Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Sou dit `n verskil gemaak het.

Wed, 05 August 1998 00:00

SOU DIT 'N VERSKIL GEMAAK HET?

Twaalf jaar gelede het Fred Rundle 'n ekonomiese plan gepubliseer wat hy
geglo het aan die destydse Blanke kieserskorps voorgehou moes word. Hy was
seker dat dit die sanksies sou stopsit en dat dit Suid-Afrika die welvarende
land sou maak wat dit behoort te wees.

Die destydse Konserwatiewe Party, wat toe nog 'n sterk opposisie party in
die parlement was, was te besig met newelagtige dinge sodat hulle geen
alternatiewe ekonomiese plan aan die kieserskorps kon voorhou nie.

Deurdat die KP geen positiewe ekonomiese alternatief vir die NP se planne
kon voorstel nie en verlam was deur verbeeldinglose leierskap, het die KP
die onvermydelike afdraende pad geloop.

Teen die tyd dat FW de Klerk sy finale verraad van die Witman deurgevoer
het, was daar min weerstand van die Konserwatiewe Party wat teen daardie tyd
in 'n staat van feitlike verval verkeer het. Die KP was verdeeld weens 'n
gebrek aan leierskap, wantroue en gunstelingskap onder die leiers.

Ons weergee nou die breë basis van hierdie ekonomiese plan en ons vra tesame
hiermee ook redelike vrae. As hierdie ekonomiese plan uitgevoer was, sou dit
enige verskil aan die treurige toestand van die Witman gemaak het? Is dit
die ekonomiese plan wat toegepas moet word wanneer ons weer ons vryheid
teruggewin het? Ons laat dit aan die Boervolk oor om self te oordeel.

GOUD, DIAMANTE EN ANDER EDELGESTEENTES

Suid-Afrika is die grootste produsent van goud in die wêreld en produseer
45% van die wêreld se totale jaarlikse produksie. Streng wetgewing, onbekend
aan die Westerse wêreld, beskerm die handel in goud en diamante. Hierdie
wette is meesal om De Beers se diamant monopolie en die Anglo
American-belange te beskerm. Hulle besit ook die meeste diamantmyne, asook
die grootste goudmyne in die land.

Albei hierdie maatskappye word beheer deur die Oppenheimer-familie. De Beers
verkoop sy Suid-Afrikaanse diamente deur sy sustermaatskappy, die Central
Selling Organisation, 'n monopolie wat feitlik alle ongeslypte diamante in
die wêreld bemark.

De Beers alleen het 'n mark-kapitalisering groter as die totale reserwes van
die Suid Afrikaanse regering.

Waarom moet De Beers toegelaat word om Suid-Afrikaanse diamante alleenlik
deur Londen te verkoop? Suid-Afrika moet die wetgewing wysig wat De Beers
beskerm want dit is nie in nasionale belang nie.

'n Diamantbeurs moet in Suid-Afrika gevestig word omdat die meeste diamante
in die wêreld in Suidelike Afrika gemyn word.

Ons het van die mees opgeleide diamantslypers in die wêreld. Maar, dit is
byna onmoontlik om 'n slyperslisensie te bekom want dit word beskou as nie
in belang van die De Beers monopolie nie. Duisende werksgeleenthede gaan dus
so verlore, want, die paar diamantslypfabrieke wat wel bestaan, moet na
Londen vlieg om Suid-Afrikaanse ongeslypte diamante aan te koop om te slyp
en te poleer.

Selfs dan, verkoop De Beers net aan maatskappye ingevolge hul eie
diskressie, wat by hulle geregistreer is, terwyl registrasie net vir 'n
paar, indien enige, Suid-Afrikaanse maatskappye gereserveer is.

De Beers verkoop diamante aan slypfabrieke in Indië, Israel, België en
Holland. Hierdie lande, wat self nie 'n enkele diamant produseer nie, het al
reuse diamantslyp-nywerhede gevestig wat werk aan miljoene mense in hierdie
lande verskaf.

Indië alleen verskaf werk aan 800 000 mense in sy diamantnywerheid. Ons in
Suid-Afrika beskik oor die nodige bekwaamheid en kennis om honderde duisende
werksgeleenthede te skep, deur ons eie diamante te sny, te slyp en te
poleer. Deur ons eie diamante te verwerk, sal die waarde van ons diamante
boonop dramaties toeneem. Reuse bedrae aan buitelandse kapitaal sal so vir
Suid-Afrika gegenereer word.

Die situasie in die goudbedryf is feitlik dieselfde. Alle goudmyne mag hulle
goud uitsluitlik aan die Kamer van Mynwese verkoop, wat ook deur Oppenheimer
se maatskappye beheer word. Om onverwerkte goud op die oop mark te verkoop
is strafbaar met 'n lang tronkstraf weens wette wat die monopolistiese
Oppenheimer maatskappye beskerm.

Weereens die vraag: waarom kan ons nie 'n eie Goudbeurs in Suid-Afrika
vestig nie en dan ons goud verkoop met 'n goudprys wat daagliks vasgestel
kan word? Die goudprys word twee keer per dag in Londen, Zurich en Hong Kong
vasgestel terwyl nie een van hulle 'n enkele ons goud produseer nie. Wat 'n
onreg word ons nie aangedoen nie!

Reuse goud en platinum juweliers-nywerhede bestaan in lande soos Italië en
in die Verre Ooste, almal wat geen goud produseer nie. Die beperkende
wetgewing wat die Oppenheimer-beheerde maatskappye beskerm, verbied die
besit van onverwerkte goud deur enigiemand behalwe vir 'n paar
gelesensieerdes.

Tienduisende werksgeleenthede sal geskep word en groot buitelandse inkomste
verdien word as waarde toegevoeg word tot net 'n klein deel van ons eie
gemynde goud en platinum. Weereens beskik ons oor die bekwaamheid en kennis,
asook die werkers.

Wetgewing moet gewysig word om die Oppenheimer-familie te verhoed om hierdie
monopolie te hê.

WAT VAN AL DIE SANKSIES WAT TEEN ONS LAND INGEBRING WAS?

Een van die afwykings van die sanksies wat deur Amerika teen ons gelei was,
is die feit dat hulle nie sanksies teen ons strategiese minerale en metale
ingestel het nie. Ons is die rykste en ook die mees betroubaarste verskaffer
van hierdie mees gesogte strategiese minerale en metale. Wat hulle nodig
had, dit het hulle nie geboikot nie.

Suid-Afrika is tans besig om al hoe dieper gate in die aardbodem te graaf om
goud, platinum (90% van die wêreld se opbrengs), kobalt, uraan, koper,
chroom, yster, steenkool, om maar 'n paar te noem, te voorsien aan die
onbevredigbare aanvraag van die ganse wêreld.

Suid-Afrika het die grootste en rykste reserwes in die wêreld. Al hierdie
reserwes word vermors en sal in die dekades wat kom uitgeput word, en al wat
sal oorbly sal die reuse gate in die grond wees.

As erfenis vir ons nasate, sal Suid-Afrika dadelik 'n 20% afname in
produksie van sommige van hierdie reserwes moet aankondig. Dit sal die prys
dramaties laat styg, wat beteken dat ons die lewensduur van ons reserwes
verleng deur meer inkomste te genereer omdat ons minder verkoop.

'n Verdere 20% moet beskikbaar gestel word alleenlik vir ruilhandel
transaksies vir tegnologie, handelsartikels en toerusting wat in ons land
benodig word.

Watter land in die wêreld sal dit waag om sanksies teen ons in te stel?
Hulle sal eerder almal wedywer vir die voorreg om van ons skaars strategiese
reserwes te bekom.

'n Verder program moet geimplimenteer word om 'n persentasie van ons
reserwes soos bv. goud, diamante en platinum, beskikbaar te stel deur
waarde-toevoeging. Ons moet vir eers met klein verwerkings-aanlegte begin
wat tot reuse nywerhede sal groei, die persentasie waarvan vryelik
beskikbaar moet wees aan ons plaaslike nywerheid sodat dit jaarliks kan
toeneem.

Dit is absoluut noodsaaklik dat onsself ons eie metale en minerale moet kan
verwerk. Waarom is dit byvoorbeeld nodig om ystererts na Japan uit te voer
waar dit in staal omskep word net om weer na SA terug te keer in die vorm
van yskaste en mikrogolfoonde?

Suid-Afrika wat geseënd is met al hierdie reserwes, is veronderstel om een
van die rykste lande ter wêreld te wees met baie lae belastings!

Pleks daarvan is ons een van die hoogs-belaste lande ter wêreld. Selfs die
bejaardes, die siekes en diegene wat terminale siektes onder lede het, word
belas deur enorme belastings op hul lewensreddende medisynes.

As ons hierdie plan implimenteer, dan sal daar geen Witman sonder werk wees
nie. SA sal deur die ganse wêreld beny word en geen geld sal internasionaal
geleen hoef te word nie, want daar sal astronomiese organiese groei en
vooruitgang in die land wees.

As ons nie hierdie plan van rykdom en werkverskaffing implimenteer nie, sal
SA uiteindelik die slagoffer van die wêreld se bankiers word met 'n
astronomiese skuldlas wat sal veroorsaak dat ons skaars sal kan oorleef.

Die De Beers en die Anglo Americans sal as gevolg daarvan net vetter en
ryker word terwyl SA wegsink in onvermydelike armoede.

Maar, dieselfde argument geld vir ons wol- en beesboere. Waarom kan hulle
nie in al die wol- en vleisproduserende gebiede in SA ko-operasies en
fabrieke vestig wat -- net soos in die geval van die volstruis-nywerheid in
Oudtshoorn -- en ook daardie diere in totaliteit verwerk nie.

Met die boere as aandeelhouers, bied dit aan boere ook mediese dekking en
pensioenfondse.

Vleis kan klaar opgesny in koeltrokke na die stede en groter dorpe vervoer
word direk na die verskaffers en of groothandelaars. Dit geld ook vir
biltong en welke ander byprodukte boere mag vervaardig.

Die velle word daar gelooi en verwerk en klaar vervaardigde produkte word
vandaar uitgevoer.

Waarom moet boere hul wol uitvoer en die gespinde wol en ander wolprodukte
weer ten duuste ingevoer word? Waarom nie hier werk verskaf en die produkte
self verwerk en die klaar vervaardigde produkte uitvoer nie?

Die wiel hoef nie van vooraf uitgevind te word nie. Die volstruis-bedryf het
dit reeds gedoen en wol- en vleisboere kan daar gaan kers opsteek.

Die tyd het aangebreek dat ons as Boervolk verby die regering en die die
politici beweeg en ons eie ding doen, onsself ekonomies bemagtig.

En waarom nie!

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Rekenaars: Les 1

Tue, 04 August 1998 00:00

Computer Instructions by Dr. Seuss

If a packet hits a pocket on a socket on a port,
and the bus is interrupted as a very last resort,
and the address of the memory makes your floppy disk abort,
then the socket packet pocket has an error to report.

If your cursor finds a menu item followed by a dash,
and the double-clicking icon puts your window in the trash,
and your data is corrupted 'cause the index doesn't hash,
then your situation's hopeless and your system's gonna crash!

If the label on the cable on the table at your house
says the network is connected to the button on your mouse,
but your packets want to tunnel on another protocol,
that's repeatedly rejected by the printer down the hall,
and your screen is all distorted by the side effects of gauss,
so your icons in the window are as wavy as a souse,
then you may as well reboot and go out with a bang,
'cause as sure as I'm a poet,
the sucker's gonna hang!

When the copy of your floppy's getting sloppy on the disk,
and the microcode instructions cause unnecessary risk,
then you have to flash your memory
and you'll want to RAM your ROM.
Quickly turn off the computer
and be sure to tell your Mom.

Rekenaars & selfone | 0 kommentare

FA Venter en andere

Tue, 04 August 1998 00:00

Kan iemand vir my sê of daar op die Internt 'n resource is van
Afrikaanse letterunde - ek wil byvoorbeeld weet watter boeke FA Venter
almal geskryf het. Mieskien kan ons so informele lys hier op die
nuusgroep begin en dan die resultate vir iemand gee om op 'n web page
te sit.

Ek besit
Geknelde Land
Offerland
Die Ou Man en die Duif
Swart Pelgrim

en ek weet daar moet nog baie ander wees.
...sommer net ek, Simon

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

"Papajabos" deur D.J. OPPERMAN

Tue, 04 August 1998 00:00

PAPAJABOS
(Uit "Kroniek van Kristien")
D.J. Opperman

Tussen die papajabome onder 'n geel maan
het sy die heelnag in 'n skyndood stil gestaan
met oë toe en sywaarts uitgestrek...
In die vroeë dou voel sy haar tone langer rek
en ondergronds rondkronkel; toonhare sprei
en suig aan druppels dat sy vol uitdy
van pitstring uit, en albei heupe en haar romp
wring smal weg in 'n gladde gryswit stomp,
terwyl die netwerk van haar skouerare
swel langs kaal arms af tot by die blare
waar sy oorbuig met twee ryp papajas.
Toe prewel sy haar preek: "Al is ons vas
as mannetjies en wyfies tussen grond en lug
ewig in die spel gevange van bevrug,
is daar 'n Groen Wind wat so vervoer
dat ons kan losdans sonder om te roer" ...
Sy sien die ou man met die byl aanstap
en onder aan die stam begin hy kap en kap
totdat die boom meteens uitskree
en aan die vrou geboorte gee...

Prosa & poësie | 0 kommentare

Ek beny Gloudina

Tue, 04 August 1998 00:00

As ek in Kanada was, het ek net so hard geskree hoe sleg die ou SA regering
was. Daar maak dit tog nie saak wat jy sê nie aangesien jy verwyderd is
van die realiteite van die nuwe SA, danksy die welvaart wat 'n blanke
regering daarso skep. Hierso, wel dis moeilik om positief te wees as 'n
regering die land in die afgrond bestuur. Ek gaan dit maar reguit sê : ek
dink daar's meer verskille tussen ons en swartes as net vel kleur - Afrika
se 'sukses' spreek tog immers vanself.

Groete
Hans

Koeitjies & kalfies | 37 kommentare

Re: Ek beny Gloudina

Tue, 04 August 1998 00:00

On 4 Aug 1998 20:41:08 GMT, "Hans Gunter" wrote:

dink daar's meer verskille tussen ons en swartes as net vel kleur - Afrika[/color]
> se 'sukses' spreek tog immers vanself. >>

So waar plaas jy die joegoe-slawe? En die Albaniers? En die Cipriote?
Is daar verskille tussen die bestuurders van Serajevo en Johannesburg?

Waar plaas jy die Russe?

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Net ingeval

Tue, 04 August 1998 00:00

Net, Gloudina, ingeval jy die ou vragie hier mislees, herhaal ek dit:

Leendert van Oostrum wrote in message ...
>
> @igs.net wrote in message ...
>
>
>> Ek neem
>> egter aan dat die 80 persent van die SA bevolking
>> wat nou vir die eerste keer stemreg gekry het en
>> hier en daar beter leef, nie teveel kla nie.
>
> Watter gronde het jy vir jou bewering dat 80% van die bevolking is SA beter
> leef as tevore?
>
> Vriendelike groete, Leendert
>

Koeitjies & kalfies | 6 kommentare

Die Vleespotte van Egipte

Tue, 04 August 1998 00:00

Die Vleespotte van Egipte. - Anoniem

hoe lyk 'n vleespot
as jy drie is
groot belowend swart
jy rek jou kinderbeentjies
spits 'n sintuig maksimaal

hy stook die pot met
wingerdstomp wat groen is
sy spartel met gemeste
kalf gedroogde vrug hy
gooi wingerdblare by

die pot word briesend van
wingerdstok en blaar
val om loop uit jy
vreesbevange eet maar
gou 'n stukkie kind

as jy ses is moet jy weg
sien hoe ander potte lyk
dis boeliepotte vasbyt
self leer potmaak en
leer en leer en leer

net sestien dood die wingerd
julle twee moet skuif
elders brandhout soek
pot stook julle twee
hy begin belofte toon

op agtien sê sy jy
moet verder gaan
jou eie pot begin maar
waar en hoe en waarmee
vêr alleen jy moet

dan stap jy maar die myle
vreesbevange kind kry
staanplek vir jou pot
skraap stukkies vleis en
bene bymekaar en stook

hy sukkel want jou hout
is min soek verder nog
en stook hom weer
gooi 'n bietjie humor
by vir geur en stook hom

op vyf en twintig staan
hy handgemaakte pot
lenig en jy eet hom sy
maerte hou die are oop
en genadiglik jou kop

mitec (Vir e-pos verwyder _nospam_)

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Afrikaanssprekende Russe?

Mon, 03 August 1998 00:00

'n Sakevriend vertel my vandag dat hy onlangs op TV Russe gesien het wat
Afrikaans praat, en hy stel belang om met hulle oor die net kontak te maak.

As daar dalk van hulle is wat hier lees, of iemand weet van so 'n persoon,
laat my asb. weet.

Groete

Henri Burger, Tzaneen. RSA
(e-mail: remove 'sukikaki.')

--
Henri Burger, Tzaneen. RSA
(e-mail: remove 'sukikaki.')

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

de Kat op die Web

Mon, 03 August 1998 00:00

In 'n poging om 'n navraag hieroor te beantwoord, koop ek toe gister die
hoogheilige blad, iets wat ek normaalweg nie doen nie, want ek is nie sê
gesofistikeerd nie.

Daar is toe 'n humor seksie, en ene Johan Roux voer 'n onderhoud met
homself.

Op 'n vraag wat sy grootste vrees vir die toekoms van SA is, antwoord hy:

"Dat Mnr. Mbeki president gaan word. Mnr. Mbeki praat soos 'n buikspreker
wat glad nie sy lippe roer nie. Ek dink aan al die TV-onderhoude wat ons in
die toekoms sal moet kyk waar pres. Mbeki soos 'n buikspreker praat sonder
'n pop op sy knie. Daar's verskriklik min entertainment value aan 'n
buiksprekershow sonder 'n pop!"

Miskien moet ek de Kat meer koop.

En nee, ek kry nie 'n adres nie.

--
Henri Burger, Tzaneen. RSA
(e-mail: remove 'sukikaki.')

Boeke, tydskrifte & koerante | 0 kommentare

Bladsye (1838): [ «    1356  1357  1358  1359  1360  1361  1362  1363  1364  1365  1366  1367  1368  1369  1370  1371    »]
Tyd nou: Wed Jan 15 06:29:07 UTC 2025