Nou dat die stof gaan lê het rondom Louis Luyt (of so dink ons) lees ek
vandag die volgende in Beeld oor vroeëre magstryde in rugby. Dit is so
effens voor my tyd, maar miskien kan Gloudina die detail verskaf.
"Dat rugby vroeg in die jare 40 in die politieke maalstroom ingesuig sou
word, was nogal makliker, of logieser as vandag. SA se deelname aan WO ll
het absolute verdeeldheid tussen witmense veroorsaak. Teen daardie
agtergrond was daar heel gou ook twee koerse in rugby: Afrikaners, wat gesê
het hul belange word nie in rugby se strukture verteenwoordig nie, en
daarteenoor Engelstalige rugbylui wat geglo het rugby behoort sy deel by te
dra vir die geallieerdes se stryd.
Toe kom 'n klomp Afrikaners onder leiding van Willem Stork, 'n onderwyser by
Helpmekaar Hoër, en stig die Boere Beesblaasbond (nogal!). Dit was die
Afrikaanse eweknie vir die Transvaalse Rugbyunie, wat die 'oorlogsmense'
verteenwoordig het.
Hulle organiseer toe ondergronds om die 'Engelse' in 'n soort staatsgreep
uit te stem, en steel in die proses selfs 'n kopie van die Tvl RU se
grondwet. Die BBBB se planne lek toe uit kort voor die jaarvergadering, en
met behulp van 'n omstrede klousule in die grondwet, oorleef die bestuur die
aanslag met 'n enkele stem.
Die BBBB besluit toe om die stemmery in die Hooggeregshof nietig te laat
verklaar. Verteenwoordig deur 'n Ierse advokaat, word die aansoek deur
regter Ramsbottom met koste verwerp. Die BBBB het 10 jaar gevat om die koste
van 650 pond te betaal!
In die WP het Stellenbosch weggebreek, en op Ikeys het die Afrikaanse
studente weggebreek, en hul eie klub, Groote Schuur gestig. SWD en Boland
het geweier om teen WP te speel. In die noorde het verskeie Afrikaanse
spelers geweier om vir hul provinsie te speel.
Uiteindelik het gesonde verstand geseëvier, en is die Afrikaanssprekendes
geakkommodeer, en die breuk herstel."
So, wat is nuut?
Groete,
Henri Burger, Tzaneen. RSA
'Afrika is Nie vir Sissies Nie!'
(e-mail: remove 'sukikaki.')
san...@icr.com.au wrote:
>
> Ek is nou al vir 2 jaar in Aus - wat 'n ontnugtering. As 'n mens eers
> hier is, kom 'n mens agter in watter siek sisteem 'n mens groot geword
> het. Ek het familie in SA - melkboere, hulle melk ongeveer 150
> koeie/dag. Die vrou is glad nie betrokke by die boerdery nie en hulle
> het 'n 2 bediendes in die huis en ongeveer 10 mense wat vir hulle werk.
> Hulle gaan op vakansies, speel daagliks tennis ens. Ek weet van baie
> ander boere in SA wat dieselfde lewensstyl geniet. As jy dieselfde
> melkplaas vat hier in Aus - geen bediendes in die huis nie, geen 'tuin
> boy' nie en geen arbeiders nie. Die vrou help elke dag en dit is net
> die twee wat 150 koeie/dag melk. Dit is dieselfde met alle ander tipes
> boerdery asook met klein besighede. Die vrouens werk net so hard soos
> die mans.
> Ek is in besigheid betrokke hier en hier leer 'n mens wat die definisie
> van WERK is. Die laat baie SA's hulle gatte sien wanneer hulle in 'n
> ander land gaan probeer 'werk'. Hier is baie SA's wat suksesvol is, my
> opinie is dat die wat dit hier maak, mense is wat ten minste WERK kan
> spel, die wat flop en te bang is om hulle definisie van werk op 'n ander
> plek te probeer is die klomp wat hulle lewe lank in Disney Land bly en
> nog steeds droom oor tea girls, garden boys en swartetjies wat bibber as
> hy sy stem dik maak of van sy perd afval.
> Vergeet maar van die redenasies van dat die boere hier ten minste nie
> agter doringdraad bly en met wapens rondloop nie. Afrika was nog altyd
> Afrika - sommige mense het drade gespan en 'n klein Disney Land gebou
> waar die kabouters met swepe en dik stemme beheer is. Die kabouters is
> nie meer kabouters nie en Disney Land is nou Dark Africa. So word groot
> en hou asb. op bitch oor moord en doodslag, misdaad en al die ander shit
> waaroor julle so orgasmies raak op die nuusgroep. Afrika was nog nooit
> vreedsaam en stabiel nie. As julle nie julle situasie kan verander nie,
> gee pad of hang jouself van die naaste boom - hou net op moan en groan
> oor Disney Land wat nie meer daar is nie. Julle het steeds 'n
> lewensstyl wat van die gemaklikste in die wereld is.
> Afrika is nie vir sissies nie
Nog iemand wat homself probeer oortuig hoekom SA so slegs is en hoekom
sy nuwe land dan kwansuis so goed is. Hoekom kla jy dan so? Lyk my jy
werk jou gat af en geniet dit glad nie :D. Sit terug en geniet die Ride
- Wheeeeeeeeeeeeeeeeeee!!!
Ter verduideliking waar jy no eintlik die pot begin mis sit - ekonomiese
realiteite - as die arbeid beskikbaar en bekostigbaar is sal dit gebruik
word. Sodra dit nie meer ekonomies is om die arbeid te gebruik nie dws
dis te duur sal outomatisasie meer en meer gebruik word. Dit is iets wat
nie jy of Cosatu blykbaar verstaan nie. Ekonomie IA dink ek verduidelik
hulle dit weer - nadat dit telkemale in Ekonomie op skool aan jou
verduidelik is. Jy is betrokke in besigheid sê jy -- Gmmpff!!! (Wou dit
nog altyd iewers gebruik het :) )
Vind bietjie uit oor Vraag en aanbod!! Word wakker ouboet - jy het die
keuse gemaak - leef daarmee. Ons het ons keuses gemaak - ons moet
daarmee saamleef - maar dit is nie te sê ons moet nou tjoepstil bly oor
onregverdigheid, moor en roof nie. Dit is buitendien die Afrikaanse
nuusgroep - en Afrikaans word hoofsaaklik waar gepraat?? Dis reg!!!!
Is dit net ek of is die klomp is Australië groter moangatte as die res??
Cheers
Lou
PS: gaan kyk bietjie hoe die Ex-Pats in Zambie, Kenia en Malawi leef!!
> Nee Arthur, die verkleiningsvorm van Gloudina
> sal "Gloudinatjie" in Afrikaans wees. Die klomp
> wat nou Gloudinakins gebruik (eers begin deur
> Leendert)
Wys my een plek waar ek die woord "Gloudinakins" gebruik het - ou liegbek!
> wil sommer net cute wees, en om in
> Afrikaans cute te probeer wees, leen jy meeste
> van die tyd van die Engelse.
En die Engelse van die Franse en die Franse van die Grieke :-(
Maar daarbenewens:
> Hulle hoop natuurlik
> dat hulle term "Gloudinakins" derogatief sal wees
> teenoor die mens waarvoor hulle dit gebruik. Maar
> die teendeel word egter duidelik: mans wat sulke
> terme gebruik, is sissies. En soos Henri Burger,
> my mentor van Tzaneen, verklaar:"Afrika is nie
> vir sissies nie."
Ah! Henri is ook die een wat verklaar het dat hy nooit 'n persoonlike
opmerking teenoor jou sal maak nie.
Ek respekteer sy voorneme. Maar ek wag om te sien wat gebeur wanneer hy ook
die teiken word van jou kuberimpersonasie van Lorena Bobbit - waarheen jy
hierbo al weer mik.
> Ah! Henri is ook die een wat verklaar het dat hy nooit 'n persoonlike
> opmerking teenoor jou sal maak nie.
>
> Ek respekteer sy voorneme. Maar ek wag om te sien wat gebeur wanneer hy ook
> die teiken word van jou kuberimpersonasie van Lorena Bobbit - waarheen jy
> hierbo al weer mik.
Sy het Leendert. Onthou jy nie toe sy my 'dom' genoem het nie?
Groete
Henri Burger, Tzaneen. RSA
'Afrika is Nie vir Sissies Nie!'
(e-mail: remove 'sukikaki.')
"There is a lovely road that runs from Ixopo
into the hills. These hills are grass-covered
and rolling, and they are lovely beyond any
singing of it."
So begin "Cry, the Beloved Country," 'n boek wat in 17
tale vertaal is. Daar is 'n Broadway toneelstuk en twee
films daaroor gemaak. Dit word beskou as die belangrikste
publikasie in die literatuur van Suid-Afrika. Dis vyftig jaar
gelede uitgegee, in 1948, 'n paar maande voor die eleksie
van die Nasionale Party in Mei 1948.
Alan Paton het die boek begin skryf in Trondheim in
Noorweë in 1946. Hy was op 'n uitgebreide toer om die
administrasie van tronke dwarsoor die wêreld te bestudeer.
In San Fransisco het hy dit vir vriende gewys. Hulle het dit
laat tik en na 15 uitgewers gestuur. In Ottawa in Kanada het
Paton gehoor dat 9 van hulle die boek wou publiseer.
Alhoewel die boek geskryf en uitgegee is voor die NP
magsoorname in 1948, het die inbringing van die apartheids-
wette die boek se slaankrag verhoog en dit 'n ikoon gemaak
vir die mense wat begin agiteer het teen die haglike toestand
waarin die nie-blanke bevolking van Suid-Afrika was.
Die aand toe die film sy premièrein Johannesburg gehad
het in 1951, het Mevr. D. F. Malan, wat naas Paton gesit het,
haar na hom gekeer en gesê: "Surely, Mr. Paton, you don't
really think things are like that."
Mevrou Malan se man was 'n predikant. Die man wat die
eerste stene gelê het in 'n beleid wat vir veertig jaar die lot
van die nie-blanke bevolking al dieper en dieper in die ellende
gedompel het. 'n Beleid wat veroorsaak het dat ons vandag
ook nog kan sê "Cry the Beloved Country." Wat sou 'n mens
gegee het om dinge te verander. Wat as Mevr. Malan daardie
aand vir haar man gesê het: "Daniel, wees nou 'n ware leier
en Christen en lê die fondamente vir 'n regering vir hierdie
land waar Christelike beginsels en geregtigheid tot stand kan
kom." As hy dit gedoen het, dan sou die eer en die naam van
die Afrikaner hoogaangeskrewe in die wereld gewees het.
Die winter is hier. Ek dink dit is die mooiste tyd van die jaar. Die dames
lyk altyd so snoesig met hulle warm kombers baaidjies en truie, die kinders
met hulle mussies en handskoentjies. Ons het 'n baie mooi nutuur en moenie
vergeet om dankie te se vir wat ons het nie.
Ek lees daar is versoeke oor my/ons identiteit. Laat ek verduidelik:
Ek is 'n Hus, soos in "husse met lang ore".
Husse lyk min of meer soos daai baie ou, verrimpelde dwergie
wat in Star Wars gespeel het. (die een met die lang ore
wat die ruimteskip uit die moeras laat opstyg het).
Grootmense sien nie husse nie, dis net oumense en kinders,
(want hulle is nie so deksels sinies en skepties nie).
Ons ore is so lank om goed te kan hoor en ons kan enige
nuanse in enige taal verstaan.
Husse le eiers en dan broei daar klein hussies uit.
Hulle begin 'n voorliefde vir goeie aardse rooiwyn ontwikkel
op die ouderdom van so 300jr.
As hul so 1200 jr oud is, begin hul rimpels kry en grys word.
Ons kom van 'n ver planeet die aarde besoek
om na julle te luister. Die lekkerste speletjie is om in
hyserskagte weg te kruip en as die hyser vol is, te poep.
Of ons kruip onder die kerkbanke weg en in teaters en
luister na al die gefluister...
Ten spyte van ons ouderdom is ons baie vinnig,
en die kanse is maar skraal dat jy ons ooit
sal sien, tensy ons wil he jy moet ons sien, en dan ook
net as ons te veel rooiwyn gedrink het.
Jou kanse is beter om ons te sien as jy in die Tandemuis glo
of hare op jou ore het soos die oumense.
Klein hussies kruip dikwels weg onder daai gebreide toiletrol-
oortreksels van ou tannies, want dis knus en warm.
Tiener-husse vang sulke kattekwaad aan soos om hengelaars
se visse te laat "wegkom".
Deesdae geniet ons die WWW vreeslik baie,
want ons kan mense se identiteit aanneem
en met hul E-briewe vroetel. Ons las stukkies aan Galjoen se
briewe, verander dit en hits mense op. Maar ons bedoel nooit
regtig kwaad nie, soms raak ons net sommer die moer in vir niks.
Partykeer bedoel ons wat ons se, en ander kere
se ons wat ons bedoel, meestal wat ons nie bepoel nie
en soms depoel ons wat ons nie bepoep het nie.
Partykeer kan ek nie onthou of ek iets geskryf het en of dit een
van my vriende husse was nie, of miskien my gasheer.
Maar twak praat pla my nie - pla dit julle ?
Hier in Belgie is die zomer nu goed begonnen,
dit is niet alle jaren zo
Ik kijk altijd uit naar die nieuwsgroepen van south -africa, ik vind het
leuk deze brieven te lezen
zo laat ik dit nu weten.
In januari ben ik met mijn vrouw op verlof in Sa geweest en dit is geweldig
goed meegevallen de mooie natuur bij jullie, daar kunnen wij enkel van
dromen.
Die wonderlike sin kom uit Raymaond Chandler se storie Goldfish. Dis
so great ek pos dit maar.
"She was a tall, seedy, sad-eyed blonde who had once been a
policewoman and had lost her job when she married a cheap little
check-bouncer named Johnny Horne, to reform him. She had'nt reformed
him, but she was waiting for him to come out so she could try again."