'n Stoepstorie oor die stigting van die Bolliebak Republiek en ander
verkiesingspoefies
Daar word op die hotel se stoep gekoukus oor wie nou die amptenare in die
verkiesing moet wees, en wie nou vir opleiding sal gaan en als. Oom Hans
Hek wil van die hele gedoente niks weet nie. Hy maak hoeka beswaar dat 'n
man nou deesdae glad matriek moet hê om te kan boer met al die vorms wat 'n
man deesdae moet invul. Jan Ranke meen toe dat oom Hans tog nie so
swartgallig moet wees nie. Die land moet nou verander sodat daar weer
voorspoed vir almal kan wees. Oom Hans Hek sê ja, sak Sarel, pa wil 'n bok
ook skiet. Skiet hom tog in die hol want pa wil die vel heel hê. Dis waar
oor die nuwe land sal gaan en daar moenie met hom gebodder word nie.
Jerry sê Jan Ranke moenie dat die manne daar uit die renostergordel hom nou
hoor praat nie.
Die bietjie wat hulle het gaan nie met ander gedeel word nie. Hulle veld
staan hoeka bankvas van die renosterbos. Hulle kan maar net sowel met vlieë
boer, want g'n lewende ding op kloue vreet aan die vaal bos nie. Dis maar
soos hulle lewensuitkyk ook is. Suutjies Rautenbach reken toe dat die spul
skynheilig is. Daar's geld wat hulle, die Here, en die Ontvanger van
inkomste van weet. Dan is daar geld wat hulle en die Here van weet. En dan
is daar geld wat net hulle van weet. Hulle moet vir hulle staan en gatkant
vorentoe hou.
Maar so word die amptenare toe ook verkies en vir opleiding gestuur, en 26
April 1994 breek toe aan. In die platteland was die verkiesings oral gehou.
Enige iets met 'n dak op was geskik.
In die Transkei is telefoonlyne aangelê na oop stukke veld, en geboue was
geregistreer wat nooit bestaan het nie, ens. Maar dis nou eers tot
daarnatoe. Hier was een van die verkiesingslokale 'n stoor op 'n boer se
plaas. Daar was 2 partye in die wedloop. Die NP en die ANC
Die verkiesingsmonitors, die verteenwoordigers van die partye, die
veiligheidsmagte, en die weermag doen daar diens. Binne in die kieslokaal,
werk 25 beamptes. Die eerste dag kom die ANC met 'n stel reëls wat hulle
toegepas wil hê, wat strydig was met die amptelike verkiesingsregulasies.
Die algemene idee was dat die arme agtergeblewe blankes van die platteland,
plus die res van die inwoners, nie die verskil sou weet nie.
Die NP teken by verskeie geleenthede beswaar aan waar stemme verkeerd
hanteer is, die mense subtiel binne-in die kieslokaal geïntimideer is, die
spesiale stemme verkeerd hanteer was wat die waarborg van geheimhouding
verbreek, ens. Dit word deur die hoof kiesbeampte - hoeka een van die
stoepsitters, geïgnoreer. Die Karoo se stadige moer begin deursuur. Die son
sak net betyds oor die berge.
Die volgende oggend ses-uur breek aan en die manne het intussen gaan slaap
oor die vergrype.
Die NP konfronteer die hoof kiesbeampte, al die monitors (almal ANC lede),
en die ander verteenwoordigers. Dit is nou voor die verkiesing om sewe 'n
aanvang sou neem.
Hy waarsku hulle dat hy die verkiesing sal stopsit en die betrokke
amptenare aankla by die Onafhanklike Verkiesings Kommissie. Weer eens word
die waarskuwing geïgnoreer, veral deur die mede stoepsitter wat so bollie
bang is vir die terroriste wat nou hier by hulle aan 'n verkiesing
deelneem. Die NP-man is egter groot, met ploegskaar hande en sy lyf praat
'n moer taal, sonder woorde, wat almal goed verstaan. Hulle stem geredelik
toe dat hulle streng volgens die regulasies sal optree.
Nege-uur die oggend is dit toe sulke tyd. Die donder blommetjies van die
sening taaie Karoo begin wit staan wit in die blom. Die NP-voorsitter
kondig amptelik aan dat hy die verkiesing nou stop. Hy versoek dat daar 'n
ondersoek deur die verteenwoordigers van die Verenigde Nasies gedoen moet
word.
Chaos! Die hoofkiesbeampte skrik sy broek tot op sy skoene en sy vrou
hardloop agter die NP-man aan om hom te verhoed om te gaan skakel; die ANC
Vredesmonitors draf agterna. Maar die man is gedetermineerd, stoot hulle
uit sy pad uit, en kla hulle aan.
Toe staan die verkiesing stil en almal wag vir die VVO-verteenwoordigers om
op te daag. Die ganse wêreld hardloop rond terwyl honderde mense opdam om
te stem. Die onafhanklike Verkiesingraad handhaaf telefonies die NP se
besware, ruk die spul in die bek met 'n waarskuwing, en die verkiesing word
3 ure later voortgesit.
Die VVO-verteenwoordigers daag op in 'n baie delikate vredes-atmosfeer. Die
NP word as die grootste bedreiging in mense heugenis behandel deur die ANC.
Die VVO-verteenwoordigers handhaaf die NP se besware. Die Taiwannese, en
Australiese beamptes is van mening dat dit die grootste insident van
intimidasie is wat hulle tot dusver waargeneem het, en dat dieselfde
taktieke oral gebruik word. Die dag is nog maar 'n kuiken, en die son se
sak nog ver.
Toe word dit vroegmiddag en die son warm. 'n Bus kom met 'n stofstreep
aangejaag, verby die weermag manne en die polisie, stop met skreeuende
bande reg voor die stoor se ingang, en Umkontu se manne klim uit, wapens en
al.
Die ANC kandidate het glo beskerming nodig teen die NP-voorsitter. Basies
het hulle net een opponent gehad, maar vir veiligheid stuur hulle toe maar
ses swaar gewapende manne.
Twee van die manne gaan staan toe binne-in die stemlokaal waar geen
polisie of weermag mense toegelaat word nie. 'n Versoek van die NP aan die
Hoofkiesbeampte, dat dit 'n verbreking van die veiligheidsregulasies is en
dat mense as gevolg daarvan verhinder word om openlik te kom stem, word hy
summier geïgnoreer.
Die ses-voet-sewe- man stap toe buite toe en gaan haal die weermag
bevelvoerder aan sy kraag, met sy angswekkende R1-geweer oor sy skouerblad.
Fris knapie, wat so bang is vir die ANC, dat hulle nie eers probeer het om
die Umkontu manne te verhinder om die stemlokaal in te gaan nie.
Die man word toe die stoor ingedra en reg agter die Umkontu man staan
gemaak. Toe die kiesbeampte die indrukwekkende groot weermag soldaat binne
in die lokaal sien staan met sy
R1-geweer, vind daar 'n anale gedonder plaas -sewe tree sonder 'n spatsel,
die slapende kat by sy voete amper dood.
Hy ski daar op sy Dawid Kramer fellies op die soldaat af en beveel hom om
onmiddellik die lokaal te verlaat. Waarop die NP toe weier dat dit gebeur,
en verklaar dat die weermag dieselfde regte as Umkonto het, en dus nou ook
welkom is in die kieslokaal. Die Hoofkiesbeampte handhaaf egter alle
opdragte van die ANC- hoewel hulle reëls bots met die kiesregulasies en
wette, (wat deur die hoofkiesbeampte toegepas moet word).
'n Staking van die stemmery word weer uitgeroep, die OVK telefonies ontbied
deur die NP, en nie deur die hoofkies beampte wie se werk dit was nie.
Die VVO en die OVK daag weer op. Die NP vereis dat die gebied afgesper word
in 'n straal van 100 meter, soos deur die verkiesingsmanifes bepaal. Die
versoek word weer eens gehandhaaf deur die VVO en OVK beamptes.
Dit beteken toe dat die polisie, en die Weermag wat op die hooimiedens gelê
en rook het, en saam met die jonger veiligheidsdames sit en kaart speel
het, summier hulle wittebrood moet uitstel en hulle "rusplekke" ontruim.
Die hooimiedens val binne die sekerheidsarea.
Nie op bevel van die Hoofkiesbeampte soos van hom verwag word nie, maar op
die van die Nasionale Partyvoorsitter, wat hulle teen hierdie tyd soos
verwarde kartonmannetjies laat
rond hardloop - die polisiekolonel ingesluit.
Die Hoofkiesbeampte het tydens die hele operasie êrens in 'n hoek
weggekruip, en eers later probeer om bevel van die tou spannery oor te
neem. Waarop die NP-voorsitter hom toe beveel om sy toue korrek te span,
en die gate toe te maak wat hy oopgelos het!
Op een delikate area wou hulle die" abolusie" gerief buite die beveiligde
area laat, weens die tou wat te kort was. Om die waarheid te sê, wou hulle
die tou reg voor die deur laat verbygaan, met die gevolg dat die deur toe
nie kon oopmaak nie.
Teen hierdie tyd was die hele spul erg ontsenu, die NP-voorsitter baie moeg
en gefrustreerd.
Maar oorgee was nog lank nie in sig nie. Daar word die bolliebak toe
afgesper, waarop die man toe bulder: "Nee magtag kêrels, julle kan nie die
kakhuis afseël nie! Ek kla julle aan vir hoogverraad! Julle is besig om
een van die kiesers in die longdrop af te sonder! Span die tou nou dadelik
agter om die kakhuis! Al wat julle fokken goed voor is, is om Bolliebak
Republieke te stig!"
Die Hoofkiesbeampte wat 'n moerpluk erken as hy hom sien, kom met 'n
merkwaardige spoed te voorskyn met nog 'n doos rooi tou. Meters en meters
van die goed.
Terwyl die Bolliebak toe binne die ge-annekseerde beveiligde gebied ingelyf
word, verskyn daar 'n lywige swartmoeder van Afrika in die plek se deur en
kyk in 'n menigte gewapende manne se gesigte vas. Die uitdrukking op haar
gesig was dié van 'n Afrikaan in 'n land waar 'n staatsgreep uitgevoer word.
Teen hierdie tyd het die hoof kiesbeampte se senuwees sy snor in 700
rigtings laat uitskiet,en skree hy histeries vir die NP-voorsitter om na
die stemlokaal terug te keer. Daar word hy beveel om op 'n stoel te gaan
sit, met die woorde: "Nou sit jy op die fokken stoel, tot ek vir jou sê jy
kan opstaan! Ek het altyd geweet jy's bedonnerd, maar ek het nie geweet
jy's vol stront ook nie!" Waarop die NP-voorsitter toe hoflik sy hand
opsteek en vra of hy maar kan gaan piepie......
Weer eens kos dit die Hoofkiesbeampte 'n trip na buite - kan moontlik
toegeskryf word aan die feit dat hy op daardie stadium uit sy eie lyf uit
gespring het van woede en vrees vir die ANC - 'n mens sal nooit weet nie!
Met die terugkom slag is die man egter kalm, en kry die NP-man
toestemming om die stoel te verlaat. Waarop hy toe weer eens hoflik bedank
word dat hy nie die stoel ook onder die NP uitgeruk het nie......
Daar was lanklaas soveel hande wat dop vashou op die hotelstoep. Die nuus
het ver en wyd getrek. Die hoof kiesbeampte moes maar verby hou. Die
distrik wou hom nie die sirkus op die land se begrafnis vergewe nie. Hy was
soos die tou-leier van geblindoekte trekdonkies na 'n slagpale behandel.
Die NP-voorsitter moes sy eer kom red. Hy gaan haal die man op sy plaas en
nooi hom toe vir 'n dop daar op die stoep. Die dorp en die distrik se
uitslag van die verkiesing het die vergifnis moontlik gemaak.
--
sand...@global.co.za
Ons staan in 'n kring om die hardekoolvuur. 'n Naguiltjie roep in die verte.
"Op oom André(*)," sê ek, en lig die blikbeker. "Op oom André," volg die
ander in 'n koor. Ons drink langtand terwyl ons vir die kole staar. Oorkant
die rivier huil 'n jakkals. Vriend John vat die kitaar en begin 'Skipskop'
sing. Een vir een begin ons saam sing, maar ons kyk nie vir mekaar nie. Toe
die laaste note wegsterf, gaan ons sit, maar almal bly kyk met mistige oë
vir die kole.
"Waar kry jy die Roodeberg?" verbreek vriend John die stilte. "By die KWV,"
sê ek, nog ietwat oorbluf. "Nee, man, by wie?" "Ek het 'n familielid in die
Paarl met 'n kwota. Ek bel hom altyd van Beaufort-Wes af as ek op pad is
Kaap toe."
Stadigaan begin die manne kosmaak op die kole, voor ons vertrek op die
gebruiklike middernagtelike 'gamedrive' langs die Olifants. Jongeling Dunn
sê hy gaan nie saam nie, want laas het hy uit ordentlikheid Dok Sarel sy
Discovery laat bestuur, en van al die whisky het Dok een van sy Michelins
oor 'n boomstomp afgeskryf. Dok Sarel reken net 'n minder begaafde intellek
sal met Michelins hier in die bos kom rondry.
"Ek het eenkeer verdwaal in die Paarl," val vriend Hay uit, terwyl hy die
Bief Strogonov roer. "Jy verdwaal in Hoedspruit, man!" laat Jongeling hoor.
Vriend Hay maak of hy nie hoor nie. Hy is 'n rukkie gelede hier weg
Hoedspruit toe om 'n drankwinkel oop te maak. Eintlik raak ons maar almal
half senuweeagtig as ons op groot plekke kom.
"Ek het gaan wyn koop vir my winkel," gaan vriend Hay voort. "Toe ek in die
Paarl kom, het ek nie 'n idee waar die KWV is nie. Langs die straat staan
een van ons Kaapse broers so teen 'n lamppaal. Op sy gesig kan ek sien dat
hy al baie Oom Tas in sy lewe gedrink het. Ek stamp aan vriend John, "Vriend
Hay mag nou wel 'n drankwinkel op Hoedspruit hê, maar ek sweer hy het nog
nooit een enkele bottel Oom Tas daar verkoop nie. Wat weet hy hoe lyk 'n ou
wat Oom Tas drink!" Weer maak vriend Hay of hy nie hoor nie.
"Ek vra hom of hy my kan beduie hoe om by die KWV uit te kom. 'Dja, minee.
Djy ry nou stryt tot byrie twiere roubot, da drai djy rês...Nei, wa soe i
biedjie...Djy ry tot byrie dêde roubot...' Nou begin Kaapse broer met 'n
vuurhoutjie in sy oor krap. 'Oukei, minee, noutik hom! Djy ry tot byrie
viere roubot...Eintlik, minee, va hie wa ek in djy sta, kan i mannie byrie
kawievie ytkommie!' "
(*) Oom André Bester, eienaar van die plaas wat hierdie storietjies
inspireer, is verlede week oorlede.
Groete
Henri Burger, Tzaneen. RSA
'Afrika is Nie vir Sissies Nie!'
(e-mail: remove 'sukikaki.')
--
Henri Burger, Tzaneen. RSA
'Afrika is Nie vir Sissies Nie!'
(e-mail: remove 'sukikaki.')
> Voor de rest moet het denk ik nog even tot me doordringen; het is nogal
> moeilijk om over te schakelen. Is het misschien mogelijk om een paar korte
> zinnen te geven inclusief vertaling (in Nederlands, Duits, Engels of
> Afrikaans)?
Meen jij van het "sample" een vertaling in het nederlands van een paar zinnen .
Het is moelijk maar niet een korrekt nederlands .
Dies man dou is de fader wmeid kiNd . - Deze mens doe zijn de fader met kindje .
Deze mens is de fader met kindje .
This one is the father with kid .
Dieser ist der Vater mit ( den ) Kind .
wweic motif dou sieN wwiec manier . - which motive see which kind . (why see
how )
shall mean : why do you look like that .
welch' Motiv sehen welch(a) Manier . - wieso siehst auf solche Art aus .
welke motif zien welke manier .
de erlkiuwng wmeid kron eunD da:z . - de erlkoning met kron en deze ( het ) .
the erlking with crown and that .
der Erlko"nig mit Kron und diesem .
Hope , that's what you wanted .
ik hop het is geweest het wat u heb willen hebben .
Henri Burger heeft geschreven in bericht ...
>
> Leendert van Oostrum skryf:
>
>> (Dis nou benewens my ernstige besware teen woordherkenning - "whole
>> language" as onderrigmetode. Maar daaroor het ek al op die NG kommentaar
>> gelewer :-)
>
> Dit was ongelukkig voor ek my kop in hierdie bynes gewaag het,
Ja. Mens berou dit soms :-)
> Leendert, so
> ek is nie bewus van jou besware nie.
My besware bly bloot besware. Dit verantwoordelikheid bly altyd die ouer
s'n.
>
> Buitendien staan dit buite my opleidingsveld. Ek praat bloot van wat ek saam
> met my eie, asook vriende se kinders ervaar.
Hmmm.... Soos ek die ding waarneem is die oordeel van ouers meesal meer
betroubaar as die van die "opgeleides". Die probleem is net dat die
"opgeleides" geleer het om hul oordeel te vertrou, hoe krank ookal, terwyl
ouers geleer het om hul eie oordeel te wantrou ten gunste van die "ekspert"
s'n.
> Vir my lyk dit asof hulle
> vroeër kan lees as wat ons kon. Miskien is hulle slimmer, of word hulle
> vroeër blootgestel, ek weet nie.
Dit kan wees dat hulle slimmer is. Die huidige generasie ouers neig om meer
aandag te gee aan stimulasie van kinders van jongs af. Voor ongeveer 1970 is
dit deur baie "kundiges" nie beskou as belangrik nie - of selfs beskou as
onwenslik.
So dis seker moontlik dat jou kinders en hul maats intellektueel verder
ontwikkel is as wat jy op dieselfde ouderdom was.
Maar by kinders wat groot dele van die dag in kleuterskole was het ek my
bedenkinge
oor die emosionele en sosiale ontwikkeling - en, as mens na party van die
literatuur
kyk, ook die intellektuele ontwikkeling.
>
> Ek moet bysê dat hulle nie woordherkenning as enigste metode gebruik nie,
> maar tog geleer word om terug te val op die klank-metode.
Dis goed. Ek kry die indruk uit die literatuur dat die meeste kinders beter
leer lees met die klankmetode, terwyl 'n klein persentasie slegs deur die
heeltaalmetode kan leer. 'n Mengsel lyk dus aangewese, maar die puriste kry
die piep daaroor (soos puriste maar maak).
Ratel rations
terrs vir brekfis
Angolese pesos in my hand
boshoed pasop
breekpunt Charlie
blinkboud op Zambezi-walle,
Pb's weet
landmynskrapnel
R1 bid
my God is naby.
Rooilynkaart
Boesman sing
Swapo sny lyn
Kolonel Koljander
soeksteek hier
patrollie daar
bivouac vannag
boshappy daglig
prewel sakbybel
pantserhart
bloederige rendezvous
chopperstretcher
almal saam:
ons vir jou,
Pretoria.
Weet iemand misschien waarom Zuid-Afrika als internationaal
motorvoertuig-kenteken (de sticker op je wagen) en het
domeinnaam-achtervoegsel (bijv. som...@nowhere.za) de afkorting "ZA"
heeft, en niet "SA"? Het woord "zuid" met een z is toch Nederlands en
niet Afrikaans?
It is incomprehensible that the plight of so many destitute people seemingly
continues to be ignored by senior Gauteng health department officials. The
latest report on this intolerable situation is that the 600 non-governmental
organisations that distribute food parcels to half-a-million desperately
needy have not received their usual funding from the department for two
months. As a result, hungry people - including the elderly and pre-school
children - have been turned away as the supply of parcels runs out.
The excuse given is that problems have arisen in the switch-over to a new
finance system. Even so, promises that cheques would be sent out last week
have not been met.
A member of the Alexandra Ministers' Fraternal exonerates the health
department's Wits regional office, saying the blame lies higher up. We would
like to know where, but our inquiries to bumbledom have been ignored.
What is urgently required is the appointment of a senior official with the
authority to cut through red tape and make the allocated money available
immediately.
Of course, that person would have to be one who cares. Regrettably, there
appears to be a shortage of such candidates.
************************
'n Pedi-kollega van my het Garsfontein toe getrek. Hy verwag dat die gegoede
dele van Mamelodi en die winkels in Sunnyside die een of ander tyd geplunder
gaan word deur honger mense. (Sunnyside is besig om die weg van Hillbrow te
gaan - dit word 'n inner city slum en al wag besigheid en eetplek is wyk uit
Hatfield toe.)
> What is urgently required is the appointment of a senior official with the
> authority to cut through red tape and make the allocated money available
> immediately.
Leendert,
Ek dink as 'n mens mooi op hierdie dinge ingaan, lê die probleem nie soseer
by die politici nie, maar soos die skrywer opmerk, by die onbeholpe
amptenary. Ek gee toe dat die politici uiteindelik ook daarvoor
verantwoordelikheid moet aanvaar.
Kort nadat die ANC ontban is, het 'n groep van ons hier plaaslik die
voorsitter van die Jeugliga genooi om met ons te kom gesels. Sy idees oor
die ekonomie, nasionalisasie, ens. op daardie stadium was skrikwekkend.
Na die verkiesing is hy aangestel as ons provinsie se minister van
finansies. Na 2 jaar in sy pos het ons hom weer genooi, en dit was
verrassend om te sien hoe sy idees getemper is. Hy het toe sy waardering
uitgespreek oor die geleentheid wat ons hom destyds gebied het om in gesprek
te tree.
Ek het elders gemeld van 'n vriend van my wat betrokke is in die onderrig
van gestremde kinders. Twee weke gelede was sy skool se geld op. Dit is 'n
baie ernstige situasie, want die kinders bly by die skool, en word volledig
versorg. Hy bel toe die betrokke politikus, en die volgende dag kon hy sy
geld gaan haal. Dit was die amptenary wat hul plig versuim het.