koue bier weg, heel uit my aard
uit oorverhit. Ek vergryp my nog so aan die heerlikheid, toe ek skielik met
'n slag op die stoepvloer beland. Weet nie wat my getref het nie. Staan die
Tswana kelner met die breedste witste glimlag hier langs my. Help my so ewe
op. Sê hy:" J...s..s vrou, wil jdy ddoodgesteek word? kan jdy nie sien die
steekvlieë draai om jdou se kop nie?"

Dis toe die vriendelike diens wat ons daar kry. Terwyl ons gasvry gelawe
word, klap die kelders sommer die vlieë op jou dood. In my geval was dit my
agterkop.
Sit en vertel die een man toe daar op die stoep, dat sy broer het sulke
groot neusgate, as hy met sy fiets teen 'n sandduin afkom, gebruik hy sy
neusgate vir "parachutes", en terwyl ons na die storie luister, klap die
kelner weer 'n driejarige seuntjie laat hy in die rondte tol, en niemand
slaan ag daarop nie. Toe laat los ek dit ook maar - en dit was voor die
nuwe Suid-Afrika.

Met die vertrek, stop ons by die kafee in die dorp. Teen die boom buite
hang 'n mens geraamte, met 'n bordjie bo dit: " Hier wurg die Lubbes".
Dit was soort van die einde van Piet se groot drome, want vrou-lief kan
goed lees.

Voordat Gloudina my weer beskuldig van seksuele obsessiewe gedrag sal ek
maar volstaan met my pogings

Ek het gisteraand met my skrywersvriendinne gesels (veral die hygroman
outeurs), en nou wil hulle vir Gloudina vreeslik hard slaan. Dis nou nadat
ons deur 'n paar Nyu Chanteneé en Slanghoek se Rooies is en histeries
gegiggel het oor die tannie in Kanada.

Hierdie naweek gaan ons Dasboom van Worcester se kelders inspekteur.
Miskien kan Gideon daar uit die Kaap laat weet watter wyne die gees tot
welbehaaglike oorgawe dwing deesdae. Ek verneem dat die nuwe Botha- en
Louwsville kelders 'n besliste kuier regverdig.

Slanghoek se rooies, Henri, is 'n moet. Dit kom daar uit Goudini se
klimaat, en is heerlik sag op die tong. Dit behoort 'n hele paar nuwe
hardekool stories te laat vorm aanneem.

Ja Boplaas sien ons gereeld. Hierdie jaar was 'n besondere oesjaar hier in
die Karoo. Die soetwyntjies is besonder lekker. Volgens die wynmakers was
dit die beste jaar van die dekade.

Lekker naweek vir almal.
--
sand...@global.co.za

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Query:mutual intelligible???

Vr., 29 Mei 1998 00:00

Hi.I am studying sociolinguistics and wondering if Afrikaans and
Dutch are (mutually) intelligible or not.

Regards,
Amber Rose

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Meanderkrant: Nederlandse poezie

Vr., 29 Mei 1998 00:00

Meanderkrant 7 is online
____________________________________________________________ ___

De juni-aflevering van de online versie van de Nederlandse Meanderkrant
is te bezoeken op het adres: http://meander.mypage.org/

Daar zijn ook de zes vorige on-line-kranten te vinden, de verzamelsite van
Meander (67 dichters) en een grote verzameling literaire links.

De Meanderkrant per e-mail, biedt een selectie uit zowel de verzamelsite als
de online krant. Deze e-mailversie verschijnt eens per twee weken.

Stuur voor een abonnement op de Meanderkrant per e-mail een bericht aan
mai...@calliope.xs4all.nl met als inhoud: subscribe meanderk

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Johan en sy pil-fetish

Vr., 29 Mei 1998 00:00

jnpj...@bigfoot.com (Johan N Potgieter) writes:
>
>> Gloudina en Johan, jullie praten steeds over "pille drink". Is dat de
>> gangbare uitdrukking voor "je pillen innemen"? Of bedoelen jullie iets
>> anders?

>> Groeten,
>> Arthur

Arthur, wat beteken "je pillen innemem"
anders as "jou pille drink" of is dit
dieselfde.

> As jy regtig van die "ander" pille wil weet, moet jy maar 'n mediese
> nuusgroep soek!! My ouma het altyd die deur toegetrek as daar met
> daai pille gewerk word. Selfs die woord was half taboe.

So hier kom ons by die waarheid uit.
Johan het 'n pil-fetish.

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Setpille

Vr., 29 Mei 1998 00:00

jnpj...@bigfoot.com (Johan N Potgieter) writes:

> Nou's die VSA weer goed genoeg vir die ou tannie om ons voor te hou as
> voorbeelde van moraliteit - hoera!!!! (.... seker vanmore die
> regte pille gedrink....)

Johan, die mense op hierdie nuusgroep
wat in die Lae Lande woon, dink jy is
te behep met pille drink. Hulle dink jy
het setpille nodig. Moet dit net nie in
jou ore steek, of erger nog, drink nie.

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Gloudina is the best

Vr., 29 Mei 1998 00:00

Hoi Gloudina

ik merk dat men hier nogal tegen jouw mening is, maar ik zeg je ga door,
want je raakt hem steeds

jij slaat de spijker op zijn kop.
Helaas zien sommige afrikaners hier en ook nog met een grote mond alles wat
je zegt als aanval

Ik ben blij dat je er bent en met je mening

groetjes arno

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Re: Just so you know it happens else where too

Vr., 29 Mei 1998 00:00

>>
> Jy het natuurlik nagelaat om te noem soos wat in die artikel staan dat daar
> verlede jaar 633 moorde in Kanada was. Dit gebeur ook net in ander lande
>
>
> -Gideon-
HUH??? Dit gebeur ook net in ander land? Jy het my verloor daar. Ek
verstaan nie wat jou punt is nie.

Neels

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Polisie begroting

Do., 28 Mei 1998 00:00

Word daar in Suid-Afrika genoeg vir Veiligheid en Sekuriteit begroot?
Oordeel self. Kyk na
http://www.macnet.co.za/express/htmlpages/budget.html

Ekonomie & geldsake | 0 kommentare

" i roeiboot dryf af..." deur GERT VLOK NEL

Do., 28 Mei 1998 00:00

i roeiboot dryf af in die rivier by malgas; is weg
Gert Vlok Nel

ek het gekom lief
& gesê "ek het jou lief"

toe draai jy om
jou oë vol soos êrens i beker oorloop

en sê "dit was i lang tyd
& "ek is klaar los." vra ek "hoe los"

"Hèèltemal los" sê jy, & begin huil
toe begin ek lag

& begin toe lag
toe ek begin huil

Prosa & poësie | 0 kommentare

Riana Otto (was: Vir Gloudina)

Do., 28 Mei 1998 00:00

Neels,

Ek is nie Gloudina nie.

Wat gebeur het, is tragies en hartverskeurend. So-iets maak groot
opspraak in hierdie deel van die wêreld. Vandag se Edmonton Sun
het Riana se foto op die hele voorblad. Dis ook die hoofnuus in die
Edmonton Journal.

Die gemeenskap van High Prairie is in rou. Dit was vir hulle 'n
geweldige harde slag. Hulle sukkel deurentyd om geneeshere vir
plattelandse gemeenskappe in Alberta te werf, en hierdie voorval,
hoe raar dit ookal mag wees, gaan beslis nie hulle saak bevorder
nie.

Plaaslike vriende van die Otto's in High Prairie beskryf Riana as
'n "engel", en sy laat 'n onvervangbare leegte in die gemeenskap.

> Ek will jou 'n guns vra. Ek weet nie of jy kan help nie maar as jy kan
> sal ek dit waardeer.

Hier is die hoofberig uit die Sun:

May 28, 1998

Hunt goes on for murderer

Suspect released in High Prairie killing

By KIM BRADLEY -- Staff Writer
A 32-year-old High Prairie man
being questioned in connection with
the slaying of doctor's wife Riana
Otto was released last night without
being charged.
"We have to establish if there is
enough evidence to lay a charge and
at this time we feel there isn't," said
Staff. Sgt. Doug Mercer, who was
brought in from Peace River to work
on the case.
"He may be charged in an unrelated
matter that arose during a search of
his residence," Mercer added. "But
until such time he will be released."
The suspect was picked up by
RCMP late Tuesday, only a few
hours after a Grande Prairie RCMP
dog and handler found Riana's body in a wooded area about 15
metres from the gravel road where she disappeared while
jogging.
Family friend Roche Rossouw, who met the Ottos in South
Africa several years ago, said the couple's children - Marius, 14
months, Johan, 3, and Anri, 5 - are trying to deal with the loss of
their mom in their own way.
"Marius slept with me last night and I could tell he was looking
for her," said Rossouw, from the beautiful garden of the Ottos'
posh home.
"She left such a legacy behind. She was like a saint to us."
Another friend, Liske De Waal, praised Riana's devout
Christianity and dedication to her family.
"If there was anyone I could have picked as a mother for my
own children it would have been her," she said.
"She was an angel, a soft-spoken, compassionate angel, who
didn't deserve to die like this. I couldn't think of anyone who
would be her enemy."
Riana had left her home around 7:15 a.m. for her regular
six-kilometre jog along Township Road 744, past the local
cemetery, and was on her way home when she met with death.
"For the past three months she ran a regular route - one she
established with her husband," Mercer said.
"She would jog roughly three kilometres to the (telephone) tower
and then turn around. She was on her way home when she was
murdered."
When the 32-year-old mother of three hadn't returned home by
9 a.m. her husband, Dr. Johan Otto, became worried and began
calling her friends.
"Johan called me and asked if I would come and sit with the kids
while he went to look for her," said Rossouw.
"He drove the route that she jogged and when he couldn't find
her he went to see his friend in the RCMP."
A massive search was launched immediately and about 10 hours
later her body was found, partially buried beneath some shrubs in
woods on the northeast outskirts of town.
Mercer said because Riana was found fully clothed, less one
shoe, they have ruled out sexual assault.
"Confirmation of that is pending on the autopsy tomorrow," he
added.
Yesterday, about a dozen members of the Lesser Slave Lake
Regional Police and High Prairie fire department spent hours
searching the area where Riana's body was found.
Red surveyors' flags, marking everything from cigarette butts to
empty beer cans, lined the ditches on either side of the gravel
road.
All the evidence was sent to the RCMP crime lab in Edmonton
for DNA analysis.
Mercer said the searchers were not able to find Riana's missing
shoe - a brown Nike cross-trainer with cream and black laces -
during their hunt for clues.
Investigators are still trying to determine if Riana was killed in the
woods or if the killer dumped her body at the scene after death.
"At least one, possibly two, witnesses said they saw a vehicle in
the area," said Mercer, refusing to provide a description of that
vehicle.
RCMP said they have ruled out relatives as suspects.
Riana immigrated to Canada with her husband of 13 years from
Pretoria, South Africa, in 1991. The dedicated mom
concentrated on raising her children while Johan furthered his
career at the High Prairie medical centre.
The family was planning a trip home before tragedy struck.
Riana's death and the eerie circumstances surrounding it have
shocked residents of this town, 365 km northwest of Edmonton.
Results of an autopsy are expected today. There was no word
on funeral plans.

Hier is die URL vir verdere nuus:

http://canoe2.canoe.ca/EdmontonSun/front1.html

> My niggie is dinsdag in kanada vermoor. Sy het in High Prairie, Alberta
> gewoon. Ek kan nerens 'n "on-line" berig vind op die internet nie, behalwe
> in die beeld. As jy my inligting kan gee oor waar om te kyk sal ek dit
> opreg waardeer.

My leedwese met julle familie in hierdie tye. Die skok en medelye word
ook in 'n stad soos Edmonton gevoel.

Laat weet asseblief as daar verder inligting is wat julle verlang.

Groete,

Hjalmar Gerber
_____________

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Bladsye (1835): [ «    1383  1384  1385  1386  1387  1388  1389  1390  1391  1392  1393  1394  1395  1396  1397  1398    »]
Tyd nou: Ma. Jun. 08 18:06:58 UTC 2026