Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

POTJIEPOS

Wed, 24 June 1998 00:00

Nog.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Re: Events on IPPV ?

Tue, 23 June 1998 00:00

Jammer vir die misplaasde artikel

Dankie

Alan Drodskie wrote in message ...
> Hi,
> Can anybody brief me on current Impulse Pay Per View events from Multichoice
> or what may come up in the near future and the estimated cost thereof...
>
> Regards
> Alcord
>

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Wat kan ons mense oortuig om Afrikaans te leer?

Tue, 23 June 1998 00:00

Ek is nuut op hierdie groep maar ek stel hierdie vraag voor- hoe kan ons
mense oortuig om Afrikaans te leer as hulle nie reeds
Afrikaanssprekendes is nie? Wat my opgeval het is dat dit selfs moeilik
is vir mense in Suid-Afrika wat Afrikaans wil leer. Van 'n persoonlike
standpunt het ek slegte ervarings gehad sedert my terugkoms na
Suid-Afrika na baie jare in die buiteland (Engeland en Nederland). Ek
dink dat dit jammer is want op einde van die dag is Afrikaans ons gemene
kultuurgoed waarin ons ALMAL deel kan neem om die taal/kultuur te
bevorder en handhaaf- tog in die werkilikheid vind ek dat baie mense wat
nie aan die Afrikaanse kultuur gewen is 'n vyandig houding daarteen het.
Tewens is Afrikaners skuldig vir hul' eksklusiwiteit wat die indruk gee
dat niemand een van die "volk" mag wees nie tensy hulle "regte
Afrikaners" is. Dis 'n ellendige situasie dink ek, veral nou wanneer
daar so baie slegte aanvalle op Afrikaans in Suid-Afrika uitgevoer word.
Dit raak my hartseer of ek na Namibi"e kyk want daar is die meerderheid
van die mense Afrikaanstalig maar Engels het die amptelike taal geword.
In Suid-Afrika is die minderheid Afrikaanstalig- dit lyk my as Engels
die opperhand sal kry in hierdie stryd as ons niks daarteen doen
nie.....het iemand enige idee"e ?

Koeitjies & kalfies | 11 kommentare

Re: ±z¤£¥i¤£ ̧Õ

Mon, 22 June 1998 00:00

Hier is 'n vertaling vir die wat nie die oorspronklike boodskap van Anna kon
verstaan nie. (Die oorspronklike boodskap verstaan ek nie)

Bfgenf+ACEAIQAh-

l qrfch+AOk-f abf dhrwnzbf gbqbf qr dhr ab abf ragraqrzbf ny unoyne.Cbe
Mrhf, Ncbyb l cbe gbqbf ybf qvbfrf +ACEAIQAh-ivfgb rfgb ab zr rkgen+APE-n anqn.

Frthenzragr ab unoe+AOE- freivpvb qr genqhppv+APM-a. Ry genqhpgbe unoe+AO0-n qr
pboene ha cnfg+APM-a cnen qrfiryne yb dhr dhvrer qrpve ry dhr un rfpevgb
rfgb.Fre+AOA- ohrab? Fre+AOA- ha pbawheb cnen ngnpne n ybf znybf rfc+AO0-evghf?
Nettt+ACE- n yb zrwbe rf pbfn qr yn fnagrevn l abf un urpunqb ha zny qr
bwbf n gbqbf ybf dhr rfpevovzbf ra fpr+ACEAIQ-

Naan (Anna)

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Om die Hardekoolvuur lV

Mon, 22 June 1998 00:00

Hierdie is spesiaal vir JACO COETZEE wat in Singapoer sit en verlang na
Afrika en Rugby!

Die ander aand sit die diere van Afrika om die hardekoolvuur langs die
Olifants, en stry oor wie is nou eintlik die beste in dit en dat. Koning
Leeu was later goed dik vir die klomp, en nadat hy 'n goeie sluk uit sy
blikbeker gevat het, roep hy die spulletjie tot orde. "Kyk," sê hy vanuit
die hoogte, "ek het nou genoeg gehad. Volgende Saterdag pak julle mekaar op
die rugbyveld. Die groot diere speel teen die insekte en ander goggas.
Sekretarisvoël sal skeidsregter wees."

Die hele week was dit 'n groot geskarrel om alles reg te kry. Proewe is
gehou en spanne gekies. Die diere wat nie betrokke was nie, het die veld reg
gekry. Teen Saterdag was daar 'n feestelike stemming. Gelukkig het geen
mense opgedaag om die pret te bederf nie.

Toe sekretarisvoël sy fluitjie blaas was die pawiljoene gepak. Die spanne
draf uit onder luide toejuiging. Eers die groot diere: Heelagter - Koedoe,
Vleuels - Rooibok en Hartebees, Senters - Njala en Duiker, Losskakel -
Springbok, Skrumskakel - Klipspringer, Agtsteman - Eland, Flanke -
Blouwildebees en Buffel, Slotte - Kameelperd en Sebra, Stutte - Olifant en
Seekoei, Haker - Renoster(kaptein). 'n Formidabele span in enige ou se boek.

Toe die insekte opdraf, raak die skare histeries: Perdeby, Vlieg en
Naaldekoker, Muggie en Muskiet, Skoenlapper, Vlooi(kaptein), Kakkerlak en
Rysmier, Hottentotsgod en Stokinsek, Miskruier en Toktokkie, met Bosluis op
haker.

Net voor die afskop is daar 'n verbyvlug van verskillende voëls in 'n
verskeidenheid van formasies. Nadat 'n klomp tortelduiwe seremonieel
vrygelaat is, kom 'n Gompou gevaarlik laag oorgevlieg, met die woorde 'Go
Bugs' onder sy vlerke geverf, tot groot vermaak van die jillende skare.

Van die afskop af sukkel die insekte hulle vrek. Dinge wil nie vlot in die
skrums nie, en Sekretarisvoël moet hard praat met die voorrye. Kameelperd
oorheers die lynstane. Buffel is genadeloos in die losspel. Die groot diere
wen al wat bal is. Hulle druk drieë asof dit uit die mode raak. As hulle met
die voorspelers dryf, is Olifant en Seekoei onstuitbaar. As hulle wyd speel,
is daar geen keer aan Hartebees, Rooibok en Koedoe nie. Springbok skop al
wat 'n bal is oor. Rustyd is die telling 50-0.

Na rustyd lyk dit of Vlooi se hardpratery gehelp het. Die insekte stoot die
ou groottes meters terug in die skrums. Duisendpoot wen balle agter in die
lynstaan. Dit gaan verwoed in die losskrums, en hulle begin daar oorheers.
Die balle gaan seepglad met die agterlyn af, en Muggie, Naaldekoker en
Perdeby begin die drieë inryg. Muskiet se skopskoen is so dodelik soos sy
byt. Skoenlapper dartel deur die verdediging. Duisendpoot duik die groot
diere disnis. Selfs Kakkerlak, wat 'n stillerige eerste helfte gehad het,
lak die dinges uit hulle uit.

Twee minute voor die einde klits Skoenlapper 'n skepskop oor, en die telling
is 51-50! Van die afskop af dryf die groot diere verwoed. Renoster kry die
bal 5 treë van die doellyn af, en gaan vir die hoekvlag. Met 'n bo-menslike
poging duik Duisendpoot hom by die hoekvlag uit. Die eindfluitjie blaas. Die
skare se vreugde ken geen perke nie.

Toe hulle afstap, vra Vlooi vir Duisendpoot waar hy in die eerste helfte
was, toe hulle so gesukkel het.

"In die kleedkamer, besig om my stewels vas te maak!"

Groete

Henri Burger, Tzaneen. RSA
'Afrika is Nie vir Sissies Nie!'
(e-mail: remove 'sukikaki.') Besoek my tuisblad:
http://mzone.mweb.co.za/residents/hb26/homepage.html

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Hoe kan ek na die US Imegreer

Sun, 21 June 1998 00:00

Ek het raad nodig, dringend !!

Ek en my vrou wil na Amerika immigreer, maar ons weet nie hoe om te werk
te gaan om 'n werkspermit te bekom nie. Enige hulp en voorstelle sal
waardeer word.
E-Mail: ko...@ix.netcom.com

By voorbaat dank
Andre de Witt

Emigrasie & buiteland | 1 kommentaar

Uit "Die Bar of de Aar" deur ANDRE LE TOIT

Sat, 20 June 1998 00:00

WINTERPAD (uit "Die Bar op de Aar")
André le Toit

Ek wil my deken met jou deel
Daar's prentjies van mooi bome op
Ek wil nagdeur jou vrugte steel
En die skille in my hand omdop
Ek wil jou uitsuig soos lemoene
Hoog raak op jou soene
Verlei maar my spioene
Kom deel my bedsprei en nog wat
Kom rook die pyp met my majat
Winterpad my willegat

Daar's pinball-games diep in jou oë
Daar's twintigsente op jou bors
Jou water kom direk van bo
En soos die hert het ek ook dors
Ek sal jou inryg soos rooi krale
Ek sal jou rook soos my sigare
Jou vel, jou hande en jou hare
Oompie het 'n vark gery
Maar jy's vir altyd bo-op my
Winterwei my lekkerkry

Krismisrose in die tuin
Poliesmanne in die townships
Luister-bugs in die gordyn
Wie gaan next time opslip?
Kanker op die wit veranda
Jou troepe roep 'n hees amandla
Vlug jou oë na ander lande?
Vroutjie, wees my noodtoestand
My hele lyf is aan die brand
Winterland my watertand.

Prosa & poësie | 0 kommentare

Gedicht

Sat, 20 June 1998 00:00

Kan iemand mij helpen aan de titel, de complete tekst en evt. een
vindplaats van het volgende Zuidafrikaanse gedicht:

"Daar was er eens een getrouwd paar
dat leefde op hulle gemak nou
die vrouwtje maakt die koekies klaar
daar in die pan daar bak nou.

Die wind blaast kou door die gebou
en trek door elke skeur nou
dan zeg die oubaas ver sen vrouw
sta op, maak toe die deur nou

Zij zegt ik maak die koekies klaar
ik heb teveel te doen nou
Al wacht jij nou ook 100 jaar
ik maak die deur nie toe nou.

etc ......

Floris Grotenhuis (f...@dds.nl)

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

KOM ONS WEES VROLIK

Sat, 20 June 1998 00:00

Tussen al die ouens wat mekaar so aanvat op hierdie
nuusgroepe, wil ek darem so 'n stukkie vrolikheid
ingooi. Geniet die volgende kostelike dinge wat
kinders kwytgeraak het.

**************

Maria se kinders is al groot en uit die huis uit. Twee
dogtertjies van vriende kuier by haar en haar man.
Kuier is vir die twee baie lekker en met die vertrek
is almal bietjie droewig. Maria kla:" Ag ja, nou bly
ek alleen agter, sonder kindertjies en ek kan ook
nie meer van my eie hê nie", maar voor sy iets kon
sê van "te oud" val Mia haar in die rede met:
"Hoekom nie, is jou melk dan suur".

**************

Dylan was so vyf toe hy sy oupa voor die
badkamerspieël sien staan met bolle skuim om sy
mond soos hy skeer. Hy roep sy pa: "Kom kyk!
Oupa het hondsdolheid!"

**************

Die gesin ry met die motor op die deurpad. Die pad het
drie bane. Pa ry in die middelste baan. Voor ry twee
vragmotors. Die een ry in die linkerbaan soos dit hoort.
Die ander ry in die regterbaan soos dit nie hoort nie. Pa
het 'n rukkie agter hulle gery, om te kyk wat die een in
die regterbaan se plan is, maar hy bly regs. Pa besluit
om maar die kans te vat en tussen hulle deur te ry. Toe
pa-hulle tussen die twee vragmotors is, is dit 'n hengse
lawaai. Hulle kom anderkant uit en Willem wil weet:
"Pa, is ons nou deur die klankgrens?"

**************

Klein Rudi en sy ma gaan haal eiers by die hoenderhok.
"Haai, Rudi, kyk net hoe klein is hierdie ou eiertjie.
Ek wonder hoekom..??"
"Ag, ma, die hoender was maar seker hardlywig".

**************

Dylan was in die bad. Soos kinders maar is, het hy met die
skuim, die seep, die waslap en wat nie al gespeel nie. Later
wonder Ma hoe hy vorder en besluit om te gaan kyk.

Toe sy in die badkamer kom, staan sy geslagsdeeltjie
kiertsregop. Op Ma sê vraag wat nou aangaan, kom
die droë antwoord: "Ma, dis net tottie, hy doen oefeninge!!"

**************

Ek pos gereeld sulke kinderssêgoed aan 'n paar honderd
Internetters. Indien jy dit ook wil ontvang, stuur net 'n E-pos
aan my by [dm...@lantic.co.za] met die woorde "Staaltjies"
en ek plaas jou op my adreslys.
Ek belowe dat ek nie aan jou gemorspos sal stuur nie EN ek
stuur die staaltjies met verskuilde adresse, dus sal die ander
ontvangers nie jou adres kan sien nie. Indien jy dit 'n paar
dae ontvang het en jy voel dat ek besig is om jou tyd te mors,
sal ek op versoek jou naam van die lys skraap.

Groete,

Danie [dm...@lantic.co.za]

Humor & grappe | 0 kommentare

Mengele, ecstasy, mandrax etc etc

Sat, 20 June 1998 00:00

Ja wel, no fine sê ek nou.

Ferdi: SA het atoombomme gebou om op die arme ou kaffertjies te gooi. Sure
ou Ferdi, dit maak baie sin.

Gloudina: Die apartheids varke het visse met extasy bedwelm. Yup, klink
redlik goed vir my ;)

Waneer gaan die versoening van die kaffer moordenaars se kant af begin kom?
Vir all die roof/moord/hijaking/verkragtings? Hoekom word dit nie ook hier
ondersoek nie? Vir my lyk dit of hierdie versoening dan nou net van eenkant
af verwag word. Hoe werk dit dan nou?

-----== Posted via Deja News, The Leader in Internet Discussion ==-----
http://www.dejanews.com/ Now offering spam-free web-based newsreading

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Bladsye (1838): [ «    1370  1371  1372  1373  1374  1375  1376  1377  1378  1379  1380  1381  1382  1383  1384  1385    »]
Tyd nou: Tue Jan 14 22:26:14 UTC 2025