Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Sport & ontspanning » Beheer oor Rugby
Beheer oor Rugby [boodskap #15492] Wo, 03 Junie 1998 00:00
Henri Burger  is tans af-lyn  Henri Burger
Boodskappe: 317
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Nou dat die stof gaan lê het rondom Louis Luyt (of so dink ons) lees ek
vandag die volgende in Beeld oor vroeëre magstryde in rugby. Dit is so
effens voor my tyd, maar miskien kan Gloudina die detail verskaf.

"Dat rugby vroeg in die jare 40 in die politieke maalstroom ingesuig sou
word, was nogal makliker, of logieser as vandag. SA se deelname aan WO ll
het absolute verdeeldheid tussen witmense veroorsaak. Teen daardie
agtergrond was daar heel gou ook twee koerse in rugby: Afrikaners, wat gesê
het hul belange word nie in rugby se strukture verteenwoordig nie, en
daarteenoor Engelstalige rugbylui wat geglo het rugby behoort sy deel by te
dra vir die geallieerdes se stryd.

Toe kom 'n klomp Afrikaners onder leiding van Willem Stork, 'n onderwyser by
Helpmekaar Hoër, en stig die Boere Beesblaasbond (nogal!). Dit was die
Afrikaanse eweknie vir die Transvaalse Rugbyunie, wat die 'oorlogsmense'
verteenwoordig het.

Hulle organiseer toe ondergronds om die 'Engelse' in 'n soort staatsgreep
uit te stem, en steel in die proses selfs 'n kopie van die Tvl RU se
grondwet. Die BBBB se planne lek toe uit kort voor die jaarvergadering, en
met behulp van 'n omstrede klousule in die grondwet, oorleef die bestuur die
aanslag met 'n enkele stem.

Die BBBB besluit toe om die stemmery in die Hooggeregshof nietig te laat
verklaar. Verteenwoordig deur 'n Ierse advokaat, word die aansoek deur
regter Ramsbottom met koste verwerp. Die BBBB het 10 jaar gevat om die koste
van 650 pond te betaal!

In die WP het Stellenbosch weggebreek, en op Ikeys het die Afrikaanse
studente weggebreek, en hul eie klub, Groote Schuur gestig. SWD en Boland
het geweier om teen WP te speel. In die noorde het verskeie Afrikaanse
spelers geweier om vir hul provinsie te speel.

Uiteindelik het gesonde verstand geseëvier, en is die Afrikaanssprekendes
geakkommodeer, en die breuk herstel."

So, wat is nuut?

Groete,

Henri Burger, Tzaneen. RSA
'Afrika is Nie vir Sissies Nie!'
(e-mail: remove 'sukikaki.')
Vorige onderwerp: Re: terwille van rugby.
Volgende onderwerp: Sokker !
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 03 11:39:46 MGT 2024