Ek weet dis nie 'n rugby nuusgroep nie, maar ek moet melding maak dat
die Bokke vir N. Seeland netnou 13 - 3 gewen het op N. Seelandse
bodem. Dis 'n historiese oorwinning want ons het 17 jaar laas
daar(Wellington) gewen en dit was ook die 50ste toets tussen die twee
lande.
Groete
Bryan
============================================
Please remove KAAP in front of @ to reply
Homepage: http://www.TheOffice.net/brynie
Toe Rossouw die drie druk was daar skielik so 'n doodse stilte dat ek my eie
kreet duidelik oor die pawiljoen gehoor het. Nog nooit was ek by 'n int
rugbywedstryd gewees nie waar dit so stil was na 'n tuisverlies nie. Hierdie
ouens is baie ernstig oor hulle rugby.
Pragtige wintersdag in Wellington gewees.
Bryan wrote in message ...
> Ek weet dis nie 'n rugby nuusgroep nie, maar ek moet melding maak dat
> die Bokke vir N. Seeland netnou 13 - 3 gewen het op N. Seelandse
> bodem. Dis 'n historiese oorwinning want ons het 17 jaar laas
> daar(Wellington) gewen en dit was ook die 50ste toets tussen die twee
> lande.
>
> Groete
>
> Bryan
> ============================================
> Please remove KAAP in front of @ to reply
> Homepage: http://www.TheOffice.net/brynie
...hy praat al maande van boerewors maak, en tot my groot
verbasing email hy toe my suster (wie oppad Thailand toe
was vir n vakansie by ons) om worsderms saam te bring.
daar was inderhaas opsoek gesit na n vleismeul, en in die
taai bedompige strate van Rayong kry hy die meul !
die worsderms het veilig opgedaag, en hy is weg na die
naaste supermark so 60km van ons apartment af, met
die Kook en Geniet se boerwors resep in sy hempsak.
ek en suster sit rustig laatmiddag op die balkon en whiskey
drink toe ons skielik n groot lawaai van die kombuis se kant
af hoor.
ek kon dit skaars glo toe ek sien hy die vleismeul aan my
groot houtbord vasgebout het en daar staan en kilometers
worsderms sorteer, op die tafel lê ponde vleis en pakkies
speserye !
met groot belangstelling begin ek bakke aandra.
met geslypte mes is die groot hompe vark en beesvleis
gesny. Hy druk die stukke vleis deur die meul en draai
die slinger.. dit werk ! die vleis kom gemeul daaruit.
die vleis,peper,sout,koljander,peper,naeltjies en neut word
hard geknie in n groot bak, die asyn by, is die bak vleis
vir n uur laat staan.
intussen drink ek en suster nog n whiskey en hy n
klosterbier, ons is baie opgewonde oor die hele
worsmaak episode.
hy het die worsderm versigtig aan die meultuit gehak, die
vleis by die meul ingedruk en toe sien ons die wors !!
Wha ha ha, dit was fantasties, en ek was baie versigtig
om nie soos jare gelede toe hy roomys gemaak het,
skeptiese afkrakende aanmerkings te maak nie. ;-()
dit was n groot suskes, en na ek die kombuis geskrop
het, het hy n pan op die plaat met wors daarin.
ons het heerlik gesmul aan die boerewors en marmitesous
op brood, met groot herhinnering aan vriende en familie
in Suid-Afrika.
nou sê ek vir julle, n man wat duisende kilometers van die
huis af is, en so n lekker wors maak, kan net n boerseun
wees ! en hy is by my arm ingehak, en maak nie saak
hoe my hart hunker na die Kaap, is ek net tuis waar hy is.
> ek en suster sit rustig laatmiddag op die balkon en whiskey
> drink
Vyg,
Ek kry julle jammer. Nie oor die wors nie. As ek oor kom, dan bring ek 'n
paar Cabernet stokke saam, wat julle in 'n bak op die balkon kan plant. Dan
kan hy sy hand waag aan rooiwynmaak. Dan hoef julle nie whisky te drink nie!
Groete
Henri Burger, Tzaneen. RSA
(e-mail: remove 'sukikaki.')
GLORY TO THE DEAD AND LIFE TO THE LIVING
Henri Laurie
Vryspringers, ons, maar nie jammer nie
verskoningloos en asemblank
ons vingers soek na slym
ons yl gedagtes vroetel in holtes en skrewe ....
blameer die moeë murg en kwynende bloedselle.
Ons is lankal pap in die pype.
Die ander, die wat aas en bemesting geword het,
geleerd in die wetenskap van eindigheid,
nederig soos stof
hulle verdwyn agter die jubel van ons skaamte.
Hulle klets onverstaanbaar in die nag, om hoeke,
op herfsblare, onleesbaar, skryf hulle ons
halfvergete misdade neer,
klik soos polieste in ons hakke,
spot soos die laaitie oorkant in hyserknoppies en pryse in winkels.
Om te dink dat hulle ook daar was destyds
in die helder gierigheid en bitter belemmering
en dat hulle nou verdwaal in ons gedagtes
terwyl ons verdwaal op straat
mistig tussen die gespierde vendusie en
meedoënlose ellende.
Op http://www.student.kuleuven.ac.be/~m9506777/media/ vindt u een
overzicht van alle kranten uit het Nederlandse taalgebied. Daarnaast zou
ik ook graag links leggen naar Afrikaanstalige kranten uit Zuid-Afrika
en Namibië, wat voor een deel al gebeurd is.
So, op 18 Julie, dieselfde dag as wat Mandela glo
getroud is, is ons dogter getroud in die kapel van die
Mohawks. Dit was 'n lekker koel dag tussen twee weke
van hittegolwe. (Dis nou te wyte aan die baie sterk muti
waaroor die ma van die bruid beskik.)
Dis nie 'n baie groot kerk nie. Maar dit het baie mooi
gekleurde glasvensters, wat die geskiedenis van die kerk
en van die Konfederasie van Ses Nasies vertel. Veral die
eerste venster was vir my baie mooi. Daarin staan die figuur
van Hiawatha in volle gewaad. Hiawatha was die leier van
'n stam in Noordelike New York staat wat verantwoordelik
was vir die stigting van 'n federasie van Vyf Nasies (wat
later die Federasie van Ses Nasies geword het.) Eintlik was
Hiawatha maar net onder die invloed van Deganawidah, 'n
groot geestelike leier wat van noord van Lake Ontario gekom
het om sy boodskap van vrede aan die stamme verder suid
te bring. Deganawidah het egter gehakkel en Hiawatha het
sy spreekspersoon geword. Deganawidah het die Denneboom
van Vrede aan die stamme bekend gestel. Die beroemde
gordel van Hiawatha (vandag in 'n museum in Albany, N.Y.)
vertel van hierdie geskiedenis.
Die name van die ses stamme van die Federasie van Ses
Nasies is die Seneca, Cayuga, Onondaga, Tuscarora, Oneida
en Mohawk. In hierdie konfederasie het vroue 'n baie groot
rol gespeel. By geboorte neem die kind die stamverband van
die moeder oor. Die ouer vroue het vandag nog belangrike
funksies in die struktuur van die stamme.
Gedurende die Amerikaanse Vryheidsoorlog het hierdie
stamme die woude van noordelike New York staat verlaat
en hulle noord van Lake Ontario gevestig. Die Haldimand
Treaty van 1784 het vir hulle 760,000 akkers land gegee as
kompensasie vir die land wat hulle verloor het in wat vandag
die VSA is. Nodeloos om te sê, die land is vandag nie meer
onder hulle kontrole nie, behalwe vir 'n klein stukkie wat
vandag bekend staan as die �Six Nations Reserve� buitekant
Brantford.