Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Tuisblad

Sa., 20 Junie 1998 00:00

Danksy die aanmoediging deur julle klomp, is die nuwe!, verbeterde!, minder
amateuragtige! tuisblad nou te sien by:

http://mzone.mweb.co.za/residents/hb26/homepage.html

Let op dat daar 'n klein veranderinkie van die vorige adres is.

Baie dankie aan almal wat raad en hulp aangebied het, veral Hellin Gervaas
(die kommentaar boksie is op pad!), 'heksie' (die e-pos skakel is nou
'lewendig'!), my vriend Hansie (wie se skandeerder ek saam met hom moes leer
werk, terwyl ons vrouens tevergeefs gesit en muskadel drink het!), en almal
wat my daarop gewys het dat Marli se geboortedatum verkeerd was, maar nie
kon sien dat Engela en Jacques s'n ook verkeerd was nie.

Daar was 'n versoek dat ek Hardekoolvuurstories op die blad moet plaas. Ek
het een geplaas wat reeds hier verskyn het, maar my vraag is of ek moet
voortgaan om nuwes hier te plaas?

Wees maar geduldig met die aflaai van die foto's - miskien is dit die moeite
werd!

Groete

Henri Burger, Tzaneen. RSA
'Afrika is Nie vir Sissies Nie!'
(Nou op die Net by: http://mzone.mweb.co.za/residents/hb26/homepage.html !)

--

Henri Burger, Tzaneen. RSA
'Afrika is Nie vir Sissies Nie!'
(e-mail: remove 'sukikaki.')

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

"Om te lewe is onnatuurlik" deur GERT VLOK NEL

Do., 18 Junie 1998 00:00

OM TE LEWE IS ONNATUURLIK
Eenvoudige spoorwegstories
Gert Vlok Nel

oproep

Goegie was veraf vandag
vandag toe ek hom bel
en vanuit die kruik vertel
heel godse dag gesit en paint sê hy
toe in die kar geklim, toe berg toe gefokkenry
kaalgat vleis gebraai hoog bo iewers oers
by galopping van einders, toringing (w(o(l(k(e
toe in die kar geklim en terug gery
toe veraf geklink vir my.

desember & see

groteske wolke beweeg bo-oor die toneel

ons twee arme spoorwegdôners op hermanus -
dit het die heel eerste aand subkultureel wreed gereën
oral om i army-bivvy. i halwe afstand van ons in mis
het rykes in i fokkenmansioninthesky (in die heelal)
gedine & wine. ek wou nie dat jy kyk & sien nie.
dalk sou hulle brutaal brood drink en vir ons
wyn gee.

dit was ons eerste outing see toe, op 16 & 22.
vanaf beaufort. lift hermanus toe. Attie my broer
en ek. jy't stormy weather gesing in die nag as
bevestiging & vergissing, maar summertime sou
nie beter gedoen het nie. stilte ook nie. sundown
was i moerse comedown. "nag At," het ek gesê.
"Ja"

5-uur het ons verwater & wild op die strand uitgehol,
jeans en truie, saam met windsurfers in wetsuits. dit
was haunting. hemel & fokken aarde toegewrap in wolk. ons
was gou warm. t.s.v. die kak drizzle. ek
wou iets (die oggend) vergestalt in rots of rym
maar het alreeds alles weggegee
aan herhinnering & pyn

om nou, got-jare later, te berg uit vadems donker
trog, vasgenael teen dek en maspaal, vloekende hollander
elke keer wat ek bo-oor kruis, of
ek herrangskik freneties
dekstoele. of preweling. of ek bid tot got, ons hotnotsgot.
of iets At maar dié belowe ek jou At:
rym se moer:

ons het een dag gebly: dit was aand
en natuurlik môre. daar was lig. "dis die 1ste
dag van die res van ons lewe," kon ek sê.
dit was die 2de oggend op die 3de planeet van die son.
ons het verwoed weggehaaik, in triest, na die beaublou
van die kro, en die ekwilibrium van oë. ek ril
by herinnering aan hoe ons gereis het, hoe ons gekyk het
1) ons het gehaaik. 2) ons het onrus gehaal.
een twee drie dis i kak plek die moes ons sing
bo-oor die STEREO van die nice holes of ass wat ons
opgelaai het. in opgeboude kombi. ons het by enige huis geklop.
"kom in" het jan rabie gesê. (lieflike radyse in die hand.)
in die hoek het ettienne leroux soos i soutpilaar gesit, saam met
elizabeth, sy lot. sy blik

was toegetrek. hy't ons en jy't hom nie herken nie.
"ons soek Daan verwey, i pel van ons," het ons gesê.
teen uitgebasterde aand was ons op die plato, in fatale
reën, by matjiesfontein, teen 160 k.p.u. ons kopligte
het getippex oor opgehewe heuwels, vae huise, petite lig.
3) ek onthou vanaand At, vir wat dit was, jou blik:
om te lewe is onnatuurlik.

Prosa & poësie | 1 kommentaar

toets

Do., 18 Junie 1998 00:00

toets !

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Re: TRC

Do., 18 Junie 1998 00:00

> Ek sien die AWB's wat voor die TRC gaan getuig het, het gese die AWB
> se leierskap is lafaards wat nie die guts het om die gevolge van hul
> opdrgate te "face" nie.
> Enige gedagtes daaroor, ou Frikkie?

Ja, ek sal graag hierop antwoord.
Het jy al ooit van die belange groep van vyf en Dries Kriel gehoor.
Nouja, Dries het `n besigheid daarvan gemaak om te sê dat hy vid die manne
in die tronke omgee en dus ook sal help voor die lieg en bieg kommisie.
Wat hy toe gedoen het is om die manne in die tronke teen die leiers op te
maak voordat hy hulle dan sou help.
Dus, as ek lewenslank gevonnis was, sou ek ook enige storie vertel as ek sou
glo dat ek vrywaring sou kry.
Dit lyk dus of jy oningelig is van wat die waarheid is dat sekere AWB Lede
in die tronke met sulke stories vorendag gekom het.
Ek kan ook verder uitbrei van `n dokument wat voor die lede gesit is om
hulself van die AWB te distansieer voordat hulle hulp aangebied is, maar dit
is niemand hierbuite se saak om daarvan te weet nie, maar wat ek met trots
kan sê is dat die meerderheid, as ek onder korreksie praat net 2 wat die
vorm geteken het. Die res van die manne daar binne net soos almal van die
AWB hier buite staan nog bankvas agter Eugene Terreblanche en die Generale
staf.

Boere Groete
Frikkie

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Een liedje voor afrika

Wo., 17 Junie 1998 00:00

------------------------------------------------------------ --
di wöd is a mea oone schtraund unt mia saj di wossalaichn
la mond est maro sen plařo & ni est l'akvomortanti
zemlja je more bez plaća i smo mrtvaci u vodu
a vílág 1 tenger nélkül stranda és vagyunk hallatul vízben

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

"Ketter" deur CHARL DURAND

Ma., 15 Junie 1998 00:00

KETTER
Charl Durand

As ek aanhaal uit die bybel
sal jy verstaan
as ek ophou vrae vra
en niemand is hier
wie sal 'n boom hoor val?

Prosa & poësie | 1 kommentaar

Wat dink julle?

Ma., 15 Junie 1998 00:00

Ek is bekkomerd oer die toekoms van die taal.
Ek is nie a Afrikaner nie, maar die taal en kultuur beteken baie na my.
Dink julle dat soos die stem, die tall sal verdwyn stadig maar seker?
Totsiens,
Shaun.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Nieuwenhovens

So., 14 Junie 1998 00:00

Onze Website is vernieuwd en de lijst met email-adressen en homepages van
Nieuwenhovens overal ter wereld is flink uitgebreid.
http://web.inter.nl.net/hcc/Nieuwenhoven.van/

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Nederland - Belgie

Sa., 13 Junie 1998 00:00

(een bericht uit Letter over de Meanderkrant)

Het leek er even op dat zelfs de makers van de Meanderkrant niet ontkomen
aan de voetbalgekte.
Aflevering 5 van de e-mailversie bevat immers een mengeling van gedichten
van Vlamingen en Nederlanders en zo lijkt het of ook Meander wil inspelen
op dat wat zoveel mensen in deze weken bezig houdt.

Maar gelukkig: bij nader inzien blijkt Meander inmiddels per traditie een
plek waar zowel Vlaamse als Nederlandse dichters hun werk plaatsen. En ook
deze keer wordt er over voetbal weer niet gesproken.
Daarmee is het geen oase van rust; ook andere zaken dan die sport kunnen
gevoelens en pennen in beweging brengen. Beeldschermen doen opflitsen. Pijn
vanuit muisarmen doen uitstralen. En zorgen voor datastromen door Lage
Landen.

De online krant: http://meander.mypage.org/
De e-mailkrant : abonneren met bericht aan mai...@calliope.xs4all.nl
met als inhoud: subscribe meanderk

------------------------------------------------------------ ---------------

Niet alleen de bal is rond
--------------------------

Letters is niet de enige rondzendlijst die zich bezighoudt met Nederlandse
literatuur.
Een zo compleet mogelijk overzicht van Nederlandstalige rondzendlijsten op
het gebied van literatuur en taal is nu onderdeel van de Meander
linkspagina.
Te vinden op het adres: http://meander.mypage.org/links/rz.html
Men kan zich via deze pagina direct aan- en afmelden op/van de diverse
lijsten.

------------------------------------------------------------ ---------------

België en Nederland en de auteursrechten
----------------------------------------

De manier waarop men literair werk kan registreren en zo haar of zijn
auteursrechten veilig stellen blijkt in Nederland en België nogal te
verschillen.
Jeannine Janssens zet in een artikel op het adres:
http://meander.mypage.org/art/auteursrechten.html
de verschillen op een rijtje.


Letters is een nieuwsbrief over Nederlandstalige literatuur op
Internet en op of via andere nieuwe media.

Weblocatie :
E-mail : let...@dsr.nl
Opzeggen : een bericht aan majo...@oudenaarden.nl met als
inhoud: unsubscribe letters

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

gloudina, wat's jou email adres nou weer?

Sa., 13 Junie 1998 00:00

Hi Gloudina, ek het 'n computer crash gehad, stuur asb weer vir my jou email
adres. (Jou adres kom nie voor op jou nuusgroepbydraes nie).

Charl

-----== Posted via Deja News, The Leader in Internet Discussion ==-----
http://www.dejanews.com/ Now offering spam-free web-based newsreading

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Bladsye (1835): [ «    1371  1372  1373  1374  1375  1376  1377  1378  1379  1380  1381  1382  1383  1384  1385  1386    »]
Tyd nou: Di. Des. 16 13:10:11 UTC 2025