Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Rekenaars & selfone » Afrikaans in PC-spel
Afrikaans in PC-spel [boodskap #17482] So, 13 September 1998 00:00 na volgende boodskap
Thorsten Müller  is tans af-lyn  Thorsten Müller
Boodskappe: 103
Geregistreer: Julie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Dagsê almal,

Gisteraand het ek saam met 'n vriend een van sy nuwe speele op sy rekenaar
getoets ("Worms 2"). In dié spel is dit moontlik om tussen verskillende tale
te kies, en die wurms skreeu dan gewisse dinge as hulle teen mekaar veg. Met
groot verbasing het ek gesien dat een van die tale Afrikaans was (alhoewel dit
daar "Africaan" genoem is). Ongelukkig kon ek nie alles verstaan nie, want die
stemme van die wurms is baie hoog en onduidelik ("wurmig" :-) ), maar ten
minste kon ek sommige dinge ontsyfer...

Die wurms sê "tot siens" of "ag nee" wanneer hulle sterf. As jy een van jou
eie wurms doodskiet skreeu hy "verraaier!", en wanneer 'n wurm van 'n vyand
getref word, roep hy terug "ek sal jou kry!".

Nou en dan val kiste van bo af in die speelveld, dan sê hulle iets wat soos
"versterkings het opgeduik" of "...opgetree" klink. In duits sou 'n mens in
hierdie geval die woord vir "opduik" gebruik, daarom wonder ek of dit
dieselfde in Afrikaans is.

Ek het ook iets gehoor wat soos "seer goed" klink. Is dit moontlik? Ek dag dit
sou eerder "baie goed" wees.

En dan is daar nog 'n paar dinge wat ek nie kon verstaan nie. Een daarvan
klink soos "soetery" of so. Miskien het iemand 'n idee?

Die spel is werklik lekker en baie snaaks. Ek is bly dat daar mense is wat
daarin belangstel om ander tale - soos bv. Afrikaans - by sulke spele by te voeg.

Groete,

Thorsten
Re: Afrikaans in PC-spel [boodskap #17483 is 'n antwoord op boodskap #17482] So, 13 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Henry van Zyl  is tans af-lyn  Henry van Zyl
Boodskappe: 30
Geregistreer: Augustus 1997
Karma: 0
Volle Lid
Pragtig, Thorsten. Enkele kommentare op jou puik en interessante brief:

> Gisteraand het ek saam met 'n vriend een van sy nuwe speele op sy rekenaar

Speele is nie reg nie: "speletjies" is die meervoud van "spel"

> Nou en dan val kiste van bo af in die speelveld, dan sê hulle iets wat soos
> "versterkings het opgeduik" of "...opgetree" klink. In duits sou 'n mens in hierdie
> geval die woord vir "opduik" gebruik, daarom wonder ek of dit dieselfde in
> Afrikaans is.

"opgeduik" is beter as "opgetree", wat hier verkeerd sou wees. "Optree" beteken iets
soos "optree in 'n rol", soos op die verhoog. Ek sou persoonlik liewer gesê het
"versterkings het aangekom".

> Ek het ook iets gehoor wat soos "seer goed" klink. Is dit moontlik? Ek dag dit sou
> eerder "baie goed" wees.

Jy is reg. "Seer goed" is Nederlands, nie Afrikaans nie; "baie goed" is.

En dan is daar nog 'n paar dinge wat ek nie kon verstaan nie. Een daarvan klink soos
"soetery" of so. Miskien het iemand 'n idee?

Sonder konteks is dit moeilik om te raai wat dit sou beteken.

> Die spel is werklik lekker en baie snaaks. Ek is bly dat daar mense is wat daarin
> belangstel om ander tale - soos bv. Afrikaans - by sulke spele by te voeg.

Ek deel jou vreugde! En ek wens ek kon die spel onder oë kry - en onder ore!

Groete

Henry
Re: Afrikaans in PC-spel [boodskap #17503 is 'n antwoord op boodskap #17482] Ma, 14 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Thorsten Müller  is tans af-lyn  Thorsten Müller
Boodskappe: 103
Geregistreer: Julie 1998
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote:
>
> Ek sou persoonlik liewer gesê het
>> "versterkings het aangekom".
>
> Of "versterkings het opgedaag."
> versterkings daag op
> versterkings sal opdaag.

Ek dink jy is reg Gloudina. Dit is presies wat die wurmtjies sê, ek het dit
net nie heel verstaan nie.

> Sonder konteks is dit moeilik om te raai wat dit sou beteken.

Ja Henry, ongelukkig is daar geen konteks nie, daarom is dit eens moeiliker
vir iemand soos myself om uit te vind wat dit beteken.

> Ek deel jou vreugde! En ek wens ek kon die spel onder oë kry - en onder ore!

Ek kan dit ook nie op my rekenaar speel nie - my vriend het 'n Windows-PC, en
ek werk met 'n Apple Macintosh. Maar ek hoop nog - ek is besig om 'n nuwe,
vinnige CPU te koop, miskien sal dan my PC-emulator vinnig genoeg wees sodat
ek ten minste dié spel kan speel.

Groete,

Thorsten
Re: Afrikaans in PC-spel [boodskap #17504 is 'n antwoord op boodskap #17482] Ma, 14 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
Henry van Zyl writes:

Ek sou persoonlik liewer gesê het
> "versterkings het aangekom".

Of "versterkings het opgedaag."
versterkings daag op
versterkings sal opdaag.

Gloudina
Re: Afrikaans in PC-spel [boodskap #17525 is 'n antwoord op boodskap #17482] Di, 15 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Thorsten Müller"

> Ek dink jy is reg Gloudina. Dit is presies wat die wurmtjies sê,

Thorsten, die verkleinwoordjie van
"wurm" is "wurmpie." As jy dit nog
kleiner wil maak, kan jy praat van
die "wurmpietjie." Gewoonlik word
laasgenoemde amper gebruik as 'n
"term of endearment," gewoonlik met
"ou" daarvoor. Byvoorbeeld: "Ag, kom
kyk nou na hierdie ou wurmpietjie."

Gloudina
Re: Afrikaans in PC-spel [boodskap #17541 is 'n antwoord op boodskap #17482] Wo, 16 September 1998 00:00 Na vorige boodskap
Thorsten Müller  is tans af-lyn  Thorsten Müller
Boodskappe: 103
Geregistreer: Julie 1998
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote:
>
> Thorsten, die verkleinwoordjie van
> "wurm" is "wurmpie." As jy dit nog
> kleiner wil maak, kan jy praat van
> die "wurmpietjie." Gewoonlik word
> laasgenoemde amper gebruik as 'n
> "term of endearment," gewoonlik met
> "ou" daarvoor. Byvoorbeeld: "Ag, kom
> kyk nou na hierdie ou wurmpietjie."
>
> Gloudina

Ek is net bly dat ek nie gesê het dat Afrikaans 'n maklike taal is nie. Dankie
vir jou kommentaar, net op dié manier kan ek my Afrikaans steeds verbeter.

Thorsten
Vorige onderwerp: Rekenaars: Les 1
Volgende onderwerp: Aber Opera!
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 17:21:36 MGT 2024