Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Vodacom Rapport Fietstoer se webtuiste

Sa., 20 Februarie 1999 00:00

Besoek die prag-webtuiste by http://news.24.com

Bly saam met die peleton - inligting oor die pak se posisie, gemiddelde
spoed en veel meer word elke uur opgedateer. Foto's digitaal geneem en binne
'n halfuur op die webtuiste geplaas. Volledige uitslae aan die einde van
elke dag.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Re: Wie weet wat wanneer? (nuwelinge en ou hande)

Sa., 20 Februarie 1999 00:00

Bees het geskryf ...

> Dit laat my wonder. Ek vermoed dat 'n volwasse mens die helfte wat hy of sy
> in 'n leeftyd sal leer van 'n spesefieke omgewing in die eerste paar jaar
> leer. Mens neem fyn waar gedurende daardie tyd, iets wat verander soos mens
> 'n nuwe "gemaksone" skep.

Goed verwoord - en ek glo 'n baie geldige punt.

Ek het MAAR NET drie maande in die VSA deurgebring maar dis die mees intense
drie maande van my hele lewe. Intens in alle opsigte : ander
kultuursieninge, ander mense (van graafgooiers tot miljoeners), ander
winkels, ander kosse, absoluut niks behalwe die werk wat ek gaan doen het,
het in my ervaringsraamwerk gepas nie.
>
> Verder, ek dink baiekeer sien die nuweling dinge vir wat dit is,
> terwyl die wat al lank daar is, die skerpsinnigheid onvermydelik verloor.

Prakties ervaar. As mens met die nuwe vriende gesels en (baie diskreet)
uitvra na "verskille", kom jy gou agter dat die inwoners daar al onbewus
geraak het van wat om hulle aangaan en dat hulle onder mekaar dan nogal
hewig kan verskil in die menings wat uitgespreek word - maar dit het iemand
van "buite" af gekos om die aandag op sekere goedjies te vestig.

> Al opgelet hoe mense wat slaap in 'n kar wat beweeg, skielik wakker word as
> die kar tot stilstand kom?

En as jy hulle nou die m^&%$ in wil hê, vang die remme so effe. Amper soos
wanneer 'n koedoe of vlakvark uit die gras langs die pad tevoorskyn kom.

>
> O ja, die veralgemening van waarnemings is die eerste stap tot begrip.
>
Wens ek het dit gesê......

Wat probeer ek sê ?? Verdraagsaamheid en begrip vir mekaar se
waarnemings, interpretasies en kultuur.
P.G. du Plessis definieer "kultuur" as volg : Kultuur is bloot wat JY IS.
Hoe jy leef, eet, slaap, vry, praat, ad infinitum. Net jammer dat hierdie
ou woordjie word so gekaap vir allerhande doelstellinge.

Gegroet
Omie

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

We have taken legal action

Vr., 19 Februarie 1999 00:00

Dear Group,

There is a cash reward for information leading to the successful
prosecution of "pj...@hotmail.com", who posted the following defamating
message on February 12th in soc.culture.south-africa.afrikaans:

> Dit lyk of dit hy die kan wees:

It appears as if someone is waging an active intimidation campaign against
our Bible society.

It is with some alarm that we've received similar email over the past
weeks:

>> vervelige vashaak op een sotlike tema, julle gebrek aan
>> insig en oorspronklike denke is veragtelik....

We have many similar examples, and have sought resolve by simply ignoring
the threats.

Now this sick individual has gone so far as to publish names in association
with highly illegal child pornography. This accounts to defamation of
character.

We have handed the matter over to our lawyers who will now seek maximum
retribution allowed under law. It appears as if the person responsible
might be an employee of our ISP.

Anyone with information, please contact nic.pa...@acenet.co.za

We ask your full cooperation in the matter.

Kind Regards,
Nic Patterton (Pastor)
Bible Distribution Society

Koeitjies & kalfies | 8 kommentare

Afrikaanse voorname

Vr., 19 Februarie 1999 00:00

Waarom kom die voornaam 'Simon' so min voor by Afrikaners: Is dit omdat
Simon / Simeon van Cyrene in die bybel (die bron, lyk dit vir my, van meeste
tradisionele Afrikaner-voorname) 'n swartman uit Afrika was?

Simon

Genealogie & famieliesake | 55 kommentare

"VERSLAWING" Anoniem

Vr., 19 Februarie 1999 00:00

met verstarde oë
staar ek die ruimtes in...

die tekens is daar:
rooi van die oë,
nagte sonder slaap,
vriende wat ek vermy...
het ek ooit nog?

eers 'n zol, 'n bietjie coke
en nou dít...

ek hou my arm reg,
nog net een 'high'

"downloading 2 messages of 24..."

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

"Muezzen" deur FERDI GREYLING

Vr., 19 Februarie 1999 00:00

MUEZZEN
Kensington, Johannesburg
Ferdi Greyling

Pers jakarandas in die geel lente
onder 'n lug vol purper wolke.

Voor dit reën
hardloop die wind
soos kinders in die pad af.

Laatmiddag spoel die son
oranje oor die stad
en vroeg in die aand
dryf die moskee se klanke
soos lig na bo
om God hoog in die sterre te soek.

Prosa & poësie | 0 kommentare

Re: South Africa dinner

Do., 18 Februarie 1999 00:00

On Thu, 18 Feb 1999 07:10:28 GMT, ro...@localhost.net (Central Screwtinizer) wrote:

|On Wed, 17 Feb 1999 20:10:29 -0800, "kingZ" wrote:
|
|>I recently visited South Africa and would like to prepare an authentic S.A.
|>dinner for friends tomorrow night. Can you suggest some "traditional" foods
|>that do not contain meat or do contain chicken?
|
|Apart from mealy pap, or coal-roasted cheese/tomato/onion sandwiches,
|you'll have a hard time finding anything tradional AND vegetarian.
|
|In fact, people have been known to use mutton as a vegetable in these
|parts.
|

Nee sies, hoe kan jy sê dis al?!?! Wat van pap en marog? Niks vleis
nie! Wat van Mieliebrood?!? En SA vrugte?!? Komaan, ons kookkuns
en koskultuur is nie so arm nie!

Johan, die ewige realis / optimis.

Kos & resepte | 13 kommentare

Stadig oor die klippe, Alwyn!

Do., 18 Februarie 1999 00:00

Wag so 'n bietjie, Alwyn. Ek wil nie spekuleer of jy gelowige of ateïs (nie
atteis) is nie. Maar dit maak my dadelik kriewelrig as jy sulke kras onkunde
openbaar oor 'n Christen se geloof. Eerstens: Christene is nie "God/Jesus
aanhangers" nie. Ons glo in 'n Almagtige Drie-enige God, Vader, Seun en Heilige
Gees. Een God. Ons glo in God, nie aan God nie. As Christen hang my hele bestaan
af van my geloof in God. Aanhanger is te 'n vlak begrip, byna 'n soort
belediging vir my.

En ek maak ten sterkste daarteen beswaar dat jy Christus as die Enigtse Seun van
God in dieselfde asem noem as Mohammed, as synde " 'n ander gesalfde wat mens
geword het." Mohammed het homself (sover my beperkte kennis strek) nooit as die
Christus, die Seun van God, uitgeroep nie. Wel as profeet, maar nie as Gesalfde
nie. Want dis wat Christus beteken: afgelei uit die Griekse werkwoord "khriein"
= om te salf, kry ons Khristos (Latyn: Christus) wat beteken Gesalfde.

Dan moet jy ook maar asseblief aan ons ander wat nie so ingelig soos jy is nie,
verduidelik waar jy daaran kom dat die Bybel in 'n asblik gevind is. Jou
meerdere kennis kan ons ander net help. As jy dalkies sou verwys na die Dooie
See rolle wat in 'n kleipot ontdek is, sou ek jou op 'n hele reeks denkfoute kon
wys. Maar soos gesê, ek is die eerste wat sou erken dat my kennis ver te kort
skiet. Help my dus verstaan wat jy bedoel met jou smalende opmerking.

Miskien moes jy met jou kleinlike en beledigende, selfs minagtende en arrogante
houding liewer nie by die bespreking laat insleep het nie. Jou arrogansie begin
al met die eerste woord in jou plasing. Soos Leendert, het ek al byna vergeet
hoe 'n mens jou kan vererg. So vererg dat jy vergeet dit het nie sin om die
dwaas na sy sotheid te antwoord nie.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

ek soek 'n vrou

Do., 18 Februarie 1999 00:00

(Verskoon my Afrikaans, ek het dit nie gepraat vir 30 jaar! Ek woon in
London, Engeland).
Ek soek vir 'n vrou, har naam was Marie Elizabeth van Biljoen, waneer sy was
22 in 1943. Sy sal nou 77 jar wees. Sy het in Seapoint gewerk in "Sloppy
Sam's Cafe" in Seapoint.
Help my asseblief!
Fay
geo...@globalnet.co.uk

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Meanderkrant op Zondag en soms op Woensdag

Do., 18 Februarie 1999 00:00

Elke zondagochtend wordt de Meanderkrant op Zondag per e-mail verstuurd.
Vol gedichten en nieuws over zaken die met poëzie te maken hebben. En af
en toe is er een speciale Woensdageditie over een literair onderwerp.
Vorige nummers van de Meanderkrant op Zondag kun je on line lezen in de
afdeling "Poëzie op Zondag".

Je kunt je abonneren door een e-mail te sturen aan
majo...@oudenaarden.nl met als inhoud:
subscribe meander-l (het laatste teken is de letter l).

Abonneren kan ook on line. http://www.meander.is.nl

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Bladsye (1835): [ «    1257  1258  1259  1260  1261  1262  1263  1264  1265  1266  1267  1268  1269  1270  1271  1272    »]
Tyd nou: Di. Jun. 02 09:14:30 UTC 2026