Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Die stad van Smarte

So., 06 September 1998 00:00

       Wanneer  CNN  berigte uitsaai oor die onlangse
neerstort van  SwissAir 111 naby Halifax, dan merk
hulle dikwels op dat Halifax  bekend is as die "City
of Sorrows."  Hulle  verduidelik  dan dat dit die skepe
uit Halifax was wat uitgevaar het en die  lyke  van
die Titanic na die land gebring het. In Halifax is daar
begraafplase  vol van die ongelukkiges wat nie die
tragedie van die Titanic oorleef het nie. Die mense van
daardie kus van Nova Scotia is gewoond aan ongelukke
op die see. Dis seker daarom dat die lokale vissermanne
dadelik in hulle bote geklim het toe hulle besef daar was
'n ongeluk ter see, en vir oorlewendes begin soek het,
na die neerstorting van Vlug 111.
      Daar is egter ook 'n ander rede hoekom Halifax  sal
onthou word as 'n stad van verdriet. In die Eerste Wereld-
Oorlog  het daar 'n skip gelaai met dinamiet in die hawe
ontplof, en dit het so 'n groot ontploffing veroorsaak dat
groot dele van die stad geheel met die grond gelyk gemaak
is. Duisende en duisende mense het gesterf. Hierdie ongeluk
lê diep in die Kanadese psige ingekerf.
     Halifax is vandag egter 'n mooi en moderne stad. Dit
het van die beste hospitale in Kanada, en die navorsing in
die hospitale en lokale universiteite word gerespekteer oor
die hele wêreld. Van die beste natuurskoon in Kanada kan
ook gevind word in Nova Scotia, veral op Cape Breton, waar
die Keltiese kultuur van die oorspronklike setlaars nog steeds
lewendig gehou word. Die mees gefotografeerde plek in
Kanada, volgens die toeriste-reklame, is egter Peggy's Cove,
nie ver van Halifax af nie. Dis nie ver daarvandaan nie waar
die vliegtuig verlede week in die see gestort het.  Mense wat
nog nooit van Peggy's Cove gehoor het nie, het dit nou oor
en oor op die televisie begin sien, eers vol mense wat soek na
oorlewendes, en nou vol gesinslede van daardie mense wat in
die see omgekom het. Vir altyd nou sal Peggy's Cove ook seker
bekend staan as "the Cove of Sorrows."

Gloudina Bouwer

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

"Terugflitse" deur P.J. PHILANDER

So., 06 September 1998 00:00

TERUGFLITSE
P.J.Philander

Vir haar pa se trapvloer op die Vlakte
is daar lank nie meer gebruik
en deesdae kom geen heuning meer
uit Robberg vir haar ma se kruik.

Die net waarmee die harders voorheen
getrek was in Keurboomsrivier,
lê nou verflenterd op Harkerville teen
die ou opstal se buitemuur.

En behalwe hul grafstene het nog vier
bygekom in die soelte van Plettenbergbaai
terwyl sneeuvlokkies in die vreemde hier
soos kattebelletjies oor hare waai.

(Geskryf in New York na sy vrou se dood.)

Prosa & poësie | 0 kommentare

Afrika Renaissance

Sa., 05 September 1998 00:00

Na die tweede wêreld oorlog en die tragedie van die anti-joodse progrom het
die wêreld in die 'uhuru' stadium in beweeg. Eers India en later is Afrika,
stuk vir stuk, "bevry" en uitgelewer aan die Afrika stamkultuur en
barbarisme.
Welliswaar is alles onder die dekmantel van 'demokrasie' en bevryding en op
die beste nagebootste westerse patroon gedoen.
Maar al dra 'n aap 'n goue ring bly hy maar steeds 'n lelike ding!
Die barbaarsheid en magwellus, met die gepaardgaande geweldadigheid
(selfs etniese uitwissing van opponente en stamme) van die Afrika mens het
weer tot volle uiting gekom.
Eeue se beheer en ordening, hoe gebrekkig ookal, van die koloniale owerhede
is nou kunsmatig ge 'uhuru' en vervang met ........... Afrika se
oeroue gewoontes en gebruike (geweld, misbruik, magwellus ens).
Van die Kongo tot die suider punt van Afrika ruik 'n mens nou net bloed en
die dood - Afrika sak maar weer terug in sy oeroue siklus van barbaarsheid.
Van die mees hooggeplaasde Afrikaan met sy blink skoene en blinker motor
tot die vuil luidrugtige skepsels wat beskonke op straat hoeke vergader
en alles besmet met vullis en onordelike optrede - almal se sentrale kultuur
basis is dieselfde - vuil, dekadensie, geweld, misdadigheid, magsug, oorlog,
armoede, oorbevolking. Kyk maar net wat aangaan in Afrika en ook hier by
ons in Suid Afrika.
Elke owerheid ter wêreld ken Afrika vir wat hy waarlik is - en verag hom en
verdra hom - maar het ongelukkig lank reeds die durf verloor om te sê -
"Stop julle barbaarsheid". Wie wil geken wees as 'n rasis?
Nee Afrika word hanteer asof dit die gelyke is van die gekunstelde westerse
demokratiese lande. Die barbaarsheid word doelbewus misgekyk - etniese
moordenaars word ontvang in paleise en withuise asof hulle gelykes is.
In Suid-Afrika gaan dit ook nou so. Politieke dienstigheid en 'n smag na 'n
possie êrens het van die meeste nie-swartes werfbobbejane van die swart
oorheersers gemaak.
Onbevoegde, oneerlike Afrika funksionarisse en hul meelopers, ja selfs
erkende moordenaars, word ontvang en behandel asof hulle God se gawe aan
Suid Afrika is........ net omdat hulle politieke en ekonomiese ampte
beklee.
Hoe vals - hoe skandalig - hoe fataal.
Die Afrika mens sien hierdie gedienstigheid as swakheid en verag die
dienstige.

Daar sal geen Afrika renaissance ooit wees totdat die Afrika mens nie sy
luiheid, barbaarsheid en bloeddorstigheid afgeskud het nie.

Koeitjies & kalfies | 66 kommentare

Re: NELSON MANDELA "We Thank You"

Sa., 05 September 1998 00:00

On Fri, 04 Sep 1998 21:56:46 +0000, "Ras H. Siddiqui" wrote:

|Nelson Mandela deserves our thanks for raising the issue of Jammu and
|Kashmir at the opening of the NAM Summit in Durban recently.
|India has been trying to hide Kashmir as an "Internal Problem" for
|too long now. It is time to end this charade.
|The world needs to apply its influence to resolve Kashmir between India
|and Pakistan, a problem which could possibly set off a Nuclear War in
|future.
|Nelson Mandela has shown that he is a statesman once again.

"A statesman" maak eers dinge in sy eie land reg voor hy in ander se
slaai gaan krap. Hy vernietig SA so sonder kernwapens en sonder 'n
stelsel soos apartheid.

Johan

Vat dit rustig, dan geniet jy die lewe meer ....!

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Ode aan Winnie (The Matches) Mandela

Sa., 05 September 1998 00:00

Kersie in die Windjie- Toegewy aan Winnie (matches) Mandela

Goodbye gravy train
Wish I+d never known you at all
Nelson+s keeping it quiet
But I+ve lost my benz and all.
Maybe I was greedy
But I thought I couldn+t lose
It all seemed so easy
Thought it cleary was a race.

And it seems to me I must live my life growing mealies like before
No more big expensive dinners, back to squatting on the floor
And if only I+d got out or quit while I was miles ahead
I+d still be eating caviar, instead of wishing I was dead.

I really loved my car
My house, 100 bodygaurds
The mobile telephone
Cape wines beneath the stars
but now it has all gone
And life is such a drag
Derek and Ruda have forgotten me
And no pic in Sunday mag.

And it seems to me I must live my life in the bundoo op die plaas
Dreaming of Sandton mansions and feeling like an arse
If only I+d got out or quit when I was miles ahead
The banks would not be calling to say I+m in the red.

Goodbye gravy train
Hauw, I+m in pain
My heel shoes were not made
For chasing combies in the rain
Voetsak gravy train
Wish I+d never palyed the game
But now I pay the bitter price
For finding nobody else to blame.

And it seems to me I must live my life eating phuttu like before
No more chauffeur driven limo, no more knocking off at four
If only I+d got out or quit when I was miles ahead
I still might have a candle to light my way to bed
I still might have a candle to light my way to bed
My legend burnt out long before
I even found a candle.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

"Rock Painting" by JACK COPE

Sa., 05 September 1998 00:00

ROCK PAINTING
Jack Cope

A leather-skinned wrinkled old man
old hunter yellow as the stones
from the rock he hears the rain talk
hyena cracking bones

A song with five words has a sway
the lion sees its head in the river
a song is a flame in the thorn-fire
the story is forever

Five words shuffle in the dance ring
five dancers whose feet never tire
they sing of the great grey cat
his tail caught on fire

What is the shadow dance saying
to the hunter? he will not forget
a rain-woman talked in the firelight
the small moon set

The eland is standing just so
thorns in the fireplace piled
the word is an arrow without death
song a sleeping child

Listen to the cough at the waterhole
mantis marks a shadow on the stone
the story is a hunter returning
who does not come alone

His trail is through the stars forever
white ash thrown in the sky
they know, the fire and the dancers
do they know he will die?

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Gedigte deur PHILIP DE VOS

Sa., 05 September 1998 00:00

GEDIGTE DEUR PHILIP DE VOS

Rolbos
is 'n tolbos,
'n hardloop-
spring-
en hol-bos.
Soek jy hier
dan is hy daar -
weggewaai
tot
wieweetwaar:
oor die berg
en oor die rant
weggewaai
tot
annerland

Hallo walvis
hoesie water?

Nat, ou pellie,
sien jou later!

Skilpad kan nie sing nie
Skilpad kan nie spring nie
Stom
en
stadig
stap
hy aan
waar sy skilpadpad mag gaan.

Die liedjie
van my rietfluit
my gonnie-piet-
verdriet-fluit
het niks
het niks
van die
ret-tet-tet
van die
luister-hoe-ek-
skree-trompet,
het niks
het niks
van die
rom-tom-tom
van die
hier's-ek-weer-
met-my-
trommel-trom;
hy't net
hy't net
die fyn verdriet
die fyn verdriet
van die fluitjiesriet

Ek sal
vir jou
'n appel pluk;
twee vere
en 'n roos.
Die appel
en die roos
is net
'n soetigheid
vir nou.
Die pouveer
en makouveer
is vir
more se onthou.

Wees dankbaar
vir 'n bleskop
waar skilfers
nooit
kan nesskop.

Hou poedels
van noedels
van pap
en polonie?
Ek glo nie.

Maar kaviaar
en Crepes Suzette?
You bet!

Prosa & poësie | 0 kommentare

"Die Klippe praat" deur P.J. PHILANDER

Vr., 04 September 1998 00:00

DIE KLIPPE PRAAT
P.J. Philander

Gaan tot die keper en skraap
die patina vir spore uit die Kaap
tot die waarheid duidelik bo
op die rotse is van die Erongo.

Sedert die Rijger, Goede Hoop en Drommedaris
bewaar julle valse stukke by die argivaris.
In die wande ingegraveer
is ons baasskap verewig teen wind en weer.

Die bruin, wit en swart figure
moes julle saamgestel het op die binnemure;
pas op vir die dag as ons hatig en sku
op julle kasteel en wonings nader tree.

Vir die baasjagter raak die spore
van die gekwestes mos nooit verlore
en die ou fonteine nog gister brak
kan in swaar tye tog soet raak.

Net ons soos dier en plant
ken al die drinkplekke in die sand;
sal tot die einde met klou, tand
en bitter wortels bly in die land.

Intussen kook ons potte
gif vir die klomp veldrotte;
vervloek dié wat ons stryd
om 'n bestaan by die wortels byt

en wag tot die grootwild op 'n dag
die hoogtes moet verlaat en oornag
in die laagtes tussen dorings...
dan kry elke graf sy koedoehorings!

Prosa & poësie | 0 kommentare

Die nuwe millennium (oeps...)

Vr., 04 September 1998 00:00

Henri Burger wrote:

> nomad skryf:

> Jy moet onthou Tzaneen lê amper aan die gatkant van die aarde (ek
verneem die nuwe millineum breek eers in 2001 by ons aan),

Die nuwe millennium breek in ieder geval eers in 2001 aan, nie in 2000
nie... As jy tel, begin jy tog eers met die volgende dekade in bv. 1911,
nie 1910 nie, en so aan. Die eerste 10 word eers afgetel, dan begin jy
met die volgende tien wanner jy van 11 af verder tel tot by 20; die
volgende tien begin by 21. Op dieselfde wyse is 2000 die laaste jaar van
die eerste millennium; die nuwe millennium begin eers in 2001.

Die jaar 2000 se enigste besondere belang is die Y2K gogga.

My ander boodskap hieroor was bietjie deurmekaar... jammer!

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

Re: Die nuwe millennium (Was: Dis Heerlike lente!)

Vr., 04 September 1998 00:00

shaun wrote:
>
> Henri Burger wrote:
>
>> nomad skryf:
>
>> Jy moet onthou Tzaneen lê amper aan die gatkant van die aarde (ek verneem die
>> nuwe millineum breek eers in 2001 by ons aan),
>
> Die nuwe millennium breek in ieder geval eers in 2001 aan, nie in 2000 nie... As
> jy tel, begin jy tog eers met die volgende dekade in bv. 1911, nie 1910 nie, en
> so aan. Die eerste 10 word eers afgetel, dan begin jy met die volgende tien
> wanner jy van 11 af verder tel tot by 20; die volgende tien begin by 21. Op
> dieselfde wyse is 2000 die laaste jaar die eerste millennium die jaar; die nuwe
> millennium begin eers in 2001.
>
> Die jaar 2000 se enigste besondere belang is die Y2K gogga.

Bull man. Mens begin by nul dan een dan twee. So is dit eers dag een
maand een jaar nul totdat jy 'n vol jaar het. Nadat jy gebore was - was
jy reeds een jaar oud of was jy eers een dag, toe een week, toe een
maand ens oud. Net so vir eeue. So jaar een begin dus reeds by
01012000. Net so is die dag van Christus se geboorte 1/1/0. Dus was die
eerste jaar van die huidige millenium 1/1/0. Maar as jy nou rerig will
redekawel gaan na comp.year.2000 nuusgroep daar sal jy allerhande
menings hoor.

Maar ons kan maar moerse partytjies hou 2000 en 2001.

Koeitjies & kalfies | 11 kommentare

Bladsye (1834): [ «    1336  1337  1338  1339  1340  1341  1342  1343  1344  1345  1346  1347  1348  1349  1350  1351    »]
Tyd nou: Ma. Jan. 26 14:37:57 UTC 2026