| Afrikaans in PC-spel [boodskap #17482] |
So., 13 September 1998 00:00  |
Thorsten Müller
Boodskappe: 103 Geregistreer: Julie 1998
|
Senior Lid |
|
|
Dagsê almal,
Gisteraand het ek saam met 'n vriend een van sy nuwe speele op sy rekenaar
getoets ("Worms 2"). In dié spel is dit moontlik om tussen verskillende tale
te kies, en die wurms skreeu dan gewisse dinge as hulle teen mekaar veg. Met
groot verbasing het ek gesien dat een van die tale Afrikaans was (alhoewel dit
daar "Africaan" genoem is). Ongelukkig kon ek nie alles verstaan nie, want die
stemme van die wurms is baie hoog en onduidelik ("wurmig" :-) ), maar ten
minste kon ek sommige dinge ontsyfer...
Die wurms sê "tot siens" of "ag nee" wanneer hulle sterf. As jy een van jou
eie wurms doodskiet skreeu hy "verraaier!", en wanneer 'n wurm van 'n vyand
getref word, roep hy terug "ek sal jou kry!".
Nou en dan val kiste van bo af in die speelveld, dan sê hulle iets wat soos
"versterkings het opgeduik" of "...opgetree" klink. In duits sou 'n mens in
hierdie geval die woord vir "opduik" gebruik, daarom wonder ek of dit
dieselfde in Afrikaans is.
Ek het ook iets gehoor wat soos "seer goed" klink. Is dit moontlik? Ek dag dit
sou eerder "baie goed" wees.
En dan is daar nog 'n paar dinge wat ek nie kon verstaan nie. Een daarvan
klink soos "soetery" of so. Miskien het iemand 'n idee?
Die spel is werklik lekker en baie snaaks. Ek is bly dat daar mense is wat
daarin belangstel om ander tale - soos bv. Afrikaans - by sulke spele by te voeg.
Groete,
Thorsten
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Afrikaans in PC-spel [boodskap #17541 is 'n antwoord op boodskap #17482] |
Wo., 16 September 1998 00:00  |
Thorsten Müller
Boodskappe: 103 Geregistreer: Julie 1998
|
Senior Lid |
|
|
@igs.net wrote:
>
> Thorsten, die verkleinwoordjie van
> "wurm" is "wurmpie." As jy dit nog
> kleiner wil maak, kan jy praat van
> die "wurmpietjie." Gewoonlik word
> laasgenoemde amper gebruik as 'n
> "term of endearment," gewoonlik met
> "ou" daarvoor. Byvoorbeeld: "Ag, kom
> kyk nou na hierdie ou wurmpietjie."
>
> Gloudina
Ek is net bly dat ek nie gesê het dat Afrikaans 'n maklike taal is nie. Dankie
vir jou kommentaar, net op dié manier kan ek my Afrikaans steeds verbeter.
Thorsten
|
|
|
|