Gedag julle sal dalk ons ervaring interesant vind:
Die naweek het ons 4th of July gevier! Vir Amerika was dit die
verjaarsdag van hulle onafhanklikheid, maar vir ons was dit ook die
onafhanklikheid wat ons hier persoonlik in die VSA gevind het.
Ons lewensomstandighede is nog net so lekker soos die paar
maande net na ons hier aangekom het. Trouens, dit voel of dinge
net beter gaan met ons. Seker omdat ons nou in ons huis begin
insettle.
En met die nuwe huis begin ek nou besef ons is heeltemal
ingesuig in die lewenswyse. Dit het nou al twee keer gebeur dat
ek ontdek dat die garage deur heelnag of heeldag oopgestaan het.
As mens in die huis is kom jy dit nie juis agter nie. En die hele
garage staan vol boeke en bokse goed wat nog uitgepak moet word
en die twee motors wat nie gesluit is nie. En die groot vraag elke
keer was of ek nou te moeg was om te onthou het om die deur te
laat toegaan en of iemand anders se remote op ons garagedeur
werk of wat. Eers later besef ek dat ek nie eers die moontlikheid
oorweeg het dat iets in die garage gesteel kon word nie en nie eers
opgecheck het nie. Ek dink nie ons sal weer maklik kan aanpas
onder omstandighede waar 'n mens alles moet sluit nie.
Saterdag het ons die tradisionele "parade" deur Eagan se strate
met opset misgeloop. Ouma het tennis gekyk en ons had nog
baie uitpakwerk in die huis.
Ons het vermoed dit sou dieselfde wees as die Winter Parade wat
ons in Februarie bygewoon het (Warmer) met straat orkeste,
kraampies, ete en drinke, rooi wit en blou, ou moters, perdekarre,
narre en diere.
Ons het ook nie die tradisionele apple pie geniet nie - Ons wou een
koop, maar hy was twaalf dollar en ek het gesien my ma sal nie
lekker eet aan appels en 'n degie wat tagtig rand kos nie! Dit was
ook so 'n groot pie dat ons hom nooit sou kon opeet nie.
Persoonlik het dit vir my ook nie te lekker gelyk nie. 'n Mens moet
seker maar in 'n tradisie opgroei om so 'n tradisie altyd te waardeer.
Teen die middag het die een buurman ons buite gesien en kom
kennis maak - baie vriendelik! Hy is Steve, is getroud en het twee
seuns. Die seuns en maats het Saterdagaand buite in hulle
agterplaas in tente geslaap.
Na 'n braai Saterdagaand is ons almal in die wa om te gaan ry en
te kyk of ons vuurwerke kan sien - dit sou glo die moeite werd
wees. Ons kon nie presies uitvind waar dit sou wees nie, maar
iemand by die kerk het ons 'n aanduiding van die straatkruising
gegee om voor te mik. Oral oor die Twin Cities, en Amerika, word
die vuurwerk vertonings gehou sodra dit donker is. By ons was dit
eers tien uur. Reeds ver van Apple Valley se sentrum af het ons al
geparkeerde karre gekry en mense wat orals in die parke uitkamp
op komberse en met opvou stoele. Elke bietjie gras oor 'n hele
paar viekante myl het mense op gehad. Ons het beplan om in die
kar te bly en het maklik plek gekry in die parkeerterrein van 'n
skool (onthou die skool parkeerterreine hier is baie groot, want
helfte van die kinders kom met motors skool toe).
Dit het baie gevoel soos die ou dae toe 'n mens nog in die inry in
SA gaan fliek het. Die mense wat nie in die karre gebly het nie en
wat nie met hulle komberse op die skool se grasperke gaan
uitspan het nie, het opvoustoele by hulle karre opgestel en oral op
die parkeerterrein gesit.
En tienuur toe val daardie ouens weg met vuurwerke soos ek dit
nog net in die flieks gesien het! Dit was asemrowend mooi en ten
spyte van die laat uur het die seuns dit netso geniet. Ons
staanplek was baie ideaal - net naby genoeg en net ver genoeg dat
ons dit uit die wa se vensters kon sien.
Na 'n halfuur se "oeee" en "aaahhh" moes ons toe huis toe, saam
met tienduisende ander! Ons het seker 'n halfuur geneem net om
uit die skool se parkeerterrein te kom, maar toe het die polisie baie
slim te werk gegaan en die verkeer in groepe in verskillende strate in
weggestuur. En met die gewag in die tou verkeer het die Amerikaners
se beleefdheid weer na vore gekom - ek dog iets is fout want hulle
vorm net een tou karre in 'n pad wat drie kon hou, Maar net een baan
kon draai soos die polisie dit voor anngedui het en so het almal maar
in die tou geval sonder om te probeer voor kom en indruk. Dis sulke
klein tekentjies van die vlak van beskaafdheid hier wat ek baie van
die Amerikaanse sameleweing waardeer.
En vanmore se hoofnuusberig is die dodetal op die staat se paaie
met die vakansie naweek (baie Amerikaners vat Donderdag en
Vrydag af) :- daar is ses mense in totaal op die paaie dood en
groot ontsteltenis oor; 'n heel ander prentjie as die honderd en
meer waarvan 'n mens altyd oor Paasnaweek gehoor het.
En so het ons eerste Independence Day verloop en ons magies is
almal warm dat ons hier kan wees.
Johan N Potgieter wrote in message ...
> Gedag julle sal dalk ons ervaring interesant vind:
>
> Die naweek het ons 4th of July gevier! Vir Amerika was dit die
> verjaarsdag van hulle onafhanklikheid, maar vir ons was dit ook die
[color=blue]> onafhanklikheid wat ons hier persoonlik in die VSA gevind het. snip
'n woestyn
lyk so leeg teen skemer
teen flou lig en seer
as ek besef daar's niks meer om te sê
ons kan mekaar jammerkry
besluit om in die woestyn rond te swerf
opsoek na verklarings en betekenis
maar dis beter om tee te drink en afskeid te neem
want ek wil jou glimlag onthou
hartseer glimlag van jou
jou woonstelnommer en die kleur van jou kar
en handvashou
niks meer om oor te filosofeer nie
wakker te word met koffie in die bed nie
net 'n laaste glimlag en ligte in 'n laatnagrestaurant
seer hart, seer glimlag
Ek wil graag in Nederland gaan werk, maar ken geen kind of kraai in Europa nie.
kan iemand wat daar is asb. vir my 'n lys van personeel agentskappe aanstuur met tel/e-pos adresse. Ek is 'n VB5/SQL-Server ontwikkelaar.
GRRRROOOOT asseblief? Enige gawe persone hier???
e-pos na mailto: mike.e...@thespam.bmwfinance.co.za(w) of mailto:hor...@smartnet.co.za(h)
verwyder die "thespam" uit my werk-adres.
--
Groetnis/Regards,
Mike Erasmus
**********************************
Visual basic5/SQl-Server developer
Visit Amiga-mSQL page at http://members.smartnet.co.za/~horror
**********************************
>
> In Kanada hoor 'n mens ad nauseam die verklaring
> dat die Franse en die Engelse die twee "founding nations"
> van die politieke entiteit Kanada is. Min mense onthou en
> eer die naam van Tecumseh,*******---> Ek wonder hoekom? Hy was dalk nie 'n baie eerbare man nie?!?
> 'n Shawnee-hoofman wat 'n
> fundamentele rol gespeel het in die totstandkoming van wat
> ons vandag as "Kanada" aanvaar. *******-> Gee jy netsoveel eer aan Verwoerd en Vorster en PW en FW wat
ook groot dinge tot stand gebring het - al stem jy nie met hulle
standpunte saam nie? Daar is seker nie baie wat met Tecumseh
geassosieer het nie.....
> Hy is in 1768 gebore in Ohio. Alhoewel die beleid van die
> sentrale regering van die VSA ----knip knip ---- te danke aan die gevegte van
> die Indiaanse federasie onder die leiding van Tecumseh dat die
> grens tussen die VSA en Suid-westelike Ontario vandag is waar
> dit is.**********-----> Jy meen hulle het die land waarop jy nou bly met GEWELD bekom!?!?!?
Oh, how awfull!!! Is dit nie polities reg om nou sulke grond terug te
gee nie. Hier by my kan jy maar kom tent opslaan - ek dink die grond
was nog nooit bewoon nie.
> In baie opsigte **********----------> ...en in ander opsigte ???????
> is dit mense soos Tecumseh en Louis Riel
> in Manitoba wat verantwoordelik is vir die totstandkoming van
> die kontoere van wat later bekend gestaan het as "British North
> America."
>
> Gloudina
>
Ek hou nogal van die term soos wat Arthur genoem het. Dit was ook vroeër in SA
in omloop, maar ek het dit nogal lanklaas gehoor.
In elk geval - ek luister noudiedag na die radio, en iemand vertel toe van
die jongman wat 'n slag in die stad kom en niemand ken nie. Hy besluit to
maar om na 'n Rave toe te gaan om darem hopelik die inboorlinge so 'n bietjie
van nader te leer ken. By die rave aangekom maak hy toe nou maar so soos wat
die jongmense maak by sulke goed en ontmoet toe ook oor die musiek heen ,
oulike jong dametjie. Ek weet nie of dit die algemene walms was wat in die
lug rondgehang het of iets wat hulle gedrink het nie, maar hier na tienuur se
kant soen die twee toe, en teen twaalfuur se kant raak dit 'n redelike vurige
gevryery. Op 'n stadium roep die meise oor die musiek uit "NOU!" Die jongman
kyk na haar en roep terug oor die musiek: "PRAAT JY NOU ENGELS OF AFRIKAANS?"
Nouja. Daar is nou my kwinkslag vir die dag :)
Groete uit die Laaglande
-Gideon-
-----== Posted via Deja News, The Leader in Internet Discussion ==----- http://www.dejanews.com/rg_mkgrp.xp Create Your Own Free Member Forum