Dis lente die jaar
die haakbosreëntjie bly weg
in droë blom droë wit stuif
lê die steenbokrammetjie met
sy kop op die blare se ophoop
wyl die ooitjie haar kop druk
teen die ram se lies in die koel
skaduwee van die bos In die ooi
se dor oog ryg die jongby
op in 'n droë heuningkoek
en in my hart se vat
kruip die rooi duin
daardie jaar groot woestyn
Indien jy lief is vir biltong, het ek goeie nuus vir jou. Ek het 'n plan van
'n biltongmaker wat so maklik is, dat jy sal dink dat ek besig is met 'n
Aprilgrap. Gooi 'n nota in my "posbus" en ek gee aan jou die gegewens. My
"posbus" is: dm...@vaal.lia.net
Die ding kan jou nie meer as R25 kos nie, EN dit werk regtig - ek belowe.
THE FOLLOWING IS AN OPEN LETTER TO THE SOUTH AFRICAN COMMUNIST
> PARTY BY A FRIEND OF THE BOERVOLK: ANTON CORVUS
The government of Fidel Castro has
> killed untold tens of thousands of people in his own country and has
> exported death to thousands more in South America and in Angola. The
> people of Cuba have suffered under the rule of Castro since 1959,
> thousands have been tortured, imprisoned, and killed for that most
> "horrible" of crimes; the quest for freedom.
So, ou Frikkie, jy is nie alleen 'n hanskakie
nie, maar jy is ook 'n hansyankee. Dis alleen
julle snertpraters en die Amerikaners wat nog
so teen Castro is. Word wakker. Die res van die
wereld verag hierdie Yankee-beleid.
> Democracy and freedom are about people being able to live without
> fear, to speak without fear, and to be able to choose their leaders in
> free and open elections. Cuban people do not have these choices,
En die oorgrote meerderheid van die Suid-Afrikaanse
bevolking het nie "democracy and freedom" gehad
gedurende die apartheidsregime nie. Wat weet jy
en jou trawante van democracy and freedom, ou
Frikkie.Net soos julle maak asof julle sulke groot
Christene is, maar julle weet nie die eerste ding
van ware Christelikheid nie.
A South
> Africa of true democracy and free from fear, where one is not subject
> to being killed or imprisoned for daring do speak the truth.
"Where one is not subject to being killed or
imprisoned for daring to speak the truth" soos
in die dae van die apartheidsvarke nie. Onthou
vir Mandela. Onthou vir Biko. En onthou dat ou
Anton Corvus en ou Frikkie Potgieter hulle gif
sit en spuig en niemand slaan hulle pap en gooi
hulle van die trappe af, of stoot hulle deur
vensters en maak dan of hulle selfmoord gepleeg
het nie. En daar is nie pantserwaens in die strate
nie en vloekende soldate wat op skoolkinders skiet
nie. Korrupsie en geweld is daar wel. In die strate
van die stede van die VSA, om 'n ander land op te
noem. So what is new?
> julle daar buite sa grense. hoe sal julle die beskikbaarheid van werk
> vergelyk met die in sa
> groete
> sarel
'n Helse klomp beter dan SA.
Hulle het hier in Holland so 'n tekort aan mense, die regering oorweeg
dit selfs om mense wat onwettig is in die land te laat werk.
In article ,
wrote:
> "marius" writes: >
>
>>>
>>> Ek het nog nooit in my lewe 'n meer klomp
>>> SLAPGATTE van blankes teegekom as juis in
>>> hierdie " nuwe " Suid - Afrika van vadag nie. En
>>> dan noem hulle,hulle self nog Christene?
>
> So, ou Marius, waaraan skryf jy die slapgatgeit
> van die blankes toe? Omdat hulle nie so negatief
> is teenoor die regering van die dag (wat, merk ek,
> alle volksgroepe insluit) soos wat jy graag sou
> wou sien nie? En jy dink dis hierdie slapgat-
> blankes wat nou nie vir hulleself Christene moet
> noem nie. Hoe sou die Christene optree, volgens
> jou? Die wapens opneem teen die regmatige regering
> van die land? Die bevolking van die land terroriseer?
> Is dit wat die Christene waarvan jy hou in die
> verlede gedoen het? Nee, ou Marius, daardie mense
> wat gedurende die apartheidsregime en nou nog vir
> hulleself Christene noem, maar moord en doodslag
> predik, gaan brand in 'n spesiale plek in die hel,
> en daardie vuur gaan vir ewig brand, ou Marius.
> As julle moord en doodslag wil predik, gaan voort.
> Maar moet nie die Christelike godsdiens daarby
> insleep nie. Dis julle manne wat vir Beyers Naude
> onder huisarres gesit het. Dis alleen sy geloof
Hmmm....
wel...
Ek soek miskien nou vir moeilikheid en ek weet hierdie is nou nie eintlik
Soc.Culture.South-Africa.Afrikaans.Religion (of so iets) nie, maar miskien
sou dit 'n interessante een wees om so 'n bietjie te gesels oor die
geloofsregverdiging van geweld om 'n ideologiese doelstelling te bereik. 'n
Paar geskiedkundige en huidige nuuswaardige dingetjies wat dalk bespreek kan
word is:
1. Die kerklikes in die ANC en ander bevrydingsorgainisasies was (is?)
aanhangers van bevrydingsteologie. Dit was vir sommige van die Christene in
die bevrydingsbeweging die regverdiging van die gewapende stryd teen die ou
Apartheidsregering. Wat is opinies binne die groep nuuslesers oor die punt
waar gewapende weerstand selfs vanaf 'n geloofsoogpunt geregverdig is? Waar
is daai lyn (as dit enigsins bestaan)?
2. Die ondersteuners van Apartheid in die ou (en nuwe) SA gebruik
geloofsredes as een van die hoofredes vir teëstand teen kommunisme. Onder die
ou bedeling was die motivering vir hierdie houding "die beskerming van die
eie is vanuit 'n Christelike oogpunt geregverdig". Daar was erge weerstand
teenor bevrydingsteologie vanuit blanke kerklike kringe gedurende daai tyd.
Nou lees ek in hierdie thread dat Christene "slapgat" is ensovoorts. Beteken
dit nou dat bevrydigsteologie nou aanvaarbeer is omdat die skoen nou aan die
ander voet sit? Indien dit die opinie is, wat sou die skriftuurlike
regverdiging daarvoor dan wees?
3. As ons nou by die punt begin kom dat gewapende stryd maar ok is, solank
dit ek is wat die gewapende stryd pleeg, wat maak dan die pypbomaanval wat in
Planet Hollywood plaasgevind het so erg? Behoort die ondersteuners van enige
vorm van bevrydingsteologie dan nie die metodes te ondersteun wat gebruik
word deur moslemekstremiste nie? Dit gaan tog vir hulle ook om bevryding, al
is dit nou net van 'n ander geloofsoogpunt af, en ek lei af dat die
geloofsgeskrifte van die Moslems nie so erg verdraai hoef te word soos wat
Bevrydingsteologie en Apartheidsteologie vereis nie?
Heeltemal onskuldig aan wat julle my ookal van wil beskuldig ;)
-Gideon-
-----== Posted via Deja News, The Leader in Internet Discussion ==----- http://www.dejanews.com/rg_mkgrp.xp Create Your Own Free Member Forum
miskien
> sou dit 'n interessante een wees om so 'n bietjie te gesels oor die
> geloofsregverdiging van geweld om 'n ideologiese doelstelling
te bereik.
Gideon, dankie vir die vrae wat jy hier vra. Dis
baie belangrike vrae. Ek merk op dat die Rooms-
Katolieke kerk deesdae baie ernstig sy priesters
waarsku teen inmenging in die land, waarin hulle
werk, se politiek. Ons weet ook dat Satyagraha,
die beleid wat Mahatma Ghandi voorgestaan het,
teen fisiese geweld was. 'n Mens kan dus veilig
aanneem dat geestelike leiers nie fisiese geweld
maklik sal goedpraat nie. Ek dink dat selfs in die
Moslem-wereld hulle konsep van 'n heilige oorlog
nie fisiese geweld predik nie. Enige �liberation-
theology� wat dus verklaar dat dit reg is om dood
te maak as jou einddoel dit waardig is, staan op
wankelende grond. En ek twyfel of die besluite van
die vryheidsvegters van die ANC ge-inspireer is
deur hulle Christelike beginsels. Baie van hulle was
nie belydende Christene nie. Hulle doel was om die
mag van die land weg te neem van 'n klein groepie
van rassistiese terroriste wat die regerings-strukture
van die land geskaak het en vir veertig jaar lank 'n
diktatorskap daargestel het. En boonop nog vir hul-
self beroep het op die leer van die NG Kerk, waar
'n klein groepie rassistiese pseudo-geestelikes die
storie verkondig het dat apartheid bybelse gronde
het. Dit is en was nog vir my een van die grootste
skandale van die afgelope halfeeu in Suid-Afrika:
die rol wat die sogenaamde Afrikaanse kerke
gespeel het in die instandhouding van 'n duiwelse
sisteem. En diegene wat op hierdie nuusgroep kom
praat van hoe hulle Christene is, en dan rasse-onmin
predik en geweld voorstaan, hulle is 'n etter-sweer
in die liggaam van die Afrikaanse gemeenskap binne
en buite Suid-Afrika.
Can anyone give me detailed information on the development of Afrikaans in
the 17th century. Or if you know where I can find the info about the, you
may let me know.
I need the info to make a +/- 6 page essay about South-Africa. If it's good,
I can win a trip for two weeks to South-Africa.
Andy wrote:
>
> Can anyone give me detailed information on the development of Afrikaans in
> the 17th century. Or if you know where I can find the info about the, you
> may let me know.
> I need the info to make a +/- 6 page essay about South-Africa. If it's good,
> I can win a trip for two weeks to South-Africa.
>
> So please help me !!!!!
> THANK U
There is a very good book I can recommend which is even called "The
Development of Afrikaans". Unfortunately, I can't remember the name of the
author. I found the book in our library at the University of Mainz, Germany.
This book gives you very detailed information (with examples from original
letters and texts) on the history of the Afrikaans language, both from a
linguistic and cultural point of view.
I doubt that you would find anything comparable on the web.