Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

PSA, vir suid afrikaners

So., 21 Februarie 1999 00:00

Yes mense,
Moet asb nie hierdie boodskap uitvee die oomblik as jy dink dis a Bull
storie nie.
So maand terug het ek een middag gesit en my E-Pos gelees toe daar skielik
'n boodskap inkom van my een vriend af, in Kaapstad. Dit was 'n klein
sagteware pakket, wat gemeen het: "Maak Geld Gou" . Ja, ek het gedink dis
nou weer 'n pot bol, tot nou, 'n maand later, is ek omtrent 'n duisend rand
sterker, en ek het amper niks gedoen nie. Die program is eintlik om mee te
adverteer, na miljoene mense toe op een slag. Dit geldmaak werk so. Jy mag
twee goed doen om 'n paar bokke te maak!
1. Gebruik PSA om te adverteer, enige ding wat jy het! Glo my, dit werk.
2. Maar die deel wat rerig werk is om die PSA program te versprei(soos ek
nou maak) Die oomblik wat ek hom vir jou stuur, mag jy hom versprei teen
enige prys wat jy dink is billik

Soos bv, Jy koop hom by my vir R8,00 en dan versprei jy duisende kopiee teen
jou eie prys. So, jy gee R8 uit en jy maak duisende. As jy my R8 gegee het,
mag jy soveel kopiee maak as wat jy lus is. en dan hulle versprei oor die
net of per stiffie verkoop, tussen jou gemeenskap. Let op, Hierdie brief het
my 5 minute geneem om te tik en duisende mense gaan hom lees.
Ek het al 800 kopiee verkoop in 3,5 weke, so kry jou blikbrein en werk uit,
R8 maal 800, en ek kry nog steeds 'n klomp bestellings 'n dag. Alhoewel ek
skryf dis slegs vir suid afrikaners, werk dir oral oor die wereld, ek
versprei op die oomblik in een van onse buurlande ook
Pos my by dim...@global.co.za as jy R8,00 het, asb, help my, dan help ek
weer jou.

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

"Pella le 'n kruistog ver" deur GEORGE WEIDEMAN

So., 21 Februarie 1999 00:00

Pella lê 'n kruistog ver ('n voorlopige
rekonstruksie van 'n denkbeeldige gesprek
tussen Pella se eerste Rooms-Katolieke
sendeling en sy reisgids, anno 1875)
EX AFRICA SEMPER ALIQUID NOVI

deur George Weideman

u moenie kla oor die hitte nie, Vader Gaudeul,
dis nog nie naastenby die somer nie
en nou al lê die vuurklip en smeul
hier moet u maar die sagte groen van Lyons
uit die gedagtes weer
hier is die enigste groen perdalks die soom
van die verbeeldingstroom
varswater sal u, as balling hier,
uit die vate van die geheue moet tap
of wag tot eendag as daar na die reën
syferwater uit 'n oog opwel

hier sal jy die sin van jou roeping leer ken
tot in die oerbetekenis: geofferde, oblatus
geoffer aan die son van Afrika geoffer
aan die smeuling van die amper-woestyn
(kan die brandstapel feller wees
as Pella in Desember? sou die Hindoes
dit warmer aan die sole hê?) geoffer
aan die slu klein slangogies
listig soos die xnabbo self
geoffer aan khoikhoinse spraakverwarring
ja - te veel rooiwyn; nee - te veel soetwyn
maar dié maak jou jou vergeet vergeet!
geoffer aan die dors land
wat sobyso net brakwater ken
(hier sal jy dalk moet wolfsmelk drink!)
ook jy sal die brak smaak se nabitter proe
jy vra dat ek moet vertel, van Pella -
hier staan alles bloot, oblatus:
winterstyd is son en wind weer kop-in-een-mis
as die veld julienagte oopgespêr en wyd lê en wit
en alles blootgewaai word
deur suidewind en oostewind
en wit vuursteen en bruin graniet
uiteindelik blus;
hier sal jy ook moet vure slaan
en blare en barste balsem gee
ysblomme van die oë smelt...

Afrika is wyd en groot
fonteine min - ons sal u leer gorra maak
kleimisvloer smeer witgatwortel maal
daardie plante daar? word "halfmense"
genoem hier langs die rivier is baie
hoe goed kan u skiet? hiers nog tiers
in die berge en boesmans hel! die boesmans
en moenie Pella se skepsels vergeet nie....

o u weet wat skepsels is? nou ja die soort
onthou maar: vir 'n geweer
is hulle skytbang amper soos vir die bomeesterslang
en natuurlik die basilisk

nee, u moenie sug oor die hitte nie, Vader Gaudeul,
hierdie is maar ons voorland, die Voor-Boesmanland
ons moet die hinterland nog in
voor die son so menshoog staan
moet ons
die Here weet
vir Vagevuurskloof nog deur.

Prosa & poësie | 0 kommentare

Vodacom Rapport Fietstoer se webtuiste

Sa., 20 Februarie 1999 00:00

Besoek die prag-webtuiste by http://news.24.com

Bly saam met die peleton - inligting oor die pak se posisie, gemiddelde
spoed en veel meer word elke uur opgedateer. Foto's digitaal geneem en binne
'n halfuur op die webtuiste geplaas. Volledige uitslae aan die einde van
elke dag.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Re: Wie weet wat wanneer? (nuwelinge en ou hande)

Sa., 20 Februarie 1999 00:00

Bees het geskryf ...

> Dit laat my wonder. Ek vermoed dat 'n volwasse mens die helfte wat hy of sy
> in 'n leeftyd sal leer van 'n spesefieke omgewing in die eerste paar jaar
> leer. Mens neem fyn waar gedurende daardie tyd, iets wat verander soos mens
> 'n nuwe "gemaksone" skep.

Goed verwoord - en ek glo 'n baie geldige punt.

Ek het MAAR NET drie maande in die VSA deurgebring maar dis die mees intense
drie maande van my hele lewe. Intens in alle opsigte : ander
kultuursieninge, ander mense (van graafgooiers tot miljoeners), ander
winkels, ander kosse, absoluut niks behalwe die werk wat ek gaan doen het,
het in my ervaringsraamwerk gepas nie.
>
> Verder, ek dink baiekeer sien die nuweling dinge vir wat dit is,
> terwyl die wat al lank daar is, die skerpsinnigheid onvermydelik verloor.

Prakties ervaar. As mens met die nuwe vriende gesels en (baie diskreet)
uitvra na "verskille", kom jy gou agter dat die inwoners daar al onbewus
geraak het van wat om hulle aangaan en dat hulle onder mekaar dan nogal
hewig kan verskil in die menings wat uitgespreek word - maar dit het iemand
van "buite" af gekos om die aandag op sekere goedjies te vestig.

> Al opgelet hoe mense wat slaap in 'n kar wat beweeg, skielik wakker word as
> die kar tot stilstand kom?

En as jy hulle nou die m^&%$ in wil hê, vang die remme so effe. Amper soos
wanneer 'n koedoe of vlakvark uit die gras langs die pad tevoorskyn kom.

>
> O ja, die veralgemening van waarnemings is die eerste stap tot begrip.
>
Wens ek het dit gesê......

Wat probeer ek sê ?? Verdraagsaamheid en begrip vir mekaar se
waarnemings, interpretasies en kultuur.
P.G. du Plessis definieer "kultuur" as volg : Kultuur is bloot wat JY IS.
Hoe jy leef, eet, slaap, vry, praat, ad infinitum. Net jammer dat hierdie
ou woordjie word so gekaap vir allerhande doelstellinge.

Gegroet
Omie

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

We have taken legal action

Vr., 19 Februarie 1999 00:00

Dear Group,

There is a cash reward for information leading to the successful
prosecution of "pj...@hotmail.com", who posted the following defamating
message on February 12th in soc.culture.south-africa.afrikaans:

> Dit lyk of dit hy die kan wees:

It appears as if someone is waging an active intimidation campaign against
our Bible society.

It is with some alarm that we've received similar email over the past
weeks:

>> vervelige vashaak op een sotlike tema, julle gebrek aan
>> insig en oorspronklike denke is veragtelik....

We have many similar examples, and have sought resolve by simply ignoring
the threats.

Now this sick individual has gone so far as to publish names in association
with highly illegal child pornography. This accounts to defamation of
character.

We have handed the matter over to our lawyers who will now seek maximum
retribution allowed under law. It appears as if the person responsible
might be an employee of our ISP.

Anyone with information, please contact nic.pa...@acenet.co.za

We ask your full cooperation in the matter.

Kind Regards,
Nic Patterton (Pastor)
Bible Distribution Society

Koeitjies & kalfies | 8 kommentare

Afrikaanse voorname

Vr., 19 Februarie 1999 00:00

Waarom kom die voornaam 'Simon' so min voor by Afrikaners: Is dit omdat
Simon / Simeon van Cyrene in die bybel (die bron, lyk dit vir my, van meeste
tradisionele Afrikaner-voorname) 'n swartman uit Afrika was?

Simon

Genealogie & famieliesake | 55 kommentare

"VERSLAWING" Anoniem

Vr., 19 Februarie 1999 00:00

met verstarde oë
staar ek die ruimtes in...

die tekens is daar:
rooi van die oë,
nagte sonder slaap,
vriende wat ek vermy...
het ek ooit nog?

eers 'n zol, 'n bietjie coke
en nou dít...

ek hou my arm reg,
nog net een 'high'

"downloading 2 messages of 24..."

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

"Muezzen" deur FERDI GREYLING

Vr., 19 Februarie 1999 00:00

MUEZZEN
Kensington, Johannesburg
Ferdi Greyling

Pers jakarandas in die geel lente
onder 'n lug vol purper wolke.

Voor dit reën
hardloop die wind
soos kinders in die pad af.

Laatmiddag spoel die son
oranje oor die stad
en vroeg in die aand
dryf die moskee se klanke
soos lig na bo
om God hoog in die sterre te soek.

Prosa & poësie | 0 kommentare

Re: South Africa dinner

Do., 18 Februarie 1999 00:00

On Thu, 18 Feb 1999 07:10:28 GMT, ro...@localhost.net (Central Screwtinizer) wrote:

|On Wed, 17 Feb 1999 20:10:29 -0800, "kingZ" wrote:
|
|>I recently visited South Africa and would like to prepare an authentic S.A.
|>dinner for friends tomorrow night. Can you suggest some "traditional" foods
|>that do not contain meat or do contain chicken?
|
|Apart from mealy pap, or coal-roasted cheese/tomato/onion sandwiches,
|you'll have a hard time finding anything tradional AND vegetarian.
|
|In fact, people have been known to use mutton as a vegetable in these
|parts.
|

Nee sies, hoe kan jy sê dis al?!?! Wat van pap en marog? Niks vleis
nie! Wat van Mieliebrood?!? En SA vrugte?!? Komaan, ons kookkuns
en koskultuur is nie so arm nie!

Johan, die ewige realis / optimis.

Kos & resepte | 13 kommentare

Stadig oor die klippe, Alwyn!

Do., 18 Februarie 1999 00:00

Wag so 'n bietjie, Alwyn. Ek wil nie spekuleer of jy gelowige of ateïs (nie
atteis) is nie. Maar dit maak my dadelik kriewelrig as jy sulke kras onkunde
openbaar oor 'n Christen se geloof. Eerstens: Christene is nie "God/Jesus
aanhangers" nie. Ons glo in 'n Almagtige Drie-enige God, Vader, Seun en Heilige
Gees. Een God. Ons glo in God, nie aan God nie. As Christen hang my hele bestaan
af van my geloof in God. Aanhanger is te 'n vlak begrip, byna 'n soort
belediging vir my.

En ek maak ten sterkste daarteen beswaar dat jy Christus as die Enigtse Seun van
God in dieselfde asem noem as Mohammed, as synde " 'n ander gesalfde wat mens
geword het." Mohammed het homself (sover my beperkte kennis strek) nooit as die
Christus, die Seun van God, uitgeroep nie. Wel as profeet, maar nie as Gesalfde
nie. Want dis wat Christus beteken: afgelei uit die Griekse werkwoord "khriein"
= om te salf, kry ons Khristos (Latyn: Christus) wat beteken Gesalfde.

Dan moet jy ook maar asseblief aan ons ander wat nie so ingelig soos jy is nie,
verduidelik waar jy daaran kom dat die Bybel in 'n asblik gevind is. Jou
meerdere kennis kan ons ander net help. As jy dalkies sou verwys na die Dooie
See rolle wat in 'n kleipot ontdek is, sou ek jou op 'n hele reeks denkfoute kon
wys. Maar soos gesê, ek is die eerste wat sou erken dat my kennis ver te kort
skiet. Help my dus verstaan wat jy bedoel met jou smalende opmerking.

Miskien moes jy met jou kleinlike en beledigende, selfs minagtende en arrogante
houding liewer nie by die bespreking laat insleep het nie. Jou arrogansie begin
al met die eerste woord in jou plasing. Soos Leendert, het ek al byna vergeet
hoe 'n mens jou kan vererg. So vererg dat jy vergeet dit het nie sin om die
dwaas na sy sotheid te antwoord nie.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Bladsye (1834): [ «    1256  1257  1258  1259  1260  1261  1262  1263  1264  1265  1266  1267  1268  1269  1270  1271    »]
Tyd nou: Sa. Jan. 31 13:50:50 UTC 2026