Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Uit "Skipper onder God" (Domus) van MARLISE JOUBERT

Do., 25 Februarie 1999 00:00

Uit "Skipper onder God"
in "Domus."
Marlise Joubert

Onder die rooi karos van kannas
koel koper van jou taal
tel ek ons rinkhalsdae verby die sterre
glo ek dat lig verkleur soos orreltone
terwyl jy praat en ruik na
onthoofde grasperke
hoe anders dan as om te kreun
soos waansinnige gebede in jou arms
om my vas te vang vir altyd
in die treurige raamwerk van jou bors
om my net te laat leef
uit die bloed van jou wêreldseë
uit elke sending van jou wit verlang
so wild so bang
vir die liefde

Prosa & poësie | 0 kommentare

Nuwe Artikels

Wo., 24 Februarie 1999 00:00

Lees gerus die volgende nuwe artikels op die webblad van Vryheid2000
te
http://members.xoom.com/vryheid2000

CONFIDENTIAL NATIONAL AGENCY REPORT

THE LESSON OF AFRICA
by Dr. William Pierce

THE LEGACY OF ANC VIOLENCE
By Fred Rundle

DIE ONVERMYDELIKE INEENSTORTING VAN SPOORNET
Deur ons vervoer
korrespondent

Boere Groete
Frikkie

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Die taalverwantskap

Di., 23 Februarie 1999 00:00

Van alle Wes-europese tale is Nederlands, vir die Afrikaanssprekende - en
selfs vir enkele Engelssprekendes in Suid Afrika - nog steeds die maklikste
"vreemde taal" bly wat hulle sou kan aanleer.

Teenoor die vyf of ses jaar werklike harde werk wat iemand nodig het om 'n
behoorlike leeskennis van, se maar, Duits of Frans op te doen, kan hy
Nederlands nog steeds, van die allereerste boek af, al lesende onder die
knie kry. Selfs al leer hy dit in Suid Afrika nooit behoorlik praat nie,
kan hy maklik feitlik alles daarin lees wat hy wil, of wat onder sy aandag
kom.

Naas Engels kan Nederlands dus vir elke opgevoede Suid-Afrikaner 'n tweede
"venster op Europa" word, bowenal op daardie boeiende Vastelandse wereld
waarvan hy in die meer as anderhalwe eeu van intieme assosiasie met Britse
denkbeelde al hoe meer vervreemd geraak het. En so iets kan Nederlander en
Afrikaanssprekende nie anders nie dan as wins boekstaaf.

Kortom, 'n saak waaroor in die verlede meermale met heelwat meer valse patos
as nugtere berekening gepraat is blyk, op die keper beskou, eintlik 'n hoogs
praktiese en nuttige aangeleentheid. Die taalverwantskap is 'n lewende
werklikheid.

Maar hierteenoor staan die mening dat Nederlands in Suid Afrika al klaar en
reddeloos ondergegaan het. Verskeie omstandighede sou vir die ondergang
aanspreeklik gehou moet word. Aan die een kant sou die Afrikaner self in sy
stryd om Afrikaans gevestig te kry, Nederlands opsygeskuif het as vreemd,
omslagtig en onleesbaar moeilik. Swak onderrig in die taal, die verkeerde
keus van voorgeskrewe boeke, 'n verouderde en glad te nadruklike uitspraak,
dit is almal faktore wat die proses versnel het. Maar Nederlandse
immigrante in Suid Afrika sou op hulle beurt, as gevolg van hul berug sterk
neiging om hulself oral taalkundig "aan te pas", weinig of niks gedoen het
om hul taal lewend te probeer hou.

Die Nederlandse regering weer, het as gevolg van sy gebrekkige steun aan sy
saak in die buiteland ook niks gedoen om die proses te probeer stuit nie.

Vriendelike groete,

Alex Koster,
Nederlands universitere student, Cambridge, Engeland.
www.koster37.freeserve.co.uk

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Re: Die taalverwantskap

Di., 23 Februarie 1999 00:00

On Tue, 23 Feb 1999 07:50:28 -0000, "Alex koster"
wrote:

|Van alle Wes-europese tale is Nederlands, vir die Afrikaanssprekende - en
|selfs vir enkele Engelssprekendes in Suid Afrika - nog steeds die maklikste
|"vreemde taal" bly wat hulle sou kan aanleer.
|
|Teenoor die vyf of ses jaar werklike harde werk wat iemand nodig het om 'n
|behoorlike leeskennis van, se maar, Duits of Frans op te doen, kan hy
|Nederlands nog steeds, van die allereerste boek af, al lesende onder die
|knie kry. Selfs al leer hy dit in Suid Afrika nooit behoorlik praat nie,
|kan hy maklik feitlik alles daarin lees wat hy wil, of wat onder sy aandag
|kom.
|
Interesante kommentaar van die ouens wat ek in Nederland ken: hulle sukkel met
die praat van Nederlands - juis omdat dit so naby aan Afrikaans is en hulle nie
seker is wanneer hulle iets reg gebruik of nie - die Engelse ou wat ek in
Nederland ken, kom makliker reg.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

"mooi marilyn monroe foto in rooi" deur T. T. CLOETE

Di., 23 Februarie 1999 00:00

Uit: Toepassings van Dante
mooi marilyn monroe foto in rooi

T T Cloete
("Idiolek" 1986)

[N'e pur le creature che son fore
d'intelligence, quest'arco saetta
ma quelle c'hanno intelletto ed amore'.
Par. 1.118-120

Ne le sue braccia mi parea vedere una
persona dormire nudo, salva che
involta mi parea in uno drappo san-
guigno leggeramente...
Vita nuova]

sy lê diagonaal
op 'n plooi
op plooi fluweelrooi
kleed somaties geniaal

haar huid kyk
het van rosig tot sag
blosend tot teer gesproet soos die vag
van 'n abbesynse kat diep tyk

sy is gemoduleerde lug
wynrooi sag golwend asof
van diep binne uitgepof
holrug asof sy elasties dans of ekstaties
vlug

die lewende omtrek
tref dié nofret
met haar silhoeët
fundamenteel perfek

'n fenomeen
liefderyk
deur 'n lenige Volmaakte Vinger gestryk
skrander van skedel tot skeen

Prosa & poësie | 3 kommentare

I want to learn Afrikaans!

Di., 23 Februarie 1999 00:00

Does anyone know of any good 'teach yourself afrikaans' books or tapes or
other material I can get my hands on? I want to learn as much as I can
before visiting Cape Town in the summer.

Language Help/ Taalhulp/ Sprachhilfe | 6 kommentare

"Die Swarte Osse" deur A.G. VISSER

Ma., 22 Februarie 1999 00:00

DIE SWARTE OSSE
A.G.Visser

Die jare kom die bulte oor
Soos sware, swarte osse;
Dwarsoor my hart lê hulle spoor -
Die vaalstreep deur die bosse.

Die jare kom, die jare gaan,
Al dieper sny die groewe;
Gebroke is ek en gedaan
Deur hulle sware hoewe.

Prosa & poësie | 0 kommentare

Gloudina, vertaal asseblief!

Ma., 22 Februarie 1999 00:00

On Sun, 31 Jan 1999 00:54:45 GMT, e...@dot.com (Johan ) wrote:

|On 30 Jan 1999 15:27:26 GMT, wrote:
|
||"Johan Conroy" writes: >
||
||> 'n Soortgelyke vraag - hoe sê 'n mens in Engels: "Die kat hardloop
|| onderdeur
||> die tafel."?
||
||
|| Ek wonder of jou sin "Die kat hardloop
|| onderdeur die tafel" nie onlogies is
|| en dus eintlik verkeerde Afrikaans is
|| nie. Moet dit nie wees "Die kat hardloop
|| onder die tafel deur" nie? As die kat
|| onderdeur die tafel hardloop, lyk dit
|| vir my hy hardloop deur die hout van
|| die onderste gedeelte van die tafel,
|| wat bietjie moeilik vir 'n kat sal
|| wees. Miskien 'n bietjie makliker
|| vir 'n kosmiese straal.
||
|| Die kat, wat teruggekom het, omdat hy nie
|| langer kon wag nie.
||
Wel, vertaal dan vir ons
Die kat hardloop onder die tafel deur.

Ek bly nuuskierig oor die een....

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Op reisn in S.A.

Ma., 22 Februarie 1999 00:00

Kan iemand mij laten weten of het reizen per auto in Suid Afrika geen
veiligheidsproblemen oplevert?

Dank U!

Ebi

Koeitjies & kalfies | 6 kommentare

South African Dinner

So., 21 Februarie 1999 00:00

Gloudina snork:

> | Julle is kultureel
> | verbaster met die mense wat voor julle voor-
> | sate daar gebly het.

Die politiek korrekte woord, Gloudina, vir “kulturele verbastering” is
“akulturasie” (Sien Luthuli 1984).


OK, Johan, laat ek nou weer voor begin in
basiese Afrikaans. Ons wat in die westelike
dele van SA grootgeword het, dink "pap" word
met ontbyt ge-eet. Ons lag agter ons vuis
vir julle wat "pap" by julle braaivleis
eet. Veral as julle die pap gebruik om die
sousies mee op te skep. Ons neem aan dis
lekker en dat julle daarmee grootgeword het.
Maar ons kan duidelik sien dat julle die
gewoonte by ander rassegroepe geleen het.
Nou is dit snaaks vir ons dat julle, wat so
knaend pap eet, so 'n groot persentasie van
mense verteenwoordig wat teen daardie ander
rassegroepe gewerk het, en hulle wou toesluit
in klein tuislandjies.

Die meeste van hulle groter as Wallis, Skotland, Ierland, Denemarke, België
of Switserland, en sommige groter as Nederland.

Dan praat ons nog nie van Luxemburg, Andorra, Monaco, Lichtenstein en so aan
nie.

(Miskien wil die Vlaminge ons vertel: Voel mens “toegesluit” in België?)

Nou kry ons die komiese
toestand: die een (swart) sit en maak pap aan
die eenkant van die tuisland se grens, en die
ander een (wit) sit en eet pap aan die ander
kant van die grens. So dis maar goed dat die
tuisland-storie ook nou na sy marog is.

Wat ons eintlik hier het, is iemand “uit die Westelike dele van die land”
wat baie opinies het oor die kulture in “die Oostelike dele van die land”,
maar wie se ervaring daarvan gekom het deur die filter van volwasse
vooroordele. En, soos jy self sê, is die “westelike” kultuur waaruit sy kom,
weinig be-invloed deur eeue se kontak met die Afrikakultuur.

‘n Nietigheid, maar juis daarom veelseggend: Ten spyte van die feit dat sy
in Natal vir Zulukinders skoolgehou het, weet sy nie wat marog is nie. (Dis
veldspinasie – ‘n bepaalde soort “onkruid” met ‘n hartvormige blaar, baie
gesog as ‘n bykos en ‘n belangrike bron van mikronutriënte. Dit word baie
soos spinasie voorberei en bedien. Die Grieke op die platteland doen iets
soortgelyk, maar hulle meng verskillende soorte wilde groengoed, sommige
sout, sommige suur, sommige soet en sommige bitter, om ‘n verskeidenheid
smaakeffekte te kry. ‘n Belangrike bitter bestandeel is sydistel –
“Dandelion”, die Europese een wat hier vervuil soos kakiebos sedert die
“health food industry” dit ingevoer het en Margaret Robberts dit gewild
gemaak het.)

Gloudina “lag agter haar hand” vir die Afrikaners uit die Oostelike dele van
die land wat dermate blootstelling aan Afrikagebruike gehad het om sommige
daarvan in hul kullinêre trasie op te neem. Dis nou mense waarvan ‘n
aanmerklike persentasie ‘n Afrikataal vlot praat, ‘n veel groter persentasie
hulle in ‘n Afrikataal kan help, en wat Afrikatale ingevoer het as vak,
dikwels as verpligte vak, in amper elkeen van hul skole, van laerskool af.

Sy kraai daaroor dat hierdie mense hulle swartmense “wou toesluit in klein
tuislandjies”

Nou is hier twee anachronismes in die situasie:

a) Attie van Nierkerk, “pinko-tokkelok” en seun van ‘n sendeling wat later
self sendeling geword het (wat sy doktoraal gedoen het oor die struggletema
in die swart poësie) kom tot die gevolgtrekking dat dit juis die “regses”
is, die wat Gloudina hier as die “Oostelikes” aandui, wat intiem genoeg met
Afrika kennis gemaak het om te besef dat die kultuurkoolf te wyd is om te
oorbrug. Hy verklaar dat die “liberales”, die wat Gloudina hier as die
“Westelikes” aandui, daarenteen, die kultuurverskille ignoreer, en as
onbelangrik afmaak. Dat hulle daardeur juis die identiteit van die
Afrikamens misken.
b) Interessant genoeg, kom die meerderheid van die “apartheid”-leiers juis
uit die “Weste” – Malan, Verwoerd, Vorster, Botha – almal Kapenaars. Die
enigste twee wat uit die “Ooste” kom, was Strydom en FW de Klerk. (Selfs
Andries Treurnicht was ‘n boorling van Piketberg, en soos Malan, Verwoerd,
Vorster en Botha, alumnus van Stellenbosch!)

“Die gelag van die dwaas (agter die hand of andersinds) is soos die gekraak
van doring onder ‘n pot”, sê die Prediker.

Terloops, wat is marog. Nog nooit daarvan gehoor
nie.

Sien bo.

Die beste storie oor biltong in die VSA insmokkel,

Enige bilton wat ouer as tien dae is, is soos ‘n biefstuk wat
grysgrougaargekook is.

Terug by pap:

Ek is self nie versot op mieliepap nie. Ek verkies brood, en buitendien sê
my vrou se internis dat mielies nie akkordeer met die spysverteringstelsels
van kaukasiers of Afrikamense nie. Kaukasiese spysverteringstelsels, sê die
internis, is ge-optimeer om koring te verteer, en die van Afrikasmense vir
sorgumgrane. Mielies (behalwe groenmielies) maak hierdie mense glo lomerig
en lui!

Maar so nou en dan hou ek nogal van party soorte mieliepap, veral met sheba.
(Dis Koo, dink ek, wat nou sheba in blikke verkoop – jy kry dit ooral in die
supermarkte).

‘n Kollega van my (‘n Sotho) se vrou was jare lank
huishoudkunde-onderwyseres in Soshanguve. Sy kon die verval van disspline in
die skool nie meer verdra nie, en het verlede jaar pakket geneem. Toe koop
sy ‘n griekse take-away in Sunnyside. (Soos enige Griek wat kan, het hy die
plek vol tafels gemaak vir sy pelle om dominoes te speel – heel deftig en
gesellig, eintlik, veral vir ‘n take-away.)

Eers het sy die plek uitsgeskrop en die personeel geleer om skoon te werk.
Toe brei sy die spyskaart uit om pap-en-vleis in te sluit. Toe leer sy hulle
om Sekoekoenilandse pap te maak – sag, maar ferm en deurgaar (nie met die
droë halfgaar krummels van phutu nie). Daarby is ‘n keuse van
vleis-van-die-dag of afval-van-die-dag. Sy bedien gratis daarmee saam ‘n
groente of slaai “om die mense te leer om gesond te eet” – dikwels op die
marog-manier berei.

Dit lyk asof sy besig is om ‘n groot kliëntebasis op te bou onder die swart
werkers in Sunnyside (die wat daar woon is te deftig om in die openbaar
pap-en-vleis te eet). Want vir sewe Rand kry jy ‘n volledige, voedsame, en
smaaklike maaltyd. Dis soos so baie plekke in Europa: As jy gaan eet waar
die werkers eet kry jy dikwels die egte kos van die land teen ‘n fraksie van
wat jy betaal vir rubbish in die toeristedistrikte.

Ek weet nie of sy lank daar gaan bly nie. Die besigheid is goed, maar die
werk is swaar vir iemand van haar ouderdom.

In elk geval: My gesin eet graag pap-en-vleis by Margaret se griekse
take-away.

Vriendelike groete, Leendert

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Bladsye (1834): [ «    1255  1256  1257  1258  1259  1260  1261  1262  1263  1264  1265  1266  1267  1268  1269  1270    »]
Tyd nou: Do. Jan. 29 20:07:33 UTC 2026