Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Ware Suid-Afrikaners

So., 13 September 1998 00:00

Mandela het in Mauritius verklaar dat 'ware Suid-Afrikaners' nooit SA sal
verlaat nie.
Vir eenmaal is hy dalk reg....... wat dink u van die duisende
Afrikaanssprekende Suid-Afrikaners wat na die buiteland verkas het?
Verraaiers of papbroeke - of dalk baie wys?

Koeitjies & kalfies | 30 kommentare

Trompie en die Boksombende

So., 13 September 1998 00:00

Die afgelope week kom my seuntjie met 'n katalogus van 'n boekeverkoping by sy
skool by die huis aan. Ons besluit om te belê in 'n paar boeke. My keuses val
op Trompie- en Uile-omnibusse - elk drie boeke in een teen R25.

Om nostalgiese redes begin ek toe weer lees aan Trompie se kaskenades, en is
nogal beïndruk dat hy tred gehou het met die tyd. Ek meen, Trompie gaan nie
meer bioskoop toe soos 30 jaar gelede nie, hy gaan fliek! Hy kry ook nie meer
10c sakgeld nie, hy kry R2, maar ek is bevrees inflasie het hom ook al weer
ingehaal!

Later kom ek agter die Taalkomitee het hom ook onder hande gehad, want waar
hulle 'onder die blou hemel vergader', hou Trompie nie meer 'n 'offisiële'
vergadering nie, dit is nou 'n 'amptelike' vergadering. Ek neem maar verlief
daarmee, alhoewel ek dink dit het 'n bietjie van die waardigheid van ou
Trompie se vergaderings weggevat.

My grootste skok kom toe ek sien sy hond heet nou Jakkals! Ek het 'n paar dae
daaroor nagedink, en toe besluit selfs dit is baie logies. Ek meen, ou Boesman
is seker donkiejare terug al dood, waarskynlik weens ouderdom, of selfs
bosluiskoors, of so-iets. Daar kan tog sekerlik nie 'n ander rede wees vir die
naamsverandering nie, of hoe?

Groete!

Henri Burger, Tzaneen.RSA
(e-mail: hen...@pixie.co.za)

Koeitjies & kalfies | 8 kommentare

Gedivht : De Gelatene / J.C. Bloem

Sa., 12 September 1998 00:00

Omdat er duidelijk een band is tussen Afrikaans en Nederlands,
zou ik af en toe een Vlaams of Nederlands gedicht in jullie nieuwsgroep
willen plaatsen.
Laat me weten of jullie dat goed vinden.
Tot kijk.

Louis Franssens
============================================================

De Gelatene

Ik open het raam en laat het najaar binnen,
Het onuitsprekelijke, het van weleer
En van altijd. Als ik één ding begeer
Is het: dit tot het laatst beminnen.

Er was in dit leven niet heel veel te winnen.
Het deert mij niet meer. Heen is elk verweer,
Als men zich op het wereldoude zeer
Van de miljarden voor ons gaat bezinnen.

Jeugd is onrustig zijn en een verdwaasd
Hunkren naar onvergankelijke beminden,
En eenzaamheid is dan gemis en pijn.

Dat is voorbij, zoals het leven haast
Maar in alleen zijn is nu rust te vinden.
En dan: 't had zoveel erger kunnen zijn.

J.C. Bloem

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Re: Gedivht : De Gelatene / J.C. Bloem

Sa., 12 September 1998 00:00

"Louis Franssens"
writes: > Omdat er duidelijk een band is tussen Afrikaans en Nederlands,
> zou ik af en toe een Vlaams of Nederlands gedicht in jullie nieuwsgroep
> willen plaatsen.
> Laat me weten of jullie dat goed vinden.
> Tot kijk.
>
> Louis Franssens
> ============================================================
>
> De Gelatene
>
>
> Ik open het raam en laat het najaar binnen,
> Het onuitsprekelijke, het van weleer
> En van altijd. Als ik één ding begeer
> Is het: dit tot het laatst beminnen.
>
> Er was in dit leven niet heel veel te winnen.
> Het deert mij niet meer. Heen is elk verweer,
> Als men zich op het wereldoude zeer
> Van de miljarden voor ons gaat bezinnen.
>
> Jeugd is onrustig zijn en een verdwaasd
> Hunkren naar onvergankelijke beminden,
> En eenzaamheid is dan gemis en pijn.
>
> Dat is voorbij, zoals het leven haast
> Maar in alleen zijn is nu rust te vinden.
> En dan: 't had zoveel erger kunnen zijn.
>
>
> J.C. Bloem


Baie baie dankie. Ek hoop u sal GEREELD
Nederlandse gedigte op hierdie nuusgroep
plaas. Ek het hier in Kanada geen bundels
van Nederlandse digwerk nie. Mag ek 'n
versoek plaas - 'n gedig van Roland Holst?

Gloudina Bouwer

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Re: SARFU JUDGMENT

Vr., 11 September 1998 00:00

rsa...@intekom.co.za (Frikkie Potgieter) writes:

> SARFU JUDGMENT
>
> Taking into account the 1 159 pages of the Sarfu judgment


Kyk, ek vra nou vir die laaste keer hoekom
ons op hierdie Afrikaanse nuusgroep ou
Frikkie en sy trawante se opinies in Engels
moet lees. Is die sekretaris van die AWB,
en dus die AWB self, so teen die instand-
houding van Afrikaans in alle media dat
hulle (meestal Afrikaners) verkies om vir
ons (almal Afrikaans-gebruikers op hierdie
nuusgroep) in Engels toe te spreek? Ek kom
tot die gevolgtrekking dat hulle nie net
hanskakies is nie, maar aktief teen die
bevordering van Afrikaans is. Hou op om met
ons Engels te praat, ou Frikkie. As jy nie
luister nie, dan kom fred rundle ons vir
jou.

Die Ruiter in die Nag (wat kakies jag)

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

Rugby onthaal

Do., 10 September 1998 00:00

Kan iemand my dalk help:

Ek is op soek na die woorde van Rugby onthaal.

Dankie
Nico

Sport & ontspanning | 1 kommentaar

"Winternag" deur EUGENE MARAIS (with translation)

Do., 10 September 1998 00:00

WINTERNAG
Eugene Marais

O koud is die windjie
en skraal.
En blink in die dof-lig
en kaal,
so wyd as die Heer se genade,
lê die velde in sterlig en skade.
En hoog in die rande,
versprei in die brande,
is die grassaad aan roere
soos winkende hande.

O treurig die wysie
op die ooswind se maat,
soos die lied van 'n meisie
in haar liefde verlaat.
In elk' grashalm se vou
blink 'n druppel van dou,
en vinnig verbleek dit
tot ryp in die kou!

WINTER'S NIGHT (Translated by Guy Butler)
---------
O Cold is the slight wind
and sere.
And gleaming in dim light
and bare,
as vast as the mercy of God,
lie the plains in starlight and shade.
And high on the ridges,
among the burnt patches,
the seed grass is stirring
like beckoning fingers.

O tune grief-laden
on the east wind's pulse,
like the song of a maiden
whose lover proves false.
In each grass blade's fold
a dew drop gleams bold,
but quickly it bleaches
to frost in the cold!

Prosa & poësie | 0 kommentare

Afrikaansmagtige Persoon van die jaar

Do., 10 September 1998 00:00

Mense soos Thörsten, Darren, Henry (HWM) en ander soos Hilda en Servaas,
Arthur en Roelf dwing groot bewondering by my af, aangesien hulle die moeite
doen om in 'n taal te kommunikeer wat my na aan die hart lê. Om 'n Duitser
en Amerikaner in gesprek te sien tree deur middel van Afrikaans laat mens
doodeenvoudig goed voel.

Ek het begin wonder of mens nie op hierdie ng. jaarliks en informeel 'n
toekenning aan een persoon kan maak wie se huistaal nie Afrikaans is nie ?
Vir my sal dit nie gaan oor taalsuiwerheid en sulke dinge nie, maar eerder
oor hoeveel moeite so 'n persoon moes doen om die taal te leer, waarom, en
hoe dit buite die nuusgroep aangewend word, ens.

Mens kan waarskynlik maandeliks 'n finalis kies en ook klein pryse toeken?
Die wenner kan bv. ingeteken word op 'n tydskrif of so iets.

Laat weet as daar belangstelling is vir die gedagte, sodat mens 'n paar
details kan uitwerk.

Groete
Kobus

Koeitjies & kalfies | 8 kommentare

Re: "Prayer to the Young Moon" by X-NANNI

Wo., 09 September 1998 00:00

wrote:

> PRAYER TO THE YOUNG MOON
> said by X-nanni

> Small moon
> Hai! young moon
> hai hai!
> Young moon speak to me
> hai hai!
> young moon
> Tell me of something
> hai hai !
> When the sun rises
> you must speak to me
> that I may eat something
> you must speak to me about a little thing
> that I may eat
> hai hai!
> Young moon

> (Recited by X-nanni to W.H.I. Bleek in 1855.
> This translation follows the original San pattern.)

Gloudina,

Vertel meer oor die gedig en die oorsprong daarvan.
is X-nanni 'n vrou, jong kind of man?
Groete
willemien

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Re: Open Letter _ Gloudina en haar Castro maatjie?

Wo., 09 September 1998 00:00

On 9 Sep 1998 14:55:23 GMT, had the following to say:

|die ou moeë anti-"kommunistiese" gepratel van die apart-
|heidsvarke napraat. Ongelukkig is die Republikeinse party
|in Amerika nog ook in dieselfde ou anti-kommunistiese
|groef - deels omdat hulle nog die koue oorlog veg, deels
|omdat hulle hul imperialistiese drange nie kan kontrolleer
|nie. Die res van die wêreld (en dit sluit die Pous in) het
|al lankal besluit dat die grootste euwel die beleid van die
|Amerikaners is,

Dis nou maar bloot jou eie moeë anti-Amerikaanse gepratel...
Jy klink regtig soos 'n klein dogtertjie wat baie jaloers is op die
buurdogtertjie se mooi pop en nou alles van die bure slegsê.

Ek het nie geweet jy is 'n segsman vir die pous nie!?! Biskop
Bouwer...

O en dan sweep jy sommer so gemaklik "die res van die wêreld ..." by
jou redenasie in. Nee sies man, as jy nie goeie redenasies het nie,
probeer dan ten minste jou geloofwaardigheid behou! Of is dit jou
sosialistiese drange wat jy nie kan kontrolleer nie.

| en nie die beleid van 'n klein staatjie in die
|Karibbiese see nie. Almal kan sien

Wie is "almal" en hoe "sien" hulle dit?????

|dat die kinders in Kuba
|nog beter daaraan af is as gedurende die tyd van Batista,

|Ou Lou, jy is nou
|skielik so die voorstander van "vrye verkiesings." Dit laat
|my lag as ek dink dat jy heelwaarskynlik bietjie weggeskram
|het toe groot dele van die SA bevolking vrye verkiesings in
|SA gevra het.

... sê sy van die moral high ground af - jy sit ook maar op 'n
mishoop, ou girl! En weet jy wat, daar is niks mee verkeerd om vrye
verkiesings voor te staan nie. Selfs ek wat niks van die munts
regering hou nie, staan vrye verkiesings voor - ek is net nie van
mening dat ons ooit vrye verkiesings sonder intimidasie in hierdie
land sal kry nie.

| Jy kritiseer Cuba omdat die ekonomie nie daar
|bloei nie. Hoekom kritiseer jy nie Japan waar die ekonomie
|ook nie nou bloei nie.

Jy kritiseer die vorige Nat regering omdat hulle beleid jou nie gepas
het nie en rassisties was. Hoekom kritiseer jy nie die hele swart
Afrika waar rassime eers na kolonialisme begin bloei het nie. Hoekom
hierdie selektiewe moraliserings?

Jy's so deurmekaar met jou feite en emosionele uitbarstings dat dit
selfs moeilik is om jou te beskuldig dat jy 'n agenda het.

| En die apartheidsregime, waar die
|ekonomie ook nie gebloei het nie. Hoekom hierdie selektiewe
|moraliserings? Toemaar, ek weet, jy het 'n agenda. Ek wonder
|waarvan jy Kanada sal beskuldig as jy uitvind dat die beleid
|wat hulle volg nie strook met jou opinies nie.

| Kanada het 'n openlike en vriendelike verhouding met
|Kuba.

Hand om die niere met die vyand, sou ek dit eerder noem!

|Maar tot tyd en wyl die Amerikaners wakker word en ophou
|kyk na wie vir watter party gaan stem en die regte beleide
|volg,

Ek wens maar dit het hier in ons politiek gebeur...!

Want tensy ons regering nou begin die regte beleide volg, gaan hulle
nooit die probleme van die land begin oplos nie en gaan ons die pad
van die res van Afrika volg.

| sal hulle nooit die probleem van Kuba en ook nie die
|probleem in die Middel-Ooste oplos nie. Gelukkig het die
|Demokratiese Party onder Clinton in die regte rigting geleun.

...met 'n oop gulp....

|Die vader behoed ons as in die komende Amerikaanse
|verkiesing die Republikeine nie teruggedryf kan word nie.

... en in ons eie komende verkiesing die swart "horders" nie terug
gedryf kan word nie ...

|Hulle maak hulself belaglik in die oë van die wereld deur hulle
|tweegesig-gepratery.

Hier by ons hoef die politici nie eers "tweegesig-pratery" te beoefen
nie - hulle maak sommer so sonder inspanning hulleself belaglik in die
oë van die wereld.

| Dit laat 'n mens hier in Kanada soms lag, maar dis eintlik
|'n tragedie, om langs die VSA te bly en te sien hoe hierdie
|mense hulself in knope knoop oor dinge wat vir die res van
|die wereld al lankal so helder soos die daglig is.

Dit laat 'n mens soms grappies uitdink soos die een van die miere en
die sprinkane, maar dis 'n werklike tragedie om in Suid-Afrika te bly
en te sien hoe die land soos die Russiese ekonomie agteruitgaan terwyl
die politici hulleself in knope knoop in forums en uitsprake wat niks
met die werklikheid te doen het nie.

Ek hoop ek kon die ander uiterste stel, sodat jy bietjie kan dink dat
jou idees uiters eensydig voorkom.

Bly weg van redenasies oor die politiek en vertel eerder weer vir ons
van jou land en sy mense - soos die laaste storie oor die stad van
smarte. Dit was immers interesant.

...goodbye en good luck,
Simon

Koeitjies & kalfies | 13 kommentare

Bladsye (1835): [ «    1334  1335  1336  1337  1338  1339  1340  1341  1342  1343  1344  1345  1346  1347  1348  1349    »]
Tyd nou: So. Des. 21 11:18:32 UTC 2025